Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Author

Kosmos 94.1

Category

News

Podcast website

www.kosmos.com.na

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Munisipaliteite moet hulself regruk, inwoners ly 10.07.2026

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize, sê wetsoortreding kan nie oorgesien word om gemeenskappe teen die uitwerking van swak finansiële bestuur te beskerm nie. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie Julie se befondsing aan 69 munisipaliteite teruggehou het weens finansiële wanbestuur en bestuursmislukkings. Mkhize sê die...

Groenwaterstof mik hoog 10.07.2026

Volgens Joseph Mukendwa, die waarnemende hoof van die Groenwaterstofprogram, het Namibië die potensiaal om groenwaterstofprodukte uit te voer as deel van die land se kommoditeit-uitvoere. Hy het tydens die bekendstelling van die plaaslike projek deur die Global Environment Facility in samewerking met VN se Industriële Organisasie gepraat.

Strafregtelike klag teen Dimpane gelê 10.07.2026

Die organisasie, Public Interest SA, het ʼn strafregtelike klag by die Valke ingedien teen die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, oor die moontlike oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met die Suid-Afrikaanse Polisiediens se omstrede Medicare24-kontrak van 228 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Public Interest SA se voorsitter, Tebogo Khaas, sê as...

Aanlyn bieëry doen nie veel vir deursigtigheid nie 10.07.2026

Die Sentrale Verkrygingsraad het Woensdag vir die eerste keer 'n bodopening regstreeks uitgesaai. Volgens die raad sal alle bodopeninge nou so uitgesaai word, vir deursigtigheid. Die eerste regstreekse uitsending was vir die grootskaalse grondwerke, 'n waterreservoir en grootskaalse interne dienste vir die Windhoek Distrik Hospitaal wat in Havana in die hoofstad gebou word. Kosmos 94.1 Nuus het ko...

Rise vra bespoediging van klaring en leefstyloudits vir SAPD 10.07.2026

Rise Mzansi vra dringende optrede om die klaringsproses en leefstyloudits van senior amptenare in die Suid-Afrikaanse Polisiediens te bespoedig. Volgens die party is die proses te stadig ten spyte van bewyse voor die Madlanga-kommissie wat toon dat misdaadnetwerke die polisie binnegedring het. Makashule Gana van Rise Mzansi het die verlenging van die kommissie se sperdatum verwelkom, maar gewaarsk...

PDM skop ook vas teen Sindano 10.07.2026

Tydens 'n gesamentlike perskonferensie gehou deur opposisiepartye in die hoofstad, het die leier van die PDM, McHenry Venaani ook twyfel uitgespreek oor of Gerson Sindano 'n gepaste kandidaat is vir die pos van voorsitter van die Namibiese Verkiesingskommissie. Venaani sê sy pos as assistent vir destydse Swapo sekretaris-generaal Nangolo Mbumba, bring twyfel oor sy onpartydigheid.

VN waarsku oor hervatting van oorlog 10.07.2026

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die hervatting van aanvalle en teenaanvalle tussen Amerika en Iran kan die diplomatieke vordering sedert die skietstilstand in April aangekondig is, ongedaan maak. Amerika het hierdie week meer as 150 teikens in Iran getref waarin 14 mense dood is. Teheran het Amerikaanse militêre basisse in die Midde-Ooste aangeval. Die VN-woo...

Solidariteit sê GNU wil beheer oor groot rugbytoer neem 10.07.2026

Die vakbond Solidariteit het 'n voorstel deur die minister van Handel, Parks Tau, gekritiseer, om Rugby's Greatest Rivalry 2026-toer as 'n beskermde geleentheid te verklaar. Die vakbond meen die stap kan regeringsbeheer oor privaat sportgeleenthede verhoog deur verkrygingsvereistes in te stel en koste vir organiseerders by te voeg. Theuns du Buisson van Solidariteit sê hulle sal die regulasies met...

Van Vuuren gesels oor verkiesing na IKR 10.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Van Vuuren gesels oor verkiesing na IKR 10.07.2026

Die president van Krieket Namibië, dr. Rudie van Vuuren, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy verkiesing as geaffilieerde lid-direkteur op die raad van die Internasionale Krieketraad in Edinburgh. Van Vuuren, 'n mediese dokter, is sedert 2018 president van Krieket Namibië, asook uitvoerende hoof van die N/a'an ku sê-groep. In 2003 het hy Namibië verteenwoordig by beide die Rugby-wêreldbeker en...

Dagga-aktivis sê oor pad vorentoe na hofverlies 10.07.2026

Reaksie word ontvang van dagga-aktiviste Borro Ndungula en Brian Jaftha nadat hulle 'n hofsaak verloor het in poging om daggagebruik te dekriminaliseer. Regter Philanda Christiaan het beslis dit is 'n beleidskwessie en die saak is van die rol verwyder. 'n Mosie daaroor sal nou in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndungula gepraat wat sê indien die wetgewe...

IPC verklaar Sindano-kwessie as ongrondwetlik 10.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

IPC verklaar Sindano-kwessie as ongrondwetlik 10.07.2026

Die parlementêre herrie oor die sogenaamde aanstelling van Gerson Sindano as voorsitter van die verkiesingskommissie duur voort. Behalwe dat AR-leier Job Amupanda bevestig het sy hofdokumente is voorberei en sal vandag ingedien word, sê IPC-leier Panduleni Ithula, president Netumbo Nandi-Ndaitwah se dokument rakende Sindano is nie in lyn met die Grondwet nie omdat sy in die dokument nomineer en ni...

Versigtig met vennootskappe in China, maan LPM 10.07.2026

China het sy sakegemeenskap en beleggers gemobiliseer om Namibië se industrialiseringsdoelwit te ondersteun met vennootskappe in nywerheidsontwikkeling en beleggings in waarde-toevoeging. Tydens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek het sakeleiers van China en Namibië in Guangzhou byeengekom vir die Guangdong-provinsie se sakeforum. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry by die LPM se wo...

GOOD kritiseer Stad Kaapstad wat die voer van voëls wil beheer 10.07.2026

In Suid-Afrika het die GOOD-party die Stad Kaapstad se voorgestelde toepassing van verordeninge oor die voer van voëls in agterplase as oormatige staatsinmenging veroordeel. Sekretaris-generaal Brett Herron sê dit gaan oor 'n stad wat voortdurend persoonlike aangeleenthede wil beheer en telkens nuwe regverdiging daarvoor vind. Hy voeg by Kapenaars is vroeër meegedeel hulle mag nie 'n Palestynse vl...

Betoging teen Kavango Link-pyplyn 10.07.2026

Die Kavango People's Forum gaan op 17 Julie teen die voorgestelde 7 miljard Namibiese dollar Kavango Link-waterpyplyn betoog. Die projek sal behels dat water uit die Okavangorivier onttrek word en per pyplyn na Grootfontein herlei word, en van daar na die sentrale gebiede. Die forum se voorsitter, Patrick Kashera, het Donderdag in Rundu gesê burgers het die grondwetlike reg om vreedsaam hul mening...

Die dag wat was, 9 Julie 2026 09.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Kamer van Mynbou loods Namibië Mynbou-ekspo en -konferensie 09.07.2026

Die Kamer van Mynbou het die 13de Namibië Mynbou-ekspo en -konferensie van stapel gestuur, wat van 4 tot 6 Augustus by die Windhoek-skougronde sal plaasvind. Uitvoerende hoof Fabian Shaanika het aangekondig dat vanjaar se tema is “Van dialoog tot lewering: Evaluering van vordering in die skep van mynbou-geleide ekonomiese groei en werkverskaffing”.

Dink langtermyn vir finansiële stabiliteit 09.07.2026

Terwyl ekonomiese onsekerheid huishoudings en besighede bly toets, doen welvaartkenners ’n beroep op Namibiërs om verder as korttermynwinste te kyk. Veruscka Gertze, welvaartbestuurder by Old Mutual, sê langtermyn finansiële denke, gebou op dissipline, konsekwentheid en noukeurige risikobestuur, bly een van die sterkste grondslae vir blywende finansiële stabiliteit.

NV is nie Swapo-rubberstempel, sê opposisiepartye 09.07.2026

Opposisiepartye veg teen wat hulle beskryf as pogings om die parlement se werk te bespoedig. Tydens 'n gesamentlike perskonferensie vanoggend het opposisie-LP's gesê dat hulle nie wetgewing óf presidensiële genomineerdes sal goedkeur sonder behoorlike ondersoeke nie. Hulle voer aan dat die parlement voldoende tyd en volledige dokumentasie gegun moet word om sy toesighoudende rol uit te voer. LPM-h...

Hou dadelik op om druipende leerlinge oor te plaas: Onderwysersunie 09.07.2026

Die Onderwysersunie van Namibië het die regering versoek om die praktyk om leerders na die volgende graad oor te plaas sonder dat hulle aan die vereistes voldoen, onmiddellik te staak. Die unie se visepresident, Tjandero Tjituka, sê dit is een van die grootste bydraers tot die land se hoë druipsyfer. Hy het gepraat tydens 'n sitting met die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys, Wetenskap...

Staande komitee neem klein-, groothandelsektore onder die loep 09.07.2026

Die Parlementêre Staande Komitee oor Armoedebestryding, Arbeid en Nywerheidsverhoudinge hou vandag 'n konsultatiewe vergadering met belanghebbendes oor die toesigbesoek rakende diensvoorwaardes in die land se klein- en groothandelsektore. Die komitee se voorsitter, Justina Jonas, het meer.

Moodie sê Bokke verwag verbete stryd teen Skotland 09.07.2026

Rugby: Die Springbok-vleuel Canan Moodie sê hulle verwag Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria ʼn taai stryd teen ʼn gevaarlike Skotse span in die tweede ronde van die Nasieskampioenskap. Suid-Afrika het Engeland verlede naweek in die eerste ronde 45-21 afgeransel, terwyl Skotland Argentinië 47-38 verslaan het. Moodie, wat die 25ste keer vir die Bokke sal uitdraf, sê hulle is gereed vir ʼn verbete...

Publiek kan insette lewer oor CFAO Healthcare-Nampharm samesmelting 09.07.2026

Meer inligting is bekend oor die Namibiese Mededingingskommissie se uitnodiging aan die publiek wat uitgereik is vir môre. Die kommissie sal 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm hou. Die Franse maatskappy is 'n toonaangewende pan-Afrikaanse farmaseutiese verspreider en logistieke verskaffer. Dina //Gowases, die kommissie se woordvo...

Geskorste Ekurhuleni regsdienste-hoof gearresteer 09.07.2026

Die geskorste hoof van Ekurhuleni se regsdienste, Kemi Behari, en nog drie mense is in hegtenis geneem deur die Madlanga-kommissie se aanbevelings-taakspan. Behari is voor die kommissie betrek dat hy na bewering die hoof van Ekurhuleni se Metropolisie, Julius Mkhwanazi, teen tugoptrede beskerm het. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagtes is gisteraand aangetree tydens optrede...

Listen to the Nuus podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.