RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 15, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas: Die beskerming van die verkiesing 15.10.2026

15 Oktober 2026: Ilke Davids van die Onafhanklike Verkiesingskommissie bespreek die belangrikheid daarvan om die verkiesing te beskerm.

Kompas: Johan Maarman, die stigter van Dromdoks 14.10.2026

14 Oktober 2026: Elke week sleep ons ons vullisdromme tot voor die huis in die straat. Ons dink nie twee keer daaraan nie. Wanneer laas het jy regtig in daai drom gekyk? Die stank, die wurms, die bakterieë wat daar broei? Vir die meeste van ons is dit 'n probleem wat ons ignoreer, maar vir een jong man in Lambertsbaai was dit die begin van 'n droom. Johan Maarman (20) is die stigter van Dromdoks –...

Kompas: Poësieprogramme vir matrieks 13.10.2026

13 Oktober 2026: Hazel Janse van Rensburg gesels met akteur Phillru van Achterbergh, Afrikaansonderwyser Petro Steenkamp en regisseur Frans Swart oor die poësieprogramme wat Lefra Produksies vir matrieks aanbied.

Kompas: Nasionale Studente Finansiële HulpSkema 12.10.2026

12 Oktober 2026: Wat is die doel van die Nasionale Studente Finansiële HulpSkema?

Kompas: Diplomasie as beroep 09.10.2026

9 Oktober 2026: Barrie Ferreira praat met ‘n Amerikaanse diplomaat oor diplomasie as beroep.

Kompas: Spesiale stemme 08.10.2026

Ilke Davids van die Onafhanklike Verkiesingskommissie bespreek spesiale stemme.

Kompas: Nikita staan haar vrou as treindrywer 07.10.2026

7 Oktober 2026: Nikita Maarman is 'n treindrywer. Sy vertel hoe dit is om in ’n tradisionele mansgedomineerde bedryf jou plek te vind; wat dit verg om 'n trein te bestuur; en watter raad sy vir jong Suid-Afrikaners het wat werk soek.

Kompas: Hersiening - Besigheidstudies 06.10.2026

6 Oktober 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Besigheidstudies.

Kompas: Geestesgesondheidberoepe 05.10.2026

5 Oktober 2026: Barrie Ferreira vind uit watter beroepe daar in die geestesgesondheidsveld is.

Kompas: Watter loopbane het grootste kans vir indiensneming? 02.10.2026

2 Oktober 2026: Die werkloosheidsyfer onder gegradueerdes in Suid-Afrika is ontstellend hoog. So hoe gemaak as jy ‘n graad het, maar steeds nie werk kan kry nie?

Kompas: Wetenskap Ekspo by Hoërskool Waterkloof 01.10.2026

1 Oktober 2026: Hazel Janse van Rensburg kuier by die Wetenskap Ekspo by Hoërskool Waterkloof, waar 26 skole 200 projekte uitgestal het.

Kompas: Twee teaterstukke wat jou laat dink 30.09.2026

30 September 2026: Teater het die vermoë om ons stil te maak, wakker te skud en soms selfs ongemaklik naby aan die waarheid te bring. Dit vat stories wat ons dink ons ken — stories oor identiteit, pyn, gemeenskap, geweld, trauma en oorlewing — en sit dit reg voor ons neer, onder die ligte van ’n verhoog. Ons gesels met Carlo Daniels oor Eugene, ’n rou en poëtiese teaterstuk, gegrond op Kirby van d...

Kompas: Hersiening - Engels Eerste Addisionele Taal 29.09.2026

29 September 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Engels Eerste Addisionele Taal Vraestel 1 en 2.

Kompas: Gemeenskapsonderwys- en -opleidingskolleges 28.09.2026

28 September 2026: Wat is ‘n gemeenskapsonderwys- en -opleidingskollege? Wat kan dit aan jongmense bied?

Kompas: Skuld, skaamte en pyn 25.09.2026

25 September 2026: Wat behels die emosies, skuld, skaamte en pyn, en hoe kan jy dit oorwin? Ek is nie my grootste fout nie; ek is nie iemand anders se opinie nie; ek is nie my verlede nie. Ek is ook nie my huidige pyn of die goed wat ek beleef nie. Net omdat jy gevoelens van skuld, skaamte en pyn beleef, hoef dit jou nie te definieer nie.

Kompas: Gedragskode vir kandidate en kiesers 24.09.2026

24 September 2026: Ilke Davids van die Onafhanklike Verkiesingskommissie bespreek die gedragskode vir kandidate en kiesers.

Kompas: Wat is erfenis? 23.09.2026

23 September 2026: Op 24 September vier Suid-Afrika Erfenisdag. Dis 'n dag waarop ons stilstaan by die ryk tapisserie van kulture, tradisies en stories wat die land so uniek maak. Maar wat beteken erfenis werklik? Is dit net oor die verlede, of vorm dit ook wie ons vandag is en wie ons môre sal wees?

Kompas: Hersiening - Wiskunde Vraestel 2 22.09.2026

22 September 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Wiskunde se twede vraestel.

Kompas: Werk vir die staatsdiens 21.09.2026

21 September 2026: Het jy al oorweeg om by die staatsdiens aansoek te doen vir werk? Hoe kan jy daar aansoek doen, en watter werk is beskikbaar?

Kompas: Nick Hamman oor sosiale media 18.09.2026

18 September 2026: Is alles van sosiale media sleg, of is daar ‘n positiewe kant? Barrie Ferreira praat met 5FM-omroeper, Nick Hamman, om te hoor wat hy dink.

Kompas: Skoolfokus - Laer Volkskool Heidelberg 17.09.2026

17 September 2026: Hazel Janse van Rensburg het by Laer Volkskool in Heidelberg gaan inloer om te hoor wat hulle uniek maak, en om meer oor hulle eie toepassing uit te vind.

Kompas: Onderwysers wat inspireer; Leesvaardigheid; Afrikaans 16.09.2026

16 September 2026: Ons hoe onderwysers leerders inspireer, hoekom leesvaardigheid die sleutel tot alle leer is, en waarom Afrikaans nie in 'n boks hoef te wees nie — dit is divers, veerkragtig en vir almal.

Kompas: Hersiening - Wiskundige Geletterdheid 15.09.2026

15 September 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Wiskundige Geletterdheid Vraestelle 1 en 2.

Kompas: Graad 9-vakkeuses 14.09.2026

14 September 2026: Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid? Geskiedenis of Rekeningkunde? Graad 9-vakkeuses kan uitdagend wees. Hoe moet ek dit benader?

Kompas: Grey Kollege se presteerders 11.09.2026

11 September 2026: Ons maak ‘n draai by Grey Kollege in die Vrystaat om met twee van hulle leerders te gesels wat onlangs goed presteer het - een in die Voortrekkers en die ander by ‘n karatebyeenkoms in Brasilë.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.