Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 848 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na

Author

Kosmos 94.1

Category

News

Podcast website

www.kosmos.com.na

Latest episode

Oct 21, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die dag wat was, 21 Oktober 2026 21.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

SA finansminister verlaag brandstofheffing vir nou 21.10.2026

Die Suid-Afrikaanse minister van Finansies, Enoch Godongwana, het 'n tydelike verlaging van die brandstofheffing aangekondig om druk op huishoudings en ondernemings te verlig. Die heffing sal van 4 November tot 1 Desember verminder word met een Suid-Afrikaanse rand-50-sent per liter petrol en drie-rand per liter diesel. Godongwana het ook die land se ekonomiese groeivoorspelling vir vanjaar van 1,...

Skaapboere produsente-maatskappy op rand van registrasie 21.10.2026

Die land se skaapboere neem beheer oor hul eie toekoms, met planne vir die voorgestelde produsente-maatskappy wat goed vorder. Die inisiatief beoog om tussengangers uit te skakel, opbrengste vir boere te verbeter en nuwe markte regoor die SAOG-streek te ontsluit. Met meer as die minimum aantal belangstellende produsente reeds aan boord, kan die maatskappy dalk so vroeg as volgende maand geregistre...

Hersien vereistes vir staatsdiensposte, hoor NV 21.10.2026

Swanu-LP Evilastus Kaaronda wil hê dat die toelatingsvereistes vir staatsdiensposte en staatsondernemings hersien word. Hy sê vaardighede en bevoegdhede moet swaarder weeg as grade en werkservaring. Met sy kennisgewing van ‘n mosie in die Nasionale Vergadering het Kaaronda gesê die doel is om werk vir jongmense oop te stel, veral in die inligting- en komunikasie tegnologie-sektor.

Shafudah 'moet fokus op minder skuld, meer groei' 21.10.2026

Met die oog op môre se hersiene mediumtermynbegroting skuif die aandag na die fiskale prioriteite wat staatsbesteding behoort te rig. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê die ekonoom Robin Sherbourne dat finansminister Ericah Shafudah daarop behoort te fokus om staatskuld te verminder en groei in die binnelandse ekonomie te stimuleer.

Ierland kom maak plaaslik krieketgeskiedenis 21.10.2026

Krieketgeskiedenis gaan gemaak word wanneer Ierland se mansspan vir die eerste keer ooit teen die FNB Eagles te staan kom in 'n opwindende reeks van vyf eendagwedstryde. Die eerste wedstryd begin môre om 10-uur op die Namibië Krieketveld in Windhoek. Die Capricorn Eagles A-span sal ook van 25 tot 31 Oktober op die veld in aksie wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Krieket Namibië, dr....

Nascam sê hy werk daaraan om invorderings te verbeter 21.10.2026

Nascam sê tantième aan musikante en komponiste word tans een keer per jaar uitbetaal, gegrond op gerapporteerde musiekgebruik en ingevorderde lisensiegelde. Die waarnemende uitvoerende hoof, Ferdinand Gertze sê die organisasie werk daaraan om invorderings te verbeter, onder meer deur lisensie-inspekteurs in die streke aan te stel, en meer musiek-gebruikers te help om aan die vereistes te voldoen.

Zelensky reg om dadelik vir vrede te onderhandel 21.10.2026

Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, is gereed om onmiddellik te onderhandel vir 'n vinnige, blywende vredesooreenkoms met Rusland. Kiëf en sy Europese bondgenote het voorstelle uitgewerk om vredespogings te bevorder, insluitend 'n moontlike drieledige gesprek tussen die leiers van Oekraïne, Rusland en Amerika. Dit maak ook voorsiening vir die uitruil van gevangenes en 'n maritieme skietst...

Dis reg dat amptenare moet opdok vir hofsake: kenner 21.10.2026

Bestuurskenner Pius Dunaiski verwelkom die Staatsdienskommissie se besluit om staatsamptenare aanspreeklik te hou vir finansiële verliese weens hofsake wat deur nalatigheid veroorsaak word, ingevolge Artikel 11 van die Wet op Staatsfinansies. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Dunaiski dat hierdie stap lank reeds verwag is. Hy sê dat belastingbetalers nie langer moet opdok vir duur foute wat vo...

Intense hittegolf in Noorde tref Khomas Vrydag: Weerdiens 21.10.2026

Die Namibiese Meteorologiese Diens het 'n dringende weerwaarskuwing oor versengende hitte oor die noordelike dele van die land uitgereik. Die diens sê 'n intense hittegolf is aktief en sal tot Sondag voortduur, met dagtemperature wat na verwagting tot 42 grade Celsius sal styg. Die hitte sal teen Vrydag die Khomas-streek bereik en oor die naweek verder suid versprei. Die publiek word sterk aangera...

Nigerië teken eerste Ebola-geval in hoofstad aan 21.10.2026

Nigerië het sy eerste Ebola-geval aangemeld in ʼn vrou wat van Uganda na Abuja gereis het. Die Demokratiese Republiek van die Kongo beleef sy dodelikste Ebola-uitbreking in die geskiedenis weens die skaars Bundibugyo-stam. Minstens 4 600 mense is dood en meer as 9 500 gevalle aangeteken. Kenia het vroeër die maand sy eerste geval aangemeld en sedertdien is nog nege gevalle bevestig. Nigerië se mini...

Namibië bied faktore wat toeriste aantrek 21.10.2026

Die toerismesektor het die nasionale kamerbesettingsyfer van voor die pandemie in die derde kwartaal vanjaar oortref. Kamerbesettings van 66,5 persent en bedbesettings van 58,9 persent was hoër as beide die 2025- en 2019-vlakke. Volgens Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, het sterk reisvraag uit Sentraal-Europese bronmarkte die piekseisoen gedra. Robuuste lu...

NASCAM erken kommunikasietekort te midde van strenger inspeksies 21.10.2026

NASCAM sê ondernemings moet lisensiegeld betaal wanneer hulle musiek kommersieel gebruik, sodat musikante en komponiste billik vir hul werk vergoed kan word. Die waarnemende uitvoerende hoof, Ferdinand Gertze, erken dat die organisasie se kommunikasie en streeksverteenwoordiging tekortgeskiet het. Dit het daartoe bygedra dat sommige sake-eienaars onkant gevang is deur verskerpte lisensie-inspeksie...

Inentingsveldtogte teen bek-en-klouseer versnel 21.10.2026

Die land versterk sy stryd teen bek-en-klouseer, met inentingsveldtogte wat momentum opbou in die //Kharas- en Zambezi-streke. In Karasburg is 1 296 beeste op 25 plase ingeënt, terwyl meer as 42 286 beeste by 34 inentingsposte op Kalala-eiland en in omliggende gemeenskappe in die Zambezi-streek ingeënt is. Woordvoerder van die landbouministerie, Romeo Muyunda, sê:

Bek-en-klouseer kan swaar op hersiene begroting weeg 21.10.2026

Namibië se bek-en-klouseerkrisis sal na verwagting ’n groot hap uit finansminister Ericah Shafudah se hersiene mediumtermynbegroting neem, wat Donderdagmiddag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. Kosmos 94.1 Nuus se Fritz Platt het meer:

12:00 Nuus 21.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Willem Strauss as Blou Bulle-president herkies 21.10.2026

Willem Strauss is onbestrede vir 'n derde agtereenvolgende termyn herkies as president van die Blou Bulle Rugbyunie. Nadat hy reeds agt jaar gedien het, beklemtoon Strauss se onbestrede verkiesing die totale vertroue van die uitvoerende gesag in sy leierskap, talent-ontwikkelings-pyplyne en volgehoue prestasie oor die unie se hele ekosisteem. Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Mikro-geloofsbriewe kan werkskepping en entrepreneurskap bevorder 21.10.2026

Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid hou in Oshakati konsultasies oor die konsepbeleidsraamwerk vir mikro-geloofsbriewe. Oshana-goewerneur Hofni Iipinge sê die beleid kom op ’n belangrike tydstip, aangesien Namibië ekonomiese diversifikasie, werkskepping, entrepreneurskap en menslike kapitaal-ontwikkeling nastreef.

Mauritius se hotelle steeds gewild ondanks onrus 21.10.2026

Jean Michel de Senneville, ’n voormalige Mauritiaanse diplomaat, sê toeriste het nie hul besprekings vir die komende Kersvakansie gekanselleer nie, ondanks die betogings en aandklokreël. Die regering het die aandklokreël ingestel nadat betogings oor watertekorte en die lewenskoste gewelddadig geraak het. Volgens De Senneville staan besprekings by vyfsterhotelle steeds op sowat 85 persent, terwyl v...

Hyundai herroep 253 Tucson-voertuie oor kommer oor lugsaksensors 21.10.2026

Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het om veiligheidsredes 253 Hyundai Tucson NX4-voertuie herroep, wat verlede jaar regoor Suid-Afrika verkoop is. Die herroeping volg na kommer dat die sensors vir kantbotsinglugsakke in sommige voertuie nie aan die korrekte spesifikasies voldoen nie. Phetho Ntaba van die kommissie sê Hyundai sal diagnostiese toerusting gebruik om te bepaal of die...

11:00 Nuus 21.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Windhoek-motoriste meestal in die kol tydens Roadwatch  21.10.2026

Dit lyk of Windhoek-motoriste vanoggend hul beste voetjie voorgesit het, met rustige paaie en slegs een motoris wat gewaarsku is omdat sy voertuig oorlaai was tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag. 

Namibiër deel sy ervaring van onrus in Frankryk  21.10.2026

Frankryk berei voor vir verdere betogings die naweek ná dae van geweld, plundering en skade aan openbare geboue en ondernemings in verskeie stede. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiër Louis Jansen van Vuuren gepraat oor sy reaksie op die onrus en hoe hy die situasie in Parys ervaar. 

Rubio verwerp bewerings oor Amerikaanse steun aan Oekraïne 21.10.2026

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het bewerings verwerp dat Oekraïners sterf omdat Amerika intelligensie van Kiëf terughou. Die VSA het na bewering 'n groot deel van die intelligensie wat gedeel is, stopgesit, en ook wapens geblokkeer wat ingevolge die Voorkeurlys van Vereistes vir Oekraïne verkoop is. Verlede week het Starshield die spoed van mobiele eenhede beperk. Dit...

SA landbou-leiers waarsku oor moontlike verlies aan AGOA-toegang 21.10.2026

Landbouleiers in Suid-Afrika reageer op die moontlikheid dat die land sy voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark ingevolge die AGOA-handelsooreenkoms kan verloor. Die ooreenkoms bied tariefvoordele vir duisende produkte uit kwalifiserende Afrikalande. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die moontlike gevolge vir Suid-Afrikaanse lan...

Listen to the Nuus podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.