RSG
Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Taaldinge 26 Januarie 2025 26.01.2025 24:13
Die handboek, Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde, se derde, hersiene uitgawe is pas vrygestel. Die redaksie, proff. Adri Breed, Nerina Bosman en Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom meer oor die veranderinge, die waarde en die medewerkers. Die boek is ook nie net vir studente bedoel nie, maar sal vir enigeen met ‘n belangstelling in Afrikaans van waarde wees.
Taaldinge 19 Januarie 2025 19.01.2025 22:40
Jana Luther van die WAT vertel vir Ina Strydom meer oor bottels en flesse, vate en balies en kuipe – en hoe dié woorde in Afrikaans neerslag vind. Dit is die tweede program in ‘n kort reeks oor houers of holgoed.
Taaldinge 12 Januarie 2025 12.01.2025 22:56
Beteken kwes en kwets dieselfde? Wat is die verskil tussen verseker en vir seker, en hoe word dit gebruik? Dié en ander taalnavrae word beantwoord saam Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Taaldinge 5 Januarie 2025 05.01.2025 22:11
Aktrise Cindy Swanepoel vertel vir Ina Strydom meer oor twee ATKV-projekte waarby sy betrokke was. Een het oor idiome gehandel en die ander oor limerieke.
Taaldinge 29 Desember 2024 29.12.2024 21:28
Waarom word internasionale plekname soos Albania in Afrikaans as Albanië vertaal, en wat is die beginsels wat toegepas word? Wat is die verskil tussen leerling en leerder? Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord luisteraars se taalnavrae saam met Ina Strydom.
Taaldinge 22 Desember 2024 22.12.2024 21:16
Die mens berg en versamel al van die vroegste tye af in kruike en kalbasse en ander hol goed. ‘n Mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Jana Luther, vertel vir Ina Strydom meer oor dié houers, en hoe die woorde in Afrikaans neerslag gevind het in uitdrukkings en spreekwoorde.
Taaldinge 15 Desember 2024 15.12.2024 21:57
Ina Strydom praat met Nadine Fouché-Karsten, VivA se projekbestuurder: Afrikaans-grammatika vir die onderwys, oor bysinne.
Taaldinge 8 Desember 2024 08.12.2024 22:06
Waar kom Afrikaanse vloekwoorde vandaan? Die taalkundige, Prof. Gerhard van Huyssteen van die NWU, vertel vir Ina Strydom meer oor die herkoms van karnallie, maaifoedie en gigolo; en hy praat ook oor vloekwoorde as belangrike aanduiders van taalverandering.
Taaldinge 24 November 2024 24.11.2024 23:49
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) bied ‘n groot aantal dienste en projekte aan, en dié lys groei jaarliks aan. Die bestuurshoof, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom wat alles die afgelope jaar gebeur het.
Taaldinge 17 November 2024 17.11.2024 21:58
Verskeie studies het reeds die groot leesbegripprobleem by Suid-Afrikaanse skoolkinders uitgewys. Prof. Elize Vos van die vakgroep Afrikaans in die NWU se Fakulteit Opvoedkunde, vertel vir Ina Strydom meer oor die probleem, die strategieë om dit op te los, en watter rolspelers betrokke is en moet wees.
Taaldinge 10 November 2024 10.11.2024 25:17
Baie taalgebruikers sukkel met die los en vas skryf van woorde, en dikwels word gesê “een begrip is een woord”, maar dit is nie ‘n goeie maatstaf nie. VivA se projekbestuurder: skoolgrammatika vir die onderwys, Nadine Fouche-Karsten, verduidelik aan Ina Strydom watter meer doeltreffende maniere daar is om te bepaal of woorde los of vas geskryf moet word. En dan is daar nog altyd die Afrikaanse Woo...
Taaldinge 3 November 2024 03.11.2024 19:17
Die dood op 25 Oktober van die akademikus en skrywer, prof. Hans du Plessis, laat ‘n reuseleemte in die Afrikaanse leefwêreld. In dié huldigingsprogram word 'n onderhoud wat Ina Strydom in Junie 2019 met hom gevoer het, weer uitgesaai. Dit fokus onder meer op taalverskeidenheid; Afrikaans as ‘n inheemse gedekoloniseerde taal; en die ontstaan van Afrikaans.
Taaldinge 27 Oktober 2024 27.10.2024 21:45
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal moet teen 2028 voltooi wees. Die gedeelte oor die letter U, is pas afgehandel en aanlyn bekend gestel. Die eindredakteur van die WAT, Gerhard van Wyk, vertel vir Ina Strydom hoe die proses verloop, lig 'n paar interessanthede uit wat in die gedeelte voorkom, en vertel ook wat gebeur as Z voltooi is.
Taaldinge 20 Oktober 2024 20.10.2024 25:29
Jana Luther van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal praat oor Afrikaans se woordeskat; die woordeskat van ‘n gemiddelde huistaalspreker van Afrikaans, en hoe ‘n mens se woordeskat uitgebrei en verklein word.
Taaldinge 13 Oktober 2024 13.10.2024 24:20
In die vyfde program, wat deel is van die reeks oor grammatikahulp aan Afrikaansonderwysers, en in samewerking met VivA plaasvind, praat Ina Strydom met Nadine Fouché-Karsten, VivA se projekbestuurder van Afrikaansgrammatika vir die onderwys, oor die lydende vorm. Gebruik asseblief die volgende skakel om ’n tabel af te laai waarmee Nadine die lydende vorm verduidelik: https://viva-afrikaans.org/po...
Taaldinge 6 Oktober 2024 06.10.2024 21:22
Die Afrikaanse Taalmonument en Museum vier in 2025 sy 50ste bestaansjaar. Die direkteur, Michael Jonas, vertel vir Ina Strydom meer oor hulle projekte en doelstellings.
Taaldinge 29 September 2024 29.09.2024 20:44
Die UJ-prys vir vertaling is toegeken aan prof. Louise Cilliers vir die bundel, Van Alexandrië tot Ithaka, haar vertaling van die Griekse digter, Konstantinos Kavafis, se werk. Dit is uitgegee deur Naledi. Sy vertel vir Ina Strydom hoe en hoekom sy die vertaling aangepak het, waar Kavafis inpas, en sy lees die aangrypende Ithaka voor.
Taaldinge 22 September 2024 22.09.2024 23:12
Die ATKV bied al vir meer as vier dekades die Afrikaans Olimpiade aan. Dit is intussen ook uitgebrei vir junior leerlinge, en leerlinge wat Afrikaans as eerste addisionele taal neem. Die Projekorganiseerder: Taal, Jeanné Naude, vertel vir Ina Strydom meer oor die Olimpiade.
Taaldinge 15 September 2024 15.09.2024 22:27
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Van die vrae wat bespreek word, sluit in: wat is die herkoms van die uitdrukking “van die os op die jas” en waar kom die woord “eweknie” vandaan? Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee om dié en ander vrae te beantwoord.
Taaldinge 8 September 2024 08.09.2024 23:55
Kohesie in ‘n teks beteken daar is samehang, of duidelike betekenisverbande. In dié aflewering in die reeks saam met VivA word dié konsep bespreek en die projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die onderwys, Nadine Fouche-Karsten verduidelik vir Ina Strydom wat die konsep behels en hoe kohesie in ‘n teks verkry word.
Taaldinge 1 September 2024 01.09.2024 20:52
Waar kom die uitdrukking “drie keer is skeepsreg” vandaan? Hoe word die motorsport “spinning” in Afrikaans genoem? Dié en ander taalnavrae word deur die kundiges by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord. Ina Strydom stel die vrae.
Taaldinge 25 Augustus 2024 25.08.2024 20:17
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kry op 1 November ‘n nuwe uitvoerende hoof. Ina Strydom het met die aangewese bestuurshoof, dr. Annelise de Vries, gepraat oor die uitdagings wat met die pos gepaard gaan.
Taaldinge 18 Augustus 2024 18.08.2024 23:03
VivA se projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die Onderwys, Nadine Fouche-Karsten, praat verder oor die bywoord, as deel van ‘n reeks om Afrikaanse taalkundeonderwysers by te staan. Chareldine van der Merwe, Vriende van Afrikaans se projekbestuurder, vertel meer oor hulle werksaamhede, en in die besonder die boektrommelprojek.
Taaldinge 11 Augustus 2024 11.08.2024 18:59
As deel van ‘n reeks oor skoolgrammatika, in samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans, praat Ina Strydom met die projekbestuurder: Afrikaans grammatika vir die onderwys, Nadine Fouche-Karsten, oor bywoorde.
Taaldinge 4 Augustus 2024 04.08.2024 18:43
Weet jy waar kom die woord dronklap vandaan, en hoekom is dit die Australiese span en nie die Australiaanse span nie? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee om dié en ander taalnavrae te beantwoord.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.