Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon

'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"!Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om...

Author

Africa Podcast Network

Category

Education

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wanneer 'n Swangerskap nie Goeie Nuus is Nie/ When a Pregnancy Isn’t Good News 12.03.2025

‘n Onverwagse swangerskap is nie altyd goeie nuus nie—veral as jy gedink het jou gesin is klaar of jy sukkel al klaar om kop bo water te hou. Karla Janse van Vuuren het op 40 tot haar skok uitgevind sy kry ‘n laatlam, en vir lank was dit iets waarmee sy gesukkel het om vrede te maak. In hierdie episode gesels sy en Daniëlla eerlik oor die emosionele wipplank van ‘n onbeplande swangerskap—van vrees...

Wat om te doen as jou kind verdwyn (BlitsPod/ What to Do When Your Child Disappears (BlitzPod) 05.03.2025

Dis elke ouer se nagmerrie —jy kyk op, en jou kind is net… weg. Of dit nou op die strand, in ‘n winkelsentrum of by ‘n fees is, jou en jou kind se reaksie in daardie eerste oomblikke kan deruslaggewend wees. In hierdie BlitsPod deel Daniëlla kort, belangrike wenke wat jy jou kind vooraf kan leer, en die onmiddellike stappe wat jy moet neem as dit wel gebeur dat jy en jou kind van mekaar geskei wor...

Jou Testament: As jy vandag sterf, wat gebeur met jou kind?/ Your Will – If You Die Today, What Happens to Your Child? 26.02.2025

Wat gebeur met jou kinders as iets met jou sou gebeur? Het jy reëlings in plek om hulle te beskerm en is jy seker al die tegniese aspekte wat jou testament betref, is soos dit moet wees? Daniëlla gesels ek met Japie Reyneke, ‘n gesoute finansiële beplanner, oor hoekom ‘n testament noodsaaklik is vir elke ouer wat hul kinders se toekoms wil verseker. Ons gaan kyk na die belangrikste aspekte van boe...

Pedofiele: Wat 'n Polisievrou Wil Hê Jy Moet Weet/ Pedophiles: What a Policewoman wants you to Know 19.02.2025

Ons dink dikwels ons sal ‘n pedofiel herken – ‘n grillerige ou man wat vir jou kind lekkergoed aanbied. Die realiteit is helaas baie meer ontstellend. Pedofiele is sportafrigters, onderwysers, mentors – 'betroubare' volwassenes wat kinders én hul ouers stadig maar seker voorberei ("groom") vir seksuele misbruik. Hulle teiken nie net dogtertjies nie: seuns, ook tienerseuns,is dikwels in hul visier....

Skrywer Jaco Jacobs oor kinderboeke, lees en ouerskap/ Children's book Author Jaco Jacobs on books, reading, and parenting 12.02.2025

In hierdie episode gesels Daniëlla met Jaco Jacobs, een van Suid-Afrika se mees geliefde kinderboekskrywers. Ons praat oor waarom jou kind moet lees en hoe ouers kinders aan die lees kan kry. Jaco deel ook sy eie ervarings as pa van twee laerskoolmeisies en verduidelik waarom hy en sy vrou so min as moontlik druk op hulle kinders sit. In this episode, Daniëlla chats with Jaco Jacobs, one of South...

Annette Botha: Van Geboortetrauma na Genesing/ Annette Botha – From Birth Trauma to Healing 05.02.2025

Ons hoor gereeld van geboorteplanne, maar wat gebeur as dit nie volgens plan verloop nie? Die meteoroloog Annette Botha deel die traumatiese gebeure tydens geboorte van haar dogter Lente—'n ervaring wat Annette byna haar eie lewe gekos het. Annette deel haar en haar man se geloofspad, wat insluit emosionele letsels, terapie en genesing. We often hear about birth plans, but what happens when things...

Reeks 2 is hier! Nuwe Gaste, Nuwe Episodes en BlitsPods. / Season 2 is Here! New Guests, New Episodes, and BlitzPods. 29.01.2025

'n Ma & 'n Mikrofoon is terug! Hierdie episode bied 'n voorskou van die onderwerpe en gaste wie se stories ons die komende weke gaan hoor. Ek deel ook opwindende nuus oor 'n benoeming vir ons podcast, en vra luisteraars se hulp en terugvoer. 'n Ma & 'n Mikrofoon is back! This episode offers a preview of the topics and guests whose stories we’ll hear in the coming weeks. I also share exciting news...

[Heruitsending] Wat 'n Dokter-Ma Wil Hê Jy Moet Weet/ [Rebroadcast] What a Doctor-Mom Wants You to Know 22.01.2025

'n Nuwe skooljaar is sinoniem met siektes. Verkoues. Griep. Koors. Dr. Chantelle van der Bijl, ook bekend as Bloem MomDoc op sosiale media, gee in hierdie episode waardevolle raad. Sy gesels met Daniëlla oor onder meer: Hoe jy verkoues en griep kan voorkom en behandel Die rol van antibiotika, en hoe en wanneer om dit NIE te gebruik nie Waarom koors eintlik goed is Jou immuunstelsel en hoe om dit g...

[Heruitsending] Boelies: Help Só Jou Kind/ [Rebroadcast] Bullies: How To Help Your Child 15.01.2025

Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.

[Heruitsending] Leer jou Kind Só om Stres te Hanteer/ {Rebroadcast} How to Teach Your Child to Manage Stress 08.01.2025

As ouers wéét ons hoe moeilik dit kan wees om te sien hoe ons kinders sukkel met spanning – hetsy weens 'n nuwe skooljaar, konflik met vriende, 'n nuwe omgewing, of selfs veranderinge in hul liggame. Dit kan ons magteloos laat voel, maar daar is dinge wat ons kan doen om hulle te ondersteun. In hierdie episode gesels die opvoedkundige profiel-ontleder Charne Lieberberg met Daniëlla en verduidelik...

[Heruitsending] Help, ek word 'n ma!/ [Rebroadcast] Help, I'm a New Mom! 01.01.2025

'n Reddingsboei vir elke nuwe mamma... Om 2025 te vier, deel ek weer die heel eerste episode van ’n Ma & ’n Mikrofoon— ideaal vir diegene wat vanjaar hul ouerskapreis begin. Of jy nou vroeg swanger is, onlangs 'n baba gehad het, of voorberei om amper jou 2025-kleintjie te verwelkom, hierdie episode is vir jou. Daardie onvergeetlike oomblik wanneer jy jou kind vir die eerste keer vashou—hetsy in 'n...

[Heruitsending] Ontmoet Die Ma Wat Kinders in Liefde Laat Sterf/ [Rebroadcast] Meet The Mom Whose 'Children' Will Die Soon 25.12.2024

Byna al Tarryn Bell se kinders gaan binnekort sterf. Tarryn wéét dit - sy't hulle immers gekies. Talle is gered uit haglike omstandighede: weggegooi in bosse, agtergelaat in hospitale, of verwaarloos en mishandel in hulle ouerhuise. Verskillende ongeneeslike siektes is by hulle almal gediagnoseer, wat beteken hulle het net weke of maande oor om te leef. Nou maak Tarryn, haar man en biologiese kind...

[Heruitsending] Word 'n Fikse Ma in 2025/ [Rebroadcast] 2 Steps to Becoming a Fit Mom – Start 2025 Strong! 18.12.2024

Skop die nuwe jaar af met jou eie persoonlike afrigter! In hierdie episode deel fiksheidskenner, "wellness coach" en ma, Michelle van Zyl, haar top oefen- en dieetgeheime met Daniëlla. Michelle weet self hoe moeilik dit kan wees om te begin oefen nadat 'n mens kinders gehad het, en sy het talle vroue al gehelp om hul fiksheidsreis te begin. Ons praat oor: Hoeveel tyd moet ek minstens afstaan aan o...

[Heruitsending] Hettie Brittz: 'Kweek Kinders Met Karakter'/ [Rebroadcast] Hettie Brittz: 'Growing Kids with Character' 11.12.2024

Sedert Hettie Brittz se ouerskapsboek "Kweek Kinders met Karakter" die eerste keer in 2007 gepubliseer is, het duisende kopieë verkoop en deel geword van Afrikaanse gesinne se verhaal en grootword-reis. Hettie, 'n ma van 3 (en nou ook ouma van 1!) het nou die boek opdateer en 'n nuwe weergawe is beskikbaar. Sy leer daarin dat jy jou kind werklik moet kén om hom of haar reg te kan hanteer - en dit...

[Heruitsending] Ontmoet die Ma van Pretoria met 12 Kinders/ [Rebroadcast] Meet the Mom from Pretoria with 12 Children 04.12.2024

Tina en Francois van Deventer van Pretoria het 12 kinders. Ja, hulle is die biologiese ouers van al 12. Ja, Tina het aan al 12 geboorte geskenk. Ja, mense gaap hulle soms aan. Nee, dit was nie altyd maklik nie - maar dit is 'n seën en 'n voorreg! Daniëlla gesels met ma Tina oor dié gesin se uitsonderlike lewe, hoe sy vir 12 kinders tuisonderrig gegee en kos gemaak het toe almal nog onder haar dak...

[Heruitsending] Vakansietyd = Skermtyd: Wat 'n Arbeidsterapeut Wil Hê Jy Moet Weet/[Rebroadcast] Holiday Time = Screen Time: What an Occupational Therapist Wants You to Know 27.11.2024

Terwyl 'n Ma & 'n Mikrofoon 'n produksiebreek neem en werk aan nuwe inhoud, deel ons weer van ons gewildste episodes. Dat skermtyd 'n rol gaan speel in jou kleuter, kind en tiener se lewe (soveel te meer tydens die vakansie) is byna onvermydelik. En hoewel amper elke ouer dit soms gebruik om ons te help om "dinge gedoen te kry", gaan dit dikwels gepaard met skuldgevoelens. In dié episode probeer o...

[Heruitsending] Waterveiligheid dié Vakansie: So Kan Jy Keer dat jou Kind Verdrink/ [Rebroadcast] Water Safety This Holiday: How to Prevent Your Child from Drowning 20.11.2024

Terwyl 'n Ma & 'n Mikrofoon 'n produksiebreek neem en werk aan nuwe inhoud, deel ons weer van ons gewildste episodes. En met die vakansie en feestyd wat voorlê is dié episode oor waterveiligheid baie belangrik. Daniëlla praat met Petro Meyer, 'n sweminstrukteur van die NSRI, oor waterveiligheid, reëls en mites. Dis ook die storie van Suzanne Smit, en haar dogtertjie wat verdrink het. Suzanne het h...

Episode 40: "'n Goeie Ma": Ons Vier 'n Jaar van 'n Ma & 'n Mikrofoon!/ Episode 40: "A Good Mom": Celebrating a Year of 'n Ma & 'n Mikrofoon! 13.11.2024

In die laaste episode van Seisoen 1 van 'n Ma & 'n Mikrofoon, vier ons 'n jaar van ouerskap, ondersteuning, raad en inspirasie. Hierdie platform is nou 'n wêreldwye Afrikaanse "kuber-netwerk" van ma's wat hulle stories ekom deel het. Sluit by ons aan vir 'n oorsig van die podcast se hoogtepunte van die afgelope 40 episodes, waar ons terugkyk na van die beste raad en mees emosionele oomblikke saam...

Anneen Henze: Die Hart van 'n #Momtrepreneur/ Anneen Henze: The Heart of a #Momtrepreneur 06.11.2024

Anneen Henze het al 'n lang pad gestap as #momtrepreneur—eers as klere-ontwerper met 'n gewilde swangerskapsreeks agter haar naam. Nou het sy 'n nuwe reis aangepak, toe sy die webblad The Mom Archive begin het. The Mom Archive is "Suid-Afrika se eerste omvattende aanlyngids en gemeenskapsplatform wat ontwerp is om ouerskap en ma-wees te vereenvoudig." Maar hierdie is nie nét 'n gesprek oor besighe...

Ons 330 dae in NICU: Gebore op 25 weke & 440 gram/ Our 330 Days in the NICU: Born at 25 Weeks & 440 Grams 30.10.2024

Mari Botha se dogtertjie, Ruaché, het net 440 gram geweeg toe sy op 25 weke gebore is. Wat gevolg het, was 330 dae in die neonatale eenheid (NICU), terwyl Mari sélf vir haar eie lewe moes veg, omdat haar niere ingegee het. In hierdie episode vertel sy vir Daniëlla wat sy as preemie-mamma geleer het, deel sy raad vir ander ouers met kinders in NICU, en vertel van die uitdagende pad wat hulle gestap...

Nageboorte Depressie: Die eerlike gesprek wat luisteraars wou hoor / Postpartum Depression: The Episode You Asked For 23.10.2024

Hierdie episode is die gevolg van talle boodskappe versoeke van luisteraars van 'n Ma & 'n Mikrofoon. Nageboorte depressie. Post-partum depressie. Méér as net "baby blues" - en meer algemeen as wat ons almal besef. En ten spyte daarvan dat dit so baie van ons raak, steeds nie iets waaroor ons graag praat nie. Maar in dié episode praat Daniëlla en kliniese sielkundige Gerda Kriel wél sonder skroom....

Leer jou Kind Só om Stres te Hanteer/ How to Teach Your Child to Manage Stress 16.10.2024

As ouers wéét ons hoe moeilik dit kan wees om te sien hoe ons kinders sukkel met spanning – hetsy weens eksamens, konflik met vriende, 'n nuwe omgewing, of selfs veranderinge in hul liggame. Dit kan ons magteloos laat voel, maar daar is dinge wat ons kan doen om hulle te ondersteun. In hierdie episode gesels die opvoedkundige profiel-ontleder Charne Lieberberg met Daniëlla en verduidelik hoe kinde...

Borskanker: Wat Elke Ma Moet Weet/ Breast Cancer: What Every Mom Should Know 09.10.2024

Borskanker word al hoe meer by jonger vroue, in hulle twintigs en dertigs, gediagnoseer. Vir hierdie Borskankerbewustheidsmaand deel dr. Heleen Hanekom, self 'n ma, haar kennis met ma's in eenvoudige, verstaanbare taal. Heleen is 'n radioloog in Pretoria met 'n groot passie vir borsradiologie (mammogramme, ensovoorts) en borskankerbewustheid. Sy leer ons hoe om 'n vinnige tuistoets te doen, wannee...

Episode 34: Borskanker: Só Het Ek My Kinders Vertel/ Episode 34: Breast Cancer: How I Told My Children 02.10.2024

Borskanker is op 37 by Lydia van der Kooy gediagnoseer. "Van die oomblik wat die chirurg dit vir my gesê het, was dit asof kanker in elke liewe sel van my liggaam gaan sit," vertel sy in dié episode. Lydia deel met Daniëlla en luisteraars haar kanker-storie van die afgelope twee jaar: hoe sy dit vir haar vier seuns vertel het, die chemo-proses beleef het en mense se vrae hanteer het. Maar sy verte...

Swanger ná 13 rondtes IVF/ Pregnant after 13 rounds of IVF 25.09.2024

Christa-Marie du Toit is swanger met haar tweede kind ná 13 rondtes IVF. Sy het haar eerste kind gehad na 6 rondtes UVF. Sy ken maar alte goed die emosionele wipwarit van maand na maand, jaar na jaar se wag en hoop. Hoop dat die swangerskapstoets dié keer positief sal wees. Sy wéét hoe uitmergelend dit kan wees vir 'n vrou se lyf; en hoe dit selfs die sterkste huwelik kan toets - om nie te praat v...

Listen to the 'n Ma & 'n Mikrofoon podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.