Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sokker: CAF aanvaar Kiswahili as vyfde amptelike taal 23.11.2026 0:21
Die Afrika Sokker-konfederasie (CAF) het Kiswahili amptelik as sy vyfde amptelike taal aanvaar. Dis naas Engels, Frans, Arabies en Portugees. Die besluit is deur afgevaardigdes van 54 lidverenigings tydens CAF se Algemene Vergadering in Abuja, Nigerië goedgekeur. Die voorstel is deur Tanzanië ingedien, met die steun van Kenia en Uganda. CAF-president Patrice Motsepe sê Kiswahili sal in amptelike k...
Regshulpsentrum ondersoek menseregteskendings in Epukiro 23.11.2026 0:32
'n Regsgeleerde van die Regshulpsentrum, Chynna Piccanin, sê die organisasie se uitreikingsbesoek aan Epukiro was daarop gemik om regs- en menseregteskendings te identifiseer en opvolge te verseker. Dit kan regstappe, betrokkenheid by owerhede of beleidsvoorspraak insluit, eerder as om bloot basiese regsadvies te verskaf. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
SA se benadering tot KI moet deur sy eie nasionale belange bepaal word 23.11.2026 0:20
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se benadering tot kunsmatige intelligensie moet gelei word deur sy eie prioriteite, ondervinding en nasionale belange. Hy het verlede week ʼn afvaardiging van ongeveer 300 lede na Silicon Valley in Amerika gelei. Die besoek het gefokus op K-I, tegnologiese belegging en ekonomiese groei. Ramaphosa het na afloop van die besoek aan die media gesê dis belangrik...
Nuwe burgerregtebeweging fokus op goeie bestuur en verantwoordbaarheid 23.11.2026 0:37
’n Nuwe organisasie is gestig om deursigtigheid, verantwoordbaarheid en goeie bestuur in Namibië te bevorder, midde toenemende openbare kommer oor ekonomiese agteruitgang, werkloosheid en stygende lewenskoste. Die onafhanklike burgerregtebeweging, Aksieforum Namibië, sê dit sal ekonomiese uitdagings, openbare bestuur en grondwetlike verantwoordbaarheid aanspreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die organ...
Krieket: De Zorzi en Nortjé keer terug vir die beslissende toetswedstryd teen Bangladesj 23.11.2026 0:19
Suid-Afrika het twee veranderinge aangebring vir die tweede en laaste toets teen Bangladesj wat vandag in Centurion begin. Die gasheer mik vir 'n 2-0-reeksoorwinning. Die snelbouler Anrich Nortjé, wat die afgelope twee toetse teen Australië en Bangladesj misgeloop het, keer terug in die plek van Dane Paterson en versterk die Proteas se boulaanval. Tony de Zorzi vervang kaptein Temba Bavuma, wat we...
President maan motoriste oor feestydveiligheid 23.11.2026 0:23
President Netumbo Nandi-Ndaitwah doen 'n beroep op motoriste om padveiligheidsreëls gedurende die feestyd streng na te kom. Sy het gewaarsku teen spoed, roekelose bestuur en bestuur onder die invloed van alkohol. Sy moedig motoriste ook aan om gereeld tydens lang reise te rus en padtekens en verkeersbeamptes te respekteer. Die president sê elke voertuig vervoer menselewens, en families wag vir hul...
Toerismebedryf waarsku oor impak van visumbeperkings 23.11.2026 0:37
Visumbeperkings raak toenemend ’n bron van kommer vir Namibië se toerismebedryf, aangesien die land wêreldwyd die 135ste plek in die 2027 La Vida-paspoortwaarde-indeks beklee. Namibiese paspoorthouers het toegang tot bestemmings wat slegs 16 persent van die wêreldekonomie verteenwoordig. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging, Gitta Paetzold, waarsku dat visumvereistes struikelblokke v...
Sentrale Verkrygingsraad verdedig N$174 miljoen-hospitaalkontrak 23.11.2026 0:39
Die Sentrale Verkrygingsraad het gereageer op mediaberigte wat die wettigheid van die 174 miljoen Namibiese dollar-kontrak vir infrastruktuurwerk by die nuwe Windhoek-distrikshospitaal in Havana bevraagteken. Beweringe is gemaak dat die kontrak deur ’n ongemagtigde verteenwoordiger van die gesamentlike onderneming waaraan die werk toegeken is, onderteken is. Die raad se woordvoerder, Johanna Kamba...
Continental-sluiting kan 950 werkers raak 23.11.2026 0:20
Suid-Afrika se personeelvereniging vir die motorbedryf waarsku teen die moontlike sluiting van Continental se Gqeberha-bandvervaardigingsaanleg na 79 jaar. Die stap kan 950 werkers raak, met produksie wat moontlik vroeg in 2027 sal eindig. MISA se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die sluiting sal werkloosheid in die Oos-Kaap vererger, wat die provinsie is wat reeds die swaarste getref word...
Namibiese en Angolese polisie versterk grensveiligheid 23.11.2026 0:21
Die Namibiese polisie se bevelvoerder in Kavango-Wes, kommissaris Andreas Nelumbu, en sy Angolese eweknie van die Cubango-provinsie, Albert Mutunga, het onlangs op Nkurenkuru vergader om oorgrensveiligheid te bespreek. Nelumbu sê gesamentlike operasies en die uitruil van inligting tussen Kavango-Wes, Kavango-Oos, Ohangwena en Cubango het misdaad help verminder. Die polisie fokus onder meer op stro...
Minister ondersteun korrupsieondersoek by Agronomiese Raad 22.11.2026 0:38
Die Teenkorrupsiekommissie ondersoek tans bewerings van sistematiese korrupsie, verkrygingsoortredings en bestuursmislukkings by die Namibiese Agronomiese Raad. Landbouminister Inge Zaamwani het die week in die Nasionale Vergadering gesê sy is bewus van die speurtog. Sy het geantwoord op ‘n vraag deur IPC-parlementslid Imms Nashinge. Die bewerings dateer terug na Februarie vanjaar toe Nashinge 'n...
Sowat 50 kinders elke dag in SA verkrag 22.11.2026 0:20
FORUM4SA het ’n dringende nasionale ingryping geëis nadat statistieke getoon het dat 4 362 kinders jonger as 18 jaar tussen Julie en September vanjaar verkrag is. Dit beteken gemiddeld sowat 50 kinders deurleef daagliks die gruwel. Die woordvoerder, Tebogo Mashilompane, beskryf die syfers as ’n nasionale skande en beskuldig die owerhede daarvan dat hulle versuim om weerlose kinders te beskerm. Die...
Brittanje sluit nuwe ooreenkoms met EU 22.11.2026 0:34
Tien jaar ná die Brexit-referendum het Brittanje en die Europese Unie ’n nuwe ooreenkoms bereik wat handelsversperrings verminder en bande herstel. Premier Andy Burnham het Vrydag in Brussel ooreengekom om voedselhandel te vergemaklik en jongmense weer geleenthede te bied om oor grense heen te werk en studeer. Die twee partye gaan ook hul koolstofhandelstelsels verbind. Volgens die Britse regering...
ActionSA wil nie na DA se pype dans 22.11.2026 0:20
ActionSA het die DA se volledige en finale koalisie-voorstel vir Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni verwerp. Die DA het 'n ooreenkoms van "voorsiening en steun" voorgestel, waarvolgens Nasiphi Moya van ActionSA aan die hoof van Tshwane sou staan, terwyl die DA beheer oor Johannesburg en Ekurhuleni sou neem. In 'n gesprek met die SABC het die hoofonderhandelaar, Michael Beaumont, die aanbod van di...
Hartlief vier 80 met groot belegging 22.11.2026 0:25
Hartlief vier sy 80ste bestaansjaar met ’n groot belegging in sy toekoms deur sy fabriek in Windhoek op te gradeer om produksiekapasiteit, doeltreffendheid en betroubaarheid te verbeter. Die verbeterings sluit in nuwe verwerkingsmasjinerie, twee bykomende ontdooiingskamers wat die ontdooiingskapasiteit verdubbel, opgegradeerde verkoelings- en yskasstelsels, asook uitgebreide vriesbergingskapasitei...
Zelenski sê Poetin is 'n moordenaar 22.11.2026 0:16
Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, het die Russiese president, Wladimir Poetin, ’n moordenaar genoem nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, na Poetin as sy vriend verwys het. Zelenski het in ’n onderhoud met CNN gesê Poetin is Oekraïne se vyand en dat vriendelike uitsprake oor hom internasionale druk op Rusland kan verswak. Trump het vroeër tydens samesprekings in China sy goeie ve...
SA polisie outomatiseer noodlyn 22.11.2026 0:20
Suid-Afrika se nasionale adjunk-polisiekommissaris, Tebello Mosikili, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het geoutomatiseerde stemopnames vir 10111-oproepe ingestel vir gevalle waar operateurs met ander inbellers besig is. Die kwessie het kommer ontlok oor noodreaksie en polisie-aanspreeklikheid. Sy hou vol die meer as 1,7-miljoen onbeantwoorde oproepe in die 2025/26-boekjaar is nie doelbewus deu...
Rugby: Bokke benodig bonus - en meevaller 21.11.2026 0:13
Oud-Springbokvleuel Cabous van der Westhuizen deel uit Mauritius sy mening oor vandag se toets tussen Ierland en Suid-Afrika met Kosmos 94.1 Nuus:
Rugby: Bokke benodig bonus - en meevaller 21.11.2026 0:32
Rugby-ondersteuners sal vanmiddag wêreldwyd op die punte van hul stoele sit vir die laaste groepwedstryde in die sport se splinternuwe Nasieskampioenskap. Die toetse tussen Ierland en Suid-Afrika en Engeland en Nieu-Seeland sal bepaal watter span uit die suidelike halfrond na die eindstryd vorder. Die Springbokke het ‘n bonuspuntwen nodig en moet hoop die All Black kry net vier punte. Engeland en...
Werkloosheid: Staat moet ingryp, sê Jauch 21.11.2026 0:35
Massas werklose Namibiërs kan nie op verkiesingsbeloftes of groot buitelandse beleggings staat maak om hul lot te verander nie, sê die arbeidskenner Herbert Jauch. Die werkloosheidsyfer van 36,9 persent, waarvan byna 40 persent vroue is, sal volgens Jauch voortduur sonder strukturele veranderinge. Hy sê die syfer kan selfs 54 persent wees, afhangende van die model wat gebruik word. Jauch is van me...
WHO erken handel moet hervorm 21.11.2026 0:19
Die direkteur-generaal van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, sê wêreldhandel bly veerkragtig, ten spyte van toenemende onsekerheid. Sy het tydens die All Africa Business Leaders Awards in Sandton gesê handel kry dikwels die skuld vir uitdagings wat verband hou met outomatisering, ontoereikende maatskaplike ondersteuning en ekonomiese beleid. Okonjo-Iweala het erken dit is nodig om...
Behuising in die kollig op Gobabis 21.11.2026 0:29
Beloftes oor behuising bly leeg so lank mense nie vinniger dakke oor hul koppe kry nie, het die adjunkminister van gemarginaliseerde gemeenskappe, Moses Khumub, op Gobabis gesê. Hy het met belanghebbendes in Omaheke vergader om behuising vir gemarginaliseerde inwoners op munisipale grond in die Ooste-dorp te bespoedig voordat die huidige boekjaar eindig. Dit vorm deel van ’n groter inisiatief om b...
Tot 30% minder moorde in dele van die Wes-Kaap 21.11.2026 0:22
Die Wes-Kaapse regering verwelkom 'n afname in moorde in gebiede waar beamptes van die Wetstoepassingsbevorderingsplan ontplooi is. Die polisie het 'n daling van 30,6 persent in moorde in Mitchells Plain, 23,2 persent in Gugulethu en 22,6 persent in Philippi-Oos aangeteken. In die geheel het moorde tussen April en September vanjaar met 10,2 persent gedaal, vergeleke met dieselfde tydperk verlede j...
Ses noodvragte medisyne in Durban afgelaai 21.11.2026 0:22
Transnet in Suid-Afrika sê ses van die 16 vaartuie met noodsaaklike farmaseutiese voorrade is by die Durbanse hawe afgelaai. Die operasie is deel van pogings om landwye medisyne-tekorte by staatshospitale en -klinieke te hanteer. Nog drie vaartuie sal na verwagting in die komende dae vasmeer en sewe is op pad na Suid-Afrikaanse hawens. Transnet sê hy gee voorkeur aan noodsaaklike vrag en beoog om...
Moenie voor die voet doodmaak 21.11.2026 0:40
Die bevolkings van verskeie ikoniese plaaslike wildspesies het gegroei, maar bewaringsuitdagings op kommunale sowel as kommersiële grond duur voort. Verlede jaar se nasionale verslag oor die beskerming van wildlewe wys daarop dat die doodmaak van diere wat as bedreigings vir vee en mense beskou word, soos slange en roofvoëls, negatiewe gevolge het. Die spesies speel 'n belangrike rol in ekosisteme...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.