Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die dag wat was, 20 November 2026 20.11.2026 3:53
Kry die nuus soos dit breek.
Misdaad in landelike gebiede 'moet hokgeslaan word' 20.11.2026 0:16
TLU SA sê dalende misdaadstatistiek moet gevolg word deur daadwerlike optrede om misdaad hok te slaan, veral in landelike gemeenskappe. Die landbou-organisasie sê plaasaanvalle, plaasmoorde en veediefstal bedreig die veiligheid van boerderygemeenskappe en voedselproduksie en vra die regering om misdaadsindikate uit te roei. Bennie van Zyl van TLU SA sê veiliger landelike gemeenskappe is noodsaakli...
Plaaslike bosbestuur onder die loep by COP31 20.11.2026 0:36
COP31 loop vandag ten einde, en Namibië het aan verskeie sessies deelgeneem, met ander lande geskakel en strategieë ondersoek om die land se omgewings- en bosbou-bestuursinisiatiewe te versterk. Een van die belangrike fokusareas is bosbestuur, met klem op internasionale kennisuitruiling, die bestuur van veldbrande en die uitbreiding van bosbedekking. Die direkteur van bosbou in die omgewingsminist...
Kiesafdelings 'het nie geld om in basiese behoeftes te voldoen' 20.11.2026 0:36
Die raadslid van die Mankumpi-kiesafdeling, Lukas Muha, sê beperkte ontwikkelingsfondse maak dit moeilik om inwoners se basiese behoeftes aan te spreek. Hy sê die jaarlikse toekenning van 100 000 Namibiese dollar is beperk tot inkomste-genererende projekte en voedsel- of kontant-vir-werk-programme. Dit beteken probleme soos beskadigde waterpype en onvoldoende watervoorsiening moet na die sentrale...
Landbou kan boere nie met voedselhulp bystaan 20.11.2026 0:38
Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê die ministerie fokus sy beperkte hulpbronne op die bekamping van bek-en-klouseer en het nie die begroting of mandaat om voedselhulp aan geraakte boere te verskaf nie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dié verantwoordelikheid berus by die Kantoor van die Eerste Minister.
Kabinet stuur hersiene belegging-wetsontwerp terug na NV 20.11.2026 0:32
Die voorgestelde beleggingswet keer terug na die parlement, nadat parlementslede kommer uitgespreek het oor die vorige weergawe se potensiële impak op plaaslike ondernemings, werkskepping en die land se natuurlike hulpbronne. Die kabinet het nou opdrag gegee dat die Wetsontwerp op Beleggingsbevordering en -fasilitering van 2026 weer ter tafel gelê word. Tydens die aankondiging van die jongste kabi...
Dubbelle rugby-plesier vanaand in Windhoek 20.11.2026 0:21
Die rugby-aksie duur vanaand voort by die Hage Geingob-stadion, met die tweede dag van die dubbelwedstryde tussen die Welwitschias en die Recklessbear Barbarians. Die hekke maak vyf-uur oop en die sewes skop om ses-uur af, gevolg deur die 15-tal-kragmeting om sewe-uur. Die Welwitschias se kaptein, Danco Burger, sê ondersteuners kan uitsien na ’n aand van vinnige rugby, harde duikslae en volop aksi...
Toe deure vir malaria-spuitspanne noodsaak bewusmaking-veldtog 20.11.2026 0:20
Gesondheidsowerhede in die Otjozondjupa-streek verskerp hul bewusmakingsveldtog om inwoners aan te moedig om malaria-bespuiting in hul huise toe te laat. Dit volg nadat die streek nie sy teiken van minstens 85 persent bespuitingsdekking kon bereik nie, hoofsaaklik omdat sommige huise gesluit is wanneer spuitspanne besoek aflê, terwyl ander inwoners toegang geweier het. Tsumkwe het sowat 264 malari...
SA se Teixeira weer Midvaal-burgemeester 20.11.2026 0:18
Peter Teixeira is onbestrede herkies vir ʼn vyfjaar-termyn as burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng nadat die DA ʼn volstrekte meerderheid in die verkiesing behaal het. Chantel Gomes is onbestrede verkies as speaker, en Phil Pretorius is aangewys as hoofsweep. Woordvoerder Idah Satikhe sê die DA se meerderheid in die owerheid is te danke aan Texeira se bestendige, meetbare en sigbar...
Produsenteprys styg 1,3% in derde kwartaal 20.11.2026 0:23
Die Produsenteprysindeks het in die derde kwartaal vanjaar met 1,3 persent teenoor die vorige kwartaal gestyg. Op ’n jaargrondslag was die styging 14,7 persent. Die Namibië Statistieke-agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, sê produsentepryse in die mynbousektor het kwartaalliks met 0,4 persent gedaal, maar jaarliks met 10 persent gestyg. Vervaardigingspryse het jaar-op-jaar met 18,2 persent t...
Thieme verwelkom kernnywerheidstrategie, maar waarsku oor koste 20.11.2026 0:28
Namibië se eerste Nasionale Kernnywerheidstrategie lok positiewe reaksie uit die sakesektor, maar daar is ook waarskuwings oor die groot belegging wat nodig sal wees om kernkragopwekking ’n werklikheid te maak. Eerste Minister Elijah Ngurare sê die strategie is daarop gemik om meer waarde uit die land se uraanbronne te ontsluit, plaaslike deelname aan die kernnywerheid uit te brei en Namibië se af...
Nekundi sluit kommissie van ondersoek na TransNamib uit 20.11.2026 0:31
Die Minister van Werke en Vervoer, Veikko Nekundi, het die moontlikheid van ’n Kommissie van Ondersoek na TransNamib uitgesluit en sê hy vertrou die maatskappy se huidige direksie om sy langdurige probleme aan te spreek. Dit kom te midde van toenemende kommer oor die maatskappy se bestuur en korporatiewe beheer, ná die onlangse skorsing van sy uitvoerende hoof en uitvoerende beampte vir ingenieurs...
Boere waarsku N$18-minimumloon kan plaaswerkers hul werk kos 20.11.2026 0:40
Die verhoging van die minimumloon vir plaaswerkers tot 18 Namibiese dollar per uur vanaf 1 Januarie 2027 wek kommer in die landbousektor. Boere waarsku oor die moontlike finansiële druk wat dit kan meebring. Plaaswerkers verdien tans minstens 14 dollar per uur. Werkgewers sal die volle minimumloon in kontant moet betaal, sonder om voordele soos behuising en voedsel daarvan af te trek. Die verhogin...
SA deporteer byna 39 000 ongedokumenteerde buitelanders sedert April 20.11.2026 0:22
Tussen April en Oktober vanjaar is 38-duisend-982 ongedokumenteerde buitelanders uit Suid-Afrika gesit. Dit sluit in 31-duisend-878 van die Lindela-repatriasiesentrum en sewe-duisend-104 uit al die provinsies. Die Inter-ministeriële Komitee oor Immigrasie se voorsitter en minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê alle handhawings- en deportasie-prosesse word streng v...
Laer oliepryse kan Namibiese dollar versterk 20.11.2026 0:27
’n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit in Suid-Afrika, Waldo Krugell, meen ’n afname in geopolitieke spanning rondom Iran en Rusland kan help om beskadigde olieproduksievermoë vinniger te herstel. Hy sê laer oliepryse, tesame met optimisme in die finansiële markte en die kunsmatige intelligensie-sektor, kan wêreldwye ekonomiese toestande verbeter en markte versterk namate 2027 nader kom. Dit kan...
Meer as duisend ryers maak gereed vir 2026 Desert Dash 20.11.2026 0:46
Die 22ste Nedbank Desert Dash vind vanjaar op 11 en 12 Desember plaas, met meer as duisend bergfietsryers wat die uitdagende 401-kilometer-roete van Windhoek deur die Namibwoestyn na Swakopmund aanpak. Een van die deelnemers is Drikus Coetzee, wat met Kosmos 94.1 Nuus gesels het oor sy voorbereiding en planne vir vanjaar se uitmergelende uitdaging.
Kliëntediens word getoets wanneer dinge verkeerd loop 20.11.2026 0:32
Old Mutual Namibia se hoof van kliëntediens en administrasie, Ester Kafidi, sê die ware toets van goeie kliëntediens kom wanneer dinge verkeerd loop. Sy sê kliënte kan foute verstaan, maar verwag dat ondernemings verantwoordelikheid aanvaar en probleme betyds aanspreek. Dit is veral belangrik met dringende sake soos begrafnisuitbetalings, pensioeninkomste en foutiewe of duplikaat-debietorders. Kaf...
VSA sluit nuwe militêre samewerkingsooreenkoms met Venezuela 20.11.2026 0:19
Amerika en Venezuela het ʼn nuwe ooreenkoms oor militêre samewerking onderteken. Dit sluit in opleiding, die deel van intelligensie en bykomende verdedigingstoerusting. Dit volg minder as ʼn jaar nadat Amerikaanse magte die destydse leier van dié Suid-Amerikaanse land, Nicolás Maduro, tydens ʼn klopjag op die hoofstad Caracas in hegtenis geneem het. Militêre samewerking tussen dié twee lande is in 20...
Agt vas ná vrouemoorde in Ekurhuleni 20.11.2026 0:22
Die Gautengse polisie het agt verdagtes in hegtenis geneem in verband met ondersoeke na 12 sake waar vroue tussen Julie en September in Ekurhuleni en omliggende gebiede vermoor is. Die sake, wat ondersoek word as voorvalle van geslagsgeweld en vrouemoord, behels elf voorvalle in die Ekurhuleni-gebied en een in die Johannesburg-distrik. Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê 'n buite...
Mashatile verduidelik aanwending van N$25-miljard-Wêreldbanklening 20.11.2026 0:21
Die adjunkpresident Paul Mashatile sê 'n lening van 25-miljard Namibiese dollar van die Wêreldbank sal Suid-Afrika se program vir ekonomiese hervorming ondersteun. Mashatile het in reaksie op vrae in die Nasionale Vergadering gesê die befondsing sal algemene begrotingsondersteuning bied, eerder as om vir spesifieke projekte te betaal. Hy het bygevoeg die befondsing sal die regering help om hervorm...
Klein ondernemings sukkel om toegang tot finansiering te kry 20.11.2026 0:34
Duisende mikro-, klein en medium ondernemings in Namibië sukkel om toegang tot die finansiering te kry wat nodig is om hul ondernemings te begin, uit te brei en volhoubaar te bedryf. Dit blyk uit ’n nuwe opname deur Cirrus Survey Warehouse en die Konrad-Adenauer-Stigting. Veteraannavorser en samesteller van die opname, Christie Keulder, sê dié sektor kan ’n belangrike rol speel om Namibië se jeugw...
SA Reserwebank: El Niño kan voedselpryse volgende jaar opstoot 20.11.2026 0:10
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank waarsku die El Niño-weerpatroon kan voedselpryse volgende jaar opstoot. Die bank waarsku voorts veranderende weerpatrone kan landbouproduksie raak en tot hoër voedselkoste lei. Die president Lesetja Kganyago het by 'n media-inligtingsessie gesê waterbeperkings is reeds in die Wes-Kaap ingestel weens lae damvlakke. Kganyago het bygevoeg die bank sal voortgaan om weer...
Ndengu vra groter ondersteuning vir mans en seuns 20.11.2026 0:33
Die voorsitter van die Khomas-streeksraad, Stefanus Ndengu, sê groter aandag moet gegee word aan die uitdagings waarmee mans en seuns te kampe het, waaronder geestesgesondheidsprobleme, werkloosheid, dwelmmisbruik en hoë selfmoordsyfers. Tydens die onlangse Internasionale Mansdagviering het Ndengu gepleit vir ondersteuning sonder veroordeling, verantwoordelike vaderskap en mentorskap. Hy het ook d...
Russiese ontleders skepties oor Trump en Poetin se gesprekke 20.11.2026 0:38
Voormalige Russiese diplomaat Yury Lindre sê Russiese ontleders bly versigtig oor die jongste gesprekke tussen Amerikaanse president Donald Trump en Russiese president Vladimir Poetin tydens die APEC-beraad in China. Die twee leiers het Oekraïne bespreek, terwyl kernwapen-beheer en Iran ook deel was van die breër gesprekke. Daar is egter geen deurbraak aangekondig nie. Lindre wys daarop dat hul vo...
MISA: SAners benodig laer rentekoerse ondanks onveranderde repokoers 20.11.2026 0:19
Die Motornywerheid-personeelverenging sê werkende gesinne het verdere rentekoersverlagings nodig om die druk van stygende lewenskoste te verlig. Die vakbond het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit verwelkom om die terugkoopkoers onveranderd op 7,25-persent te hou. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola sê laer rentekoerse sal huishoudings meer finansiële verligting bied, voertuig...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.