Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
SA Interministeriële Komitee verwelkom Beitbrug se nuwe vlugtelingkantoor 20.11.2026 0:19
Die Suid Afrikaanse Interministeriële komitee oor Migrasie het bevestig die eerste tydelike Vlugteling-ontvangskantoor sal 11 Desember by Beitbrug geopen word. Die voorsitter van die komitee, Mmamoloko Kubayi, het ook die bekendstelling van Fase Een van die Departement van Binnelandse Sake se aanlyn stelsel vir asielregistrasie wat op 10 November begin het, verwelkom. Kubayi sê die inisiatief het...
Bipa en Namfisa versterk samewerking oor regulatoriese toesig 20.11.2026 0:21
Bipa en Namfisa versterk hul samewerking om regulatoriese toesig te verbeter en dit vir ondernemings makliker te maak om aan wetlike vereistes te voldoen. Die twee instellings het ’n ooreenkoms onderteken wat die uitruil van besigheidsinligting en besonderhede oor uiteindelike begunstigde-eienaarskap sal vergemaklik. Dit sal ook beter koördinering oor regulatoriese vereistes en gesamentlike bewusm...
064 Motorcycle Club maan teen spoed dié feestyd 20.11.2026 0:38
Met die feestseisoen wat nader kom, doen die 064 Motorcycle Club ’n beroep op motoriste en motorfietsryers om padveiligheid te prioritiseer en spoed op openbare paaie te vermy. Die klub se sekretaris, Francois Freeman, maan motoriste om blindekolle na te gaan voordat hulle verbysteek of van baan verwissel. Hy herinner motorfietsryers ook om beskermende toerusting te dra, alkohol te vermy en spoedw...
Studie identifiseer parasiet-brandpunte in vyf noordelike streke 20.11.2026 0:39
Laubscher verduidelik verder hoe die parasiet mense kan besmet en waarom dit gevaarlik is.
Studie identifiseer parasiet-brandpunte in vyf noordelike streke 20.11.2026 0:40
’n Nuwe studie het brandpunte van die potensieel gevaarlike parasiet Taenia solium in vyf noordelike streke geïdentifiseer. Die parasiet kan deur besmette varkvleis versprei en lintwurminfeksies veroorsaak. In ernstige gevalle kan infeksie ook die brein aantas en epilepsie tot gevolg hê. Die studie is in Julie en Augustus 2024 in Kavango-Wes, Ohangwena, Omusati, Oshana en Oshikoto uitgevoer. Plaas...
Bank van Namibië sal na verwagting repokoers op 7% hou 20.11.2026 0:40
Ná die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die repokoers onveranderd op 7,25 persent te hou, is die verwagting dat die Bank van Namibië volgende maand sy koers ook op 7 persent sal handhaaf. Die sentrale bank het vanjaar reeds twee keer rentekoerse verhoog, in Junie en Oktober. Kosmos 94.1 Nuus het met Max Rix, hoof van beleggings by Simonis Storm, gesels oor die redes waarom geen verdere ve...
Namibië stel eerste kernnywerheidstrategie bekend 20.11.2026 0:42
Namibië het sy eerste Nasionale Kernnywerheid-strategie in Swakopmund bekendgestel, met die oog op die ontwikkeling van ’n plaaslike kern-energie-bedryf. Eerste Minister Elijah Ngurare sê die strategie fokus onder meer op die plaaslike verwerking van uraan. Die regering wil ook die kernbedryf se bydrae tot die bruto binnelandse produk teen 2030 tot vier persent verhoog. Die oprigting van ’n kernkr...
Trump se prioriteite duidelik ná drieledige beraad met China en Rusland 20.11.2026 0:39
China, Rusland en Amerika het 'n gesamentlike vredesverklaring uitgereik na hul presidente se drieledige beraad in Shenzhen. Die drie lande het belowe om hervormings van die Verenigde Nasies na te streef, die voorrade van geraffineerde petroleumprodukte te verhoog en gesprekke te voer oor die vermindering van kernrisiko's. Hulle het ook herbevestig 'n kernoorlog kan nooit gewen word nie en moet no...
Rand onder druk: Verdere lewenskoste-stygings dreig 20.11.2026 0:36
Die Suid Afrikaanse rand en dus die Namibiese doller bly onder druk teenoor die Amerikaanse dollar, en indien dit so bly kan dit verdere lewenskoste-druk op verbruikers plaas. Ekonomiese raadgewer by die Optimumgroep en Betterbond in Suid-Afrika, Roelof Botha, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hoekom die rand so skerp gedaal het:
Die dag wat was, 19 November 2026 19.11.2026 6:26
Kry die nuus soos dit breek.
Oud-diplomaat verwag nie deurbrake in Trump-Xi-Putin gesprekke 19.11.2026 0:29
Voormalige Amerikaanse diplomaat Brooks Spector maan tot realistiese verwagtinge oor vandag se geskiedkundige trilaterale vergadering tussen die Amerikaanse president Donald Trump, Chinese president Xi Jinping en Russiese president Vladimir Putin tydens die APEC-beraad in Shenzhen. Die gesprekke raak onder meer geopolitiese spanning, Oekraïne, die Midde-Ooste en kernwapenbeheer. Spector sê die doe...
N/a’an ku sê se Ju/’hoansi-ekodorpie vier sonkragstelsel 19.11.2026 0:40
Veertig Ju/’hoansi San-gesinne het nou toegang tot betroubare elektrisiteit danksy ’n nuwe 253-kilowattpiek-sonkragstelsel. Die stelsel, wat deur SolarSaver gelewer is, voorsien elektrisiteit aan huise en gemeenskapsgeriewe by die nuutgestigte N/a’an ku sê Ju/’hoansi-ekodorpie in die Omaheke-streek. N/a’an ku sê se uitvoerende direkteur, Marlice van Vuuren, sê die ontwikkeling van 25 miljoen Namib...
Unam bied nou gesertifiseerde VSA-lewensondersteuningsopleiding aan 19.11.2026 0:33
Unam het vandeesmaand volle akkreditasie as ’n opleidingsentrum van die American Heart Association ontvang, nadat die proses op 1 Oktober 2025 begin is. Dit is die enigste plaaslike universiteit wat geakkrediteer is om gesertifiseerde Amerikaanse lewensondersteuningsopleiding aan te bied. Volgens Unam-woordvoerder Simon Namesho streef die universiteit, in samewerking met Emergency Care Education i...
Kleurvolle sonhalo verras Namibiërs met skouspelagtige ligvertoning 19.11.2026 0:38
Namibiërs is vanoggend op ’n skouspelagtige natuurlike verskynsel getrakteer toe ’n kleurvolle lig-ring om die son verskyn het. Die verskynsel staan bekend as ’n 22-grade-sonhalo. Professor Pieter Meintjies, ’n astrofisikus aan die Universiteit van die Vrystaat, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit ’n heeltemal natuurlike atmosferiese verskynsel is wat soms op ’n verandering in weersomstandighede...
Keetmanshoop kan vandag water kry, na N$1 miljoen betaling 19.11.2026 0:33
Inwoners van Keetmanshoop wat sedert Dinsdag sonder water gestrand was, kan voor die einde van vandag weer water uit hul krane verwag. Dit volg ná 'n versekering deur ǁKharas-goewerneur Dawid Gertze, nadat inwoners oor die watertekort en swak munisipale dienslewering betoog het. Kosmos 94.1 Nuus verneem dat die munisipaliteit 1 miljoen Namibiese dollar aan NamWater betaal het om watervoorsiening t...
Wetenskaplike bewyse moet Wings-uraanprojek rig: Swapo-LP 19.11.2026 0:38
Swapo-parlementslid Tobie Aupindi doen ’n beroep op Namibië om tegnologie beter te benut en uraaneksplorasie uit te brei ten einde sosio-ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Tydens die 3de Nasionale Konferensie oor Kernwetenskap en Tegnologie in Swakopmund het Aupindi verwys na die voorgestelde Wings-projek naby Leonardville, ’n uraanmynbou-inisiatief deur middel van in-situ-loging deur Headspring...
Pat Cummins onder druk na Bancroft se skuurpapier-onthullings 19.11.2026 0:13
Krieket: Australië se kaptein, Pat Cummins, is onder toenemende druk nadat die gewese bouler Cameron Bancroft sy gewese spanmaat Usman Khawaja se weergawe van 2018 se skuurpapier-skandaal in Suid-Afrika bevestig het. Bancroft het die bal geskuur tydens die tweede toets in Gqeberha en die derde toets op Nuweland, en sê die hele span het geweet. Hy is vir nege maande geskors, en bevraagteken Cummins...
Gebruik regeringsinligtingsentrums in gemeenskappe: adjunk-minister 19.11.2026 0:39
Die adjunk-inligtingminister, Wenzel Kavaka, moedig streek- en plaaslike raadslede aan om regeringsinligtingsentrums te benut om ontwikkelings in hul gemeenskappe bekend te stel. Hy sê leiers moet ook streekplatforms en Facebook gebruik om inwoners oor vooruitgang in hul kiesafdelings en dorpe in te lig. Kavaka meen daar moet meer aandag aan positiewe ontwikkelings gegee word, eerder as om hoofsaa...
Rusland 'hou aan sluipmoordpogings op Zelensky beplan' 19.11.2026 0:18
Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê Rusland het herhaaldelik sluipmoordpogings op hom beplan, maar hy weier dat dit sy lewe voorskryf. Dit volg op hernude, onbevestigde Russiese nuusberigte oor dreigemente teen Oekraïne se leierskap. Die twee lande sukkel steeds om 'n vredesooreenkoms te bereik om die oorlog te beëindig. Zelensky het in 'n eksklusiewe onderhoud aan NBC News gesê hy sal v...
Nuwe forum vra leier-vroue moet ander vroue mentor 19.11.2026 0:31
Die Namibia Women’s Forum doen ’n beroep op vroue in leiersposisies om ander vroue te mentor en meer aandag aan doelbewuste leierskap en geesteswelstand te gee. Die forum, wat deur geslagsgelykheid- en kinderwelsyn-minister Emma Kantema, van stapel gestuur is, wil vroue en meisies ondersteun deur ervarings uit te ruil en openhartige gesprekke te bevorder.
Sibeya: Howe moet minderheidsregte beskerm 19.11.2026 0:41
Hoërhofregter Orben Sibeya sê die howe het ’n grondwetlike plig om die regte van minderheidsgroepe te beskerm, selfs wanneer dit teen die meerderheid se mening indruis. Hy verwys na die baanbrekende Digashu-uitspraak van 2023, wat die erkenning van selfde-geslaghuwelike wat in die buiteland voltrek is, betref. Sibeya beklemtoon dat die Parlement nie wetgewing mag aanvaar wat grondwetlike regte ond...
Uitvoer van vee na Mauritius was wettig – ministerie 19.11.2026 0:38
Die landbouministerie sê die onlangse uitvoer van 6 294 stuks vee na Mauritius, ondanks die uitbreking van bek-en-klouseer, het aan bestaande veeartsenykundige regulasies voldoen. Geen spesiale vrystelling is toegestaan nie. Woordvoerder Romeo Muyunda sê die diere is reeds aangekoop voordat bek-en-klouseer op 23 September in die //Kharas-streek uitgebreek het. Hy sê uitvoere na ander bestemmings i...
EU stel lening van N$800-miljard-rand aan Oekraïne vir verdediging 19.11.2026 0:16
Die Europese Unie het vir 2027 ʼn lening van meer as 853-miljard Namibiese dollar aan Oekraïne voorgestel vir militêre hulp en begrotings-ondersteuning. Dit volg ná hewiger Russiese aanvalle, terwyl die koste van Oekraïne se verdediging en die tol wat ekonomiese ontwrigting eis, steeds toeneem. Die voorstel vereis goedkeuring van die 27 EU-lidlande, terwyl Slowakye, Tsjeggië, Hongarye en Bulgarye n...
Danny Meyer: Minder rompslomp kan entrepreneurskap bevorder 19.11.2026 0:33
Die stigter en direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, sê entrepreneurskap begin deur gemeenskapsbehoeftes aan te spreek, maar waarsku dat oormatige regulasies nuwe ondernemings belemmer. Hy meen informele besighede moet eerder ondersteun word om tot die formele ekonomie te vorder en werksgeleenthede te skep. Hy waarsku ook dat entrepreneurskap harde werk, finansiële opofferings en die herbeleggi...
Rugby: ANC staan agter Springbokafrigter Rassie Erasmus 19.11.2026 0:18
Die ANC sê hy ondersteun SA Rugby se versoek om 'n volledige ondersoek, na Wêreldrugby se skorsing van Springbok-afrigter Rassie Erasmus. Die optrede volg op Erasmus se kommentaar ná die toetswedstryd teen Frankryk. Ingevolge die skorsing mag hy nie afrig of op wedstryddae by die span betrokke wees nie. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu het die skorsing as uitermate streng bestempel en aangevoer Er...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.