RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum: Solidariteit dreig met regsoptrede ná skorsing van Tshwane-stadsbestuurder 10.07.2026

10 Julie 2026: Solidariteit dreig met regsoptrede ná die voorlopige skorsing van die Tshwane se stadsbestuurder, Johann Mettler. Kaapstad-metro se kontrak met die shotspotter-program beëindig. Action Society eis aanspreeklikheid van individue wat bewus was van kindermishandeling, maar versuim het om dit te rapporteer.

Spektrum: SA spioen in VSA gevonnis 09.07.2026

9 Julie 2026: 'n Suid-Afrikaanse spioen word in die VSA tot ses maande tronkstraf en 'n boete van meer as R150 000 gevonnis. Vier voormalige en bestaande werknemers van die Ekurhuleni-metro verskyn in die hof. Iran en Amerika in 'n woordetwis gewikkel.

Spektrum: Oliepryse styg ná skietstilstand tussen VSA en Iran in duie stort 08.07.2026

8 Julie 2026: Die skietstilstand tussen Amerika en Iran stort in duie - en oliepryse styg. Die Nasionale Tesourie sê die doel van die terughou van geld aan 69 munisipaliteite is om fiskale dissipline onder plaaslike owerhede te verseker. ’n Tweeling van vier maande sterf in 'n brand in Ikaneng, Potchefstroom, in Noordwes.

Spektrum: Minister moet verduidelik oor ontmoetings met Tony Leon se Resolve Communications en Starlink 07.07.2026

7 Julie 2026: Die Minister van Kommunikasie verdedig sy handelinge met Starlink en Tony Leon se firma, Resolve. Nege uit elf Gautengse munisipaliteite se finansies lyk beroerd. Puttoilette sal voortaan onmiddelik geïdentifiseer en vervang word.

Spektrum: Huisvesting van immigrante word ’n probleem 06.07.2026

6 Julie 2026: Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor hoe daar by die huis van die Daily Maverick-joernalis, Marianne Thamm, ingebreek is. Die tydelike huisvesting van immigrante word ’n probleem. Watter belastingimplikasies hou die tweepot-pensioenstelsel in?

Spektrum: Minister soek duidelikheid oor Zuma en Hoëkommissaris se ontmoeting met Guptas 03.07.2026

3 Julie 2026: Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking reageer op Jacob Zuma en SA se Hoëkommissaris se besoek aan die omstrede Gupta-broers. 'n Regter vonnis die Saunders-moordenaars lewenslank, en sê die motief bly 'n raaisel. 'n Ikoniese troostante vier haar 75ste verjaarsdag.

Spektrum: Agterstand van 250 000 DNS-monsters by polisie-laboratoriums 02.07.2026

2 Julie 2026: 'n Skokkende agterstand van 250 000 DNS-monsters by polisie-laboratoriums. Die Departement van Vervoer ondersoek 'n nuwe befondsingsmodel vir die Padongelukkefonds. 'n Rekord mielie-oes wink.

Spektrum: Politieke agenda agter betogings? 01.07.2026

1 Julie 2026: Die waarnemende minister van polisie vermoed daar is 'n politieke agenda agter drukgroepe se beplande betogings elke Donderdag. Reaksie op die kabinetskommelinge. Baie koue weer met sneeu en swaar reën op pad na die suid-ooste en sentrale dele van die land.

Spektrum: Is landswye begtogings skadelik vir SA-handelsmerk? 30.06.2026

30 Junie 2026: Die landwye betogings teen ongedokumenteerde buitelanders is aan die gang. Ons praat met ons verslaggewers in brandpuntgebiede. Ons vra ook of dié begtogings skadelik is vir die Suid-Afrikaanse handelsnaam. Die forensiese ondersoeker, Paul O'Sullivan, beweer die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkwanazi, se 2025-openbare verklaring oor korrupsie in die polisiediens het...

Spektrum: Talle veroordeel beplande betogings teen onwettiges 29.06.2026

29 Junie 2026: Die Madlanga-kommissie sit sy werksaamhede voort ná 'n mislukte sluipmoordaanval op ’n sleutelgetuie. Talle politieke partye en nie-regeringorganiasies veroordeel môre se beplande betogings teen onwettige buitelanders. Groot tennis begin vandag op Wimbledon in Engeland.

Spektrum: Johannesburgers staal hulle vir hoër munisipale tariewe 26.06.2026

26 Junie 2026: Die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, en meer as 'n dosyn ander senior polisiebeamptes verskyn in die hof in verband met die beweerde Medicare24-bedrogspul. Johannesburg se nuwe munisipale tariewe is bekend - alles is op, met water wat meer as 12% styg.

Spektrum: Venezuela tel die stukke op ná twee aardbewings 25.06.2026

25 Junie 2026: Venezuela tel die stukke op ná twee vernietigende aardbewings kort na mekaar. Drie verdagtes verskyn in die hof in verband met die Cleveland-skietery wat 13 lewens geëis het. Munisipaliteite met swak oudits is meer vatbaar vir die impak van klimaatsverandering.

Spektrum: ‘Te min mense spreek hulleself uit teen vreemdelingehaat’ 24.06.2026

24 Junie 2026: Die FW De Klerk Stigting sê te min Suid-Afrikaners spreek hulleself uit teen vreemdelingehaat. Die Johannesburg Padagentskap trap die rem op herstelwerk in die metro weens 'n brandstofkrisis. Landswye monsters wys sowat 'n kwart van mense wat tans grieperig is, die H1N1-virus onder lede het.

Spektrum: Polisie begroot R600 miljoen vir operasies met betogings op 30 Junie 23.06.2026

23 Junie 2026: R600 miljoen van die polisie-begroting geoormerk vir spesiale operasies om die beplande landwye betogings op 30 Junie te bestuur, terwyl owerhede Suid-Afrikaners versoek om nie paniekbevange te raak nie. Die Minister van Basiese Onderwys praat oor haar uitdagings ná twee jaar in die tuig.

Spektrum: Die Britse eerste minister, Keith Starmer, bedank 22.06.2026

22 Junie 2026: Ons bespreek Keith Starmer se bedanking as Britse eerste minister. Ons praat met Paul Adams oor die vroue Proteas se uitstekende vertoning, en die pad vorentoe in die Wêreldbeker-toernooi. 'n Dokumentêr oor Kaapse HipHop-kunstenaars seëvier by die Encounters Internasionale Rolprentfees.

Spektrum: ‘Bendegeweld in Kaapstad vereis buitengewone maatreëls’ 19.06.2026

19 Junie 2026: Bendegeweld in Kaapstad vereis buitengewone maatreëls, sê minister Anroux Marais. Meer as 40 woonbuurte in die Nelson Mandelabaai-metro ervaar watertoevoerprobleme te midde van opgaardamme wat oorloop. Die OVK sê alle noodsaaklike verkiesingsmateriaal is aan stempunte versprei op die vooraand van die eerste kiesersregistrasienaweek.

Spektrum: Phala Phala-afsettingskomitee voorgelig oor regsopsies 18.06.2026

18 Junie 2026: Die nuutste getuie voor die Madlanga-kommissie verskyn in camera weens kommer oor die getuie se veiligheid. Die Phala Phala-afsettingskomitee word voorgelig oor regsopsies teen president Cyril Ramaphosa se interdiktaktiek. Nóg koue weer lê om die draai.

Spektrum: Beoogde kabinetskommeling van DA-ministers 17.06.2026

17 Junie 2026: 'n Beoogde kabinetskommeling in DA-geledere laat wenkbroue lig. Inflasie neem verder toe. Europese lande aanvaar dat Rusland met sy rug teen die muur is wat die oorlog met Oekraïne betref.

Spektrum: Ons herdenk die Soweto-opstande van 1976 16.06.2026

16 June 2026: President Cyril Ramaphosa spreek die land toe in Soweto op Jeugdag. Druk neem toe op die Speaker van die parlement, Thoko Didiza, oor president Ramaphosa se afsettingskomitee-saak. Huldeblyke stroom in vir die jazzikoon en roemryke musikant, dr. Abdullah Ibrahim, wat in Duitsland sterf.

Spektrum: Nuwe hospitaal om 1 Mil te vervang? 15.06.2026

15 Junie 2026: Vusimuzi "Cat" Matlala en sy medebeskuldigdes weer in die hof. Versoeke dat daar eerder 'n nuwe hospitaal in die plek van 1 Militêre Hospitaal in Pretoria gebou word. Die G7-beraad begin in Frankryk.

Spektrum: Aanduidings vanuit Iran dat voorlopige ooreenkoms bereik is om oorlog te beëindig 12.06.2026

12 Junie 2026: Die teenmisdaad-aktivis, Yusuf Abramjee, sê hy gaan voort met sy werk ongeag dreigemente wat teen hom gemaak is. Die DA dien 'n dossier oor kinderswangerskappe by die Menseregtekommissie in. Daar is 'n sterk aanduiding vanuit Iran dat 'n voorlopige ooreenkoms bereik is om die oorlog te beëindig.

Spektrum: 60 Spookwerkers ontmasker in Department van Openbare Werke 11.06.2026

11 Junie 2026: 60 Spookwerkers ontmasker in die Department van Openbare Werke en Infrastruktuur. Die gaping tussen werkloses en dié wat werk het, word al hoe kleiner. Ons praat met 'n sokkerkenner oor Bafana Bafana se kanse in die Wêreldbeker-toernooi.

Spektrum: Die debat oor onwettige immigrante kry momentum 10.06.2026

Spektrum: Minstens tien verdagtes wat verbind word met die massaskietvoorval in Cleveland, Johannesburg, nog op vrye voet. Die debat oor onwettige immigrante tel spoed op. 'n Bohaai oor 'n bek-en-klouseer-e-pos uit die kantoor van die Ministerie van Landbou.

Spektrum: Suid-Afrika se ekonomie groei stadiger 09.06.2026

9 Junie 2026: Suid-Afrika se ekonomie groei stadig in die eerste kwartaal van 2026. Nóg polisiebeamptes geskors in verband met die Medicare24 Tshwane-tender. 'n Ondersoekbeampte van OPOD getuig voor die Madlanga-kommissie oor die Aeroton-dwelmvonds.

Spektrum: E-tolskuld word afgeskryf 08.06.2026

8 Junie 2026: Die kabinet skrap motoriste se uitstaande e-tolskuld. Die departement van basiese onderwys wil Kwintiel 5-skole verhoed om onder meer leerlinge se akademiese prestasie as toelatingsvereiste te gebruik. Die Ou Raadsaal se horlosie op Kerkplein in Pretoria se klokke beier weer ná 30 jaar.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.