Maroela Media

Maroela-onderhoude

News AF ↓ 150 episodes

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.

Author

Maroela Media

Category

News

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

‘Negatiewe musiek’ inspireer musiekgroep Nikotien 10.07.2026

“Wat ons eintlik met die liedjie wil sê, is dat dit oukei is om jouself in negatiewe musiek en negatiewe emosies te verloor.” Maroela Media

Stap in Totius se spoor met Koepel-Klop 03.07.2026

Koepel-Klop vind op 1 Oktober om 10:00 plaas. Dit koste beloop R550 per persoon, en die roete duur ongeveer twee uur. Maroela Media

Maeztro, Loufi laat die boere ‘rave’ 24.06.2026

“Ek het begin wonder hoe dit sal lyk as die boere ‘rave’, want hulle het al genoeg gery.” Maroela Media

Mensdom se ‘innerlike geveg’ inspireer sanger 22.06.2026

“Iets wat my egter stom laat, is te midde van hierdie teenstrydigheid is daar altyd hoop. Die mens bring altyd hoop, maak nie saak wat in die wêreld aangaan nie.” Maroela Media

SkoolSlim | Kultuur en kapitaal werk saam in ons skole 19.06.2026

Kan ʼn sterk skoolkultuur belangriker as kapitaal wees? Volgens Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton Beleggings, is die antwoord ʼn besliste ja. In die jongste episode van SkoolSlim gesels dr. Leandie Bräsler van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met Schalekamp oor die verhouding tussen kultuur en kapitaal in skole en waarom die een nooit die ander behoort te oorheers nie....

SkoolSlim | Robotika in die klaskamer begin nie by ʼn robot nie 15.06.2026

Dit is ʼn praktiese SkoolSlim-episode vir onderwysers wat graag met robotika wil begin, maar onseker is hoe om die eerste tree te gee. In dié episode van SkoolSlim gesels Melanie Kroukamp, onderwysspesialis van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), oor hoe onderwysers robotika-denke reeds in hul klaskamers kan aanwakker deur probleemoplossing, kreatiwiteit, samewerking en patroonherkenn...

‘Totale wanbalans’ in skolesport 11.06.2026

Wanneer word skolesport ʼn belegging in kinders, en wanneer word kinders ʼn belegging in skolesport? Maroela Media

ADHD dikwels eers in volwassenes raakgesien  10.06.2026

Vir baie mense kom ʼn ADHD-diagnose eers in volwassenheid, nadat jare se uitstel, wanorganisasie en oorweldiging begin opstapel. ʼn Kenner sê die simptome was dikwels reeds in die kinderjare daar, maar is eenvoudig nie raakgesien of begryp nie.  Maroela Media

SkoolSlim | Berei ons skole kinders regtig vir die toekoms voor? 05.06.2026

Is Afrikaanse skole besig om kinders vir môre se werkswêreld voor te berei, of werk ons steeds volgens ʼn model wat vir gister ontwerp is? Maroela Media

Wynand Strydom wil herkoms bewaar met nuwe album 05.06.2026

“Ek wil mense graag weer herinner aan waar ons vandaan kom. Nie om in die verlede te leef nie – ek dink dit is belangrik om op die toekoms te fokus – maar eerder sodat mense besef dat ons voorouers ons die geleentheid gegee het om te wees wie ons vandag is.” Maroela Media

Carley se musiek word saam met haar groot  05.06.2026

Carley se jongste enkelsnit, “Wag vir jou”, is meer as net nog ʼn liedjie. Ná haar oorwinning in ʼn talentkompetisie, ʼn droomreis wat wink en selfs ʼn rol in ʼn internasionale huldeblykvertoning, wys die 18-jarige sangeres dat haar musiek saam met haar grootgeword het. Maroela Media

‘Ouers, onderwysers moet in vennootskap werk’ 05.06.2026

Om kinders groot te maak is nie net ʼn werk vir die skool of ʼn werk vir ouers nie. “Dit is regtig ʼn vennootskap,” sê die onderwysnavorser Johnell Prinsloo in Maroela Media se ateljee. Maroela Media

‘Koop ʼn bakkie’ sing Dassie en Robbie  02.06.2026

“Bakkies speel ʼn groot rol in die Suid-Afrikaanse kultuur, veral omdat mense se voertuie ʼn deel van hul identiteit uitmaak.” Maroela Media

Sonder Onderbroeke wil ‘alternatief bly’  29.05.2026

“Ons is dankbaar vir die vryheid wat ons platemaatskappy ons gee om met ons musiek te eksperimenteer.” Maroela Media

‘Groot voorreg’ vir Skryf’it-wenner wat nou beoordelaar is 29.05.2026

“Ek het baie mense aangemoedig om vir vanjaar se kompetisie in te skryf, juis omdat die ervaring vir my so waardevol was.” Maroela Media

SkoolSlim | Skoolgereedheid gaan oor meer as ouderdom 28.05.2026

Jou kind kan dalk al tot 100 tel, maar is hy of sy emosioneel gereed vir die eerste jaar van ʼn skoolloopbaan? Maroela Media

Aanbiddingsfees eersdaags gevier 26.05.2026

“Elke keer wat ons vir die Here sing, elke keer wat ons ons fokus rig na die troon, sit ons ʼn hemelse kultuur hier op aarde. En soveel te meer in ons eie taal.” Maroela Media

Hoe raak aftrede jou huwelik?  21.05.2026

“Dis ʼn goeie idee om, voordat julle aftree, behoorlik te gesels oor wat elkeen se verwagtings oor aftrede is, want daar is ʼn groot kans dat die idees nie met mekaar strook nie. Deur dit te bespreek, kan albei se behoeftes in ag geneem word en verseker word dat die paartjie konstruktief besig bly.” Maroela Media

Hoe kies ek ʼn skool vir my outistiese kind? 21.05.2026

Om die regte skool vir ʼn kind op die outismespektrum te kry, kan ʼn reuse-uitdaging wees as ʼn ouer nie weet waar om te begin nie, sê prof. Suzanne Bester. Maroela Media

‘Vir weer’: Christia Visser se digbundel rou, eerlik 20.05.2026

Christia Visser het haar jongste digbundel, “Vir weer”, geskryf terwyl sy deur ʼn egskeiding gegaan het. Sy probeer sin maak van verlies, verandering en van voor af begin, en met die digitale bundel deel sy haar “rouste vorm” met luisteraars.  Maroela Media

Wanneer een ouer tuisbly: die risiko vir huwelike 14.05.2026

Die besluit dat een ouer tuisbly om kinders groot te maak, klink vir baie gesinne na die ideale oplossing. Huweliksberader Louise Ehlers waarsku egter dat dié reëling dikwels onbedoelde druk op ʼn huwelik kan plaas. Maroela Media

SkoolSlim | Kwytskelding, skoolgeld en finansiële druk op Afrikaanse skole 08.05.2026

Skoolgeld bly vir baie Afrikaanse skole die verskil tussen oorlewing en agteruitgang. Tog verstaan ouers nie altyd hoe afhanklik openbare skole van dié inkomste geword het nie. Dít is die fokus van die jongste episode van die #SkoolSlim-podsending waarin dr. Leandie Bräsler van die Skoleondersteuningsentrum met Carl van Rooyen, prokureur en beheerliggaamvoorsitter, gesels oor skoolgeld, kwytskeldi...

SkoolSlim | Hoe bly goeie skole finansieel staande? 06.05.2026

Afrikaanse skole staan onder toenemende finansiële en regulatoriese druk, terwyl staatssteun afneem en administratiewe vereistes toeneem. In dié episode van "SkoolSlim" gesels dr. Leandie Bräsler met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die Skoleondersteuningsentrum, oor waarom langtermyn finansiële beplanning noodsaaklik geword het vir skole wat volhoubaar wil bly. Maroela Media

Brug na hoop: Projek gee kinders nuwe kans 30.04.2026

“By ‘Bemagtig ʼn kind’ bou ons doelbewus ʼn brug wat kinders help om uitdagende omstandighede oor te steek na ʼn toekoms vol hoop, stabiliteit en geleenthede. Ons glo alle kinders verdien ʼn regverdige kans om hulle volle potensiaal te bereik.” Maroela Media

Kan ʼn huwelik herstel ná ʼn buite-egtelike verhouding? 29.04.2026

“Die moeilikste deel van die proses is om te vergewe en weer vertroue op te bou. Absolute eerlikheid van albei se kant af is ook nodig vir die herstelproses.” Maroela Media

Listen to the Maroela-onderhoude podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.