RSG

Taaldinge

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

Auteur

RSG

Catégorie

Education

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

5 juil. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android 5 M+ de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Taaldinge: Idiome en gesegdes 05.07.2026

5 Julie 2026: Die herkoms van Afrikaanse idiome en gesegdes kan teruggespoor word na die Griekse mitologie en die Bybel; ook na die Groot Trek en ander tydperke; en na bedrywe soos seevaart. Karien Brits van Akademia gee vir Ina Strydom ‘n paar voorbeelde, en vertel ook waarom dit belangrik is vir taal en taalgebruikers om idiome te hê en te gebruik.

Taaldinge: Luisteraarsvrae 28.06.2026

28 Junie 2026: Waar kom die uitdrukking “onder ‘n kalkoen uitgebroei” vandaan? Wat is die herkoms van die woord “affronteer”? En hoe maak ‘n mens seker dat jy moreel en moraal reg gebruik? Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee om dié en ander vrae te beantwoord.

Taaldinge: Die passiefkonstruksie in Afrikaans: wat is besig om te gebeur? 21.06.2026

21 Junie 2026: Die taalkundige, Suléne Pilon van die Universiteit van Pretoria, vertel vir Ina Strydom meer oor haar navorsing oor die passiefkonstruksie in Afrikaans. Sy vertel hoe sy te werk gegaan het, wat sy vasgestel het, en wat die redes vir haar bevindings kan wees.

Taaldinge: Taalnavrae – Sneeuval & Keper 14.06.2026

Alet Cloete, senior mederedakteur, en Gerhard van Wyk, eindredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, beantwoord luisteraars se taalnavrae. Hulle bespreek onder meer die gebruik van die woord “sneeuval”, en verduidelik wat “keper” in “op die keper beskou” beteken.

Taaldinge: Vertaling van Sesotho-boek in Afrikaans 07.06.2026

7 Junie 2027: Emeritus-professor in Afrikatale by Unisa, prof. Chris Swanepoel, vertel vir Ina Strydom meer oor sy vertaling van “Koning Mohlomi, seun van Monyane”, deur SM Guma, in Afrikaans. Hy verduidelik hoe hy te werk gaan aangesien die tale in verskillende taalfamilies is en Afrikatale gewoonlik beeldryk en beskrywend is. Hy vertel ook meer oor die skrywer; waarom dié koning besonders was; e...

Taaldinge: Taalnavrae - Jou kierankies sal braai 31.05.2026

31 Mei 2026: Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se eindredakteur, Gerhard van Wyk, en senior mederedakteur, Alet Cloete, is saam met Ina Strydom in die ateljee om ‘n paar taalvrae te beantwoord wat deur luisteraars ingestuur is. Hulle praat onder meer oor die herkoms van die uitdrukking “jou kierankies sal braai” en wonder of daar ‘n woord is om die plasing van iemand se as in ‘n nis te benoem...

Taaldinge: Taaladviseur Maureen van Helden 24.05.2026

24 Mei 2026: Die taaladviseur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, Maureen van Helden, vertel vir Ina Strydom wat haar werk as taaladviseur behels, haar rubriek, Taalsmid in Die Papier, en die kompetisie, Woordmeesters, wat VivA saam met Akademia doen. Die kompetisie toets spel- en taalkennis, en daar is kategorieë vir skoolkinders, studente en volwassenes.

Taaldinge 17 Mei 2026 17.05.2026

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se tweede Regsimposium het onlangs plaasgevind. Die voorsitter van die Kommissie, adv. Jean Meiring, vertel vir Ina Strydom van die groot belangstelling wat daar was, die verskeidenheid onderwerpe wat gedek is, en die waarde van sodanige byeenkomste.

Taaldinge 10 Mei 2026 10.05.2026

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vier vanjaar sy eeufees. Dié mylpaal is op 7 Mei in Stellenbosch gevier. Die hoofredakteur, dr. Phillip Louw, vertel vir Ina Strydom meer oor die feesjaar, die spertyd om die eerste uitgawe tot by Z te voltooi, en verdere toekomsplanne.

Taaldinge 3 Mei 2026 03.05.2026

Wat maak ’n mens met modewoorde, gonswoorde en hebbelikhede wat in ‘n taal ontstaan? Is dit deel van “normale” taalverandering? Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, vertel vir Ina Strydom meer hieroor.

Taaldinge 26 April 2026 26.04.2026

Dr. Donovan Lawrence van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland vertel vir Ina Strydom meer oor ‘n internasionale konferensie waar hy onlangs die hoofspreker was. Die fokus was op die variëteite van Afrikaans. Hy praat ook ‘n verskuiwing wat begin plaasvind wat betref die gebruik van nie-standaard variëteite van Afrikaans.

Taaldinge 19 April 2026 19.04.2026

Ter viering van die WAT se eeufees vanjaar het Jana Luther ‘n keur uit haar taalrubrieke saamgestel in ‘n bundel: “En nog WAT- uit die woordeskat van Afrikaans”. Sy vertel vir Ina Strydom meer oor die boek. Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die WAT beantwoord ook ‘n paar luisteraarsvrae.

Taaldinge 12 April 2026 12.04.2026

Hoe gaan ‘n akademikus te werk om ‘n omvattende akademiese naslaanwerk te omskep in ‘n toeganklike populêr-wetenskaplike boek? Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom hoe hy dit benader.

Taaldinge 5 April 2026 05.04.2026

Die bekende woordeboekmaker en emeritus-professor by die Departement Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch, prof. Rufus Gouws, vertel vir Ina Strydom waar die WAT inpas in die familie van woordeboeke; hoe daar te werk gegaan word om ‘n omvattende woordeboek saam te stel; en wat van woorde word wat verouderd is of waaroor sensitiwiteit bestaan.

Taaldinge 29 Maart 2026 29.03.2026

Die onderwys- en woordeboekman, dr. Willem Botha, vertel vir Ina Strydom van ‘n paar unieke Afrikaanse eienskappe: reduplikasie, die dubbele ontkenning, en die ja-nee konstruksie – en waar dit vandaan kom.

Taaldinge 22 Maart 2026 22.03.2026

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Gerhard van Wyk en Alet Cloete is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer die herkoms van die uitdrukking, deur die mat val, en die woord, repliek.

Taaldinge 15 Maart 2026 15.03.2026

Woorde op Wiele is ‘n inisiatief van die private hoëronderwysinstelling, Aros, om lees by tieners in die Noord-Kaap te bevorder. Die projek sal ook Afrikaans as moedertaal en as akademiese taal by plattelandse skole versterk. Dr. Olga Channing van Aros vertel vir Ina Strydom wat die projek behels.

Taaldinge 8 Maart 2026 08.03.2026

Wat is ‘n harmansdrup? Waar kom die uitdrukking “die klok hoor lui, maar nie weet waar die bel hang nie” vandaan? Dié en ander luisteraarsvrae word deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord.

Taaldinge 1 Maart 2026 01.03.2026

In die tweede deel van die jaarlikse gesprek oor die stand van Afrikaans die vorige jaar, vertel prof. Wannie Carstens vir Ina Strydom watter aspekte van Afrikaans en die Afrikaanse leefwêreld nog standhoudend is, én hy wys uit waar werk en aandag nodig is.

Taaldinge 22 Februarie 2026 22.02.2026

Internasionale Moedertaaldag is deur Unesco ingestel, en word sedert 2000 jaarliks gevier. Milanie Vosloo en Annelie van Jaarsveldt van Afrikaans.com praat met Ina Strydom oor die waarde van moedertaalonderrig vir skoolprestasie en akademiese vordering.

Taaldinge 15 Februarie 2026 15.02.2026

Die bekende taalkundige prof. Wannie Carstens deel sy indrukke oor die stand van Afrikaans in 2025 met Ina Strydom in hulle jaarlikse oorsig oor die goeie, die kommerwekkende en die bestendige dinge wat die vorige jaar in Afrikaans sigbaar was.

Taaldinge 8 Februarie 2026 08.02.2026

Wat is Afrikaans se posisie in die digitale ruimte? Die Virtuele Instituut vir Afrikaans het pas met ‘n navorsingsprojek begin om die digitale lewenskragtigheid van Afrikaans te meet. Die navorsing word in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gedoen. Die bestuurshoof van VivA, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom meer oor die navorsing en die doel daarvan.

Taaldinge 1 Februarie 2026 01.02.2026

Dr. Donovan Lawrence van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland vertel vir Ina Strydom hoe sosiale media en digitale tegnologie die manier verander waarop taal gebruik word, en waarom nuwe taalvaardighede in skole onderrig en ontwikkel moet word.

Taaldinge 25 Januarie 2026 25.01.2026

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag tans benoemings in vir sy gesogte pryse. Die bestuurshoof, dr. Annelise de Vries, praat met Ina Strydom oor watter pryse vanjaar toegeken word; hoe die proses werk; en waarom die pryse belangriker as ooit is te midde van toenemende druk op Afrikaans as akademiese en openbare taal.

Taaldinge 18 Januarie 2026 18.01.2026

Die senior mederedakteur van die WAT, Alet Cloete, en die WAT se eindredakteur, Gerhard van Wyk, is weer saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraarsvrae te beantwoord. Van die vrae wat bespreek word, sluit in die skryfwyse van kombinasies soos “onder 19-span” en die herkoms van die woord “opdok”.

Écoute le podcast Taaldinge sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics