RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 16 Januarie 2026 16.01.2026

Wat presies is ADHD? Hoe kan jy weet of dit jou affekteer as ‘n jongmens?

Kompas 15 Januarie 2026 15.01.2026

Vier matiek-toppresteerders vertel hoe hulle dit reggekry het om sulke goeie punte te behaal, en wat volgende op hulle wag.

Kompas 14 Januarie 2026 14.01.2026

Het jy pas jou matriekresultate gekry, en is nie heeltemal tevrede daarmee nie? Hoe lyk die pad vorentoe? Moet jy matriek herhaal, of is daar ander roetes wat tot jou beskikking is?

Kompas 13 Januarie 2026 13.01.2026

Kompas-luisteraars vertel wat hulle die vakansie aangevang het, en wat hulle doelwitte vir 2026 is.

Kompas 12 Januarie 2026 12.01.2026

Chloè van Rooyen hoor hoe die Matrieks van 2025 voel oor die matriekuitslae wat binnekort bekendgemaak word, en hulle deel hulle planne vir 2026 met ons. En, twee jong mans vertel van die vakansiewerk wat hulle gedoen het.

Kompas 9 Januarie 2026 09.01.2026

Die skuif van hoërskool na universiteit kan nogal uitdagend en oorweldigend wees. Ons vind uit wat jy moet weet om jou eerste jaar te oorleef.

Kompas 8 Januarie 2026 08.01.2026

Die 12-jarige Gian du Toit van Namakwaland, maak groot golwe op Facebook, waar hy jou leer hoe om te braai.

Kompas 7 Januarie 2026 07.01.2026

Vir baie Graad 7-leerders is die oorgang van laerskool na hoërskool redelik oorweldigend. Wat kan jy weet om hierdie oorgang so glad as moontlik te maak?

Kompas 6 Januarie 2026 06.01.2026

Vier finalejaarstudente wat datawetenskap aan die Universiteit Stellenbosch studeer, het as span die 2025 GradHack-kompetisie gewen.

Kompas 5 Januarie 2026 05.01.2026

’n Jong man vertel sy storie van vernuwing. Ná 13 jaar van verslawing het Jadin-lu dwelms finaal gelos en ‘n volle ommeswaai gemaak. Vandag loop hy met sy kop hoog, en deel hy sy storie om ander jongmense te inspireer.

Kompas 2 Januarie 2025 02.01.2026

Is een van jou nuwejaarsvoornemens om te leer om ‘n musiekinstrument te bespeel? Ons vind uit wat jy moet weet voor jy met lesse begin.

Kompas 1 Januarie 2026 01.01.2026

Juffrou Melanie is terug om vir Hazel Janse van Rensburg en die Kompas-span te leer hoe die brein werk met die stel van doelwitte. Sy gee praktiese raad oor om jou doelwitte in 2026 te bereik.

Kompas 31 Desember 2025 31.12.2025

Ons kyk terug op 2025, en hoor wat die Kompas-aanbieders se gunsteling programme was.

Kompas 30 Desember 2025 30.12.2025

Ons kyk terug op ‘n jaar vol hoogtepunte.

Kompas 29 Desember 2025 29.12.2025

Hoe laat ek die dinge van 2025 agter, en gaan 2026 met ‘n nuwe gemoed binne?

Kompas 26 Desember 2025 26.12.2025

Ons gesels met ‘n skool wat deelgeneem het aan ’n Bybelvasvrae-kompetisie, en hoor hoe hulle presteer het, en wat die kompetisie alles behels.

Kompas 25 Desember 2025 25.12.2025

Kersaand is vir stories vertel om die kerstafel. Mel die Storieverteller vermaak ons met haar staaltjies in hierdie spesiale kersuitsending.

Kompas 24 Desember 2025 24.12.2025

Luister na twee stories van hoop van twee jongmense, wat deur moeilike tye gekom het.

Kompas 23 Desember 2025 23.12.2025

Hazel Janse van Rensburg gesels met haar mede-aanbieders, Barrie Ferreira en Chloè van Rooyen, oor die soet en die suur van 2025.

Kompas 22 Desember 2025 22.12.2025

Ons leer meer van die Nama-kultuur. Die Aitsama Homasen Nama Kultuurgroep vertel van die tradisionele dans, liedjies en hoekom dit belangrik is om hierdie tradisies aan die jonger generasie oor te dra.

Kompas 19 Desember 2025 19.12.2025

Wat is die verskil tussen akademie op skool en akademie op universiteit?

Kompas 18 Desember 2025 18.12.2025

Steven Schamrel, projekbestuurder van VIBE Innibos, vertel van ‘n jeugkunstesimposium en -ekspo, wat van 29 Junie tot 1 Julie 2026 in Nelspruit plaasvind.

Kompas 17 Desember 2025 17.12.2025

Ons vind uit wat dit verg om ‘n tandarts te word, en wat die verskil is tussen ‘n algemene en ‘n kosmetiese tandarts.

Kompas 16 Desember 2025 16.12.2025

Beroepsberader Sonia Roux gee raad aan jongmense wat daaraan dink om van beroep te verander.

Kompas 15 Desember 2025 15.12.2025

Om vlerk te sleep, kan uitdagend en verwarrend wees. Wat is die rooi vlae waarvoor jy moet uitkyk? Hoe gepas is emoji’s in jou eerste boodskap aan ‘n moontlik maat. Hoe wys jy dat jy belangstel sonder om te beskikbaar voor te kom?

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.