RSG

Taaldinge

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Taaldinge: Die UP se nuwe taalbeleid 11.10.2026

11 Oktober 2026: Prof. Elsabe Taljard en dr. Helena Kruger-Roux van die Universiteit van Pretoria vertel vir Ina Strydom meer oor dié Universiteit se nuwe taalbeleid; wat dit behels; waarom dit nodig was; en watter faktore ‘n rol speel by die opstel en inwerkingstelling van ‘n taalbeleid.

Taaldinge: Dinamies Afrikaans; Afrikaanse Taalmonument 04.10.2026

4 Oktober 2026: Die redakteur van Dinamies Afrikaans, ‘n Afrikaans handboek vir die intermediêre fase, Elmarie Lubbe, vertel vir Ina Strydom wat in die boek gedek word; hoe dit benader is en wie dit kan gebruik. Die Kommunikasiehoof van die Afrikaanse Taalmonument, Sybrandus Adema, vertel meer oor van die projekte wat die ATM oor die volgende maande aanbied.

Taaldinge: Taalmisdaad 27.09.2026

27 September 2026: Prof. Terrence Carney van Unisa vertel vir Ina Strydom wat taalmisdaad is, en hoe taalkundiges kan help om dié tipe taalgedrag te identifiseer. Dit sluit elemente soos intimidasie, aanhitsing en teistering in. Hy verduidelik hoe taalkundiges kan help om aan te toon dat dié gedrag wel die bedoeling van die spreker was.

Taaldinge: UJ-Vertaalprys - Prof. Wium van Zyl 20.09.2026

20 September 2026: Prof. Wium van Zyl is onlangs bekroon met die UJ-Vertaalprys vir sy vertaling van DIE ONGELUKKIGE EN TREURIGE VERHAAL VAN DIE SKIP DIE GOUDEN BUYS 1693 uit die 17de eeuse Nederlands in Afrikaans. Hy vertel vir Ina Strydom waar sy belangstelling in vertaling vandaan kom; watter ander werke hy vertaal het; en waarom vertalings uit die wêreldliteratuur in Afrikaans, noodsaaklik is.

Taaldinge: Taalnavrae 13.09.2026

13 September 2026: Is kleurryk en kleurvol volledige sinonieme; en wat is die verskil tussen visioenêr en visionêr? Dié en ander taalnavrae word deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord.

Taaldinge: Ella, die KI-kletsbot 06.09.2026

6 September 2026: Dr. Alison Stander van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat vertel vir Ina Strydom van Ella, die KI-kletsbot wat ontwikkel is om studente te ondersteun wat Afrikaans as ‘n addisionele taal aanleer.

Taaldinge: Taalnavrae 30.08.2026

30 Augustus 2026: Waar kom die woord bestiering vandaan? Waarom word so pas en huis toe los gespel? Het die aandagstreep die komma in gewone geskrewe taal vervang? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee om nog ‘n klompie luisteraarsvrae te beantwoord.

Taaldinge: Taalnavrae 23.08.2026

23 Augustus 2026: Praat ‘n mens van padwerk, of padwerke? Hoekom is dit burgemeester en nie burgermeester nie? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die WAT is saam met Ina Strydom in die atlejee om dié en ander luisteraarsvrae te beantwoord.

Taaldinge: Haas se Gat 16.08.2026

16 Augustus 2026: Gerhard van Huyssteen en Kabous Meiring vertel vir Ina Strydom van ‘n nuwe speletjiesprogram, Haas se Gat, wat binnekort op RSG se webwerf ‘n tuiste sal vind. Ter illustrasie speel hulle die speletjie, wat op “Name, Vanne, Diere, Dorpe” gebaseer is.

Taaldinge: Die Vriende van Afrikaans se leesprojekte 09.08.2026

9 Augustus 2026: Die projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans, Chareldine van der Merwe, vertel vir Ina Strydom hoe dié organisasie tot stand gekom het, en wat hulle doen om lees en voorlees vir kinders te bevorder. Die VvA is ‘n afdeling van die ATKV.

Taaldinge: Afrikaanse Wikipedia 02.08.2026

2 Augustus 2026: Die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia, Deon Steyn, vertel vir Ina Strydom watter mylpale die afgelope jaar bereik is; watter uitdagings hulle ervaar; samewerking met ander Afrikaanse instellings; en planne vir die toekoms.

Taaldinge: Die herkoms van tekstielname 26.07.2026

26 Julie 2026: Die taaladviseur van VivA, Maureen van Helden, vertel vir Ina Strydom waar tekstielname soos damask, linne en shweshwe vandaan kom. Hulle praat ook ook die taalkompetisie, Woordmeester.

Taaldinge: Onbeleefde taalgebruik op sosiale media 19.07.2026

19 Julie 2026: Die taalkundige van die NWU, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom van navorsing wat hy en twee kollegas gedoen het oor onbeleefde taalgebruik in kommentaar op sosiale media; hoe die konstruksies lyk, en watter vorme dit kan aanneem ten einde deur te glip by platforms se reëls oor byvoorbeeld vloekwoorde en rassisme.

Taaldinge: Die Afrikaanse Taalraad 12.07.2026

12 Julie 2026: Die Afrikaanse Taalraad het onlangs herbesin oor sy rol en die pad vorentoe. Die direksievoorsitter, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom wat die mandaat is, en hoekom die rol van die ATR so belangrik is vir Afrikaans.

Taaldinge: Idiome en gesegdes 05.07.2026

5 Julie 2026: Die herkoms van Afrikaanse idiome en gesegdes kan teruggespoor word na die Griekse mitologie en die Bybel; ook na die Groot Trek en ander tydperke; en na bedrywe soos seevaart. Karien Brits van Akademia gee vir Ina Strydom ‘n paar voorbeelde, en vertel ook waarom dit belangrik is vir taal en taalgebruikers om idiome te hê en te gebruik.

Taaldinge: Luisteraarsvrae 28.06.2026

28 Junie 2026: Waar kom die uitdrukking “onder ‘n kalkoen uitgebroei” vandaan? Wat is die herkoms van die woord “affronteer”? En hoe maak ‘n mens seker dat jy moreel en moraal reg gebruik? Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee om dié en ander vrae te beantwoord.

Taaldinge: Die passiefkonstruksie in Afrikaans: wat is besig om te gebeur? 21.06.2026

21 Junie 2026: Die taalkundige, Suléne Pilon van die Universiteit van Pretoria, vertel vir Ina Strydom meer oor haar navorsing oor die passiefkonstruksie in Afrikaans. Sy vertel hoe sy te werk gegaan het, wat sy vasgestel het, en wat die redes vir haar bevindings kan wees.

Taaldinge: Taalnavrae – Sneeuval & Keper 14.06.2026

Alet Cloete, senior mederedakteur, en Gerhard van Wyk, eindredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, beantwoord luisteraars se taalnavrae. Hulle bespreek onder meer die gebruik van die woord “sneeuval”, en verduidelik wat “keper” in “op die keper beskou” beteken.

Taaldinge: Vertaling van Sesotho-boek in Afrikaans 07.06.2026

7 Junie 2027: Emeritus-professor in Afrikatale by Unisa, prof. Chris Swanepoel, vertel vir Ina Strydom meer oor sy vertaling van “Koning Mohlomi, seun van Monyane”, deur SM Guma, in Afrikaans. Hy verduidelik hoe hy te werk gaan aangesien die tale in verskillende taalfamilies is en Afrikatale gewoonlik beeldryk en beskrywend is. Hy vertel ook meer oor die skrywer; waarom dié koning besonders was; e...

Taaldinge: Taalnavrae - Jou kierankies sal braai 31.05.2026

31 Mei 2026: Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se eindredakteur, Gerhard van Wyk, en senior mederedakteur, Alet Cloete, is saam met Ina Strydom in die ateljee om ‘n paar taalvrae te beantwoord wat deur luisteraars ingestuur is. Hulle praat onder meer oor die herkoms van die uitdrukking “jou kierankies sal braai” en wonder of daar ‘n woord is om die plasing van iemand se as in ‘n nis te benoem...

Taaldinge: Taaladviseur Maureen van Helden 24.05.2026

24 Mei 2026: Die taaladviseur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, Maureen van Helden, vertel vir Ina Strydom wat haar werk as taaladviseur behels, haar rubriek, Taalsmid in Die Papier, en die kompetisie, Woordmeesters, wat VivA saam met Akademia doen. Die kompetisie toets spel- en taalkennis, en daar is kategorieë vir skoolkinders, studente en volwassenes.

Taaldinge 17 Mei 2026 17.05.2026

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se tweede Regsimposium het onlangs plaasgevind. Die voorsitter van die Kommissie, adv. Jean Meiring, vertel vir Ina Strydom van die groot belangstelling wat daar was, die verskeidenheid onderwerpe wat gedek is, en die waarde van sodanige byeenkomste.

Taaldinge 10 Mei 2026 10.05.2026

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vier vanjaar sy eeufees. Dié mylpaal is op 7 Mei in Stellenbosch gevier. Die hoofredakteur, dr. Phillip Louw, vertel vir Ina Strydom meer oor die feesjaar, die spertyd om die eerste uitgawe tot by Z te voltooi, en verdere toekomsplanne.

Taaldinge 3 Mei 2026 03.05.2026

Wat maak ’n mens met modewoorde, gonswoorde en hebbelikhede wat in ‘n taal ontstaan? Is dit deel van “normale” taalverandering? Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, vertel vir Ina Strydom meer hieroor.

Taaldinge 26 April 2026 26.04.2026

Dr. Donovan Lawrence van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland vertel vir Ina Strydom meer oor ‘n internasionale konferensie waar hy onlangs die hoofspreker was. Die fokus was op die variëteite van Afrikaans. Hy praat ook ‘n verskuiwing wat begin plaasvind wat betref die gebruik van nie-standaard variëteite van Afrikaans.

Listen to the Taaldinge podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.