Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 736 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na

Author

Kosmos 94.1

Category

News

Podcast website

www.kosmos.com.na

Latest episode

Oct 18, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Maak Kalimbeza-rysprojek 'n prioriteit: Zambesi-goewerneur 06.07.2026

Die Kalimbeza-besproeiingsprojek, 'n staatsbeheerde rysgroenskema van 229 hektaar in Katima Mulilo, en wat reeds in 2011 van stapel gestuur is, staar steeds beduidende uitdagings in die gesig. Zambesi-goewerneur Dorothy Kabula sê in haar streeksrede dat die projek sukkel om maksimum produksie te bereik as gevolg van inkonsekwente staatsbefondsing, verouderende en gebreekte masjinerie en marktoegan...

Fokus op Namibiese hernubare energie by forum in China 06.07.2026

Namibië versterk pogings om buitelandse beleggings in sy opkomende groenwaterstofsektor te lok en bevorder sy hernubare energiepotensiaal aan meer as 300 Chinese sakeleiers by 'n sakeforum in Sjanghai. Die geleentheid vind plaas ten tyde van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China. Minister van internasionale betrekkinge en handel, Selma Ashipala-Musavyi, het by die forum Namibi...

Namibië, SA eer beide rewolusionêre state: ontleder 06.07.2026

Reaksie word ontvang oor die Namibiese afvaardiging, gelei deur die minister in die Presidensie Charles Mubita en Swapo-LP Peya Mushelenga, wat hul eer betoon het tydens die begrafnisstoet van die voormalige Iranse opperleier Ali Khamenei in Teheran. Tydens die besoek het die afvaardiging met Iranse president Masoud Pezeshkian vergader. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die Suid-Afrikaanse politieke...

Hoekom is erkende misdadiger Mazzotti nie vervolg nie? 06.07.2026

Tax Justice South Africa vra die Nasionale Vervolgingsgesag om te verduidelik hoekom die sakeman Adriano Mazzotti nooit strafregtelik vervolg is nie. Dit is ondanks sy beweerde erkenning dat hy met tabak gesmokkel, belasting ontduik en pogings aangewend het om amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens om te koop. Die organisasie se stigter, Yusuf Ambramjee, sê dit versterk kommer dat georgan...

Reuse veldbrand woed suid van Outjo 06.07.2026

'n Reuse veldbrand woed op die oomblik in die omgewing suid van Outjo. Die brand het Saterdag ontstaan en het versprei met sommige dele wat uiters moeilik bereikbaar is. Een van die boere in die gebied, Paul Oosthuizen is besig om voorbrande te maak en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

GOOD kap Stad Kaapstad oor min bekostigbare huise 06.07.2026

Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad moet erken hy het die afgelope agt jaar nie een bekostigbare huis in die middestad en omliggende gebied gelewer nie. Die Konstitusionele Hof het verlede week die verkoop van die Tafelberg-skoolterrein in Seepunt omgekeer en die Wes-Kaap en die metro beveel om ʼn verslag in te dien oor hulle planne en lewering van bekostigbare behuising. GOOD se sekretaris-generaa...

Fosa het ook kommer oor Zuma se Indië besoek 06.07.2026

Die Forum for South Africa het kommer uitgespreek oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië. Hy is tydens die reis afgeneem saam met Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, en die vermeende staatskaping-argitek, Ajay Gupta. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ondersoek nou die kwessie. FOSA-leier Tebogo Mashilompane sê Zuma se besoek laat ern...

Bellingham sê Mexiko-wedstryd was trotsste oomblik ooit 06.07.2026

Engelse speler Jude Bellingham sê hy was nog nooit so trots nie. Dit kom na Engeland die mede-gasheer, Mexiko, 3-2 uitgeskakel en speel nou teen Noorweë. Bellingham het binne 98 sekondes twee doele aangeteken en kaptein Harry Kane het die oorwinning vir Engeland verseker met 'n strafdoel. Hy sê was sy trotsste oomblik in 'n Engeland-trui.

Hindernisse is soms die skuld van die SME en nie owerhede nie 06.07.2026

Die Khomas-streeksraad het verlede week ’n inligtingsessie vir geleenthede vir ondernemings van klein- en mediumgrootte gehou. Een van die gesprekke wat gevoer is, het gehandel oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Baie entrepreneurs het tydens hierdie gesprekke hul ervarings gedeel oor die toetredinghindernisse wat hulle ondervind as klein ondernemings. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie...

Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner 06.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner 06.07.2026

Reaksie word ontvang energieminister Modestus Amutse wat die voorwaardes van die Mededingingskommissie oor Nasan Energies se oorname van 52 vulstasies opgeskort het. Die kommissie het gesê dat Nasan vir vyf jaar geen brandstof van Vivo of sy filiale mag aankoop nie. Amutse sê die geopolitieke onstabiliteit in die Midde-Ooste het onsekerheid oor brandstof-aanbod verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het met op...

Listen to the Nuus podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.