RSG

Spektrum

News AF ↓ 2558 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Nov 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.7+ rating iOS soon

Episodes

Spektrum: Voertuigverkope breek deur 60 000-kerf 02.10.2026

2 Oktober 2026: Nuwe navorsing wys dat werkloses wat die toelae van R370 ontvang, nie ontmoedig word om werk te soek nie. Voertuigverkope breek in September vir die eerste keer in jare deur die 60 000-kerf. Hoekom is 'n konferensie oor kunsaktivisme vandag relevant? Ons praat met 'n dramaturg en rolprentmaker.

Spektrum: Nuwe klag teen Shadrach Sibiya 01.10.2026

1 Oktober 2026: 'n Nuwe klag van die oortreding van die Vuurwapenbeheerwet word by die geskorste adjunk-polisiekommisaris, Shadrach Sibiya, se klagstaat gevoeg. Al hoe meer stemme gaan op dat die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, in sy amp herstel word. Cosatu sê R10-miljard moet uit die staatskas vir brandstofprysverligting bewillig word.

Spektrum: Verkiesingsdebat - Johannesburg 30.09.2026

30 September 2026: Suzanne Paxton lei die debat tussen politieke partye wat aan die plaaslike regeringsverkiesing in Johannesburg deelneem.

Spektrum: Stropers teiken die hoogsbedreigde Kaapse Hertkewer 29.09.2026

29 September 2026: 'n Aanbod is aan perskeboere gemaak wat deur die sluiting van die Tulbagh-inmaakfabriek geraak word. Demensie-gevalle in Suid-Afrika sal na verwagting skerp toeneem teen 2050. Stropers teiken nou ook die hoogsbedreigde Kaapse Hertkewer.

Spektrum: Groeiende tekort aan noodsaaklike medisyne 28.09.2026

28 September 2026: Die Madlanga-kommissie gaan strafregtelike klagte teen die voormalige adjunkhoof van misdaadintelligensie, Feroz Khan, lê. Drie Artikel 9-instellings begin met 'n ondersoek na geslagsgeweld. Daar is 'n groeiende tekort aan noodsaaklike medisyne in die openbare en private sektors.

Spektrum: DA vra vir ingryping by reguleringsowerheid vir private sekuriteitsbedryf 25.09.2026

25 September 2026: 'n Boete van so veel as R100 000 voorgestel vir die indiensneming van ongedokumenteerde buitelandse werknemers. Die DA vra vir ingryping by die reguleringsowerheid vir die private sekuriteitsbedryf. 'n Oudiovisuele boek is in die pyplyn om die N/uu-taal van uitsterwing te red.

Spektrum: Hofgeding oor vier partye se proporsionele kandidaatlyste 24.09.2026

24 September 2026: ‘n Hofgeding om vier partye se proporsionele kandidaatlyste onwettig te laat verklaar. Ons bekyk 'n taal wat diep in die geskiedenis en identiteit van Kaapstad verweef is, Afrikaaps of Kaaps. Amerika en Iran hervat vredesonderhandelinge.

Spektrum: ANC na Konstitusionele Hof oor kandidatelyste 23.09.2026

23 September 2026: By die Madlanga-kommissie veg die taxibaas, Bafana Sindane, om sy getuienis te stop. Die ANC besluit om die kwessie oor sy kandidatelys na die Konstitusionele Hof te neem. Die massaskietvoorval in KwaZulu-Natal is moontlik bendeverwant.

Spektrum: Die jongste oor bek-en-klouseer 22.09.2026

22 September 2026: Die jongste nuus oor die vordering in die stryd teen bek-en-klouseer. 'n Senior beampte van die polisiediens verskyn in die hof op aanklagte wat verband hou met seksuele oortredings. Hoe groot 'n bedreiging is die Withuis se nuwe Trump TV-kanaal vir onafhanklike joernalistiek?

Spektrum: 'n Vrou word elke 20 minute in SA verkrag 21.09.2026

21 September 2026: Volgens die jongste misdaadstatistiek word 'n vrou elke 20 minute in Suid-Afrika verkrag - ons vra wat loop skeef? Kiesers kan van vandag af vir spesiale stemme registreer. Die ANC se versuim om kandidate op die proporsionele verteenwoordiging-stembrief in Mangaung te plaas, kan 'n omwenteling by die stembus beteken.

Spektrum: Wat beteken konstitutionele hof se uitspraak oor Wet op Openbare Verkryging? 18.09.2026

18 September 2026: Die voorsitter van die Staatsdienskommissie sê by die Madlanga-kommissie dat staatsamptenare op papier aan openbaarmakingsvereistes voldoen, maar in werlikheid betekenisvolle en noukeurige ondersoek vermy. Ons bekyk die konstitutionele hof se uitspraak oor die Wet op Openbare Verkryging van 2024. Inwoners van Lerato Park in Kimberley ontvang huise en titelaktes.

Spektrum: Publiek se samewerking gevra ná negende vroueliggaam aan Oos-Rand gevind is 17.09.2026

17 September 2026: Die publiek se samewerking gevra nadat 'n negende vrou se liggaam aan Gauteng se Oos-Rand gevind is. 'n Petisie vra die parlement om die Gautengse departement van onderwys onder administrasie te plaas. Die Amerikaanse Reserwebank verhoog sy repokoers vir die eerste keer in drie jaar - wat beteken dit vir Suid-Afrika?

Spektrum: Tshwane-verkiesingsdebat 16.09.2026

President Cyril Ramaphosa het 4 November as 'n openbare vakansiedag verklaar, want dit is die dag wat Suid-Afrikaners na die stembus toe gaan om te stem vir leiers in hulle munisipaliteite. Dit is seker die een verkiesing waar jou stem op voetsoolvlak 'n impak sal maak, omdat jy toegang het tot die raadslede en die party in jou wyk. Dit maak die verkiesing dus baie belangrik. Ons praat met 'n paar...

Spektrum: Sesde liggaam van 'n vrou in Ekurhuleni gevind 15.09.2026

15 September 2026: 'n Sesde liggaam van 'n vrou word in Ekurhuleni gevind, die keer in KwaThema in Springs. Die ANC se besware oor sy kandidaatlyste wat laat ingedien is, word in die hof aangehoor. Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor die infiltrasie van die Johannesbur Metropolisie.

Spektrum: Liggaam van vyde vrou in Kemptonpark gevind 14.09.2026

14 September 2026: Forensiese kundiges van die polisie is op die toneel in Kemptonpark waar ‘n vyfde lyk van ’n vrou gevind is. 'n Gru-ongeluk in die Karoo waarin twee minibustaxis en 'n motor betrokke is, eis die lewens van 21 mense. Cosatu oorweeg wigtige sake by sy 15de kongres in aanloop tot November se plaaslike regeringsverkiesings.

Spektrum: Ses Nigeriërs aan VSA uitgelewer 11.09.2026

11 September 2026: Ses Nigeriërs wat glo met 'n R100 miljoen bedrogspul verbind word, word aan Amerika uitgelewer. Suid-Afrikaanse kersieprodusente kry vir die eerste keer toegang tot die Chinese mark. Nampo Kaap bewys sy gewildheid onder boere.

Spektrum: Jacob Zuma maak weer groot veranderings in MK-party 10.09.2026

10 September 2026: Die DA dien hofdokumente in om 'n party van belang te wees in die ANC se saak teen die OVK. MK-president Jacob Zuma maak vir die tweede keer in ses week groot verskuiwings aan die partyleierskap. Swak dienslewering kan dorpe wat op toerisme staatmaak, benadeel.

Spektrum: Belgiese Herdershond by polisiekademie beseer, uitgesit 09.09.2026

9 September: Ekurhuleni se vroeë kinder-ontwikkelingsprogram van R57 miljoen in die kollig weens ernstige uitdagings. 'n Ondersoek nadat 'n afgetrede polisiehond erg beseer is by ’n polisieakademie, en uitgesit moes word. Die aansoekdatums vir spesiale stemme is bekend.

Spektrum: ANC sleep OVK hof toe 08.09.2026

8 September 2026: Suid-Afrika se ekonomie krimp in die tweede helfte van die jaar. Die ANC sleep die Verkiesingskommissie kieshof toe oor die indien van sy kandidaatlyste. Ladingsvermindering is amptelik in sewe provinsies beëindig.

Spektrum: Waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors 07.09.2026

7 September 2026: Die geregtelike ondersoek na die dood van Anele Tembe word in die Kaapstad-landdroshof voortgesit. Die waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors, hangende 'n ondersoek. Sommige skole verbied matrieks wat hulle wangedra, om hulle matriekafskeid by te woon.

Spektrum: AGOA tot 2028 verleng 04.09.2026

4 September 2026: Die AGOA-ooreenkoms word tot 2028 verleng. Aansoeke vir skoolplasings in Gauteng vir graad een en agt leerlinge in 2027, sluit vandag. Die Vryheidsfront Plus wys Franco De Lange as sy burgemeesterskandidaat in Johannesburg aan.

Spektrum: Tongaat Hulett sukkel om produsente betyds te betaal 03.09.2026

3 September 2026: Die minister van basiese onderwys skort die implementering van 'n nuwe handboekkatalogus vir die grondslagfase tydelik op. Tongaat Hulett sukkel om suikerrietprodusente betyds te betaal. Die jaarlange nasionale ingryping in die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes is onder die vergrootglas.

Spektrum: El Niño kan lei tot bo-normale temperature in die lente 02.09.2026

2 September 2026: Operasie Prosper gaan voortaan bendeleiers teiken. Die Weerdiens waarsku dat 'n sterk El Niño-verskynsel bo-normale temperature hierdie lente kan veroorsaak. Die Verkiesingskommissie ontken dat hy die ANC toegelaat het om kandidatelyste ná die registrasiesperdatum in te dien.

Spektrum: Waarskuwing oor Rotavirus 01.09.2026

1 September 2026: Wie is Leonard Lekgetho, die nuwe hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid? 'n Waarskuwing oor die voorkoms van die Rotavirus by kinders jonger as vyf jaar. Dis Lentedag, maar koue en reën is op pad na groot dele van die land.

Spektrum: Kommer oor koringoes in die Swartland 31.08.2026

31 Augustus 2026: Twee oudpresidente se Konstitusionele Hof-aansoek van die hand gewys. Kommer oor die droogte se impak op die koringoes in die Swartland. Rassie maak die Bok-span vir Saterdag bekend.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.