RSG

Taaldinge

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Taaldinge 4 Februarie 2024 04.02.2024

Afrikaans is toenemend onder druk by universiteite, skole, in howe en in die werkplek, maar internasionaal groei die belangstelling in die taal. Nie net word die taal by verskeie universiteite in die buiteland as vak aangebied nie, maar taalkundiges elders in die wêreld doen ook navorsing oor Afrikaans. Die organiseerder van die 4de Internasionale Afrikaansgrammatika-werkwinkel, Monique Rabe van d...

Taaldinge 28 Januarie 2024 28.01.2024

Waar kom die woord, sjebeen, vandaan? Wat is kontaminasie as dit met woorde of taal verband hou?  Is die woorde, brutaal en wreed, sinonieme?  Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord hierdie en ander taalnavrae.

Taaldinge 21 Januarie 2024 21.01.2024

Die taalkundige, Prof Wannie Carstens vertel vir Ina Strydom hoe hy te werk gaan om die storie van Afrikaans se verlede, hede en toekoms in ‘n kompakte vorm te vertel.

Taaldinge 14 Januarie 2024 14.01.2024

Een van die heel oudste variëteite van Afrikaans kom uit die Bo-Kaap, naamlik Maleier-Afrikaans of Moslem-Afrikaans of Arabiese Afrikaans.  Twee taal- en erfenisaktiviste, Fatima Allie en Mogamat Alexander vertel vir Ina Strydom van hulle projek om Afrikaans weer in die Bo-Kaap te vestig.  Die projek word met die steun van die ATR gedoen.

Taaldinge 7 Januarie 2024 07.01.2024

Waarom is die standaardvariëteit van ‘n taal noodsaaklik, en waarvoor word dit gebruik?  Ina Strydom vra die taalkundige, Prof Ernst Kotze onder meer hoe daar op die standaardvariëteit besluit word en uit watter stappe die standaardiseringsproses bestaan.

Taaldinge 31 Desember 2023 31.12.2023

Ken jy die woord kletsnat? Waar kom die woord “laaitie” vandaan?  En waarom kry sommige plekname ‘n lidwoord vooraan?  Dit is van die luisteraarsnavrae wat beantwoord word.  Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Taaldinge 24 Desember 2023 24.12.2023

Sommige gewoontes en gebruike tydens Kersfees en Nuwejaar is eeue oud; en al die gelowe het ‘n fees wat verband hou met lig – wanneer die lig die donker verdring. Uit die argief kom ‘n gesprek wat Ina Strydom met Jana Luther van die WAT gehad het oor sommige van die gebruike en tradisies wat met Kersfees en Nuwejaar verband hou.

Taaldinge 17 Desember 2023 17.12.2023

Die eerste Departement Afrikaans en Nederlands het in 1918 by die Grey Universiteitskollege – vandag die Universiteit van die Vrystaat – tot stand gekom.  ‘n Gedenkboek “Van toeka af die toekoms in”, het pas verskyn. Proff. Angelique van Niekerk en Henning Pieterse, die redakteurs, vertel vir Ina Strydom meer oor die boek en die geskiedenis van die Departement.

Taaldinge 10 Desember 2023 10.12.2023

Wat is die stand van Afrikaans in die regswese – en hoekom is dit belangrik? Akademia het onlangs ‘n seminaar hieroor gehou as deel van die ATR se groter projek oor die stand van Afrikaans.  Die dekaan van Akademia se regsfakulteit, prof. Hermie Coetzee, en ‘n dosent in Opvoedkunde, dr. Annelise de Vries vertel vir Ina Strydom meer oor die onderwerpe wat bespreek is, en deel ‘n paar aanbevelings.

Taaldinge 3 Desember 2023 03.12.2023

Die Afrikaanse Taalraad het met ‘n unieke projek in Macassar in die Wes-Kaap begin om Afrikaanse onderwys, en die belang van moedertaalonderwys en meertaligheid te beklemtoon. Dr Conrad Steenkamp en Ria Olivier van die ATR en Dr. Charles Flaendorp van die VGK -gemeente in die dorp vertel vir Ina Strydom hiervan.

Taaldinge 26 November 2023 26.11.2023

‘n Paar taalnavrae word beantwoord deur Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT, soos die herkoms van die woorde ban en nerd.  Die ambassadeur van die Festival voor het Afrikaans, wat die naweek in Den Haag plaasvind, Frazer Barry, vertel vir Ina Strydom meer van dié fees.

Taaldinge 19 November 2023 19.11.2023

Die Afrikaanse Onderwysnetwerk het onlangs ‘n beraad gehou oor die stand van Afrikaanse onderwys, waar hulle op bepaalde fokusgebiede besluit het. Die bestuurshoof van die AON, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom wat die fokusgebiede is, en wat die pad vorentoe is.

Taaldinge 12 November 2023 12.11.2023

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat is goeie Afrikaans vir hardeware en sagteware van ‘n rekenaar? Wat is ‘n ewenaarsvoor? Waar kom die woord bykans vandaan? Hoekom is dit verkeerd om te sê “die wedstryd was gespeel”?  Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee.

Taaldinge 5 November 2023 05.11.2023

Waarom word Hamas uitgespreek as “Ghamas” al word dit met ‘n h gespel?  En plaaslik word Radebe uitgespreek as Ghadebe.  Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, vertel vir Ina Strydom wat alles ‘n rol speel by die uitspraak van woorde en name in vreemde tale.

Taaldinge 29 Oktober 2023 29.10.2023

Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, vertel vir Ina Strydom van die verband tussen armoede en onderwys, en watter rol Afrikaans het om te speel, n.a.v. die Hertzoggedenklesing wat hy onlangs gelewer het by die SAAWK.

Taaldinge 22 Oktober 2023 22.10.2023

Die internasionaal-gerekende leksikograaf, prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch, vertel vir Ina Strydom waar Internasionale Woordeboekdag vandaan kom, wat op 16 Oktober gevier is.  Hy vertel ook wat die jongste ontwikkelinge op die gebied van woordeboekmaak is, en hoe kunsmatige intelligensie die toekoms van die vakgebied sal raak.

Taaldinge 15 Oktober 2023 15.10.2023

Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die WAT beantwoord luisteraarsvrae.

Taaldinge 8 Oktober 2023 08.10.2023

‘n Taalpraktisyn van Akademia, Sarita Blignaut, vertel vir Ina Strydom meer oor die tema van vanjaar se Vertaaldag, en wat dit in die praktyk beteken. Sy vertel ook van die vertaalproses, en wat die toekoms vir vertalers inhou teen die agtergrond van die ontwikkeling van Kunsmatige Intelligensie.

Taaldinge 1 Oktober 2023 01.10.2023

Skoolkinders se gebrekkige leesvermoë het verreikende gevolge, want volgens ‘n PIRLS-verslag kan slegs 19% van leeringe in Graad 4 met begrip lees.  Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir  Ina Strydom wat ouers en opvoeders kan doen om kinders se leesbegrip te verbeter.

Taaldinge 24 September 2023 24.09.2023

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, is besig met verskeie projekte ter bevordering en bewaring van Afrikaans in al sy fasette.  Die bestuurshoof, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom van die projekte, insluitend ‘n taal- en tegnologietoer vir skoolkinders, onderwyshulpmiddels en die uitgewery.

Taaldinge 17 September 2023 17.09.2023

Die bestuurshoof van die ATR, dr. Conrad Steenkamp, en die kultuur- en taalaktivis, dr. Willa Boezak, vertel vir Ina Strydom van ‘n werkswinkel oor Afrikaans en die Griekwa. Die tema was Afrikaans, taal van my voorouers – taal van my kinders.

Taaldinge 10 September 2023 10.09.2023

Milanie Vosloo, die projekbestuurder van Afrikaans.com, vertel vir Ina Strydom meer oor hulle leerhulpmiddels wat gratis beskikbaar is. Hulle praat ook oor die belangrikheid van moedertaal en moedertaalonderrig.

Taaldinge 3 September 2023 03.09.2023

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat aan bod kom,  sluit onder meer in die verskil tussen lankmoedig en verdraagsaam; die herkoms van ensemble, riemtelegram en stinkryk; en die rede waarom onmiddellik op dié manier gespel word. Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Taaldinge 27 Augustus 2023 27.08.2023

Waarom gebruik ‘n mens woorde soos dinges, of watsenaam?  En watter funksie het “uhm” in ‘n gesprek?  Prof. Donovan Lawrence, hoof van die department Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Wes-Kaapland, vertel vir Ina Strydom meer oor plekhouers en stopwoorde.

Taaldinge 20 Augustus 2023 20.08.2023

Die gesogte Jan H. Maraisprys vir ‘n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op ‘n hoë vlak in Afrikaans, is vanjaar toegeken aan die letterkundige, prof. Louise Viljoen van Stellenbosch.  Sy vertel vir Ina Strydom meer oor haar werk en loopbaan.

Listen to the Taaldinge podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.