RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 12 Desember 2025 12.12.2025

Velsorg is ‘n groot uitdaging vir baie jong mense. Wat kan jy doen om seker te maak dat jy mooi na jou vel kyk?

Kompas 11 Desember 2025 11.12.2025

Het jy geweet jy het groente in jou dieet nodig vir goeie spysvertering? Katinka Meiring deel resepte uit haar nuwe kookboek, MATINKA SE VEGETABLE MAGIC COOKBOOK.

Kompas 10 Desember 2025 10.12.2025

Tyd en produktiwiteit is twee dinge wat baie mense sukkel om reg te bestuur. Hoe kan jy produktief wees én jou tyd reg bestuur?

Kompas 9 Desember 2025 09.12.2025

Ons loer in by die Merensky Landbou Akademie om meer van die unieke sport, sweepslaan, te leer. Hulle verduidelik hoe dit werk, en hoekom hulle ‘n sweepslaanspan gestig het.

Kompas 8 Desember 2025 08.12.2025

Wat doen ’n voorkomskonsulant? Chloè van Rooyen vind meer uit oor hierdie beroep, en wat die jongste modegiere is.

Kompas 5 Desember 2025 05.12.2025

Is daar genoeg geleenthede vir jong Afrikaanse musikante om hulle talente te ontwikkel?

Kompas 4 Desember 2025 04.12.2025

Hazel Janse van Rensburg gesels met die wenskool van die Afrikaans 100-skolekompetisie, om te hoor hoe hulle Afrikaans verder gaan vier noudat hulle ‘n ekstra R50 000 in die sak het!

Kompas 3 Desember 2025 03.12.2025

Is jy pas klaar met skool of universiteit? Hoe gaan jy nou te werk met jou geld?

Kompas 2 Desember 2025 02.12.2025

Hazel Janse van Rensburg vind uit waarmee jongmense hulleself besig hou, sodat jy idees kan kry vir die vakansie.

Kompas 1 Desember 2025 01.12.2025

Chloè van Rooyen vind uit hoe jy kan kwalifiseer as ’n tuisversorger. En ons kry raad oor hoe om in Desember jou finansies slim te bestuur.

Kompas 28 November 2025 28.11.2025

Het jy al ooit gewonder hoe afslaers so vining kan praat, en hoe om een te word? Barrie Ferreira vind meer uit van beroepsgeleenthede in die veilingbedryf.

Kompas 27 November 2025 27.11.2025

Renee Potgieter, ‘n haargesondheidsaktivis, verduidelik hoe jongmense hulle hare goed kan versorg.

Kompas 26 November 2025 26.11.2025

Barrie Ferreira praat met drie hoërskoolleerders wat Suid-Afrika oorsee gaan verteenwoordig in teikenskiet en dans.

Kompas 25 November 2025 25.11.2025

Hazel Janse van Rensburg het by Laerskool HM Swart gaan inloer om te hoor wat hulle so spesiaal maak.

Kompas 24 November 2025 24.11.2025

Chloè van Rooyen gesels met ‘n verpleegkundige wat haar eie praktyk begin het, waar sy verpleging en drama integreer om pasiënte te versorg. Sy vertel hoekom verpleegkunde so ’n uitdagende, maar belonende beroep is.

Kompas 21 November 2025 21.11.2025

Met die toenemende ontwikkeling van kunsmatige intelligensie wat intreevlakwerke oorneem, moet jy as ‘n jongmens bekommerd wees dat jy dalk nie werk sal kry nie? Om probleme op te los, om ‘n kollega of ’n klant in die oog te kyk, om waarde toe te voeg, is iets wat mens leer, en KI kan dit nie doen nie.

Kompas 20 November 2025 20.11.2025

Dit was ‘n goeie jaar vir Kovsies se sportsterre. Bianca Lubbe, Erich Visser en Rolene Streutker loer by Hazel Janse van Rensburg in om te vertel wat hulle wenresep is.

Kompas 19 November 2025 19.11.2025

Wat is die verskil tussen alledaagse spanning en uitbranding? Hoe gemaak as jy uitbranding ervaar?

Kompas 18 November 2025 18.11.2025

Twee susters vertel van hulle besluit om ‘n dubbele mastektomie te kry nadat die borskankergeen by hulle bevestig is.

Kompas 17 November 2025 17.11.2025

Chloè van Rooyen gesels met Danel Wentzel, ’n onderwaterfotograaf, oor wat die veld van mariene biologie alles in behels, en hoekom hierdie bewaringswerk so belangrik is.

Kompas 14 November 2025 14.11.2025

Ons hoor watter beroepe daar in die veiligheidsbesdryf is.

Kompas 13 Oktober 2025 13.11.2025

Jason Barnard en Jacobus "Trompie" Claassen vertel wat ‘n beroep in die sirkus behels.

Kompas 12 Oktober 2025 12.11.2025

Wat verg dit om ‘n wenner te wees in ’n sêr-kompetisie? Ons praat met een van die kategoriewenners van die onlangse ATKV Sêrkompetisie.

Kompas 11 November 2025 11.11.2025

Dr. Hannetjie Van Zyl-Edeling, ‘n voorligtingsielkundige, praat oor hoe die netheid van jou kamer of woonstel iets oor jou geestesgesondheid kan verklap. Sy gee ook wenke vir die positiewe gebruik van spasie.

Kompas 10 November 2025 10.11.2025

Bemarking- en sosiale media-strateeg Magriet Groenewald gee wenke vir jong entrepreneurs oor hoe om sosiale media tot jou voordeel te gebruik. Ons vind ook uit wat die werk van ‘n sosiale media-bestuurder behels, en hoe jy een kan word sonder ‘n kwalifikasie.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.