RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 1 Mei 2026 01.05.2026 23:36
Ons kuier by die Paarl Hoërmeisieskool om met twee van hulle uitskieterleerders te gesels – een ‘n danser en die ander ‘n swemmer.
Kompas 30 April 2026 30.04.2026 20:44
Hazel Janse van Rensburg kuier by St. Teresa’s skool in die Oos-Kaap.
Kompas 29 April 2026 29.04.2026 24:56
Dis belangrik om jouself toe te rus met die nodige kennis om gesonde verhoudings te handhaaf in alle vlakke van jou lewe, insluitend die klaskamer. Chrislynn Sias-Louw praat met opvoedkundige kenners Elisna Kelly en dr. Jeanne Roux oor die belangrikheid van goeie verhoudings in die opvoedkundige stelsels.
Kompas 28 April 2026 28.04.2026 22:00
Sandra de Beer van SDB Esthetiek verduidelik wat somatologie behels, is en hoe ‘n beroep as ‘n somatoloog lyk.
Kompas 27 April 2026 27.04.2026 24:39
Hoe word jy ‘n ambagsman of -vrou? Watter werksgeleenthede is beskikbaar?
Kompas 24 April 2026 24.04.2026 23:57
Barrie Ferreira vind meer uit van werk-geïntegreerde leer, en watter waarde dit vir jou as ‘n student kan inhou.
Kompas 23 April 2026 23.04.2026 19:51
Vier paartjies, wat op ‘n toepassing ontmoet en voor die kansel opgeëindig het, deel hulle verhale. Hulle gee raad oor wat ‘n profiel laat uitstaan, hoe om jou veiligheid te verseker, en wat om nie te doen nie.
Kompas 22 April 2026 22.04.2026 22:48
Waarvandaan jy kom, bepaal nié jou eindbestemming nie. Chrislynn Sias-Louw gesels met dr. Allison Matroos. Sy deel haar komvandaan in Atlantis en die kruin van haar akademiese sukses – ‘n PhD in Afrikaans en Nederlands.
Kompas 21 April 2026 21.04.2026 22:03
Arlene Jacobs, ‘n prokureur wat struktuur en ‘n vaste salaris verruil het vir ‘n droom om haar eie blombesigheid te bestuur, vertel wat gebeur wanneer die pad wat jy gekies het, nie meer soos jóú pad voel nie. Sy gee ook raad oor hoe om jou passie en finansiële verantwoordelikhede te balanseer.
Kompas 20 April 2026 20.04.2026 24:43
Wat is die PSET-stelsel, en hoekom moet jongmense daarvan weet?
Kompas 17 April 2026 17.04.2026 23:05
Watter rol speel musiek in die lewe van jongmense? Barrie Ferreira praat met ‘n jong kunstenaar, Shakira Peach, om te hoor watter rol dit in haar lewe speel.
Kompas 16 Maart 2026 16.04.2026 20:16
Hazel Janse van Rensburg gesels met twee bestuurslede van die Berg- en Toerklub Stellenbosch, ’n groep wat al jare lank jongmense saambring om die natuur te verken. Ons vind uit wie en wat hulle is, en van hulle gunsteling avonture en lesse om jongmense te inspireer om meer tyd in die natuur deur te bring.
Kompas 15 April 2026 15.04.2026 22:00
Ons gesels met Wikus Olivier, ‘n geregistreerde skuldberader, oor alles wat finansies betref – van spaar en ‘n begroting tot ‘n gesonde kredietprofiel. Hy praat ook oor lewensversekering vir jong volwassenes, en die verskil tussen goeie en slegte skuld.
Kompas 14 April 2026 14.04.2026 22:39
Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling, ‘n sielkundige, help jongmense om te verstaan hoe hulle denke en die dinge wat hulle vir hulleself sê, uiteindelik hulle realiteit vorm.
Kompas 13 April 2026 13.04.2026 24:15
Hoe goed ken jy jouself? Watter impak het dit op jou toekomstige loopbaan? Barrie Ferreira vind uit hoekom selfkennis belangrik is in hoe jy loopbaankeuses maak.
Kompas 10 April 2026 10.04.2026 22:53
Is dit waar dat vrees altyd negatief moet wees? Barrie Ferreira vind uit hoe ons vrees reg moet benader.
Kompas 9 April 2026 09.04.2026 20:00
Alhoewel dobbel onwettig vir minderjariges is, sien ons dat al hoe meer tieners daarmee in aanraking kom, selfs met die speel van speletjies wat onskuldig lyk. Hoe begin dit, en wanneer raak dit ’n probleem? Om ons te help om hierdie komplekse onderwerp beter te verstaan, gesels Hazel Janse van Rensburg met sielkundige Nadia Liebenberg.
Kompas 8 April 2026 08.04.2026 21:55
Kennis is beperk. Verbeelding omring die wêreld. Ons gesels met Meggan-Lee Johnstone, medestigter van Talente vir ‘n Toekoms. Sy vertel hoekom dit belangrik is om ‘n kunstekultuur te kweek, veral in kleiner dorpe.
Kompas 7 April 2026 07.04.2026 19:53
Die 16-jarige Joban Botha komponeer orkesmusiek in sy vrye tyd. Hierdie stokperdjie het hom met ‘n tweede plek in ‘n internasionale kompetisie laat wegstap. Hy vertel hoe die proses werk, en waar dit alles begin het.
Kompas 6 April 2026 06.04.2026 23:19
‘n Groep studente het van Nairobi af gery na Stellenbosch op ‘n elektriese motorfiets, wat in Suid-Afrika vervaardig is. Barrie Ferreira het met hulle gepraat.
Kompas 3 April 2026 03.04.2026 23:40
Wat is deernis, en hoekom is dit belangrik dat ons dit in ons lewe moet toepas? Barrie Ferreira gesels met Emma van der Walt, wat mensehandel bestry, om te hoor hoe sy deernis in haar werk waarneem.
Kompas 2 April 2026 02.04.2026 19:01
Hazel Janse van Rensburg verwelkom ‘n nuwe Kompas-kollega, Chrislynn Sias-Louw. Ons ontmoet die vrou agter die mikrofoon, wat op Woensdagaande die program sal aanbied.
Kompas 1 April 2026 01.04.2026 22:16
Chrislynn Sias-Louw gesels met Courtney Campbell, ’n arbeidsterapeut, wat glo in die krag van speel om kinders te leer en hulle vaardighede te ontwikkel. Sy vertel ook meer oor haar opvoedkundige emmertjies.
Kompas 31 Maart 2026 31.03.2026 20:23
Susan Kemp, bemarkingsdirekteur by Sloom, deel skokkende statistiek oor die kwaliteit van Suid-Afrikaners se slaap. Sy gee raad om jongmense te help om meer uitgerus te voel.
Kompas 30 Maart 2026 30.03.2026 24:47
Trudi van Wyk, Hoofdirekteur van Onderwys in die Nasionale Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, en Danielle Heyns, adjunkhoof van Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria, gee raad oor Graad 9-vakkeuses.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.