RSG
Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Taaldinge 20 Julie 2025 20.07.2025 21:15
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het op 17 Julie sy 10de bestaansjaar gevier. Die besturende direkteur, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom hoe en hoekom VivA tot stand gekom het, gee ‘n oorsig oor van hulle projekte, en vertel van hulle toekomsplanne.
Taaldinge 13 Julie 2025 13.07.2025 23:25
Het die naguil die regte naam gekry in Afrikaans? Wat het geword van die woord oponthoud? Dié en ander luisteraarsvrae word beantwoord deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Taaldinge 6 Julie 2025 06.07.2025 23:26
Die voorsitter van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suléne Pilon, vertel vir Ina Strydom meer oor die hersiening van die Woordelys en Spelreëls waarmee hulle tans besig is.
Taaldinge 29 Junie 2025 29.06.2025 20:15
In die tweede deel van ‘n gesprek oor die taalgebaseerde spanning in Indië, praat Ina Strydom verder met die taalkundige, prof. Ernst Kotze, oor die taalsituasie in die land. Hy vertel onder meer oor taal en identiteit en die verskillende tale se gebruiksvlakke, en praat oor wat Suid-Afrika by Indië kan leer oor die hantering van taalverskeidenheid.
Taaldinge 22 Junie 2025 22.06.2025 17:55
Na aanleiding van ‘n onlangse Litnet-artikel praat Ina Strydom met die taalkundige, prof. Ernst Kotze, oor die taalsituasie in Indië – ‘n land met veel meer amptelike en nasionale tale as Suid-Afrika se 12! Hy praat in die eerste van twee programme oor onder meer oor die hantering van taaldiversiteit.
Taaldinge 15 Junie 2025 15.06.2025 19:27
As deel van die Afrikaans Amptelik 100 se vierings, was daar ‘n projek oor die Afrikaanse kunslied, Die Kuns van die Afrikaanse kunslied. Die samesteller van die program was die mezzosopraan, dr. Linette van der Merwe. Sy vertel vir Ina Strydom meer oor die kunslied; die Afrikaanse skatkis van kunsliedere, en waaraan die teks moet voldoen om geskik te wees vir dié kunsvorm.
Taaldinge 8 Junie 2025 08.06.2025 24:25
Wat is die herkoms van die woord kenterweer? En hoekom skryf ‘n mens in Engels White House, maar Withuis in Afrikaans? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die WAT beantwoord hierdie en ander luisteraarsvrae saam met Ina Strydom.
Taaldinge 1 Junie 2025 01.06.2025 24:38
Is dit reg om te praat van ronde gholf, of rondte gholf? Wat is die herkoms van die uitdrukking “iets is ‘n tameletjie”? Dié en ander taalnavrae word beantwoord wanneer Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal by Ina Strydom aansluit.
Taaldinge 25 Mei 2025 25.05.2025 23:48
Taalkundige prof. Wannie Carstens was onlangs vir ‘n tydperk in Antwerpen om vir ‘n groep derdejaarstudente klas te gee ingevolge ‘n ooreenkoms tussen die Noordwes-Universiteit se Skool vir Tale en die Universiteit van Antwerpen. Hy vertel vir Ina Strydom hoe hy dié kursus benader het, en waar Afrikaans elders in Europa gedoseer word.
Taadinge 18 Mei 2025 18.05.2025 21:47
Afrikaans Wikipedia groei fluks, danksy ‘n handvol lojale en entoesiastiese vrywilligers. Wat is die waarde van Wikipedia in Afrikaans? Die direkteur, Deon Steyn, vertel vir Ina Strydom hoe hulle gehalte verseker, watter onderwerpe reeds ver ontwikkel is, en hoe dit vir skoolkinders van waarde kan wees.
Taaldinge 11 Mei 2025 11.05.2025 23:41
Die medesameroepers van ProVARIA, dr. Gerda Odendaal en Marius Swart, vertel vir Ina Strydom meer oor dié projek oor die variëteite van Afrikaans, en hulle portaal wat op VivA se webwerf bekendgestel is.
Taaldinge 4 Mei 2025 04.05.2025 24:19
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se akademiese tydskrif, die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, fokus in sy Maart-uitgawe op Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal, 'n viering en 'n besinning. Die bestuurshoof van die Akademie, dr. Annelise de Vries, die uittredende hoofredakteur, prof. Ina Wolfaarst-Grabe, en die twee gasredakteurs, proff. Nerina Bosman en Wannie Carstens, vert...
Taaldinge 27 April 2025 27.04.2025 22:37
Die bekende joernalis en vervaardiger, Erns Grundling, vertel vir Ina Strydom meer oor die televisiereeks, Die stories van Afrikaans. Die reeks ondersoek die ontstaansgeskiedenis en ontwikkeling van Afrikaans.
Taaldinge 20 April 2025 20.04.2025 18:24
Afrikaans as amptelike taal is vanjaar 100 jaar oud, maar die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans strek veel verder as een eeu gelede. Die voormalige hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, gaan haal die verhaal by die begin. Dit is deel 2 van die gesprek met Ina Strydom.
Taaldinge 13 April 2025 13.04.2025 17:26
Afrikaans as amptelike taal is vanjaar 100 jaar oud, maar die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans strek veel verder as een eeu gelede. Die voormalige hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, gaan haal die verhaal by die begin. Dit is deel 1 van die gesprek met Ina Strydom.
Taaldinge 6 April 2025 06.04.2025 19:12
DF Malherbe was die eerste professor in Afrikaans in die land, en wel by die destydse Grey Universiteitskollege, die voorloper van die Universiteit van die Vrystaat. Dié Universiteit vier Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal met ‘n spesiale DF Malherbe-gedenklesing. Dr. Francois Smith en prof. Henning Pieterse van die UV se Departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans vertel vir Ina Strydo...
Taaldinge 30 Maart 2025 30.03.2025 23:14
In die aanloop tot die feesvierings om Afrikaans se 100-jarige bestaan as amptelike taal te vier, val die fokus op ‘n projek oor vroeë gesproke Afrikaans, en die tekste van die jare 1820 en verder. Die vryskutakteur, Zach Botha, vertel vir Ina Strydom waar die belangstelling vandaan kom, en wat die projek behels.
Taaldinge 23 Maart 2025 23.03.2025 24:46
Die eindredakteur van die WAT, Gerhard van Wyk, en die Senior Mederedakteur, Alet Cloete, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer die los en vas skryf van woorde; en die herkoms van woorde soos huigel en runderpes.
Taaldinge 16 Maart 2025 16.03.2025 19:59
Een van die heel voorste terminoloë in Afrikaans, dr. Mariëtta Alberts, vertel vir Ina Strydom meer oor die noodsaaklikheid van terminologieontwikkeling, hoe terminologie in Afrikaans ontwikkel het sedert die eerste vakwoordeboek in 1918 verskyn het, en watter gebreke daar tans is.
Taaldinge 9 Maart 2025 09.03.2025 23:24
Wat gebeur met die “met” in ‘n konstruksie wat al meer teëgekom word: “ek gaan saam my vriende braai” – terwyl dit eintlik “ek gaan saam met my vriende braai” behoort wees, en wat veroorsaak die weglating? Ina Strydom se gas is die taalpraktisyn en skrywer, Sophia Kapp.
Taaldinge 2 Maart 2025 02.03.2025 21:58
Sê ‘n mens iets in Afrikaans, of op Afrikaans? Waar kom die uitdrukking "die reën stuif neer" vandaan? Dié en ander taalnavrae word beantwoord. Die senior mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, en die eindredakteur, Gerhard van Wyk, is saam met Ina Strydom in die ateljee.
Taaldinge 23 Februarie 2025 23.02.2025 25:22
‘n Baanbrekerwerk oor Afrikaans het onlangs verskyn: Afrikaans Linguistics – a contemporary perspective, onder die redakteurskap van proff. Nerina Bosman en Wannie Carstens. Dis ‘n handboek oor die Afrikaanse taalkunde, in Engels geskryf. Hulle vertel vir Ina Strydom waar die idee vandaan gekom het, wie bygedra het, en wat die doel van die boek is.
Taaldinge 16 Februarie 2025 16.02.2025 20:12
In die laaste in die reeks van drie programme oor houers, vertel Jana Luther van die WAT vir Ina Strydom meer oor woorde en uitdrukkings wat met blik en blikgoed verband hou.
Taaldinge 9 Februarie 2025 09.02.2025 23:57
Die nuwe bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, dr. Annelise de Vries, praat oor die eerste paar maande van die jaar: die Geskiedenissimposium en JBM Hertzoggedenklesing, ‘n studentesimposium, en wat hulle beoog vir Internasionale Moedertaaldag.
Taaldinge 2 Februarie 2025 02.02.2025 24:49
Ina Strydom en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, neem bestek op van die stand van Afrikaans in 2024. Watter positiewe dinge het gebeur, wat is bestendig, en waar flikker die rooi ligte?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.