Maroela Media
Maroela-onderhoude
Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: maroelamedia.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Frank Opperman terug in Staatsteater 20.11.2026 8:58
“Ons kan nie toelaat dat daai ‘beautiful’ gebou net so daar staan nie,” sê Frank en vertel hy het sowat vier dekades gelede as deel van die destydse TRUK-dramageselskap die eerste keer met die verhoë van die Staatsteater kennis gemaak. Maroela Media
Nuwe reeks veel meer as ‘goedvoel-stories’ 20.11.2026 14:16
Sophia Kapp is nie bang om swaarder temas in haar boeke aan te pak nie. Sy vertel aan Cornelia Hitge dat dit nie net ter wille van karakterontwikkeling is nie, maar ook ten bate van haar lesers wat dikwels met dieselfde kwessies worstel. Maroela Media
Magda se beste bakwenke 17.11.2026 8:04
Moet nooit warm beskuit sny nie, en hou daardie pizzames byderhand! Magda Janse van Vuuren, wenner van RSG en Virseker se Bakgat-beskuitkompetisie, deel haar beste raad oor bestanddele, bakpanne en die geheime agter heerlike tuisgebakte beskuit. Maroela Media
Bobaasbeskuitbakster deel bakreis van geloof 17.11.2026 13:37
Sy het begin beskuit bak om haar man se mediese uitgawes te help betaal. Vandag is haar wenbeskuit in 162 koffiewinkels landwyd beskikbaar. Magda Janse van Vuuren vertel hoe verlies, geloof en ’n onverwagse kompetisieoorwinning haar lewe verander het. Maroela Media
SkoolSlim | KI gee antwoorde, maar verstaan jou kind dit? 16.11.2026 15:49
KI kan binne sekondes ’n opstel, antwoord of navorsingstaak lewer, maar hoe weet ’n onderwyser of leerders werklik die werk verstaan? “SkoolSlim” ondersoek waarom assessering in die KI-era sal moet verander. Kom kyk of luister na die gesprek en hoor hoe skole en ouers kinders kan help om slim met KI te werk sonder dat ware leer in die slag bly. Maroela Media
SkoolSlim | SOS help skole om beter te onderrig 16.11.2026 16:05
In die jongste episode van “SkoolSlim” gesels dr. Hanri Bezuidenhout oor hoe die SOS skole en onderwysers ondersteun. Kom luister of kyk na die onderhoud en ontdek hoe kurrikulumontwikkeling kinders beter vir ’n veranderende wêreld kan voorberei. Maroela Media
Ronell Erasmus: ‘My tyd wat ek met Here praat’ 11.11.2026 12:16
Die gewilde geestelike sangeres se volledige musiekkatalogus is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Maroela Media
SkoolSlim | Wat lê werklik agter ’n kind se gedrag? 09.11.2026 26:44
’n Moeilike kind probeer soms iets sê wat hy of sy nie in woorde kan uitdruk nie. In die jongste episode van “SkoolSlim” kyk Lourindi Nel na trauma, gedrag en waarom veiligheid die grondslag vir leer vorm. Maroela Media
Cordelia wys hart vir country met nuwe album 03.11.2026 7:58
Sy het ’n verskeidenheid genres in gedagte gehad terwyl sy geskryf het, en daar is ’n hele paar ballades en lekker “boot scoop”-countryliedjies waarop ’n mens kan dans. Maroela Media
‘Verlore seun’ Rudi Claase vind weer sy stem 02.11.2026 8:12
Die afgelope vier jaar was die bekroonde liedjieskrywer en sanger Rudi Claase meer in die hospitaal as wat hy in die ateljee was, maar hy het onlangs teruggekeer na wat hy sy “hartsplek” noem. Maroela Media
Unieke liefde tussen seun, hond in boek oor disleksie 02.11.2026 10:16
Vir Elana Barker, skrywer van 'Die miere maak amok', was dit ’n manier om haar seun Jan se diagnose met disleksie te verwerk en verstaan. Maroela Media
Dissipelskap leefwyse, roeping vir alle Christene 30.10.2026 21:14
“Tye het verander, maar die mens se aard het nie, dus is die Bybel steeds van toepassing,” sê Ewan Oberholzer oor die besluit om Jesus te volg. Maroela Media
Van Brakanjan tot Wrakinjan 30.10.2026 9:27
’n Goedkoop kitaar, ’n Green Day-konsert en ’n naam wat deur “Brakanjan” geïnspireer is. Só het die alternatiewe Afrikaanse musiekgroep Wrakinjan ontstaan. Maroela Media
‘Verlammende vrees’: ‘7de Laan’-aktrise maak hart oop oor borskanker 30.10.2026 34:43
Op 16 April vanjaar het Carina Nel se lewe in ’n ommesientjie verander, toe ’n roetineborsondersoek skielik ’n verbete stryd teen borskanker geword het. Maroela Media
SkoolSlim | Kan KI onderwysers vervang? 26.10.2026 13:51
Kan KI kinders help om beter te dink, of dink dit namens hulle? Valentyn van der Merwe van die SOS gesels met dr. Leandie Bräsler oor KI se plek in die klaskamer, die nuwe Leerderbot en waarom onderwysers in die KI-era belangriker as ooit tevore kan word. Maroela Media
SkoolSlim | Is jou kind gereed vir graad 1? 26.10.2026 21:27
Skoolgereedheid gaan oor veel meer as letters en syfers. Dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, gesels met dr. Leandie Bräsler van die SOS oor waarom speel, beweging en alledaagse gesinsaktiwiteite die grondslag vir leer lê. Ontdek hoe jy jou kind kan help om skoolgereed te word, sonder duur programme of ingewikkelde oefeninge. Maroela Media
Deur koeëls en myntonnels op zama-zamas se spoor 23.10.2026 26:50
Ná meer as ’n dekade se ondersoekwerk vertel joernalis Graham Coetzer in sy nuwe boek van die georganiseerde misdaad, uitbuiting en groot geld agter Suid-Afrika se onwettige mynbedryf. Maroela Media
‘Pleegsorg is my roeping,’ vertel Bianca (24) 23.10.2026 21:36
“Ons glo dat elke kind die geleentheid moet hê om in ’n liefdevolle gesin groot te word.” Maroela Media
Borskankerdiagnose: ‘Dan gaan jy op jou knieë’ 23.10.2026 20:37
Toe fase-3 borskanker in 2022 by die 33-jarige Edith du Toit van Lichtenburg in Noordwes gediagnoseer is, was haar eerste gedagte: “Wat van my kinders?” Maroela Media
Ruhan gee stem aan verlies, verlange 23.10.2026 23:16
“Met ‘Pa vir Kersfees’ bring Ruhan ’n bekende heldeverhaal opnuut na vore en gee hy woorde aan die verlange om iemand nog net een keer te sien, te hoor of vas te hou.” Maroela Media
Ollyvans skink dubbel met solo-debuut 21.10.2026 8:07
Ollyvans vervaardig al jare lank agter die skerms musiek vir kunstenaars soos Juan Boucher, Tasché en Refentse en het ook die groep Red Sheep se treffersnit “Suiderkruis” vervaardig. Sy debuutsnit, “Op ys”, het onlangs die lig gesien. Maroela Media
Tim Theron aksieman in nuwe Deon Meyer-reeks 14.10.2026 20:03
“Die ambisie was van die begin af om iets groots te doen. Suid-Afrikaans, maar op ’n internasionale skaal.” Maroela Media
Student vat verkope van handboeke, skep wen-sakeplan 12.10.2026 8:52
Die 21-jarige Darren Minders het met Die Boekemark die kategorie vir nuwe ondernemingsidees in Akademia se 2026-sakeplankompetisie gewen. Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels met hom oor die ontstaan van sy onderneming, die lesse agter die syfers en waarom ’n goeie sake-idee soms eers behoorlik uitmekaargehaal moet word voordat dit kan groei. Maroela Media
Zaan, Kurt draai saam op dansvloer 02.10.2026 18:38
Kurt en Zaan, wat ’n hegte band gevorm het tydens die vervaardigingsproses van “Meisie meisie”, vertel die verfilming van die musiekvideo was groot pret. Maroela Media
Geliefde oud-Springbok Kitsie skryf sy pad na vrede 25.09.2026 13:04
Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee. Maroela Media
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.