Radio Pulpit

Vier Die Lewe

Vier Die Lewe is ‘n leefstylprogram op Radiokansel 657AM oor die Goeie Nuus van God se verlossing. Dit is ‘n inspuiting van hoop en vreugde vir die wat moeg en vol wanhoop is.

Author

Radio Pulpit

Category

Education

Podcast website

www.radiopulpit.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Erich Schoeman - Depressie 05.07.2026

Ons gesels oor `n baie relevante onderwerp wat baie mense al ervaar het, en dit is depressie. Ons kyk na wat dit is, wie in die Bybel het ook deur donker tye gegaan, en hoe ons kan hulp kry. Onthou, daar is geen skande om te vra vir hulp nie. Vier Die Lewe

Oom Dirk Van Zyl Smit (Episode 4) 28.06.2026

Oom Dirk gesels oor sy passie vir die Woord en sy betrokkenheid by die Gideons. Hy vertel oor die impak wat dit op sy lewe het, en deel kragtige getuienisse van dinge wat gebeur het, terwyl hy Bybels uitgedeel het. Vier Die Lewe

Oom Dirk Van Zyl Smit (Episode 3) 21.06.2026

In die episode gesels oom Dirk oor sy besigheid met louvre afdakke, die besoek aan die VSA en nuwe besigheidsidees. Maar `n diep geestelike ervaring laat hom anders kyk na besigheid en hoekom hy dit doen. Vier Die Lewe

Dirk Van Zyl Smit (Episode 2) 14.06.2026

In hierdie episode gesels Oom Dirk oor sy hoender boerdery, en hoe hy alles verloor het. Hoe om bitterheid te hanteer en te oorkom, en hoe om weer op te staan en voort te gaan. Alles, alles net die HERE se genade, aan HOM die Eer. Vier Die Lewe

Dirk Van Zyl Smit (Episode 1) 07.06.2026

80 jarige Oom Dirk kom deel sy getuienis rondom sy jarelange stryd met ...., BUT GOD - tog deur die Here se genade alleen, werk hy vandag nog steeds as `n suksesvolle besigheidsman en entrepeneur. Vier Die Lewe

Erich Schoeman - Trauma 24.05.2026

Vandag gesels Erich met ons oor Trauma. Wat is dit , wat is mense se verskillende reaksies daarop, en hoe kan ons hulp kry. Vier Die Lewe

Erich Schoeman - Grense 17.05.2026

In hierdie episode praat Erich met ons oor `n baie belangrike onderwerp en dit is - Grense. Wat is gesonde grense, wat is die mites oor grense, en wat is die verskil tussen vergifnis en vertroue. Vier Die Lewe

Erich Schoeman se getuienis 10.05.2026

Erich Schoeman, gelowige, eggenoot, Pa, en sielkundige, kom deel sy geloofspad. Hoe hy Jesus ontmoet het, uitbranding in sy werk, re-commitment, en totale oorgawe, tot `n plek van daaglikse vertroue in Hom. Vier Die Lewe

Maryke (Episode 2) 03.05.2026

Maryke vertel van haar ervaring by die Kamp sonder naam. Hoe sy die Here daar ontmoet het, wat dit beteken om regtig oor te gee, en sy voorsiening ook vir haar uitreik Israel toe. Vier Die Lewe

Erich Posthumus 26.04.2026

Erich en Lizette gesels oor die groot groot genade van die HERE tydens `n verskriklike ongeluk, oppad terug van `n bedieningsnaweek. SY hand was oor hulle van begin totdat Lizette weer uit die hospitaal kon stap. Prys die Here! Vier Die Lewe

Maryke Fourie 12.04.2026

Maryke deel haar hart oor twee gebroke huwelike, die lang pad van herstel en hoe om te leef in vergifnis. God se genade is in alles genoeg. Vier Die Lewe

Katryn Loots ( Episode 2 ) 05.04.2026

Ek en Katryn gesels verder oor haar pad na genesing fisies, emosioneel en geestelik, en hoe ons nie sonder die liggaam van Christus kan funksioneer nie. Skakel in vir hoop en inspirasie. Vier Die Lewe

Katryn Loots (Episode 1) 29.03.2026

Katryn kom gesels rou en eerlik oor haar geloofspad met 6 swangerskappe, `n miskraam, nageboorte depressie, MAAR wie sy is in Jesus, Wie Hy is, en hoe hy haar kom lei het na `n pad van genesing. Vier Die Lewe

Santjie du Preez** Skuilnaam (Episode 3) 22.03.2026

Wat `n voorreg om `n derde keer vir Santjie in die ateljee te he. Sy getuig oor hoe sy vir Jesus leer ken het as die Een wat vir haar intree by die Vader, haar Advokaat en hoe `n pad van heiligmaking lyk. Wat `n geseende gesprek tot eer van die Here. Die goeie werk wat Hy in ons begin, sal Hy ook voleindig. Vier Die Lewe

Santjie du Preez ** Skuilnaam (Episode 2) 15.03.2026

As jy wil weet wie jy is, ontdek die eienskappe van Jesus. Jy is gemaak in SY beeld. Ons gesels diep sake oor nuwe lewe en bevryding in Jesus Christus. Vier Die Lewe

Santjie du Preez ** skuilnaam (Episode 1) 08.03.2026

Rou en eerlike getuienis oor verkeerde alternatiewe verhoudings, die "ander vrou" in die affair, BUT GOD!! Die Here het vir Santjie kom uithaal uit haar diepste donkerte, en herstel in haar identiteit gebring soos net HY kan. Vier Die Lewe

Mart-Mari Kruger 22.02.2026

Mart-Mari kom deel haar eerlike getuienis oor vrees vir die dood, ou wonde en seer, `n miskraam en "Joy that comes in the morning and in your mourning". `n Getuienis tot eer van die enigste Lewende God, Yahweh. Vier Die Lewe

Riana Botha (Episode 2) 15.02.2026

In die tweede episode vertel Riana oor haar eie swangerskap en die uitdagings wat daarmee saamgekom het. Dan loop hulle `n pad van omtrent 4 jaar met hul seuntjie om uit te vind hoekom hy ten minste 3 meltdowns per dag het. Die Here is so getrou en bring dit wat in die donker is aan die lig. Nog `n verhaal van inspirasie. Vier Die Lewe

Riana Botha (Episode 1) 08.02.2026

Riana vertel van `n leeftyd waar sy hard probeer het om haar Pa se goedkeuring te kry, want hy wou so graag ook `n seuntjie gehad het. Die vyand het gedink hy kom steel haar identiteit, tot die Here ingryp deur `n boek - Captivating en `n droom wat haar lewe verander. Vier Die Lewe

Sandra Prinsloo 18.01.2026

Wat `n eerlike getuienis. Sandra vertel oor haar en Eduan se huwelik, die ontsettende uitdagings, en hoe die Here hulle huwelik heeltemal kom herstel het. Daar is altyd hoop!! Vier Die Lewe

Paulette van der Merwe (Episode 2) 07.12.2025

Paulette bemoedig ons verder deur haar getuienis. Dis `n seisoen van oor begin in baie areas van haar lewe, maar in wie se krag - self of in God se krag. Sy leer hoe om "distractions" minder te maak en nader aan die Here te leef. Sy vertel ook van `n seisoen van stilwees saam met HOM. Vier Die Lewe

Paulette van der Merwe 30.11.2025

Paulette is `n vrou wat leef in diepe afhanklikheid van die Here. Sy vertel van haar tyd in Zimbabwe, die krag van woorde, 12 jaar van hakkel. Sy is onbeskaamd eerlik oor haar pad met Hom. Vier Die Lewe

William Moyses 16.11.2025

After two years William is back in the studio with me. What a passionate follower of Jesus with a heart for the young men of South Africa. WE talk about the current situation regarding the youth, how they play a pivotal role to rebuild South Africa in their true identity and purpose. Vier Die Lewe

Ursula Potgieter (Episode 2) 09.11.2025

Ursula se getuienis gaan verder oor die Here se absolute genade en getrouheid in haar lewe. Die Here seen haar met `n tweede man, na die afsterwe van Willie. Sy vertel ook oor haar arseen vergiftiging, groot uitdagings by Pampoenkraal, maar altyd die Here se genade. Vier Die Lewe

Ursula Potgieter (Episode 1 ) 02.11.2025

Ursula is `n formidabele vrou, geanker in die Here. En dis net HY wat haar kon deurdra nadat sy haar man, pa, broer en suster in `n paar jaar uitmekaar verloor het. En met dit alles saam `n groot suksesvolle boerdery moes hardloop. Wees gereed om geinspireer te wees. Vier Die Lewe

Listen to the Vier Die Lewe podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.