Maroela Media
Maroela-onderhoude
Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Afrikaanse toppresteerders skitter in SOS se nuwe nasionale ranglys 28.04.2026 10:31
Agter elke matriekpunt skuil ʼn storie van harde werk. Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die SOS, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die erkenning vir die land se top- Afrikaanse matrikulante en uitvind wat hul sukses vir skole en gemeenskappe beteken Maroela Media
‘Help, graad 4 is hier!’ 24.04.2026 22:51
“Graad 4 is dikwels ʼn groter aanpassing as graad 1,” sê Unine Laas, Grondslagfasespesialis by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, in Maroela Media se ateljee. Maroela Media
Uitmekaardryf nie einde van huwelik, meen kenner 24.04.2026 6:20
Alle huwelikspare loop die gevaar om mettertyd uitmekaar te dryf, maar volgens ʼn huweliksberader kan dit oorkom word, mits iets ergers nie plaasgevind het nie. Maroela Media
Dirk wys dieper kant met nuwe snit 24.04.2026 7:19
“Ek wil deur die liedjie die hoop bring dat mense in ʼn soortgelyke situasie iemand sal vind wat daardie seer deur liefhê sal laat verdwyn. Ek het nie weer iemand gekry nie, maar ek het dit in God gevind.” Maroela Media
‘Kweek van kleins af ʼn lesertjie’ 23.04.2026 23:40
Maroela Media gesels met Coralie Vermaak, ʼn spraak-en-taalterapeut en oudioloog, oor die belangrikheid om kinders van ʼn jong ouderdom af aan boeke en lees gewoond te maak. Maroela Media
Hettie en Louis Brittz gee hoop vir gesinne in haastige wêreld 02.04.2026 13:37
“God is nie klaar met jou gesin nie, want Hy is steeds besig om dit elke dag te vorm.” Volgens Hettie en Louis Brittz begin dit nie by kitsoplossings nie, maar by wortels van julle verhouding. Die egpaar, wat al meer as drie dekades saam die pad van die huwelik en ouerskap stap, is in Mei terug in Suid-Afrika met nuwe boeke en ʼn vars boodskap van hoop vir elke gesin. Maroela Media
Nuwe vryheid as mens, kunstenaar inspireer Elandré 02.04.2026 16:49
“Ek dink ek is dit aan die mense verskuldig om myself so elke nou en dan ongemaklik te maak. Dit maak ʼn mens beter.” Maroela Media
Marno speel sonder huiwering met klanke, lirieke 30.03.2026 15:49
“Ek hou van die liedjie, want dit klink anders as wat ek nou skryf. Ek weet nie eers of ek nog só skryf nie. Dit is ʼn hele ander styl.” Maroela Media
HelpJag | Bakkies Botha, sportlegendes slaan kolhou vir kosprojek 25.03.2026 0:32
Kom luister hier hoe Margolé Riekert, hoof van Solidariteit Helpende Hand se projekte, die hart agter HelpJag verduidelik. Maroela Media
TV-rol verdiep akteur se eie reis met ADHD 19.03.2026 36:46
Waar hy verlede jaar kykers laat bloos het as ʼn sagmoedige spiertier in “Khaki Fever”, hoop die akteur Abel Knobel om nou met sy nuwe rol harte te raak en moontlik groter bewustheid oor AGHS onder volwassenes te skep. Maroela Media
Afghaanse vrou: ‘Ek het die God gevind wat my raaksien’ 13.03.2026 15:09
Haar man is geskiet, haar vriende het haar heeltemal verstoot en sy moes met ʼn baba uit Afghanistan vlug. Tog sê Zakie* sy het in haar donkerste oomblikke “die God gevind wat my raaksien”. Haar verhaal werp lig op die werklikheid van miljoene Christen-vroue wat wêreldwyd vir hul geloof vervolg word. Maroela Media
Alternatiewe kunstenaar bring hulde aan rolmodel 02.03.2026 5:35
“Riku het ʼn baie spesiale plek in my hart, en dit was vir my belangrik om hom deur die liedjie te vereer.” Maroela Media
Sielkundige fenomeen inspireer sanger 27.02.2026 15:14
“Ek hoop dat ek deur die liedjie mense sal kan bewus maak van die seer wat hulle ervaar, en dat dit dalk tot die besluit sal lei dat hulle met iemand sal gaan praat en genesing soek.” Maroela Media
Vrouegroep samel geld in vir individue in nood 23.02.2026 8:41
“Ons wou ʼn gemaklike, glansryke platform skep waar vroue van verskillende ouderdomsgroepe bymekaar kan kom, ʼn heerlike tyd kan hê en terselfdertyd ʼn verskil kan maak.” Maroela Media
Leah leef teaterdroom in nuwe musiekvideo 23.02.2026 8:44
“Ek wou nog altyd ʼn musiekvideo in ʼn teater skiet.” Maroela Media
Dié stoele se stories moet vertel word 19.02.2026 16:23
Sy het al bykans duisend Transvaalse meubelstukke opgespoor, maar glo daar is nog juwele wat ontdek moet word. Maroela Media
Musikant Dani Villé skryf eerlik oor vriendskap 16.02.2026 6:55
“Met ʼn terugblik op die vriendskap het ek egter besef dat sy eintlik baie selfbewus was, en dit het vir my voorgekom asof sy baie omgegee het vir haar beeld en met wie sy vriende was.” Maroela Media
Pa-en-dogter-liefde inspireer Prop se nuwe treffer 13.02.2026 8:05
“Ek het dit aanvanklik as ʼn liefdesbrief aan my dogter geskryf.” Maroela Media
Duo sing vir broodwinners in buiteland 12.02.2026 7:01
“Ons land is in ʼn situasie waar boere oorsee moet gaan werk om te oorleef, terwyl dit dalk nooit die plan was nie.” Maroela Media
Liefdesliedjie op skrywerskamp gebore 09.02.2026 9:43
“Alles vir ʼn oomblik” is nie jou deursnee-liefdesliedjie nie, aangesien dit ʼn mengsel van angstigheid en positiwiteit oor die liefde bevat. Maroela Media
Sangersvriende sing oor Groot Trek 06.02.2026 8:41
“Ek weet nie of kinders nog baie oor die Groot Trek op skool leer nie, so kom ons sing daaroor.” Maroela Media
Jakkie Louw wil vir jou kinders stories vertel 06.02.2026 8:39
“Daar is te min nuwe Afrikaanse stories vir kinders. Ek het ʼn lekker klomp stories wat nooit gaan opraak nie.” Maroela Media
Jo Black gaan HelpJag om kinders te voed 04.02.2026 8:31
“Ons almal wil iets goeds doen, almal wil ʼn verskil maak. Daar is drie goed wat jy kan gee: iets, jou tyd of geld.” Maroela Media
Almero betower weer met ‘Een keer om die son’-klankbaan 04.02.2026 12:01
“Wat my hierdie keer veral opgewonde maak, is dat die tweede seisoen meer ligte oomblikke, maar ook genoeg donker oomblikke bevat.” Maroela Media
Twee dekades later: Deon Groot oor musiek, inspirasie en ‘Seisoene’ 03.02.2026 14:40
Deon gesels met Mizanne van Wyk in Maroela Media se ateljee oor sy nuwe album, die duur lesse wat hy in sy loopbaan geleer het en waaruit hy sy inspirasie put. Maroela Media
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.