Podmedia

Podlitiek

News AF ↓ 332 episodes

Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans. Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube. Met trots aan u gebring deur Podmedia.

Author

Podmedia

Category

News

Podcast website

www.spreaker.com

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ep. 293 - Witmense besit nie al die grond en ons nommerplate is nie gesond 08.07.2026

Ernst en Louis ontnonsens die 72%-leuen. Waar kom die papegaaifrase dat witmense 72% van al die grond in Suid-Afrika besit, vandaan? En waarom is dit in elk geval ‘n dom idee om grondbesit so simplisties voor te stel? Intussen is dit met nommerplate in Suid-Afrika – soos met verskeie ander dinge – makliker om die onwettige weergawe as die wettige weergawe in die hande te kry. Louis en Ernst gesels...

Ep. 291 - Britse dokkie oor SA en Artikel 235 pla die MK. 29.04.2026

Callum, die kalm Britse reisiger, het Suid-Afrika besoek en 'n dokumentêr gemaak oor die ont-ontwikkelende land (of is dit dan net 'n wikkelende land?). Een van Podlitiek se aanbieders maak sy verskyning daarin. Intussen is die MK-party gepla deur die moontlikheid van selfbeskikking wat in die Suid-Afrikaanse grondwet vervat is.

Ep. 290 - Nuutste plaasmoordstatistiek en die MRK word gebriek 24.04.2026

AfriForum se 2025 plaasmoordstatistiek en die MRK verloor 'n GROOT hofsaak. Aanbieders: Ernst van Zyl en Louis Boshoff

Ep. 289 - Malema kry tronsktraf en DA kry nuwe bestuurstaf (oudio) 16.04.2026

Podlitiek se gedagtes oor Malema se vonnisverrigtinge en die nuwe DA leierskap.

Ep. 288 - Fikile vervolg, heffing halveer en 'n nommerplaat-sindikaat? 01.04.2026

Ons begin die episode deur vir kameraad Mbalula geluk te wens met sy verjaarsdag. Hulle sê 'n mens moet elke verjaarsdag wat jy vry is, geniet. Dan kom die brandstofheffing aan die beurt. Dis tydelik verminder, maar miskien is die vermindering "tydelik" soos die "tydelike" Covid-toelaag. Laastens gesels ons oor die Mededingingskommissie se bevinding dat die vervaardigers van blanko-nommerplate 'n...

Ep. 287 - Hoe lyk n toekoms onder NGV - AfriForum gee vir jou n idee 18.02.2026

Louis, Ernst en Wian gesels oor AfriForum se nuwe hofsaak teen die Nasionale Gesondheidsversekeringswet. Hoekom dit nou belangrik is en wat ons kan verwag.

Ep. 286 - Bek-en-klou laat vir Steenhuisen vou 05.02.2026

Podlitiek het 'n spesiale gas in die ateljee: Wian Spies. Die manne gesels oor die groot nuus van die week (en eintlik al langer as dit). Wian is beter ingegrawe op die wetlike aspekte van BKS inenting en deel sy insigte daaroor.

Ep. 285 - Solly wil potgooie reguleer en verskonings aan AfriForum word al meer. 22.01.2026

Die (DA) Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, wil potgooie laat registreer en reguleer (maar Podlitiek sal ons nie laat keer). Intussen het News24 en The Citizen nwe apologieë geplaas vir foutiewe beriggewing oor AfriForum. Ernst en Louis vra of dit alles net per ongeluk is? Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Ernst van Zyl  Arno Roodt

Ep. 284 - Chinese, Irannese en Russe in die water en Amerika raak al kwater 14.01.2026

Tannie Angie se vloot oefen saam met die anti-Westerse magte (of voorsien ten minste die water vir hulle om in te oefen). Gerugte dat die Irannese skepe op die laaste nippertjie moes onttrek, blyk toe vals te wees. Intussen besluit die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers om AGOA te verleng, maar dis nog 'n oop vraag of Suid-Afrika steeds ingesluit sal wees. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst...

Ep. 283 - 2026 se verwagte nonsens om te ontnonsens 08.01.2026

Podlitiek se manne het die vakansie gaan lees, peins, filosofeer en die wêreld rustig bekyk. Nou gesels hulle oor die temas, narratiewe en gebeure wat moontlik 2026 gaan oorheers. Die Podlitek-span bestaan uit: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt

Ep. 282 - Die regering G20, maar vat alles 06.11.2025

In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor Trump se opmerkings rakende Suid-Afrika se G20-lidmaatskap en die Departement van Gesondheid se planne om NGV te finansier. Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt

Ep. 281 - Cyril wat sy nefie n drukkie gee en Tshwane metro wil vullis-uitspraak appelleer 15.10.2025

In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die president se berugte ontmoeting voor 'n korrupsiepaleis in Sandton en die Tshwane Metro se besluit om die "City cleansing levy"-uitspraak te appelleer. 'n Paar korter nuusbrokkies kom aan die beurt. Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Arno Roodt Ernst van Zyl

Ep. 280 - Malema se sanksies, singery en skietery. 08.10.2025

In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor drie kwessies wat met die EFF se CIC (Convicted in court) Julius Malema te doen het: 1. Die sing van Kill the Boer op die Puk-kampus. Podlitiek verduidelik waarom dit 'n groter probleem is as Kill the Boer gesing word in die leerruimte van Afrikaanse studente as net in 'n stadion by 'n EFF saamtrek. 2. Malema wat skuldig bevind is aan verskeie aanklagte...

Ep. 279 - Stellenbos(s)e munisipaliteit soek nie wittes hier en Malema se volledige dossier 04.09.2025

Podlitiek se aanbieders vind uit dat hulle "deel van die probleem" is en liefs nie moet aansoek doen vir 'n pos by die Stellenbo(s)se dorpsraad nie. Louis en Ernst bespreek wat 'n mens moet doen as jy leef in 'n wêreld waar sulke praktyke aan die orde van die dag is. Intussen het AfriForum se Privaat Vervolgingseenheid die monumentale taak aangepak om al Malema se sondes te boekstaaf en vir die wê...

Ep. 278 - Malema skuldig aan haatspraak en die nuutste oor die Panyaza-plaat 28.08.2025

In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Malema se skuldigbevinding aan haatspraak by Brackenfell (plus ietsie oor die omstredenheid rakende wie betrokke was en wie nie). Louis delf ook 'n bietjie rond in die donker wêreld van nommerplaatverskaffing en veral Lesufi se planne vir nuwe Gautengse nommerplate. Podlitiek word aangebied deur: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt

Ep. 277 - DIRCO sê plaasmoorde is nie uniek nie en Mashatile sê raswette diskrimineer nie 20.08.2025

In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die Departement van Internasionale Betrekkinge (DIRCO) se jongste verklaring oor plaasmoordstatistiek en Mashatile se mees onlangse poging om rassediskriminasie af te maak. Podlitiek antwoord nugter, maar vra ook: "Wie glo teen die tyd nog enigsins die ANC se stories?" Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl Louis Boshoff Arno Roodt

Ep. 276 - Mbalula se karwagte en Kunene se kakkerlakke 07.08.2025

In vandag se episode gesels Ernst en Louis oor Fikile Mbalula se rassistiese uitlatings tydens die perskonferensie na afloop van die ANC se NUK-vergadering. Hy het onder meer die eerste Afrikanervlugtelinge na die VSA "karwagte" genoem – wat dit ookal veronderstel is om te beteken.   Daarna kom die jongste haatspraak-uitspraak ter sprake. Kenny Kunene is deur die hof verbied om Malema voortaan wee...

Ep. 275 - Pretoria het een heffing minder, maar Suid-Afrika 30% meer 01.08.2025

In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die "city cleansing levy", oftewel stadsreinigingsheffing, van die Tshwane Metro wat onwettig bevind is. (Podlitiek se manne het self 'n aandeel hierin gehad.) Dan bespreek ons ook die 30% invoertarief wat die VSA van 7 Augustus af op Suid-Afrikaanse produkte gaan hef. Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Arno Roodt Ernst van Zyl

Ep. 274 - Is mediese fondse rassisties en dalk sien ons gou geteikende sanksies? 24.07.2025

In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die ondersoekpaneel na rassisme by mediese fondse wie se verslag onlangs bekendgestel is, sowel as die Amerikaanse wetsontwerp oor die hersiening van diplomatieke verhoudinge met Suid-Afrika. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl Louis Boshoff Arno Roodt

Afrikaanse Geneeskunde met Prof Oppel Greeff 08.07.2025

In die tweede onderhoud van ons 2025 onderhoudreeks gesels Louismet Prof Oppel Greeff. 'n Man met 'n indrukwekkende CV en 'n passie vir medisyneontwikkeling en vir Afrikaans.  Hoe is die Afrikaanse geneeskundige vaktaal ontwikkel? Wat is die moontlikheid dat ons weer dokters in Afrikaans sal oplei? Hoekom is dit die moeite werd om in Afrikaans te studeer al is dit soms meer moeite? Podlitiek word...

Ep. 273 - Musk se nuwe party en Ramaphosa wil meer as 90 dae kry 02.07.2025

In hierdie episode gesels die Podlitiek span oor Trump wat geskerts (of is dit gedreig?) het dat Elon Musk na Suid-Afrika gedeporteer moet word. Musk is op sy beurt vasbeslote om 'n nuwe politieke party in die VSA te stig wat strenger fiskale beheer sal voorstaan. Intussen het die Suid-Afrikaanse regering ekstra tyd versoek om 'n handelsooreenkoms met die VSA te beding voordat heffings inskop. Pod...

Ep. 272 - Dis wat Amerika van SA-regering eis en DA-adjunkminister word die deur gewys 26.06.2025

In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die jongste Afrikanerafvaardiging se werksaamhede in die VSA en die DA-adjunkminister wat afgedank is. Opwindende tye vir Suid-Afrikaanse politiek ... Podlitiek word aangebied deur: Louis Boshoff Arno Roodt Ernst van Zyl

Ken jou geskiedenis_ met Prof Fransjohan Pretorius 24.06.2025

Podlitiek spring weg met 'n splinternuwe onderhoudreeks! Louis en Arno gesels met Prof Fransjohan Pretorius oor die waarde daarvan om jou geskiedenis te ken. Hy deel ook 'n interessante staaltjie of twee uit die Afrikaner se geskiedenis. Verskoon die swak klankgehalte. (Ons maak maar asof ons doelbewus van ou tegnologie gebruik gemaak het vir die geskiedenis-episode.) Podlitiek word aangebied deur...

Ep. 271 - Ramaphosa by die G7 en SEB verwoes lewens 18.06.2025

In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor Ramaphosa se besoek aan die G7 beraad en Solidariteit en die Vryemarkstigting se onlangse verslag oor SEB-rassewetgewing. Podlitiek word aangebied deur: Ernst van Zyl Louis Boshoff Arno Roodt

Ep. 270 - Podlitieke dialoog oor die beoogde dialoog _en nommerplate_ 11.06.2025

In hierdie episode gesels Louis en Arno oor die ANC monoloog wat voorlê (en verpak word as nasionale dialoog). Die plofbare onderwerp oor plofbare Gautengse nommerplate word ook aangeroer. Podlitiek word aangebied deur: Ernst van Zyl  Louis Boshoff Arno Roodt

Listen to the Podlitiek podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.