RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 20 Februarie 2026 20.02.2026 25:03
In die tweede episode van ons loopbaanskou, vind ons uit watter ongewone beroepe daar is om te volg.
Kompas 19 Februarie 2026 19.02.2026 22:05
Kompas loer in by ‘n loopbaanskou om jongmense met studie- en beroepskeuses te help.
Kompas 18 Februarie 2026 18.02.2026 23:34
Hoe inkorporeer universiteite KI? Watter impak het dit op studente? Hoe relevant sal ‘n universiteitsgraad bly vir studente met die toenemende gebruik van KI?
Kompas 17 Februarie 2026 17.02.2026 21:44
Die oumas en oupas by Wilgers Aftree-oord het raad vir al hulle Kompas-kleinkinders.
Kompas 16 Februarie 2026 16.02.2026 23:03
Ons vind uit hoe om ‘n CV op te stel, watter aanlynplatforms gebruik kan word, hoe om praktiese blootstelling deur gemeenskapsdiens te verkry, en hoe om oordraagbare vaardighede te ontwikkel, wat deur werkgewers waardeer word.
Kompas 13 Februarie 2026 13.02.2026 23:40
Op Wêreld Radiodag vind ons uit wat radio alles behels. Barrie Ferreira vertel hoe radio die basis vorm van verskeie soorte tegnologie.
Kompas 12 Februarie 2026 12.02.2026 19:33
Jody Hendricks het by Skurweberg Sekondêr gaan inloer. Die skool het 20 skootrekenaars ontvang. Dit is een van die vele uitreikingsprogramme waarby RSG betrokke is, in samewerking met die SABC.
Kompas 11 Februarie 2026 11.02.2026 23:40
Ons kuier by Hoërskool Bultfontein in die Vrystaat om te hoor hoe hulle gees bou met hulle Waatlemoenfees. Hulle vertel ook hoekom hulle klassieke musiek in die klaskamer speel.
Kompas 10 Februarie 2026 10.02.2026 23:46
Ons vind meer uit van aanhegtingstyle - hoe ons liefhet, hoekom, en wat dit vir ons verhoudings beteken. Dr. Louis Awerbuck, 'n kliniese sielkundige, help ons om hierdie patrone te verstaan.
Kompas 9 Februarie 2026 09.02.2026 23:08
Ek het dit nie gemaak nie. Wat nou? Dít is ‘n vraag wat sommige matrikulante mee worstel. Sukses is nie ‘n reguit lyn nie. Baie mense slaag deur ‘n tweede kans, vaardigheidsopleiding of entrepreneurskap. Barrie Ferreira vind uit watter moontlikhede daar vir jou is as jy nie die regte punte in matriek gekry het nie.
Kompas 6 Februarie 2026 06.02.2026 22:49
Wat is ‘n mentor? Barrie Ferreira hoor watter waarde hulle by ‘n jongmens se lewe kan voeg.
Kompas 5 Februarie 2026 05.02.2026 22:20
Anelma van Heerden gesels oor haar reis na genesing nadat sy vir langer as 15 jaar met twee verskillende eetversteurings geworstel het. Sy moedig jongmense aan om nie in stilte te sukkel nie, maar om met iemand te praat oor die dinge wat jou lewensvreugde steel.
Kompas 4 Februarie 2026 04.02.2026 23:49
Barrie Ferreira vind uit wat dit verg om ‘n Protea-krieketspeler te word. Hy praat ook met ‘n krieketkommentator oor sy beroep.
Kompas 3 Februarie 2026 03.02.2026 22:52
‘n Jong man wat met wiskunde gesukkel het, vertel van sy reis nadat hy besluit het om die vak oor te skryf om universiteitstoelating te kry. Hy gee wenke wat hom gehelp het om uiteindelik sukses te behaal.
Kompas 2 Februarie 2026 02.02.2026 24:17
Trudi van Wyk, die hoofdirekteur van onderwys in die nasionale departement van hoër onderwys en opleiding, verduidelik hoe om die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) te navigeer.
Kompas 30 Januarie 2026 30.01.2026 23:51
Wat is persoonlike grense, en hoe is dit van toepassing op jou as ‘n jong persoon?
Kompas 29 Januarie 2026 29.01.2026 17:21
Hazel Janse van Rensburg kuier by Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein om te hoor wat hulle skool uniek maak.
Kompas 28 Januarie 2026 28.01.2026 21:43
Barrie Ferreira gesels met twee skoolleerders wat presteer het by ‘n wetenskapekspo in Bali.
Kompas 27 Februarie 2026 27.01.2026 23:48
Chloe van Rooyen groet die Kompas-span. Ons kyk terug op die laaste drie jaar van haar lewe as Kompas-aanbieder, en sy verklap wat sy volgende gaan doen.
Kompas 26 Januarie 2026 26.01.2026 24:54
Vir baie jongmense is dit ’n groot aanpassing om van die gestruktureerde skoolomgewing na verdere studie, opleiding of die wêreld van werk te beweeg. Hierdie oorgang vra nie net akademiese gereedheid nie, maar ook emosionele voorbereiding, lewensvaardighede en kennis van beskikbare ondersteuningsdienste. Ons vind uit hoe jy hierdie aanpasing en oorgang makliker kan maak.
Kompas 23 Januarie 2026 23.01.2026 23:45
As jy binnekort die wêreld van werk moet ingaan, het jy al oorweeg wat die verskil is tussen vryskut en korporatiewe werksomgewings, en watter een jou beter sou pas?
Kompas 22 Januarie 2026 22.01.2026 23:59
Biomediese wetenskaplike Judey Pretorius waarsku oor ‘n gevaarlike sosiale media tendens met teenverouderingsprodukte, waarop tieners tans spring. Sy bied veiliger oplossings.
Kompas 21 Januarie 2026 21.01.2026 23:46
Hoe lyk onderwys as ‘n studierigting en beroepskeuse? Barrie Ferreira het gaan uitvind.
Kompas 20 Januarie 2026 20.01.2026 24:06
Tienke du Toit, ‘n geregistreerde joga-onderwyser, vertel hoekom joga meer as net strekoefeninge is, en hoe jongmense daarby kan baat.
Kompas 19 Januarie 2026 19.01.2026 20:09
As jy onlangs jou matriekuitslae ontvang het, maar nie seker is oor wat dit beteken nie, gaan ons dit vir jou uiteensit. ‘n Kennis van vakkodes, NSS-slaagtipe en toelatingsvereistes is noodsaaklik vir leerders om realistiese en ingeligte studiekeuses te maak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.