RSG
Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Taaldinge 28 Julie 2024 28.07.2024 22:51
Die gesogte Jan H. Marais-prys vir ‘n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal, is vanjaar toegeken aan die bekende taalkundige van die NWU, prof. Wannie Carstens. Hy vertel vir Ina Strydom meer oor sy werk en loopbaan in die akademie.
Taaldinge 21 Julie 2024 21.07.2024 19:40
Die tweede deel van die gesprek oor voegwoorde, fokus onder meer op voegwoordelike bywoorde, en leestekengebruik en voegwoorde. Dit is deel van ‘n reeks oor grammatikahulp aan Afrikaans taalkundeonderwysers in samewerking met VivA. Ina Strydom se gas is Nadine Fouche-Karsten, VivA se projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die onderwys.
Taaldinge 14 Julie 2024 14.07.2024 20:25
In die tweede program in die reeks oor grammatikahulp aan Afrikaans taalkundeonderwysers in samewerking met VivA, praat Ina Strydom met Nadine Fouche-Karsten, VivA se projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die onderwys, oor voegwoorde.
Taaldinge 7 Julie 2024 07.07.2024 21:35
Ina Strydom praat met Frazer Barry oor die taal van rymklets, en hoe dit gebruik word vir protes en kommentaar; waarom dié term verkieslik is bo kletsrym, en oor rymklets in Afrikaans.
Taaldinge 30 Junie 2024 30.06.2024 23:10
Wat is “hung parliament” in Afrikaans? Hoe word die woord “helaas” gebruik? En wat is volksetimologie? Dié en ander luisteraarsvrae word beantwoord deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ina Strydom stel die vrae namens die luisteraars.
Taaldinge 23 Junie 2024 23.06.2024 22:54
Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir Ina Strydom meer oor holistiese ontwikkeling by kinders, hoe taalvaardighede deel uitmaak van kommunikasievaardighede en waarom leesvaardigheid beskou word as die sleutel tot sukses.
Taaldinge 16 Junie 2024 16.06.2024 23:10
Die Afrikaanse Wikipedia het in die afgelope twee jaar gegroei van net meer as 103 000 tot meer as 117 000 artikels van hoogstaande gehalte. Hoe gaan hulle te werk om gehalte te beheer? En hoe maak hulle seker dat tegniese inligting in goeie Afrikaans weergegee word? Die Direkteur: Afrikaans in die Wikimedia-raad, Deon Steyn, vertel vir Ina Strydom hoe hulle te werk gaan.
Taaldinge 9 Junie 2024 09.06.2024 26:36
Om onderwysers en onderwysstudente wat met Afrikaanse grammatika werk so ‘n bietjie ondersteuning te gee, begin Ina Strydom met ‘n kort reeks in samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans. Eerste aan die beurt is die voornaamwoord. VivA se projekbestuurder: grammatika vir die onderwys, Nadine Fouche-Karsten, vertel hoe dié woordsoort werk.
Taaldinge 2 Junie 2024 02.06.2024 20:36
Die adjunkdirekteur van die Skool vir Tale by die NWU se Potchefstroomkampus, prof. Adri Breed, vertel vir Ina Strydom van haar navorsing oor perspektief in Afrikaans, en in die besonder die gebruik van “besig om te”, wat klaarblyklik al meer voorkom.
Taaldinge 26 Mei 2024 26.05.2024 23:04
Emoji’s is veel meer as prentjies en versierings. Dit is linguistiese elemente wat betekenis oordra, emosies toevoeg en die toon van sinne kan verander. Prof. Donovan Lawrence van die Universiteit van Wes-Kaapland vertel vir Ina Strydom van sy navorsing.
Taaldinge 19 Mei 2024 19.05.2024 23:54
Wat is ‘n amptelike taal, en waarvoor word dit gebruik? Teen die agtergrond van die viering van 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal, praat Ina Strydom hieroor met die taalpraktisyn en vertaler, Tom McLachlan. Hy verduidelik ook die konteks waarbinne Afrikaans ‘n amptelike taal geword het.
Taaldinge 12 Mei 2024 12.05.2024 24:51
Afrikaans as amptelike taal word aanstaande jaar 100 jaar oud. Die afgelope week is die veldtog, Afrikaans Amptelik 100, bekend gestel wat daarop gemik is om dié belangrike mylpaal te vier. Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens oor wát presies gevier word – en waarom.
Taaldinge 5 Mei 2025 05.05.2024 23:31
Plekname weerspieël baie van die geskiedenis, en die taal se geskiedenis. ‘n Taalpraktisyn van Akademia, Karien Brits, vertel vir Ina Strydom van die plekname wat deur die natuur geïnspireer is, en hulle praat oor die verskynsel van pleknaamverandering.
Taaldinge 28 April 2024 28.04.2024 24:55
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs bekend gemaak aan wie sy gesogte pryse vanjaar toegeken word. Prof. Eleanor Cornelius, professor in Toegepaste Linguistiek is die ontvanger van die CL Engelbrech-prys vir Taalkunde vir haar boek, Gewone Taal – ‘n oorsig. Sy vertel vir Ina Strydom wat “gewone taal” is en hoekom dit belangrik is.
Taaldinge 21 April 2024 21.04.2024 26:04
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, doen besondere werk oor Afrikaans grammatika en het ‘n portaal vir taalonderrig. Die projekleier, Nadine Fouche-Karsten, vertel vir Ina Strydom meer oor die taalonderrigportaal en wat dit alles bied.
Taaldinge 14 April 2024 14.04.2024 23:07
Twee verteenwoordigers van die Griekwa-koningshuis, kaptein Aaron Messelaar en hoofvrou Rachel Cloete, vertel vir Ina Strydom meer oor die Griekwa-gemeenskap en Afrikaans. Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, neem ook aan die gesprek deel.
Taaldinge 7 April 2024 07.04.2024 23:46
Na aanleiding van ‘n onlangse rubriek in Beeld waarin die rubriekskrywer Jana Luther vra of dit tyd geword het vir ‘n Red-‘n-Woord projek, praat Ina Strydom met haar oor ou Afrikaanse woorde – en watter gered kan word, of behoort gered te word.
Taaldinge 31 Maart 2024 31.03.2024 19:55
Die senior mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer die verskil tussen insette en insae; die herkoms van uitdrukkings soos husse met lang ore en bossies het oë; en die meervoud van keurspel.
Taaldinge 24 Maart 2024 24.03.2024 25:08
Akademia het pas ‘n BA Taalstudies bekend gestel. Die hoof van die Departement Tale en Kultuurwetenskappe, dr. Alé Steyn, vertel vir Ina Strydom wat dié kursus besonders maak, en waarom taalstudie so belangrik is.
Taaldinge 17 Maart 2024 17.03.2024 23:59
Die waarde van ‘n woordeboek vir ‘n skoolkind kan nooit genoeg beklemtoon word nie. Die senior leksikograaf en eindredakteur by Pharos, Delana Fourie, vertel vir Ina Strydom van die jongste woordeboek in hulle stal, die Senior Tweetalige Skoolwoordeboek. Hulle praat ook oor die waarde en belangrikheid van woordeboeke in die algemeen.
Taaldinge 10 Maart 2024 10.03.2024 25:07
Verlede jaar is ‘n taalhulpbronoudit by universiteite gedoen om te bepaal wat die stand van taalbeleid en -beplanning is, en watter hulpbronne beskikbaar is en benodig word. Prof. Tobie van Dyk van die NWU en SADiLAR wat nou betrokke was by die oudit, vertel vir Ina Strydom wat hulle bevind het, en wat die pad vorentoe is.
Taaldinge 3 Maart 2024 03.03.2024 20:16
Die uitspraak van eiename, plekname en ander benamings in vreemde tale bly ‘n tameletjie vir die meeste mense. Moet die uitspraak so ná as moontlik aan die brontaal wees, of moet dit aangepas word na die klanke van die eie taal? Die taalkundige, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom van navorsing oor dié kwessie. https://bit.ly/Uitspraakvoorkeure
Taaldinge 25 Februarie 2024 25.02.2024 23:19
Eersterust is ’n Afrikaanse gemeenskap in Pretoria. Hulle het groot uitdagings wat betref die oordrag van Afrikaans tussen die generasies omdat die druk om te verengels, voortdurend toeneem. Die Eersterust Taal- en Ontwikkelingsforum het ‘n paar jaar gelede tot stand gekom om Afrikaans en moedertaal in die gemeenskap te bevorder. Die ATR se noordelike koördineerder, Merlyn van der Rheede, die voor...
Taaldinge 18 Februarie 2024 18.02.2024 24:54
Wat is die stand van Afrikaans tans? Waar gaan dit goed, en waar is daar rooi ligte wat flits? Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom waaroor ons tevrede kan voel, en waaroor ons bekommerd moet wees.
Taaldinge 11 Februarie 2024 11.02.2024 24:48
Emeritus-professor Hein Willemse vertel vir Ina Strydom meer oor die skrywer van die boek, The Arabic Afrikaans Writing Tradition, Achmat Davids; en die bydrae van die boek tot die geskiedenis van Afrikaans. Hy praat ook oor die rol van variëteite en Standaardafrikaans.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.