Newskoop

Agriskoops (Afrikaans)

News AF ↓ Odcinki: 220

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: rss.iono.fm

Autor

Newskoop

Kategoria

News

Strona podcastu

rss.iono.fm

Ostatni odcinek

16 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Agriskoops - 16 Oktober 2026 16.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Tian Mulder van FRD Poultry Farming Equipment. Hy gesels oor hoe al hoe meer pluimvee- en veeboere kies om hul eie voer te vervaardig, eerder as om klaargemengde voer aan te koop, wat die grootste uitdagings is wat hulle dan teëkom, en hoe die regte masjinerie help om hierdie uitdagings te oorkom.

Agriskoops - 15 Oktober 2026 15.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoof van energiedienste by die maatskappy RenEnergy, Bertus Geldenhuys. Hy gesels oor sonkrag as deel van jou onderneming se beleggingsbesluite. Hy verduidelik waarom energie-infrastruktuur van die begin af deel van jou beleggingsbesluite behoort te wees en wat die risiko is om te wag totdat bykomende energiekapasiteit noodsaaklik word voordat ’n ondernem...

Agriskoops - 14 Oktober 2026 14.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Francois Kruger van Inteligro. Hy gesels oor ʼn tamatievirus wat globaal voorkom. Alhoewel die virus nog nie in Suid-Afrika is nie, kan dit maklik hierheen versprei. Hy gee ʼn oorsig van die virus, waarvoor voere kan uitkyk en wat hulle kan doen om te voorkom dat dit na die land versprei.

Agriskoops - 13 Oktober 2026 13.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die verkoops- en bemarkingsbestuurder by die maatskappy Algar, Charlotte Esterhuizen. Sy gesels oor hulle 2,7 m hommeltuig wa (Dronewa). Sy gee ‘n oorsig van die wa se werking en voordele. Vir meer inligting oor Algar se 2,7 m hommeltuigwa (Dronewa) kan boere hulle kontak by 082 324 6256, of ‘n epos stuur na algar@ algar.co.za.

Agriskoops - 12 Oktober 2026 12.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Arno Moore van BISA (Bio-Insectaries SA) Hy gesels verder BISA se vlieg parasiete vir biologiese vliegbeheer. Hy verduidelik hoe die wespe self aanteel waar hulle vrygelaat word, hoe dit uiterste toestande soos koue winters oorleef en dat dit geen gevaar vir mense of diere inhou nie.

Agriskoops - 9 Oktober 2026 09.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die direkteur van die SA Rooibosraad, Dawie de Villiers. Hy praat oor 'n program waarin Rooibos-saad na die Internasionale Ruimtestasie gestuur sal word om te sien hoe dit op ruimtetoestande reageer. Hy verduidelik hoe die program nie net Suid-Afrika se landbou-erfenis en wetenskaplike vermoëns vier nie, maar ook beduidende opvoedkundige waarde het.

Agriskoops - 8 Oktober 2026 08.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die operasionele bestuurder van die organisasie Ikusasa, Raymond Baker. Hy verduidelik wie Ikusasa is en wat hulle boerderye bied. Hy deel van hulle suksesverhale en die organisasies en betrokkenheid in die landboubedryf.

Agriskoops - 7 Oktober 2026 07.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor insetkoste teenoor winsgewendheid, veral met ʼn uitdagende seisoen wat vir boere voorlê in terme van voorspellings van ʼn super El Niño. Hy deel TLU SA se advies hoe boere ʼn gesonde balans kan handhaaf tussen insetkoste en winsgewendheid.

Agriskoops - 6 Oktober 2026 06.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met At van Schalkwyk van World Focus Agri. Hy gesels oor oor mikrofyn Kalk en gips. Hy verduidelik wat mikrofyn kalk en gips is, hoe dit werk, wanneer dit toegedien kan word en ook wat die voordele daarvan is.

Agriskoops - 6 Oktober 2026 06.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met At van Schalkwyk van World Focus Agri. Hy gesels oor oor mikrofyn kalk en gips. Hy verduidelik wat mikrofyn kalk en gips is, hoe dit werk, wanneer dit toegedien kan word en ook wat die voordele daarvan is.

Agriskoops - 5 Oktober 2026 05.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Sarel Bam van die maatskappy NuWater. Hy verduidelik hoe hulle stelsels gebruik maak van kombinasies van ultrafiltrering en omgekeerde osmose om water te herwin en terug te wen. Hy gee verder ʼn oorsig van die belangrikheid van goeie waterbestuur in terme van omgewingsregulasies rondom afvalwater en afloop. NuWater se aanlegte is mobiel, aanpasbaar en vinnig o...

Agriskoops - 2 Oktober 2026 02.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die besturende direkteur by AgriSeker, Reinhard Kuschke. Hy verduidelik die belangrikheid van oesversekering voor, tydens en ná die plantseisoen, aangesien weer soms baie onvoorspelbaar is. Hy gee ʼn oorsig van produkte wat AgriSeker aan boere bied om vir hulle gemoedsrus te gee.

Agriskoops - 1 Oktober 2026 01.10.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Streekhandelbemarkingspesialis by Engen, Marvin Nelson. Oktober is vir baie boere ’n kritieke maand, met plantwerk, trekkers en implemente wat lang ure onder druk moet werk. Nelson gesels oor produkte wat spesifiek op die landbou-mark gemik is en hoe boere hierdie produkte tot hul voordeel kan gebruik. Hy gee ook waardevolle wenke wat boere kan doen om te...

Agriskoops - 30 September 2026 30.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lambert Blom van Limagrain. Hy gesels oor Limagrain se sojaboonprodukte en wat presies hulle aan produsente bied. Limagrain word gesien as een van die markleiers in sojaboonproduksie in Suid Afrika. Blom verduidelik wat Limagrain van die ander saadmaatskappye in die mark onderskei en watter ondersteuning hulle aan produsente bied.

Agriskoops - 29 September 2026 29.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die nakomingsbeampte by Winfield United Suid-Afrika, Jandri Nienaber. Sy gesels oor haar rol as WinField United Suid-Afrika se eerste groep nakomingsbeampte en hoe haar kinderjare op die plaas haar besluit om in die landbousektor te werk beinvloed het. Sy deel ook ʼn inspirerende boodskap vir ander jong vroue in landbou.

Agriskoops - 28 September 2026 28.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy ALLSOLAR, Nico Smit. Hy gesels oor finansieringsopsies vir Kommersiële Sonkrag in Suid-Afrika. Hy gee ʼn oorsig van die hoofopsies wat vir 'n besigheid beskikbaar is, wat nie die volle bedrag vir 'n sonkragstelsel vooraf wil betaal nie. Hy verduidelik verder wat 'n besigheidseienaar in ag moet neem wanneer hy of sy moe...

Agriskoops - 25 September 2026 25.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Adelle du Toit van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad. Met die oog op erfenisdag wat gister herdenk is, gesels sy oor die belangrikheid daarvan om die oorsprong van rooibos te beskerm. Sy verduidelik waarom die beskerming van die oorsprong van Rooibos toenemend belangrik word namate internasionale vraag aanhou groei en bespreek die waarde van die beskerming van...

Agriskoops - 23 September 2026 23.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lucinda Helberg van iMPAC Cropsure. Sy gesels oor die belangrikheid van versekering om boere te beskerm teen onvoorspelbare weer en ander finansiële faktore. Sy gee ook ʼn oorsig van watter tipe gewasse verseker kan word en watter tipe insidente gedek word met die versekering.

Agriskoops - 22 September 2026 22.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoof van energiedienste by die maatskappy RenEnergy, Bertus Geldenhuys. Hy gesels oor die optimale en betroubare werking van jou sonkragstelsel. Hy verduidelik hoekom sommige stelsels nie die verwagte besparing of betroubaarheid nie en watter waarskuwingstekens daarop dui dat ’n sonkrag- of batterystelsel nie meer funksioneer soos dit moet behoort nie.

Agriskoops - 21 September 2026 21.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor insetkoste teenoor winsgewendheid, veral met ʼn uitdagende seisoen wat vir boere voorlê in terme van voorspellings van ʼn super El Niño. Hy deel TLU SA se advies hoe boere ʼn gesonde balans kan handhaaf tussen insetkoste en winsgewendheid.

Agriskoops - 18 September 2026 18.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die verkoops- en bemarkingsbestuurder by die maatskappy Algar, Charlotte Esterhuizen. Sy gesels oor mobiele krale en kraaltoerusting. Sy gee ʼn oorsig van die voordele van ʼn mobiele kraal en hoe boere dit tot hul voordeel kan gebruik.

Agriskoops - 17 September 2026 17.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn Tegniese Spesialis in Plantvoeding by InteliGro, doktor Karen Truter. Sy gesels oor presisieboerdery en hoe data tot jou voordeel gebruik kan word. Baie produsente het reeds groot hoeveelhede inligting ingesamel uit opbrengskaarte, grondontledings en toerusting. Doktor Truter verduidelik hoe hierdie data ontleed en gebruik kan word tot voordeel van jou boer...

Agriskoops - 16 September 2026 16.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Projekontwikkeling- en Projekbestuursleier by Candi Solar, Conrad Coertze. Hy gesels oor die belangrikheid om jou sonkragstelsel se prestasie te monitor en om dit gereeld te diens, veral in kouer maande of lang periodes van swak son en swaar weer.

Agriskoops - 15 September 2026 15.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Arno Moore van BISA (Bio-Insectaries SA). Hy verduidelik hoe hulle biologiese metodies toepas om vlieë op plase te beheer. Hy gee ʼn oorsig van die belangrikheid van vliegbeheer, hoe hulle program werk en hoe boere by die program kan inskakel.

Agriskoops - 14 September 2026 14.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Kimberlee de Beer van die maatskappy Reluvo. Sy gesels oor hulle gholfkarretjies en wat dit laat uitstaan van ander. Sy verduidelik hoe dit nie net bedoel is vir die gholfbaan nie, maar ook gebruik kan word op die plaas, by winkelsentrums en woonkomplekse. Sy deel ook nuus oor hulle nuwe vertoonlokaal in Centurion.

Słuchaj podcastu Agriskoops (Afrikaans) w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS