Africa Podcast Network
'n Ma & 'n Mikrofoon
'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"!Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om...
Author
Africa Podcast Network
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 8, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Juffrou Linky/ TWO Moms & a Microphone: Miss Linky 18.09.2024 27:52
"Juffrou Linky" op YouTube kry daagliks duisende 'views' – en jou peuter of kleuter is waarskynlik een van hulle! In hierdie episode ontmoet Daniëlla Linkie Retief, beter bekend as "Juffrou Linky." Ons gesels oor haar uiters suksesvolle YouTube-kanaal, wat nou ook haar en haar man, Retief, se voltydse werk is. Sy vertel waarom hulle Afrikaanse video's maak al is dit eintlik hulle Engelse kanaal, "...
Noodhulp-Blitskursus: Wat jy moet Weet tydens 'n Noodgeval by jou Huis\ First Aid Crash Course: What You Need to Know During an Emergency at Home 11.09.2024 32:49
Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.
(Her)ontdek jou Styl as Ma/ (Re)discover Your Style as a Mom 04.09.2024 34:07
(Her)ontdek jou Styl as Ma Voel jy dis tyd vir 'n verandering wat jou klere-keuses aanbetref? Haal jy keer op keer dieselfde items op dieselfde manier uit jou klerekas? Het jy hulp nodig om nuut na jou "ou" klere te kyk? In dié episode gee stylkonsultant Lizanne Anderson raad oor mode spesifiek vir ma's. Vroue sê dikwels hulle identiteit as mens het verander toe hulle 'n ma geword het. Jou leefsty...
Skermtyd: Wat 'n Arbeidsterapeut Wil Hê Jy Moet Weet/ Screen Time: What an Occupational Therapist Wants You to Know 28.08.2024 34:04
Dat skermtyd 'n rol gaan speel in jou kleuter, kind en tiener se lewe, is byna onvermydelik. En hoewel amper elke ouer dit soms gebruik om ons te help om "dinge gedoen te kry", gaan dit dikwels gepaard met skuldgevoelens. In dié episode probeer ons riglyne skep vir gebalanseerde skermtyd. Arbeidsterapeut Carla Grobler deel die waarskuwingstekens wat jou kan help identifiseer of jou kind se skermty...
TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Karlien van Jaarsveld / TWO Moms & a Microphone : Karlien van Jaarsveld 21.08.2024 53:22
Ouerskap het Karlien van Jaarsveld verander. Haar gestroop en omgedop. In hierdie episode van 'n Ma & 'n Mikrofoon gesels Karlien met Daniella oor die verskillende fasette van ma-wees. Sy moes immers al baie trotseer - haar tweeling, Daniël en Eliah, is vroeg gebore en sy moes hulle toe hulle ouer word, ook lei deur 'n egskeiding. Daarna het sy 'n miskraam gehad op 19 weke. Later telkens met klein...
Die Hart van 'n Werkende Ma/ The Heart of a Working Mom 14.08.2024 34:53
Om 'n werkende ma te wees voel soms asof jy in die sirkus is, en 10 balle gelyk in die lug probeer hou. Maar hoe gemaak wanneer die balle begin val? Daniëlla gesels in hierdie episode met bedryfsielkundige Elne Janse Van Rensburg van Moms At Work oor hoe 'n werkende ma balans (of die gebrek daaraan!) moet benader, moeilike keuses kan maak en haar nuwe identiteit vind en vestig wanneer sy terugkeer...
Die Hart van 'n Tuisblyma/ The Heart of a Stay-at-Home Mom 07.08.2024 42:27
Om 'n tuisblyma te wees is baie dinge. 'n Uitdaging? Gereeld! Maar dis ook 'n voorreg en 'n roeping. In hierdie episode gesels Daniëlla met tuisblyma's Karyna le Roux en Riëtte van der Wat oor waarom hulle besluit het om op te hou werk, wat hulle doen wanneer hulle die dag oorweldig voel deur die verantwoordelikheid van dié rol; en hoe belangrik dit is om die einddoel voor oë te hou. Being a stay-...
Hoe Om 'n Ma Wat Borsvoed te Ondersteun/ How to Support a Breastfeeding Mom 31.07.2024 49:54
Dié Wêreld-Borsvoedingsweek vier ons ma's wat borsvoed: Die hoogte- én laagtepunte, die koesteroomblikke en dié uitdagings. In hierdie episode gesels Daniëlla met Alwerí Brand en Caroli Diener, twee leidsters van La Leche League Suid-Afrika. LLL is een van die wêreld se voorste organisasies vir die ondersteuning van borsvoeding. Hulle gee raad oor hoe ma's wat borsvoed na hulleself kan omsien tyde...
Die Dag Toe My Kind Verdrink Het/ The Day My Child Drowned 24.07.2024 46:32
Suzanne Smit se dogtertjie het verdrink. Suzanne het haar, in haar eie woorde, "weer lewendig gebid". Hierdie is 'n ma se getuienis, en 'n storie wat sy deel oor waterveiligheid wat ook ander kinders se lewens kan red. 25 Julie is "World Drowning Prevention Day" en Daniëlla praat ook met Petro Meyer, 'n sweminstrukteur van die NSRI, oor waterveiligheid, reëls en mites. Suzanne Smit's young daughte...
Irvette van Zyl: Olimpiese Marathon-Ma! / Irvette van Zyl: Olympic Marathon Mom! 17.07.2024 34:29
Irvette van Zyl (37) is 'n werkende ma - maar haar "werk" is uitsonderlik: sy's immers 'n Olimpiese marathon-atleet! Die spele in Parys skop op Vrydag 26 Julie 2024 af, en dit sal die vierde keer wees wat Irvette aan die Olimpiese Spele deelneem. Sy praat met Daniëlla oor die uitdagings van ouerskap en atletiek: om te probeer 'long runs' doen terwyl jy hand bysit met huiswerk, en om vrede te maak...
Die Ma wie se Man haar 3 Kinders voor haar Vermoor het/ The mom whose husband killed her 3 children in front of her 10.07.2024 52:26
In Julie 2006 het Charlotte van der Westhuizen se man hulle drie kinders, Bianca (16), Marius (5) en Antoinette (21 maande) voor haar doodgeskiet. Hy kom binnekort uit op parool. Sy deel haar storie met Daniëlla en ons luisteraars. In July 2006, Charlotte van der Westhuizen's husband shot and killed their three children, Bianca (16), Marius (5), and Antoinette (21 months), in front of her. He will...
Etenstyd! Maak so seker jou baba & peuter word 'n goeie eter/A Solid Start: Make eating enjoyable for your baby & toddler 03.07.2024 39:18
Een van die grootste uitdagings in jou baba se eerste jaar is wanneer hulle (wat nou uiteindelik net mooi begin bottel of borsmelk drink het) moet begin eet. Jy voel oorweldig: Wanneer is te gou, wanneer is te laat, hoeveel is te veel, of te min, wat moet jy gee en nié gee nie? En wat as hulle stik of nie wil eet nie? Marita Bezuidenhout van Magies Vol Liefde (Tummies Full of Love) het antwoorde o...
Vegter Vir Hoop: Die Ma Wat Met Reuse Baklei/Fighting for Hope: The Mother Who Took on Giants 26.06.2024 39:54
Liézel Els se tweeling, Lia en Nelius, is nog nie eers 3 jaar oud nie, en sy't reeds 'n leeftyd se uitdagings agter die rug. Reeds vóór hulle geboorte moes Liézel (41) vir haar kinders begin baklei: As enkellopende vrou wat bitter graag 'n ma wou word, is sy deur ronde op ronde van fertiliteitsbehandeling. Maar net enkele weke na hulle geboorte, moes Liézel hoor Lia het 'n uiters seldsame toestand...
Die 3 Dinge Wat Goeie Pa's Dikwels vir hul Kinders Sê/ The 3 Things Good Fathers Often Say to Their Children 19.06.2024 28:55
Die rol van 'n pa in 'n kind se vorming en menswees is enorm. Daar word (met reg) van vandag se pa's verwag om nie meer bloot die versorger te wees nie, maar werklik 'n rol te speel in alle aspekte van die gesinslewe. Maar daarmee saam kom uitdagings - spanning, vrese en onsekerheid of pa's dié skoene kan volstaan. Soveel te meer as 'n man dalk nie self 'n pa gehad het wat 'n voorbeeld gestel het...
(On)Betrokke Pa: Die Man wat die Siklus Breek/(Un)Involved Dad: The Man Who Breaks the Cycle 12.06.2024 36:52
Jaco van Schalkwyk het sonder 'n betrokke pa grootgeword, en dit het baie seer in sy lewe veroorsaak. Jare later het hy voor 'n kruispad gestaan: Word hy sélf 'n onbetrokke pa, of kies hy 'n ander - maar moeiliker - pad? Jaco het gekies om te verander, om die werk te doen en te leer om 'n goeie pa te wees. Dit was egter nie die einde van sy vaderskapsreis nie, want Jaco het besef daars 'n hele ges...
Niël Scholtz: Om Weer Te Lééf Ná Jou Vrou Sterf/ Niël Scholtz: Rebuilding a Life After Losing Your Wife 05.06.2024 43:59
In minder as 'n jaar het Niël Scholtz se lewe verander. Borskanker is by sy vrou, Anica, gediagnoseer terwyl sy hoogswanger was met hulle tweede kind. Sy was maar 29 jaar oud. Die egpaar het moeilike besluite in die gesig gestaar: 'n noodkeiser, chemoterapie en 'n mastektomie. Ten spyte van hul pogings, het die kanker na haar brein versprei, en Anica is'n paar maande later oorlede. In hierdie epis...
TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Greteli de Swardt/WO Moms & a Microphone: Greteli de Swardt 29.05.2024 33:24
Die aktrise Greteli De Swardt het op 20 getrou en op 21 ma geword. Die huwelik was beplan - maar die baba was 'n verrassing! Terwyl die meeste van haar vriende dus deurnag-swotsessies of -partyjies gehou het, was Greteli soms twee uur soggens nag wakker om doeke te ruil en te borsvoed. In hierdie episode gesels Daniëlla ('n "ouer ma"...) met Greteli ('n jonger ma) oor die ervaring en uitdagings om...
Groot Emosies, Klein Lyfies: Raad vir Tantrums & Woede-uitbarstings/Big Emotions, Little People: Advice for Tantrums, Meltdowns & Outbursts 22.05.2024 39:07
Om kalm te bly terwyl jou kind se emosies buite beheer is, is een van ouerskap se groot uitdagings. En wanneer so tantrum dan nog plaasvind in 'n besige winkelsentrum, met verbygangers wat hulle tonge klik en jou sommer hardop veroordeel, voel jy dalk sommer ook lus om op die grond te gaan sit en huil! In hierdie episode help voorligtingsielkundige Fiona Doman van The Parenting Partner ons om sin...
"Mom Guilt" Is 'n Lokval. Só Klim Jy Uit/ "Mom Guilt" Is a Trap. This is How You Get Out 15.05.2024 30:16
“Mom Guilt” is orals. Dis die stemmetjie in jou kop wat sê: "Ek werk te veel en skeep my kinders af." Of dalk: "Ek gee nie genóég aandag by die werk nie.” Dis: “Ek voel sleg omdat ek wens vir tyd sonder my kinders" en "Ek moet begin oefen" of “Ek moenie elke dag oefen nie, ek moet eerder by my kinders wees.” Hierdie is ‘n episode wat die luisteraars van ’n Ma & ’n Mikrofoon self aangevra het, en d...
Hettie Brittz: 'Kweek Kinders Met Karakter' Vir 'n Nuwe Generasie Ma's/ Hettie Brittz: 'Growing Kids with Character' for a New Generation of Moms 08.05.2024 33:12
Sedert Hettie Brittz se ouerskapsboek "Kweek Kinders met Karakter" die eerste keer in 2007 gepubliseer is, het duisende kopieë verkoop en deel geword van Afrikaanse gesinne se verhaal en grootword-reis. Hettie, 'n ma van 3 (en nou ook ouma van 1!) het nou die boek opdateer en 'n nuwe weergawe is beskikbaar. Sy leer daarin dat jy jou kind werklik moet kén om hom of haar reg te kan hanteer - en dit...
TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Simoné Pretorius / TWO Moms & a Microphone: Simoné Pretorius 01.05.2024 56:06
Simoné Pretorius is 'n film-, televisie- en teateraktrise. Maar in hierdie podcast praat sy minder dáároor, en meer oor 'n ander, groter rol: dié as ma. Haar dogtertjie Harper is 'n kleuter en kleinboet James is nog net 'n paar weke oud, en Simoné gesels met Daniëlla oor die hoogtepunte, die uitdagings en die tweeledigheid van ouerskap. Ons praat oor grootword, oor miskrame, die lewe wat uit die d...
Van Deurmekaar na Agtermekaar: Kry Beheer deur te Organiseer/From Chaos to Order: How to Organise and Thrive 24.04.2024 26:24
Kinders en 'n deurmekaar huis voel al soos een en dieselfde ding. Maar dit beteken nie jy hoef in totale chaos te leef nie. Met die nodige beplanning, stelsels en spanwerk kán jy weer beheer kry oor jou huis. In dié week se episode gee Nita Newton vir Daniëlla en ander ma's raad oor hoe om (op 'n begroting!) uit te sorteer, te organiseer en weer kalmte en vrede in jou eie spasie (en sommer ook jou...
Ontmoet Die Ma Wat Kinders in Liefde Laat Sterf / Meet the Mom Who Helps Children Die with Love 17.04.2024 34:32
Byna al Tarryn Bell se kinders gaan binnekort sterf. Tarryn wéét dit - sy't hulle immers gekies. Talle is gered uit haglike omstandighede: weggegooi in bosse, agtergelaat in hospitale, of verwaarloos en mishandel in hulle ouerhuise. Verskillende ongeneeslike siektes is by hulle almal gediagnoseer, wat beteken hulle het net weke of maande oor om te leef. Nou maak Tarryn, haar man en biologiese kind...
Doen Dié 2 Dinge & Word 'n Fikse Ma/Do These 2 Things To Become a Fit Mom 10.04.2024 31:55
In dié episode het jy toegang tot jou eie persoonlike afrigter. Michelle van Zyl is 'n fiksheidskenner, "wellness coach" en ma van 'n 6-jarige dogtertjie - en sy deel met Daniëlla van die oefen- en eetgeheime wat gewoonlik vir haar kliënte beskore is. Michelle het sélf al ervaar hoe uitdagend dit kan wees om weer te begin oefen ná jy 'n kind gehad het, en sy't ook al tientalle vroue gehelp wat vir...
Wat 'n Dokter-Ma Wil Hê Jy Moet Weet/What a Doctor-Mom Wants You to Know 03.04.2024 44:21
Winter is sinoniem met siektes. Verkoues. Griep. En kinders wat net nie gesond word nie. Dr. Chantelle van der Bijl, ook bekend as Bloem MomDoc op sosiale media, gee in hierdie episode waardevolle raad. Sy gesels met Daniëlla oor onder meer: Hoe jy verkoues en griep kan voorkom en behandel Die rol van antibiotika, en hoe en wanneer om dit NIE te gebruik nie Waarom koors eintlik goed is Jou immuuns...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.