Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ Odcinki: 798

Kry die nuus soos dit breek.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.kosmos.com.na

Autor

Kosmos 94.1

Kategoria

News

Strona podcastu

www.kosmos.com.na

Ostatni odcinek

20 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Bek-en-klouseer dwing uitstel van 2027 NLU Agribraai 20.10.2026

Die stryd om bek-en-klouseer in die land in te beperk, het daartoe gelei dat die 2027 NLU Agribraai uitgestel is. Die geleentheid, wat vir Mei volgende jaar beplan is, lok rolspelers in die veebedryf en besoekers van regoor die land. Volgens die organiseerders kan die die braai, onder die huidige omstandighede, pogings om die uitbreking te beheer, ondermyn. Heletjé Grobbelaar van die Witvlei-boere...

Swakopmund maan inwoners ná brand tien huise vernietig 20.10.2026

Die Swakopmund-munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners van informele nedersettings om uiters versigtig te wees met oop vlamme, oorlaaide kragproppe en brandende kerse ná ’n brand wat onlangs tien sinkhuise in die DRK-nedersetting vernietig het. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het bevestig dat geen beserings onder die 25 ontheemde inwoners aangemeld is nie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraa...

Begrotingstekort kan tot 6,5 persent styg 20.10.2026

Die komende middeljaar-begrotingshersiening mag dalk die regering se plan vir fiskale konsolidasie bevestig, maar die syfers vertel ’n ander verhaal. Almandro Jansen, ’n ekonoom by Simonis Storm, waarsku dat staatsinkomste tekortskiet en staatskuld toeneem. Dit kan die begrotingstekort tot 6,5 persent van die BBP laat styg, teenoor die begrote 5,5 persent. Jansen sê die hersiening mag dalk op papi...

Rou vleis en vee mag onder beheer suid van Rooilyn beweeg 20.10.2026

Die ministerie van landbou het sy veeartsenykundige regulasies opgedateer om die beheerde beweging van rou vleis en vee suid van die Rooilyn toe te laat. Woordvoerder Romeo Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat rou vleis van geregistreerde fasiliteite nou die ||Kharas-streek kan binnekom, terwyl voerkraalbeeste wat vir 30 dae onder streng biosekuriteitsmaatreëls in kwarantyn gehou is, na s...

Nandi-Ndaitwah maan Afrika-parlemente oor aanspreeklikheid 20.10.2026

Afrika-parlemente word aangemoedig om wetgewing te prioritiseer wat mense se lewens verbeter en aanspreeklikheid in die regering versterk. Tydens ’n toespraak voor Angola se Nasionale Vergadering in Luanda het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê parlementslede se verantwoordelikheid strek verder as om bloot hul kiesers te verteenwoordig. Sy het beklemtoon dat wetgewing, begroting-stoewysings en...

Trump blameer immigrante vir onluste in Frankryk 20.10.2026

Die Amerikaanse president Donald Trump sê immigrante is die oorsaak van die vlaag betogings en geweld in Frankryk. Die betogings het verlede maand begin met studente wat beter toestande in skole eis, maar het intussen uitgebrei om ontevredenheid oor stygende brandstofpryse en lewenskoste in te sluit. Die Franse president, Emmanuel Macron, beskryf die geweld as die werk van “opruiende elemente uit...

OVK werk saam met tegnologiereuse om aanlyn waninligting voor verkiesing te bekamp 20.10.2026

Die SA Verkiesingskommissie is in ’n vennootskap met Google, Meta, Microsoft, TikTok en die organisasie sonder winsoogmerk, Moxii Africa, om waninligting te bekamp en die integriteit van volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing te beskerm. Hierdie gesamentlike inisiatief beoog om doelbewuste waninligtingsveldtogte asook skadelike inhoud op sosiale media en digitale platforms, tydens hierdie...

Geheime verhoor van Zuma se spioen word regtelik betwis 20.10.2026

Die Campaign for Free Expression, Media24, amaBhungane en Daily Maverick het die Hooggeregshof in Pretoria versoek om die verhoor van twee voormalige amptenare van die Staatsveiligheidsagentskap vir die publiek oop te stel. Thulani Dlomo, bekend as voormalige president Jacob Zuma se spioen, en Patrick Mshotholo staan tereg vir die beweerde misbruik van 12-miljoen-rand se intelligensiefondse. Nicol...

Regering wil private beleggings in landbou lok 20.10.2026

Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, sê die regering beoog om meer private beleggings in die landbou te lok ten einde plaaslike produksie ’n hupstoot te gee. Masake het tydens die eerste Jaarlikse Landboubeleggingskonferensie en -ekspo hier in die hoofstad gepraat en gesê dat die lok van private beleggings ook werksgeleenthede sal skep en afhanklikheid van ingevoerde voedsel sal verminder...

Mbeki sê sake uit die apartheids-era moet regsprosesse volg 20.10.2026

Die voormalige president Thabo Mbeki sê apartheids-era-sake moet deur die behoorlike wetlike en grondwetlike prosesse hanteer word. Mbeki het voor die Khampepe-kommissie in Johannesburg getuig en ontken dat daar 'n algemene amnestie-ooreenkoms of geheime ooreenkomste was om vervolging te beëindig. Hy sê besluite oor vervolging moet berus by die Nasionale Vervolgingsgesag, nie politici nie. Mbeki h...

IPC se Nashinge kap terug oor ondersoek na opposisiefondse 20.10.2026

IPC-woordvoerder Imms Nashinge reageer op Swapo-LP Salomon April se ondersoek na die besteding van opposisiepartye se fondse en wys op regeringsmislukkings soos Fishrot. In ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon Nashinge dat staatsbefondsing aan politieke partye wetlik bedoel is om demokratiese deelname te ondersteun. Hy voer aan dat die ondersoekende rol van opposisiepartye help om die rege...

AfriForum waarsku vakansiegangers teen verblyfbedrog gedurende feestyd 20.10.2026

AfriForum waarsku Suid-Afrikaners om bedag te wees op vakansiebedrog namate die feestyd nader kom. Bedrieërs gebruik vals advertensies vir akkommodasie, gekloonde webwerwe en oneerlike reisagente om mense te mislei om te betaal vir vakansies wat nie bestaan nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê meer as 48 gesinne het verlede jaar nagenoeg vyf-miljoen-rand in 'n vakansiebedrogskema verloor. Broodr...

Staatsamptenare se produktiwiteit en dienslewering daal aansienlik 20.10.2026

Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Patrick Nandago, sê dat staatsamptenare se produktiwiteit, en dus dienslewering, met tussen 40 en 50 persent gedaal het. Hy sê dat staatsamptenare persoonlike sake bo amptelike pligte prioritiseer, met sommige van hulle wat hulsef heeldag in hul kantore toesluit om gebedsgroepe te lei. In 'n gesprek met die Kavango-Oos-goewerneur, Hamunyera Hambyuka, sê...

Sokker: Khumalo aangestel as ondervoorsitter van SAFA se tegniese komitee   20.10.2026

Die voormalige Bafana Bafana- en Kaizer Chiefs-legende, Doctor Khumalo, is aangestel as ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se tegniese komitee. Die president van SAFA, Danny Jordaan het die aanstelling bevestig ná 'n vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee in Sandton. Die komitee hou toesig oor sokkerontwikkeling, afrigtingsstandaarde en die prestasie van nasionale...

Ekurhuleni se energieprogram kan N$36-miljard bespaar  20.10.2026

Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, sê die stad se program vir onafhanklike kragprodusente kan beleggings van 6,2-miljard-Namibiese dollar lok en oor 20 jaar ’n besparing van 36-miljard dollar op grootmaat-elektrisiteit teweegbring. Xhakaza sê die stad se aansoek om ’n ministeriële bepaling ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering, bied regulatoriese sekerheid aan produsen...

IPC-LP sê jeug moet help om beleidsoplossings te vorm 20.10.2026

IPC-LP John-Louw Mouton sê vandag se jeug bring ’n duidelike tegnologiese perspektief en moet help om beleidsoplossings te vorm, eerder as om bloot aan politieke roetine deel te neem. Aan die einde van die Jong Parlementariërs-koukus se werkswinkel het Mouton beklemtoon dat jong wetgewers as toekomstige leiers van die land uniek geposisioneer is om konkrete oplossings vir moderne uitdagings te bie...

Man in hegtenis ná BBP-sekuriteitsbreuk by Eros-lughawe 20.10.2026

Die 25-jarige psigiatriese pasiënt Modestus Ndidalelwa is in hegtenis geneem nadat hy onwettig toegang tot die BBP-perseel van die Eros-lughawe op 12 Oktober verkry het. Dit is die tweede keer dat 'n psigiatriese pasiënt sekuriteit ontduik by persele wat hoogs bewaak behoort te wees. Polisiewoordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi sê dat Ndidalelwa aangekla is van oortreding en in die hof ve...

Schutt waarsku Baynes-projek kan verbruikers duur kos 20.10.2026

Energiekenner Harald Schutt waarsku teen die versnelde Baynes-waterkragprojek, en sê dat dit nooit sy massiewe konstruksiekoste sal verhaal nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Schutt gesentraliseerde megastasies as verouderd bestempel en sê dat swaar padinfrastruktuur, langafstand-oordrag en finansieringskoste uiteindelik elektrisiteitstariewe vir verbruikers sal opdryf:

NNN sien geleenthede in gesamentlike energieprojekte met Angola 20.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië en Angola moet hul ekonomiese bande verdiep deur handel uit te brei en vaardighede en kundigheid te deel, om meer waarde uit hul natuurlike hulpbronne te ontsluit. By die inleidende Angola–Namibië Tweesydse Kommissie in Luanda het sy na geleenthede vir samewerking in die olie- en gassektor gewys, insluitend moontlike samewerking rondom Angola se Lobito r...

06:00 Nuus 20.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Prime Loans vra vir hervorming van korttermynlenings 20.10.2026

Die Suid-Afrikaanse kredietverskaffer Prime Loans vra die regering om die reëls vir korttermynlenings te hervorm om toegang tot veilige, wettige krediet te verbeter en finansieel kwesbare verbruikers te beskerm teen onwettige geldskieters. Die onderneming sê verouderde prysbepalings, wat sedert 2015 nie wesenlik hersien is nie, maak dit vir kredietverskaffers moeilik om lenings toe te staan aan kl...

Namibië skiet tekort met begrotingsdeursigtigheid 20.10.2026

Namibië is steeds onder internasionale standaarde wat begrotingskwessies aangaan. In die jongste Oop Begrotingsopname van die International Budget Partnership, het die land 53 punte vir begrotingsdeursigtigheid en 17 punte vir openbare deelname behaal. Martha Nangolo, 'n navorsingsmedewerker by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat die opname plaaslik gedoen het, vra dat die finansminis...

Die dag wat was, 19 Oktober 2026 19.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Bibi bedank Trump vir sy ondersteuning 19.10.2026

Amerikaanse president Donald Trump onderskryf die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, vir herkiesing in volgende week se parlementsverkiesing - die eerste sedert die Hamas-geleide aanvalle in Oktober 2023. Trump beskryf Netanyahu as 'n gedugte vegter en belangrike vennoot van Amerikaanse optrede teen Iran. Die meeste meningspeilings toon Netanyahu se koalisie sal waarskynlik nie die 61 s...

Plek op geslagsgaping-indeks beteken min sonder aksie 19.10.2026

James Itana, uitvoerende direkteur van Regain Trust, sê hoewel Namibië na die vierde plek in die 2026 Gender Gap Index geklim het, die indeks geslagsgebaseerde geweld, die land se mees sigbare ongelykheid uitsluit. Itana spoor die regering aan om onmiddellik op te tree deur 'n toegewyde geslagsgeweld-begroting te vestig, polisiebeskermingseenhede behoorlik te befonds, veilige skuilings te vermeerd...

Słuchaj podcastu Nuus w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS