RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas: SA het híérdie vaardighede die nodigste 05.06.2026 23:37
5 Junie 2026: Suid-Afrika staar ‘n tekort van kritiese vaardighede in die gesig. Barrie Ferreira vind uit watter vaardighede en beroepe die nodigste is in Suid-Afrika.
Kompas: Watter soorte plaaslike regeringsverkiesings is daar? 04.06.2026 23:25
4 Junie 2026: Jacques Jansen van die Onaghanklike Verkiesingskommissie verduidelik watter soorte plaaslike regeringsverkiesings daar is, wat die verhouding tussen plaaslike en distriksmunisipaliteite is, en waarom plaaslike regeringsverkiesings so belangrik is.
Kompas: Komediant Christie van Niekerk oor Jeugmaand 03.06.2026 23:01
3 Junie 2026: Chrislynn Sias-Louw gesels met akteur en komediant Christie van Niekerk oor hoekom Jeugmaand vir haar belangrik is, en hoekom die jeug se kollektiewe stem verandering te weeg kan bring.
Kompas: Wat laat ‘n wetenskapprojek uitstaan? 02.06.2026 20:40
2 Junie 2026: Drie professors, wat lede van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns is, vertel wat ‘n wetenskapprojek laat uitstaan, en waar om te begin. Hazel Janse van Rensburg gesels ook met twee dertienjarige vriende, wat ’n KI-gedrewe hulpmiddel ontwikkel het om onderwysers in oorvol Suid-Afrikaanse klaskamers te ondersteun. Hulle is gekies om Suid-Afrika by die Genius Olympiad in New York te verte...
Kompas: SA Kwalifikasie Owerheid kyk na kwalifikasies wat voor 2009 uitgereik is 01.06.2026 23:11
1 Junie 2026: Die SA Kwalifikasie Owerheid is tans besig met oorgangsreëlings vir kwalifikasies wat voor 2009 uitgereik is. Barrie Ferreira vind uit hoe dit jou mag raak.
Kompas: Hoe verander jy jou passie in ’n suksesvolle sosiale mediablad? 29.05.2026 24:33
29 Mei 2026: Hoe maak jy ‘n sukses van jou sosiale media? Barrie Ferreira praat met ‘n jong wynmaker wat haar passie om wyn te maak op sosiale media dokumenteer. Hy praat ook met ‘n paar jeugleiers oor die belangrikheid vir jongmense om te registreer om te stem.
Kompas: Wat doen die OVK? 28.05.2026 20:48
28 Mei 2026: Ellsforth Booyse, ‘n uitreikbeampte van die OVK se Weskusstreek, vertel meer van die Onafhanklike Verkiesingskommissie en hulle mandaat.
Kompas: Tarique Kenny oor sy seldsame siekte 27.05.2026 23:39
27 Mei 2026: Die Kaapse akteur, Tarique Kenny, ly aan die seldsame siekte, sistinose. In weerwil van alles waardeur hy is, weier hy om op moedverloor se vlakte te gaan lê.
Kompas: Skoolfokus - Merensky Landbou Akademie 26.05.2026 20:35
26 Mei 2026: Hazel Janse van Rensburg loer in by Merensky Landbou Akademie om te hoor wat die “Plasies” so uniek maak.
Kompas: Die Raad op Hoër Onderwys 25.05.2026 22:23
25 Mei 2026: Wat doen die Raad op Hoër Onderwys? Barrie Ferreira vind uit wie hulle is, wat hulle doen, en watter impak hulle op jongmense se studies het.
Kompas: Hoekom jongmense sportprestsie nie té ernstig moet opneem nie 22.05.2026 24:09
22 Mei 2026: Barrie Ferreira vind meer uit oor Wêreld Regverdige Spel Dag, en hoekom dit belangrik is in die konteks van sport in skole en universiteite. Dit is belangrik dat sport nie altyd oor die prestasie gaan nie, maar die genot om die spel te speel.
Kompas: Hersiening van Graad 12-Chemie 21.05.2026 23:09
21 Mei 2026: Moreen Coetzee, 'n dosent in opvoedkunde aan Akademia, help met die Chemievraestel vir die Junie-matriekeksamen.
Kompas: Graigan Mentoor (13) bespeel 13 instrumente! 20.05.2026 23:35
20 Mei 2026: Die 13-jarige Graigan Mentoor speel die saksofoon sedert hy vyf jaar oud was. Vandag speel hy al 13 instrumente! Chrislynn Sias-Louw gesels ook met Jordan-lee Watt van die musiekgroep, The Fantastics.
Kompas: Neem die beste profielfoto's 19.05.2026 21:53
19 Mei 2026: Stephne Steenkamp van Kaktus Fotografie gee praktiese raad oor hoe om jou beste kant vir die kamera te wys, en hoe om jou foto’s te redigeer sodat jy met die beste profiel op sosiale media kan spog.
Kompas: Wie is Umalusi? 18.05.2026 22:00
18 Mei 2026: Wie is Umalusi, en hoekom moet jy weet wie hulle is en wat hulle doen? Barrie Ferreira vind uit hoekom dit belangrik is om te weet van dié beheerliggaam.
Kompas 15 Mei 2026 15.05.2026 21:18
Ons vind uit hoe ‘n praktiese landbouprogram jong leerders bemagtig om ná skool meer suksesvol te kan wees.
Kompas 14 Mei 2026 14.05.2026 21:45
Moreen Coetzee, 'n dosent in opvoedkunde aan Akademia, werk deur die Fisikavraestel vir die Junie-matriekeksamen.
Kompas 13 Mei 2026 13.05.2026 24:33
Suid-Afrika ryp is aan talent! Dit is die afgelope naweek weer beklemtoon tydens die finale rondtes van Tribuo se Proscenium Dramakompetisie. Chrislynn Sias-Louw gesels met die finaliste van die kompetisie asook vanjaar se algehele wenner, Johandre Viljoen.
Kompas 12 Mei 2026 12.05.2026 23:22
Somaya Marais van U Go Girl Driving Academy in Kaapstad verduidelik die proses om jou bestuurderslisensie te kry.
Kompas 11 Mei 2026 11.05.2026 21:44
Wat is die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, en hoekom is dit vir jou as ‘n jongmens bealngrik om bewus te wees daarvan?
Kompas 8 Mei 2026 08.05.2026 23:52
Hoekom is so baie jong mense bang om hulle drome te volg? Watter stappe kan jy doen om jou drome te bewaarheid?
Kompas 7 Mei 2026 07.05.2026 22:01
Dane Roberts gesels oor haar ervaring as ‘n au pair in Amerika.
Kompas 6 Mei 2026 06.05.2026 22:56
Chrislynn Sias-Louw gesels met Kelly-lee Ohlson oor haar Nederlandse avonture, en haar werk as kunsjoernalis.
Kompas 5 Mei 2026 05.05.2026 23:15
Dis makliker om ‘n tweede of derde taal aan te leer as jou moedertaal se grondslag baie sterk is. Rene Arendse, woordvoerder en media- en kommunikasiespesialis vir Afrikaans.com, gesels oor moedertaalonderrig, veeltaligheid en hoe dit jou akademiese prestasie, selfvertroue en selfs jou toekoms kan beïnvloed.
Kompas 4 Mei 2026 04.05.2026 19:46
Barrie Ferreira vind uit hoekom dit belangrik is vir matrieks wat daarin belangstel om gesondheidswetenskappe te gaan studeer, om seker te maak wanneer die sluitingsdatums vir die aansoek vir die kursusse is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.