RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 27 Maart 23026 27.03.2026 24:33
Wat kan jy verwag as jy binnekort met jou regsklerkskap begin? Barrie Ferreira vind uit wat jy moet weet om seker te maak dat jy hierdie ervaring oorleef.
Kompas 26 Maart 2026 26.03.2026 18:07
Hazel Janse van Rensburg kuier by Laerskool Anton van Wouw in Pretoria om te hoor wat hulle uniek maak.
Kompas 25 Maart 2026 25.03.2026 22:37
‘n Onbekende siekte, en die verlies van ‘n pa. Hoe vind ‘n mens hoop in só ‘n situasie? Barrie Ferreira praat met twee jongmense wat deur hierdie moeilike tye gaan om te hoor waar vind hulle hoop in weerwil van die omstandighede.
Kompas 24 Maart 2026 24.03.2026 19:37
Ons vind uit of ‘n oggendroetine bydra tot jou sukses. Hazel Janse van Rensburg het by vyf suksesvolle mense gaan inloer om uit te vind hoe hulle die oggend begin, en of hulle glo dat dit regtig ‘n verskil maak.
Kompas 23 Maart 2026 23.03.2026 24:10
Barrie Ferreira vind meer uit van gesogte skaars vaardighede in verskeie bedrywe, waarvan jongmense kennis moet neem.
Kompas 20 Maart 2026 20.03.2026 23:31
Op Wêrelddag van Geluk praat Barrie Ferreira met ‘n professor wat navorsing hieroor doen.
Kompas 19 Maart 2026 19.03.2026 22:41
'n Pastorale berader en kliniese sielkundige wat weet waarmee tienermeisies in 'n moderne samelewing worstel, gee raad om jong vroue se las ‘n bietjie ligter te laat voel.
Kompas 18 Maart 2026 18.03.2026 22:25
Barrie Ferreira vind meer uit van Rekeningkunde as ‘n studierigting en beroepskeuse. Hy praat met ook met iemand wat hulle klerkskap voltooi het.
Kompas 17 Maart 2026 17.03.2026 23:16
Hazel Janse van Rensburg loer in by die uitdunrondtes van die 2026 Proscenium-dramakompetisie, en hoor wat beoordelaars en afrigters se raad aan deelnemers is.
Kompas 16 Maart 2026 16.03.2026 23:05
Ons kyk ons na internasionale studie- en werksgeleenthede vir jongmense, wat hulle horisonne wil verbreed. Trudi van Wyk, Hoofdirekteur van Onderwys in die Nasionale Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, gee raad.
Kompas 13 Maart 2026 13.03.2026 24:21
Barrie Ferreira vind uit wat ‘n graad in grond- en plantkunde behels.
Kompas 12 Maart 2026 12.03.2026 19:41
Wat begin het as ‘n besigheidsidee om vir sy matriekafskeid te betaal, het gelei tot ‘n beurs om besigheid te gaan studeer. Rudolph Lekay deel sy inspirerende verhaal.
Kompas 11 Maart 2026 11.03.2026 23:58
Hoe sal die wêreld van loopbane lyk oor vyf of tien jaar? Barrie Ferreira vind uit watter vaardighede belangrik sal wees vir loopbane in die toekoms.
Kompas 10 Maart 2026 10.03.2026 22:27
Hazel Janse van Rensburg hoor by Josef du Plesis, ‘n huisleningkonsultant, of dit ‘n goeie idee vir jongmense is om in eiendom te belê. Hy gee praktiese wenke oor hoe om jou eerste huis ‘n realiteit te maak.
Kompas 9 Maart 2026 09.03.2026 24:30
Barrie Ferreira vind uit hoekom dit belangrik is om te weet of jou naskoolse program geakrediteer is, sodat jy nie onbewus om die bos gelei word nie.
Kompas 6 Maart 2026 06.03.2026 23:58
Is poësie iets waarvan jy nie hou nie wanneer jy dit in die klas moet doen? Barrie Ferreira gesels met Lefra Produksies om meer oor hulle poësieproduksie uit te vind.
Kompas 5 Maart 2026 05.03.2026 20:13
Menán van Heerden, bestuurder van LitNet Akademies, vertel van gratis hulpbronne wat leerders kan gebruik, soos vraestelle en memorandums, om hulle akademie te ondersteun en algemene kennis te verbreed.
Kompas 4 Maart 2026 04.03.2026 22:31
Kompas kuier by die Hoër Meisieskool Bloemhof om met twee van hulle uitblinkers te gesels – een is ‘n oopwaterswemmer en die ander ‘n klarinetspeler.
Kompas 3 Maart 2026 03.03.2026 19:55
Ons vier Wêreld-wilddag. Keren Colgate, koördineerder van die Junior Ereveldwagters vir die Pretoriastreek, vertel wat hulle doen. Ons eregaste is ereveldwagters Lire, Amber en Catherine.
Kompas 2 Maart 2026 02.03.2026 23:14
Ons kyk na hoe en wanneer om aansoek te doen vir naskoolse studies. Trudi van Wyk, Hoofdirekteur van Onderwys in die Nasionale Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, gee raad.
Kompas 27 Februarie 2026 27.02.2026 21:54
Ons vier Melktertdag met ‘n bekroonde melktertresep. Barrie Ferreira praat ook met ‘n jong bakster om te hoor hoekom sy ‘n passie het vir bak.
Kompas 26 Februarie 2026 26.02.2026 20:14
In hierdie maandelikse skoolfokus, vind Hazel Janse van Rensburg by Hoërskool Uitenhage uit hoekom dit so lekker daar by hulle is.
Kompas 25 Februarie 2026 25.02.2026 23:47
Wat verg dit om ‘n redenaarskompetisie te wen? Watter waarde het dit vir skoolleerders?
Kompas 24 Februarie 2026 24.02.2026 22:00
Nicki de Villiers, 'n geregistreerde dieetkundige met 'n spesiale belangstelling in sportvoeding, gee jongmense raad oor watter aanvullings jou oefening kan ondersteun, en wat om heeltemal te vermy.
Kompas 23 Februarie 2026 23.02.2026 22:43
Barrie Ferreira kyk na verskil tussen openbare en private hoër onderwysinstellings.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.