Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 734 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na

Author

Kosmos 94.1

Category

News

Podcast website

www.kosmos.com.na

Latest episode

Oct 18, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Cran vul aan waar operateurs nie winsgewend kan bedryf nie 07.07.2026

Jake Maritz, die bestuurder by Cran verantwoordelik vir die implementering van die Universele Diensfonds, het op Cran se potgooi, Crancast, oor een van die land se belangrikste konnektiwiteitsinisiatiewe gepraat. Die inisiatief poog om nedersettings te bereik deur konnektiwiteit te verseker, en is deel van die owerheid se oorhoofse plan om die digitale gaping te oorbrug. Maritz het meer.

Sport: GRN het 23 jaar gehad vir stigting van sportontwikkelingsfonds 07.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Sport: GRN het 23 jaar gehad vir stigting van sportontwikkelingsfonds 07.07.2026

Die regering kom onder skoot na die sportministerie in 'n interne skrywe op 15 Junie belanghebbendes ingelig het hy geen versoeke vir finansiële ondersteuning kan oorweeg nie, as gevolg van geldtekorte. Sport is een van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se pilare en sy het 6,9 miljard Namibiese dollar daaraan belowe. Vervoer is moontlik solank die betrokke liggaam sy eie bestuurder voorsien. Sportk...

Konsessies vir duingordel sal nie werk nie, MEFT het geen beheer nie 07.07.2026

Die omgewingsministerie hersien die bestuur van die hoogs sensitiewe duingordel tussen Swakopmund en Walvisbaai deur 'n nuwe, gestruktureerde konsessieproses in te stel. Na aanleiding van openbare en belanghebbende konsultasies in die Erongo-streek, stel die ministerie streng bepalings en voorwaardes vas om kommersiële operateurs wat vierwielmotorfietse en 4x4's te reguleer. Om plaaslike ekonomies...

SA vervang put-toilette by 3 372 skole 07.07.2026

Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, is verheug dat die Departement van Basiese Onderwys se 2018-projek om put-toilette by skole te vervang, uiteindelik afgehandel is. Rondom 3 372 skole wat in die 2018-oudit geïdentifiseer is, het nou veilige en behoorlike sanitasiegeriewe waaruit meer as 3 miljoen leerders voordeel trek. Makaneta sê hierdie prestasie wys wat bereik kan word as kinders se wels...

Navo vergader vandag in Ankara, Turkye 07.07.2026

Navo se 32 lidlande begin vandag ʼn tweedaagse beraad in Ankara, Turkye. Dit vind plaas op ʼn belangrike tyd vir die alliansie, met spanning tussen die organisasie en Amerika oor Iran en Groenland. Die nasies het verlede jaar ooreengekom om vyf-persent van hul bruto binnelandse produk in verdediging te belê. Navo se sekretaris-generaal, Mark Rutte, het drie belangrike prioriteite vir die beraad uite...

Gibeon-gemeenskap is haaks met NamPol 07.07.2026

Inwoners van Gibeon eis aanspreeklikheid nadat bewerings van polisiebrutaliteit by die plaaslike polisiestasie na vore gekom het. Die gemeenskap beweer dat individue wat beskerming by die polisiestasie gesoek het, eerder aan onmenslike en onwettige behandeling deur beamptes aan diens onderwerp is. Maar gemeenskapsleier Christiaan Swartbooi sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die herbou van vertroue sal ve...

DA stel ondersoek in na Steenhuisen se aantygings 07.07.2026

Die DA se Federale voorsitter, Solly Msimanga, sê die party se uitvoerende federale raad sal die uitwerking ondersoek van John Steenhuisen se bewerings oor Tony Leon en sy skakelfirma, Resolve Communications, en bepaal of die DA in 'n slegte lig gestel is. Steenhuisen beweer DA-ministers, insluitend die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, is deur Leon beïnvloed om verg...

DA boos oor Dlodlo se aanstelling as ambassadeur 07.07.2026

Die DA het president Cyril Ramaphosa se besluit gekritiseer om die voormalige minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Frankryk aan te stel. Die party beskuldig die president dat hy die belange van ANC-kaders bo dié van die land en sy buitelandse beleid stel. Die 63-jarige Dlodlo vervang wyle Nathi Mthethwa. Ryan Smith van die DA sê Dlodlo was ernstig ond...

Trump dreig om Iran aan te val 07.07.2026

President Donald Trump van Amerika het Iran weer gewaarsku en gesê sy weermag is bereid om die land se infrastruktuur heeltemal te vernietig indien ʼn diplomatieke ooreenkoms nie bereik word nie. Indirekte onderhandelings tussen Amerika en Iran het verlede week geëindig sonder enige vooruitsig van blywende vrede, ten spyte van ʼn skietstilstand van 60 dae om ruimte te skep vir diplomasie. Trump sê A...

NaCC hou konferensie oor samesmelting van Nampharm, CFAO Healthcare 07.07.2026

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n amptelike openbare uitnodiging uitgereik vir 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm. Die regulatoriese geleentheid sal op 10 Julie in Windhoek van nege tot twee plaasvind. Dina //Gowases, die kommissie se woordvoerder, het meer inligting:

AfriForum baklei om matriekuitslae te publiseer 07.07.2026

AfriForum sê hy sal die Inligtingsreguleerder se jongste poging teenstaan om die publikasie van matriekuitslae te keer. Dit nadat die reguleerder direk by die Appèlhof aansoek gedoen het om verlof tot appèl. Verlede maand het die Hooggeregshof in Pretoria hul aansoek om verlof tot appèl verwerp. Alana Bailey van AfriForum sê vorige hofuitsprake het bevestig die publikasie van matriekuitslae met be...

Guterres bepleit billike KI 07.07.2026

Die Globale Dialoog oor KI-bestuur is tans in Genève in Switserland aan die gang. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres is teenwoordig en sê sy boodskap is duidelik: die toekoms van KI moet gevorm word deur menslike toesig en doeltreffende bestuur sodat die tegnologie billik en tot die voordeel van die mensdom is.

Derde verdagte gee haarself oor na edelsteen-diefstal 07.07.2026

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê 'n derde verdagte het haarself by die Edenvale-polisiestasie oorgegee in verband met die beweerde diefstal van edelstene ter waarde van bykans 15-miljoen Suid-Afrikaanse rand by 'n perseel in Killarney, Johannesburg. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die direktoraat-woordvoerder, Lizzy Suping, sê drie v...

Agribank se gratis lesings hervat 07.07.2026

Agribank, in samewerking met Nust, nooi boere, studente en die publiek uit na 'n reeks gratis lesings wat vandeesweek in Windhoek plaasvind. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, gee meer inligting oor die datums en waaroor die lesings handel.

Renosterhoring-handel: Bewaring moet volhoubaar wees 07.07.2026

'n Mylpaaluitspraak in 'n Suid-Afrikaanse hof kan die debat oor wettige handel in renosterhorings in Namibië weer aanwakker. Die hof in Kimberley het 'n appèl van die Noord-Kaapse regering van die hand gewys, wat die weg baan vir uitvoerpermitte vir eties geoeste horings van witrenosters wat in gevangenskap geteel is, onder sekere voorwaardes. Namibiese natuurbewaarders, wat al lank aanvoer dat ge...

OneWeb bied dieselfde diens as Starlink 07.07.2026

Die regering se besluit om Starlink te verwerp het baie Namibiërs gefrustreerd gelaat, veral diegene wat in afgeleë gebiede woon, maar die land het nou nog 'n speler in die satellietinternetmark verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het met tegnologiekenner Nrupesh Soni gepraat, wat sê met die amptelike bekendstelling van OneWeb, sal hoëspoed-, lae-latensie-konnektiwiteit gebiede bereik waar tradisionele br...

SA-joeranliste geteiken na SAPD-korrupsie ondersoeke 07.07.2026

Die Madlanga-kommissie is ingelig oor die gevare vir joernaliste wat beweerde korrupsie binne die polisie se Misdaadintelligensie-eenheid ondersoek. Getuienisleier Adila Hassim verwys na 'n inbraak in die huis van Daily Maverick se ondersoekende joernalis, Marianne Thamm. Die senior Misdaadintelligensie-offisier, Feroz Khan, is volgens WhatsApp-boodskappe betrokke by bewerings dat Thamm se werk ge...

Uefa vaar uit teen Fifa se Balogun beslissing 07.07.2026

Die Europese beheerliggaam, Uefa het uitgevaar teen Fifa se besluit om die Amerikaanse doelskieter Folarin Balogun se rooikaart in die Wêreldbeker-toernooi te herroep, nadat president Donald Trump Fifa-president Gianni Infantino gevra het om die saak te hersien. Uefa sê Fifa het 'n rooi lyn oorskry en die integriteit van die spel ondermyn met 'n ongekende, onbegryplike en onregverdigbare besluit....

Die dag wat was, 7 Junie 2026 06.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Speaker betuig meegevoel met Venezuela 06.07.2026

Die dodetal van Venezuela se verwoestende dubbele aardbewings het teen Sondag tot minstens 3 342 gestyg, terwyl meer as 16 000 mense beseer is en tienduisende nog vermis word. Die regering het namens Namibiërs wense van hoop en solidariteit aan die land gestuur. Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhilla, het vandag 'n gedenkboek by die Venezolaanse ambassade geteken en...

Kaptein van Engeland vroue-kriektespan ontken uittrede 06.07.2026

Krieket: Die kaptein van Engeland se vrouespan, Nat Sciver-Brunt, ontken dat sy oorweeg om uit te tree en wil steeds in groot toernooie speel. Australië het Engeland gister op Lord's met sewe paaltjies verslaan om die T20-Wêreldbekertoernooi 'n rekord sewende keer te wen. Die 33-jarige Sciver-Brunt, wat die hele toernooi met 'n kuitspierbesering gesukkel het, sê die nederlaag is moeilik om te aanv...

Bly waaksaam, berigte van rooftogte en inbrake neem toe 06.07.2026

Die polisie doen 'n beroep op inwoners om waaksaam te bly na toenemende berigte van huisbrake en gewapende rooftogte in sommige van Windhoek se meer welgestelde voorstede. Kommer is uitgespreek na beweerde voorvalle in Auasblick, Suiderhof en Academia, met slagoffers wat na bewering tydens een rooftog met 'n vuurwapen aangehou is. Die woordvoerder van die Khomas-polisie, senior inspekteur Silas Sh...

Maak Kalimbeza-rysprojek 'n prioriteit: Zambesi-goewerneur 06.07.2026

Die Kalimbeza-besproeiingsprojek, 'n staatsbeheerde rysgroenskema van 229 hektaar in Katima Mulilo, en wat reeds in 2011 van stapel gestuur is, staar steeds beduidende uitdagings in die gesig. Zambesi-goewerneur Dorothy Kabula sê in haar streeksrede dat die projek sukkel om maksimum produksie te bereik as gevolg van inkonsekwente staatsbefondsing, verouderende en gebreekte masjinerie en marktoegan...

Fokus op Namibiese hernubare energie by forum in China 06.07.2026

Namibië versterk pogings om buitelandse beleggings in sy opkomende groenwaterstofsektor te lok en bevorder sy hernubare energiepotensiaal aan meer as 300 Chinese sakeleiers by 'n sakeforum in Sjanghai. Die geleentheid vind plaas ten tyde van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China. Minister van internasionale betrekkinge en handel, Selma Ashipala-Musavyi, het by die forum Namibi...

Listen to the Nuus podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.