Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Author

Kosmos 94.1

Category

News

Podcast website

www.kosmos.com.na

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Trump dreig om Iran aan te val 07.07.2026

President Donald Trump van Amerika het Iran weer gewaarsku en gesê sy weermag is bereid om die land se infrastruktuur heeltemal te vernietig indien ʼn diplomatieke ooreenkoms nie bereik word nie. Indirekte onderhandelings tussen Amerika en Iran het verlede week geëindig sonder enige vooruitsig van blywende vrede, ten spyte van ʼn skietstilstand van 60 dae om ruimte te skep vir diplomasie. Trump sê A...

NaCC hou konferensie oor samesmelting van Nampharm, CFAO Healthcare 07.07.2026

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n amptelike openbare uitnodiging uitgereik vir 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm. Die regulatoriese geleentheid sal op 10 Julie in Windhoek van nege tot twee plaasvind. Dina //Gowases, die kommissie se woordvoerder, het meer inligting:

AfriForum baklei om matriekuitslae te publiseer 07.07.2026

AfriForum sê hy sal die Inligtingsreguleerder se jongste poging teenstaan om die publikasie van matriekuitslae te keer. Dit nadat die reguleerder direk by die Appèlhof aansoek gedoen het om verlof tot appèl. Verlede maand het die Hooggeregshof in Pretoria hul aansoek om verlof tot appèl verwerp. Alana Bailey van AfriForum sê vorige hofuitsprake het bevestig die publikasie van matriekuitslae met be...

Guterres bepleit billike KI 07.07.2026

Die Globale Dialoog oor KI-bestuur is tans in Genève in Switserland aan die gang. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres is teenwoordig en sê sy boodskap is duidelik: die toekoms van KI moet gevorm word deur menslike toesig en doeltreffende bestuur sodat die tegnologie billik en tot die voordeel van die mensdom is.

Derde verdagte gee haarself oor na edelsteen-diefstal 07.07.2026

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê 'n derde verdagte het haarself by die Edenvale-polisiestasie oorgegee in verband met die beweerde diefstal van edelstene ter waarde van bykans 15-miljoen Suid-Afrikaanse rand by 'n perseel in Killarney, Johannesburg. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die direktoraat-woordvoerder, Lizzy Suping, sê drie v...

Agribank se gratis lesings hervat 07.07.2026

Agribank, in samewerking met Nust, nooi boere, studente en die publiek uit na 'n reeks gratis lesings wat vandeesweek in Windhoek plaasvind. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, gee meer inligting oor die datums en waaroor die lesings handel.

Renosterhoring-handel: Bewaring moet volhoubaar wees 07.07.2026

'n Mylpaaluitspraak in 'n Suid-Afrikaanse hof kan die debat oor wettige handel in renosterhorings in Namibië weer aanwakker. Die hof in Kimberley het 'n appèl van die Noord-Kaapse regering van die hand gewys, wat die weg baan vir uitvoerpermitte vir eties geoeste horings van witrenosters wat in gevangenskap geteel is, onder sekere voorwaardes. Namibiese natuurbewaarders, wat al lank aanvoer dat ge...

OneWeb bied dieselfde diens as Starlink 07.07.2026

Die regering se besluit om Starlink te verwerp het baie Namibiërs gefrustreerd gelaat, veral diegene wat in afgeleë gebiede woon, maar die land het nou nog 'n speler in die satellietinternetmark verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het met tegnologiekenner Nrupesh Soni gepraat, wat sê met die amptelike bekendstelling van OneWeb, sal hoëspoed-, lae-latensie-konnektiwiteit gebiede bereik waar tradisionele br...

SA-joeranliste geteiken na SAPD-korrupsie ondersoeke 07.07.2026

Die Madlanga-kommissie is ingelig oor die gevare vir joernaliste wat beweerde korrupsie binne die polisie se Misdaadintelligensie-eenheid ondersoek. Getuienisleier Adila Hassim verwys na 'n inbraak in die huis van Daily Maverick se ondersoekende joernalis, Marianne Thamm. Die senior Misdaadintelligensie-offisier, Feroz Khan, is volgens WhatsApp-boodskappe betrokke by bewerings dat Thamm se werk ge...

Uefa vaar uit teen Fifa se Balogun beslissing 07.07.2026

Die Europese beheerliggaam, Uefa het uitgevaar teen Fifa se besluit om die Amerikaanse doelskieter Folarin Balogun se rooikaart in die Wêreldbeker-toernooi te herroep, nadat president Donald Trump Fifa-president Gianni Infantino gevra het om die saak te hersien. Uefa sê Fifa het 'n rooi lyn oorskry en die integriteit van die spel ondermyn met 'n ongekende, onbegryplike en onregverdigbare besluit....

Die dag wat was, 7 Junie 2026 06.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Speaker betuig meegevoel met Venezuela 06.07.2026

Die dodetal van Venezuela se verwoestende dubbele aardbewings het teen Sondag tot minstens 3 342 gestyg, terwyl meer as 16 000 mense beseer is en tienduisende nog vermis word. Die regering het namens Namibiërs wense van hoop en solidariteit aan die land gestuur. Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhilla, het vandag 'n gedenkboek by die Venezolaanse ambassade geteken en...

Kaptein van Engeland vroue-kriektespan ontken uittrede 06.07.2026

Krieket: Die kaptein van Engeland se vrouespan, Nat Sciver-Brunt, ontken dat sy oorweeg om uit te tree en wil steeds in groot toernooie speel. Australië het Engeland gister op Lord's met sewe paaltjies verslaan om die T20-Wêreldbekertoernooi 'n rekord sewende keer te wen. Die 33-jarige Sciver-Brunt, wat die hele toernooi met 'n kuitspierbesering gesukkel het, sê die nederlaag is moeilik om te aanv...

Bly waaksaam, berigte van rooftogte en inbrake neem toe 06.07.2026

Die polisie doen 'n beroep op inwoners om waaksaam te bly na toenemende berigte van huisbrake en gewapende rooftogte in sommige van Windhoek se meer welgestelde voorstede. Kommer is uitgespreek na beweerde voorvalle in Auasblick, Suiderhof en Academia, met slagoffers wat na bewering tydens een rooftog met 'n vuurwapen aangehou is. Die woordvoerder van die Khomas-polisie, senior inspekteur Silas Sh...

Maak Kalimbeza-rysprojek 'n prioriteit: Zambesi-goewerneur 06.07.2026

Die Kalimbeza-besproeiingsprojek, 'n staatsbeheerde rysgroenskema van 229 hektaar in Katima Mulilo, en wat reeds in 2011 van stapel gestuur is, staar steeds beduidende uitdagings in die gesig. Zambesi-goewerneur Dorothy Kabula sê in haar streeksrede dat die projek sukkel om maksimum produksie te bereik as gevolg van inkonsekwente staatsbefondsing, verouderende en gebreekte masjinerie en marktoegan...

Fokus op Namibiese hernubare energie by forum in China 06.07.2026

Namibië versterk pogings om buitelandse beleggings in sy opkomende groenwaterstofsektor te lok en bevorder sy hernubare energiepotensiaal aan meer as 300 Chinese sakeleiers by 'n sakeforum in Sjanghai. Die geleentheid vind plaas ten tyde van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China. Minister van internasionale betrekkinge en handel, Selma Ashipala-Musavyi, het by die forum Namibi...

Namibië, SA eer beide rewolusionêre state: ontleder 06.07.2026

Reaksie word ontvang oor die Namibiese afvaardiging, gelei deur die minister in die Presidensie Charles Mubita en Swapo-LP Peya Mushelenga, wat hul eer betoon het tydens die begrafnisstoet van die voormalige Iranse opperleier Ali Khamenei in Teheran. Tydens die besoek het die afvaardiging met Iranse president Masoud Pezeshkian vergader. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die Suid-Afrikaanse politieke...

Hoekom is erkende misdadiger Mazzotti nie vervolg nie? 06.07.2026

Tax Justice South Africa vra die Nasionale Vervolgingsgesag om te verduidelik hoekom die sakeman Adriano Mazzotti nooit strafregtelik vervolg is nie. Dit is ondanks sy beweerde erkenning dat hy met tabak gesmokkel, belasting ontduik en pogings aangewend het om amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens om te koop. Die organisasie se stigter, Yusuf Ambramjee, sê dit versterk kommer dat georgan...

Reuse veldbrand woed suid van Outjo 06.07.2026

'n Reuse veldbrand woed op die oomblik in die omgewing suid van Outjo. Die brand het Saterdag ontstaan en het versprei met sommige dele wat uiters moeilik bereikbaar is. Een van die boere in die gebied, Paul Oosthuizen is besig om voorbrande te maak en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

GOOD kap Stad Kaapstad oor min bekostigbare huise 06.07.2026

Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad moet erken hy het die afgelope agt jaar nie een bekostigbare huis in die middestad en omliggende gebied gelewer nie. Die Konstitusionele Hof het verlede week die verkoop van die Tafelberg-skoolterrein in Seepunt omgekeer en die Wes-Kaap en die metro beveel om ʼn verslag in te dien oor hulle planne en lewering van bekostigbare behuising. GOOD se sekretaris-generaa...

Fosa het ook kommer oor Zuma se Indië besoek 06.07.2026

Die Forum for South Africa het kommer uitgespreek oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië. Hy is tydens die reis afgeneem saam met Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, en die vermeende staatskaping-argitek, Ajay Gupta. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ondersoek nou die kwessie. FOSA-leier Tebogo Mashilompane sê Zuma se besoek laat ern...

Bellingham sê Mexiko-wedstryd was trotsste oomblik ooit 06.07.2026

Engelse speler Jude Bellingham sê hy was nog nooit so trots nie. Dit kom na Engeland die mede-gasheer, Mexiko, 3-2 uitgeskakel en speel nou teen Noorweë. Bellingham het binne 98 sekondes twee doele aangeteken en kaptein Harry Kane het die oorwinning vir Engeland verseker met 'n strafdoel. Hy sê was sy trotsste oomblik in 'n Engeland-trui.

Hindernisse is soms die skuld van die SME en nie owerhede nie 06.07.2026

Die Khomas-streeksraad het verlede week ’n inligtingsessie vir geleenthede vir ondernemings van klein- en mediumgrootte gehou. Een van die gesprekke wat gevoer is, het gehandel oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Baie entrepreneurs het tydens hierdie gesprekke hul ervarings gedeel oor die toetredinghindernisse wat hulle ondervind as klein ondernemings. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie...

Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner 06.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner 06.07.2026

Reaksie word ontvang energieminister Modestus Amutse wat die voorwaardes van die Mededingingskommissie oor Nasan Energies se oorname van 52 vulstasies opgeskort het. Die kommissie het gesê dat Nasan vir vyf jaar geen brandstof van Vivo of sy filiale mag aankoop nie. Amutse sê die geopolitieke onstabiliteit in die Midde-Ooste het onsekerheid oor brandstof-aanbod verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het met op...

Listen to the Nuus podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.