Kosmos 94.1

Nuus

Kry die nuus soos dit breek.

Auteur

Kosmos 94.1

Catégorie

News

Site du podcast

www.kosmos.com.na

Dernier épisode

11 juil. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android 5 M+ de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Twee in Soweto vas ná gruvonds 11.07.2026

Twee mans is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes 'n gekaapte voertuig en vermoedelike menslike organe by 'n woning in Naledi, Soweto, ontdek het. Die woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Xolani Fihla, sê die taktiese reaksie-eenheid het 'n wenk opgevolg oor 'n voertuig wat by die eiendom afgetakel word. Hy het verduidelik dat met verdere deursoeking van die erf twee emmers met ve...

Namfisa, dorpsrade dop regstellende-aksietoets 11.07.2026

Groot werkgewers soos Namfisa, die Oshakati- en Outapi-dorpsrade, NovaNam Group, City Lodge Hotels, Nutam Operations en AB InBev Namibia se regstellende-aksieverslae is deur die Diensbillikheidskommissie na onlangse hersieningspaneelverhore afgekeur, nadat bemiddeling onsuksesvol was. Die kommissie sê die verslae het onder meer nie voldoen aan vereistes oor die aanstelling van gekwalifiseerde Nami...

Zimbabwies-Britse moordverdagte in SA vasgetrek 11.07.2026

Interpol en die Eenheid vir Georganiseerde Misdaad het 'n Zimbabwies-Britse burger, Mkhanyisi Tshuma, in hegtenis geneem. Hy word deur die Britse owerhede gesoek vir die beweerde moord van sy vrou en twee dogters. Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die 45-jarige is opgespoor na 'n Interpol-rooi kennisgewing en hy is vyf dae na hy Suid-Afrika binnegekom het, gearresteer. Die motief vir die m...

Nog baie om te doen om korrupsie te beveg 11.07.2026

Vandag is Afrika Teenkorrupsiedag, met vanjaar se tema: “Die Verskerping van die Bevordering van Integriteit en Teenkorrupsie-aksies reg oor Afrika”. 'n Sleutelfokus is die versterking van beskerming en ondersteuning vir integriteitsvegters, fluitjieblasers en teenkorrupsie-aktiviste. Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië steeds op hier...

Skenk bloed, daar's 'n ernstige tekort! 11.07.2026

Die Bloedoortappingsdiens sê die land se mediese stelsel staar 'n ernstige voorraadtekort in die gesig. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino waarsku dat mediese prosedures en noodtrauma-reaksies in die gedrang kan kom as voorraad nie onmiddellik aangevul word nie. Sy pleit dat mense vandag nog bloed skenk by verskeie klinieke.

Madlanga: Kommissie hoor klankopname van hewige rusie 11.07.2026

'n Plofbare klankopname uit 2018 is by die Madlanga-kommissie voorgelê, van 'n driftige werksplekgeskil tussen die hoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan, en brigadier Leonora Phetle. Die argument het tot 'n aanranding gelei, nadat Khan Phetle berispe het omdat hy nie sy amptelike rang in die gesprek gebruik het nie:

Copps 94.1: Bestuurder vlug van ongelukstoneel in Katutura 11.07.2026

‘n Bestuurder wat Vrydagaand van die toneel van ‘n motorongeluk in Katutura weggehardloop het, was een van die probleme wat die aandag van die Copps 94.1-span en hul vennote, die Namibiese polisie, getrek het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was oudergewoonte op sy pos en doen verslag van die toneel:

Die dag wat was, 10 Julie 2026 10.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Madlanga-kommissie: Getuie N getuig in camera 10.07.2026

Die Madlanga-kommissie het Getuie N in camera-getuienis toegestaan om haar identiteit te beskerm. Getuienisleier Mahlape Sello sê sy is deel van die polisie se taakspan vir politieke moorde wat sake by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap ondersoek. Sy sê om haar identiteit te openbaar kan die ondersoek sowel as kollegas in gevaar stel. Sello sê die getuienis sal nie geredigeer word nie,...

Biosekuriteit teen BKS op grense versterk 10.07.2026

Die landbouministerie en belanghebbendes gaan voort om grens-biosekuriteitsmaatreëls te versterk om die verspreiding van bek-en-klouseer te help voorkom. Na die installering van 'n semi-outomatiese voertuigontsmettingsspuitstelsel by die Ariamsvlei-grenspos, sê die ministerie dat verdere soortgelyke intervensies by ander grensposte volgens behoefte uitgerol sal word. Ministerie-woordvoerder Romeo...

Welwitschia Uitnodiging XV reg vir Bulle: Danco Burger 10.07.2026

Die Namibiese Rugby-unie het 'n gedugte Welwitschia Uitnodiging XV-span van 30 spelers saamgestel vir Saterdag se internasionale vriendskaplike wedstryd teen die Vodacom Blue Bulls in die Hage Geingob-stadion. Verskeie spelers is beloon ná die span se oortuigende oorwinning van 71-12 teen Zambië verlede naweek. Die Namibiese kaptein, Danco Burger, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hulle voorber...

Kankergevalle vermeerder, meer beleggings in sorg nodig 10.07.2026

In Namibië word daar nou jaarliks 4 205 nuwe kankerdiagnoses aangeteken, 'n aansienlike toename vergeleke met die ongeveer 3 700 jaarlikse gevalle wat voorheen gerapporteer is. Met 'n voorkomssyfer van 202,2 per 100 000, is Namibië een van die Afrika-lande met die hoogste voorkoms van kanker. Dit is volgens die pas vrygestelde GloboCan 2024-ramings. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kankervereniging se...

NV keur Eiseb as nuwe ACC-hoof goed, maar... 10.07.2026

Die parlement het president Netumbo Nandi-Ndaitwah se nominasie van Bryan Eiseb, direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, as die volgende direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie onderskryf. Dit baan die weg vir 'n nuwe leierskapspan by die land se teenkorrupsiewaghond, met langdienende hoof Paulus Noa wat op 31 Julie uit die amp tree. Wetgewers het ook goedgekeur dat Erna van d...

Deursigtigheid, aanspreeklikheid in visserye kort dringende aandag 10.07.2026

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se uitvoerende direkteur, Graham Hopwood, neem tans deel aan die United Nations on Drugs and Crime se streekskonferensie in Nairobi, Kenia oor die aanspreek van korrupsie en finansiële misdaad in die visseryesektor. Die konferensie bring verteenwoordigers van regerings, teenkorrupsie-agentskappe, finansiële intelligensie-eenhede, visseryowerhede, wetstoe...

SA boere kan nou self BKS-entstowwe koop 10.07.2026

Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê sy department het 'n skikking buite die hof bereik wat 'n regsgeding beëindig oor die verkryging en verspreiding van bek-en-klouseer-entstowwe. Sakeliga, die landbou-organisasie Saai en Vrystaat Landbou het aangevoer boere moet toegelaat word om entstowwe regstreeks te koop eerder as om te wag op uitgerekte staatsverkrygingsprosesse. Aucamp sê die ooreen...

NNN praat groenwaterstof in Beijing 10.07.2026

Groenwaterstof is die middelpunt van besprekings in Beijing. President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië wil 'n gediversifiseerde energiemengsel hê wat as katalisator vir industrialisasie kan dien, gerugsteun deur die land se enorme potensiaal vir hernubare energie. Sy het gepraat by die Namibië-China-sakeforum in die Chinese hoofstad.

Namibia Berries-projek gaan van krag tot krag 10.07.2026

Die bloubessieprojek van Namibia Berries by Divundu in die Okavango Oos-streek maak steeds beduidende vordering. Tydens sy streeksrede in Rundu het die goewerneur van Kavango Oos, Julius Hambyuka, gesê dat die plaas se bloubessies reeds Europa, Asië en die Midde-Ooste bereik het, wat Namibië as 'n nuwe speler in die globale bloubessiemark posisioneer.

VK se reaksie op Gaza-oorlog nie goed genoeg: Burnham 10.07.2026

Andy Burnham, wat na verwagting die volgende Britse eerste minister gaan word, het verskoning gevra vir die Arbeidersparty se aanvanklike standpunt oor Israelse aanvalle in Gaza. Uittredende eerste minister Keir Starmer het kort na Hamas se aanvalle op Israel in Oktober 2023 gesê Israel het die reg om krag en water van Gaza te weerhou, wat talle Arbeiders ontstel het. Burnham beskuldig Israel dat...

SANW kan nie sy mandaat nakom nie - Action SA 10.07.2026

ActionSA sê terwyl Suid-Afrika toenemend probleme ervaar wat grens-sekuriteit, misdaad en reaksie op rampe betref, laat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag toe dat noodsaaklike militêre bates tot wrakke verroes. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het op ʼn vraag in die Parlement onthul dat daar ʼn voertuig-begraafplaas by Wallmannsthal in Pretoria is waar militêre...

'Dit help nie om Trump te paai nie' 10.07.2026

Westerse leiers moes teen die tyd al geleer het dat om president Donald Trump te paai, moedig hom eenvoudig aan. Dit is die mening van Kanada se voormalige adjunkpremier Chrystia Freeland. Haar aanmerkings kom na die Navo-beraad waar Trump weer eise op Groenland gemaak het en lande soos Spanje beledig het.

Versigtig met wild-hervestiging in Kunene 10.07.2026

Reaksie word steeds ontvang na die omgewingministerie wat onlangs honderde springbokke, gemsbokke en sebras van die Etosha Nasionale Park na die Kunene-streek en die Nyae Nyae en Uukwaluudhi bewareas verskuif het. Terwyl die ministerie sê dat die hervestigings wildpopulasies sal herstel, roofdiere sal ondersteun en mens-dier konflik sal verminder, sê plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham dat sulk...

CIF maak kapsie oor sement samesmelting 10.07.2026

Die Konstruksie Industriefederasie van Namibië sê dat hy steeds gekant is teen die goedgekeurde samesmelting van Whale Rock Cement met Ohorongo Cement en versoek dat die ministeriële goedkeuring teruggetrek word. Bärbel Kirchner, die federasie se uitvoerende hoof, sê dat hul standpunt in Junie 2025 geregistreer is en hulle daarby staan, met verwysing na 'n risiko dat mededinging in 'n strategiese...

Roodt sê olieprysstyging sal kortstondig wees 10.07.2026

Internasionale oliepryse het met meer as 7 persent in soveel dae gestyg ná hernude oor-en-weer aanvalle tussen Amerika en Iran, maar ekonome sê daar is nog geen rede tot kommer nie. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat oliepryse waarskynlik nie sal terugkeer na die uiterste hoogtepunte wat gesien is toe die konflik die eerste keer uitgebreek het nie.

VN veroordeel Rusland vir aanvalle op burgerlikes 10.07.2026

Die Verenigde Nasies het kommer uitgespreek oor die toenemende Russiese hommeltuig- en missielaanvalle op Oekraïnse burgerlikes. In Junie is minstens 265 burgerlikes in Oekraïne dood en 1 816 beseer. Dis die hoogste gekombineerde ongevalle-syfer sedert die eerste maande ná Moskou se volskaalse inval in Februarie 2022. Oekraïne het ook sy aanvalle op Rusland verskerp en gekonsentreer op olieraffina...

Saftu vra ingryping na Zim-grondwet aanpassings 10.07.2026

Die vakverbond Saftu sê hy veroordeel die grondwetlike wysiging in Zimbabwe wat president Emmerson Mnangagwa toelaat om tot 2030 aan bewind te bly. Die nuwe wet wat in die Parlement aanvaar is, verleng presidensiële en parlementêre termyne van vyf tot sewe jaar. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap kan nie aanvoer dat hy demokrasie beskerm as hy slegs...

Écoute le podcast Nuus sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics