Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 817 Folgen

Kry die nuus soos dit breek.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.kosmos.com.na

Autor

Kosmos 94.1

Kategorie

News

Podcast-Website

www.kosmos.com.na

Neueste Folge

21. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Drikus Coetzee beklink 2026 Rhino Run-oorwinning ná 2 800 km 21.10.2026

Drikus Coetzee sê hy is moeg ná ’n moeilike laaste skof waarin hy deur reën en dik modder moes sukkel voordat hy Dinsdag as wenner van die 2026 Rhino Run oor die eindstreep gery het. Coetzee het die uitmergelende 2 800 kilometer-rit van Windhoek na Robert Sobukwe-dorp in net meer as agt dae voltooi, sowat 130 kilometer voor sy naaste teenstander. Hy deel sy ervaring van die uitdagende wedren met K...

Otjizeka-laerskool kry N$100 000-veiligheidshupstoot 21.10.2026

Die Otjizeka-laerskool in die noordweste van die land het ’n veiligheidshupstoot gekry nadat ultimate.earth en bewaringsvennote byna 100 000 Namibiese dollar belê het om leerders te beskerm, terwyl woestynaangepaste leeus deur die omliggende landskap beweeg. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth, sê die inisiatief het ten doel om kinders se veiligheid te versterk en terselfdertyd...

Beheerheining sleutel tot bek-en-klouseerbeheer 21.10.2026

Namibië se tweejaar-spertyd om die bek-en-klouseer-uitbreking onder beheer te bring, begin sodra die beheerheining van Klein Manasse tot by die Visrivierkloof voltooi is. Die uitbreking is op 23 September in die Karasburg-distrik van die //Kharas-streek aangekondig. Die ministerie van landbou het bevestig dat daar op 18 plase in die streek 131 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangeteken is....

Ontleder eis aanspreeklikheid oor tradisionele fondse 21.10.2026

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê tradisionele owerhede moet aan konsekwente standaarde van deursigtigheid en aanspreeklikheid voldoen wanneer staatsfondse gebruik word. Dit volg op ’n waarskuwing deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, teen die wanbestuur van openbare fondse deur tradisionele leiers. Die kwessie kom te midde van vrae oor die administrasie v...

President Nandi-Ndaitwah terug in Windhoek ná staatsbesoek aan Angola 21.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah is terug in Windhoek ná ’n driedaagse staatsbesoek aan Angola. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, sê die eerste vergadering van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie dui op ’n historiese verskuiwing van diplomatieke betrekkinge na praktiese ekonomiese samewerking. Hy sê Nandi-Ndaitwah se besoek het tot ooreenkomste op die gebiede van verdediging, toe...

ACDP vra brandstofverligting te midde van lewenskostedruk 21.10.2026

Die ACDP is versigtig optimisties dat die mediumtermyn-begrotingsverklaring goeie nuus sal inhou, veral rakende die land se skuldvlakke, met inkomste-invordering wat na verwagtig voorspellings sal klop. Finansminister Enoch Godongwana sal vandag die regering se fiskale beleid vir die volgende drie jaar uiteensit, insluitend inkomste- en uitgawe-prestasie. Steve Swart van ACDP vra Godongwana om die...

NamPol soek hulp in Danelize Majiedt-saak 21.10.2026

NamPol vra die publiek se hulp om beddegoed en inkopiesakke te identifiseer wat gevind is met die oorskot van die 27-jarige Danelize Majiedt, wie se vermeende moord ondersoek word. Majiedt is op 30 Augustus as vermis aangemeld, en haar oorskot is op 5 Oktober langs 'n leivoor langs Daan Viljoenweg, sowat twee kilometer van 'n polisiepadblokkade, ontdek. Die polisie sê die oorskot was in linne toeg...

Die dag wat was, 20 Oktober 2026 20.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Sportarbitrasie-hof sê later oor Senegal se Afcon-appèl 20.10.2026

Sokker: Die Hof vir Sportarbitrasie gaan einde volgende maand uitspraak lewer in Senegal se appèlaansoek teen die Afrika-beheerliggaam, CAF, se besluit om die Afrikabeker aan Marokko toe te ken. CAF se appèlraad het beslis dat Senegal die wedstryd verbeur het toe sy span in Januarie se eindstryd in Rabat van die veld gestap het. CAF se direkteur-generaal, Matthieu Reeb, sê bemiddelaars sal volgend...

TLU SA teen stig van nuwe Rooivleisforum 20.10.2026

Die landbou-organisasie TLU SA is gekant teen Vrystaat Landbou se stigting van 'n nuwe Rooivleisforum. Woordvoerder Zelda Brits sê 'n afsonderlike struktuur wat landwyd produsente werf, kan onsekerheid skep en die Rooivleisprodusente-organisasie verswak. Brits sê produsente behoort hul verbruiksgoedere-organisasies te ondersteun, leiers tot verantwoording te roep en verandering van binne aan te vu...

NNN sluit Angola-staatsbesoek af 20.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sluit vandag haar driedaagse staatsbesoek aan Angola af met ’n hernude verbintenis om bilaterale betrekkinge te versterk en samewerking in tasbare voordele vir die mense van Namibië en Angola te omskep. Tydens die besoek is sewe samewerkingsooreenkomste onderteken, waaronder ’n ooreenkoms oor ’n eenstop-grenspos om handel en oorgrensverkeer te vergemaklik. Die pres...

Opposisie het vrae oor koste van Nekundi se voetgangerbrûe 20.10.2026

Die opposisie bevraagteken die regering se voorgestelde besteding van 70 miljoen Namibiese dollar aan twee voetgangerbrûe oor Windhoek se westelike verbypad, en eis antwoorde oor die geraamde koste van 35 miljoen dollar per brug. Nelson Kalangula, die IPC se skaduminister van werke en vervoer, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering ’n beroep op die lynministerie gedoen om ’n gedetailleerde uit...

Namibiër vertel van sake-doen in Angola 20.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Sibiya kry nie borgtog, NVG juig 20.10.2026

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die besluit om borgtog te weier aan die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, stem ooreen met waarvoor die staat gepleit het. Woordvoerder Kaizer Kganyago sê die staat het 'n sterk saak gestel. Sibiya word in die Randburgse landdroshof in Gauteng aangekla van verkragting, die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige en mensehandel. Kgan...

Tradisionele leiers kan nie grond van mense weerhou: NNN 20.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah versoek tradisionele leiers om te help om armoede, droogte en voedselonsekerheid in hul gemeenskappe te bekamp. Haar boodskap is onlangs deur visepresident Lucia Witbooi tydens die 27ste jaarlikse vergadering van die Raad van Tradisionele Leiers in Otjiwarongo oorgedra, wat deur verteenwoordigers van al 53 erkende tradisionele owerhede bygewoon is. Sy het ook gesê...

Cyril sê SA moet regmaak om uit Agoa geskop te word 20.10.2026

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika moet gereed maak om van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, uitgesluit te word. Dit volg nadat die verhouding tussen Washington en Pretoria versleg het, en ʼn besluit oor Suid-Afrika word op 2 November verwag. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, beskuldig in ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die Suid-Afrikaanse regering van r...

Voedselpryse gaan in 2027 skerp styg: ekonoom 20.10.2026

Nog 'n skerp styging in voedselpryse kan volgende jaar verwag word, omdat die dreigende El Niño en bek-en-klouseer uitbreking landbou-uitset bedreig. Helena Mboti, 'n ekonoom by Standard Bank Namibië, waarsku dat dit die onlangse verligting in voedselinflasie ongedaan kan maak. Dit sal verdere druk op huishoudings plaas wat reeds onder hoë brandstof- en vervoerkoste gebuk gaan. Sy het met Kosmos 9...

Albanese vra kalmte ná aanval 20.10.2026

Australië se eerste minister Anthony Albanese het politici gevra om die stygende temperatuur van politieke retoriek te temper. Dit volg nadat ʼn onafhanklike parlementslid, Helen Haines, gister buite haar kantoor in Wangaratta raakgery en ernstig beseer is. ʼn Drie-en-veertigjarige man is gearresteer. In 2025/2026 is een-duisend-67 berigte van teistering en dreigemente teen politici in Australië aan...

Masemola terug, maar vertroue skraal 20.10.2026

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die herinstelling van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, kom op ʼn tydstip waar openbare vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens uiters min is. Masemola is in April geskors na strafregtelike klagtes wat verband hou met sy beweerde versuim om moontlike tenderbedrog in die SAPD te voorkom. Die aanklagte is in September weens onvoldoende bewys...

Bek-en-klouseer dwing uitstel van 2027 NLU Agribraai 20.10.2026

Die stryd om bek-en-klouseer in die land in te beperk, het daartoe gelei dat die 2027 NLU Agribraai uitgestel is. Die geleentheid, wat vir Mei volgende jaar beplan is, lok rolspelers in die veebedryf en besoekers van regoor die land. Volgens die organiseerders kan die die braai, onder die huidige omstandighede, pogings om die uitbreking te beheer, ondermyn. Heletjé Grobbelaar van die Witvlei-boere...

Swakopmund maan inwoners ná brand tien huise vernietig 20.10.2026

Die Swakopmund-munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners van informele nedersettings om uiters versigtig te wees met oop vlamme, oorlaaide kragproppe en brandende kerse ná ’n brand wat onlangs tien sinkhuise in die DRK-nedersetting vernietig het. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het bevestig dat geen beserings onder die 25 ontheemde inwoners aangemeld is nie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraa...

Begrotingstekort kan tot 6,5 persent styg 20.10.2026

Die komende middeljaar-begrotingshersiening mag dalk die regering se plan vir fiskale konsolidasie bevestig, maar die syfers vertel ’n ander verhaal. Almandro Jansen, ’n ekonoom by Simonis Storm, waarsku dat staatsinkomste tekortskiet en staatskuld toeneem. Dit kan die begrotingstekort tot 6,5 persent van die BBP laat styg, teenoor die begrote 5,5 persent. Jansen sê die hersiening mag dalk op papi...

Rou vleis en vee mag onder beheer suid van Rooilyn beweeg 20.10.2026

Die ministerie van landbou het sy veeartsenykundige regulasies opgedateer om die beheerde beweging van rou vleis en vee suid van die Rooilyn toe te laat. Woordvoerder Romeo Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat rou vleis van geregistreerde fasiliteite nou die ||Kharas-streek kan binnekom, terwyl voerkraalbeeste wat vir 30 dae onder streng biosekuriteitsmaatreëls in kwarantyn gehou is, na s...

Nandi-Ndaitwah maan Afrika-parlemente oor aanspreeklikheid 20.10.2026

Afrika-parlemente word aangemoedig om wetgewing te prioritiseer wat mense se lewens verbeter en aanspreeklikheid in die regering versterk. Tydens ’n toespraak voor Angola se Nasionale Vergadering in Luanda het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê parlementslede se verantwoordelikheid strek verder as om bloot hul kiesers te verteenwoordig. Sy het beklemtoon dat wetgewing, begroting-stoewysings en...

Trump blameer immigrante vir onluste in Frankryk 20.10.2026

Die Amerikaanse president Donald Trump sê immigrante is die oorsaak van die vlaag betogings en geweld in Frankryk. Die betogings het verlede maand begin met studente wat beter toestande in skole eis, maar het intussen uitgebrei om ontevredenheid oor stygende brandstofpryse en lewenskoste in te sluit. Die Franse president, Emmanuel Macron, beskryf die geweld as die werk van “opruiende elemente uit...

Höre den Podcast Nuus in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet