Africa Podcast Network
'n Ma & 'n Mikrofoon
'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"!Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om...
Author
Africa Podcast Network
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 8, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ontmoet die ma van 'n gesin met dwergisme/ Meet the mom of a family of little people 08.07.2026 20:22
Die Lowes van Middelburg trek dikwels aandag wanneer hulle as gesin op uitstappies gaan. Hoewel ma Rika van gemiddelde lengte is, is haar man, Stephen, en hul drie kinders almal kort. Dit was nie altyd maklik vir Abigail (15), Khloe (14) en Izak (12) om met dwergisme groot te word nie, maar hul ouers het hulle geleer om hulle nie aan opmerkings of boelies te steur nie. Daniëlla gesels met Rika oor...
Jo Black: "Wat elke pa moet hoor"/ Jo Black: "Wat elke pa moet hoor" 24.06.2026 30:59
Daar is duisende mense in die skare by sy vertonings. Maar vir Jo Black is daar net drie wat régtig saak maak: sy vrou en twee dogters. In hierdie Vadersdagmaand-episode van 'n Ma & 'n Mikrofoon gesels Daniëlla en Jo oor die hart van 'n pa. Jo deel hoe sy "rowwe lewe" gehelp het om die man en pa wat hy vandag is, te vorm, en vertel van die talle uitdagings wat hy en sy vrou, Debbie, al op hul ouer...
Joey Evans: Die pa wat die onmoontlike vermag het/ Joey Evans: The Dad Who Achieved the Impossible 10.06.2026 43:45
Joey Evans was pa van vier jong dogtertjies toe 'n ernstige ongeluk sy lewe onherroeplik verander het. Die prognose was verpletterend, maar Joey het geweier om sy storie daar te laat eindig — en wat daarna gebeur het, klink byna onmoontlik. In hierdie Vadersdagmaand gesels hy met Daniëlla oor terugslae, manlikheid, die liefde van 'n gesin en wat dit wérklik beteken om 'n pa te wees. Joey Evans was...
Die geheim van tieners grootmaak/ The secret to raising teenagers 27.05.2026 38:09
“Los jou tiener bietjie uit!” Omstrede woorde, maar dis presies wat Stefanie Minnar van “Ouer Tiener Harmonie” in hierdie episode vir ouers sê. Sy vertel vir Daniëlla hoekom tieners MOET leer om onafhanklik te wees, hul eie besluite te neem en selfs groot foute te maak, sodat hulle eendag die nes suksesvol kan verlaat. Stefanie deel praktiese raad oor dinge wat ouers sommer vandag nog moet ophou d...
Tienerma vertel: “Ek was 15… en swanger” / Teen Mom Shares: “I Was 15… and Pregnant” 13.05.2026 24:06
In 2019 het Junandi Meyer ’n brief aan die tydskrif Baba & Kleuter geskryf. Sy was net 15 jaar oud… en swanger. “Ek is dalk jonger as die ander ma’s,” het sy geskryf, “maar my opgewondenheid is net so groot soos hulle s’n. Ek verdien ook om ’n ma te wees, ten spyte van my fout.” Sewe jaar later het Daniëlla vir Junandi opgespoor om uit te vind wat ná daardie lewensveranderende oomblik gebeur het....
Wat 'n chiropraktisyn wil hê elke ma moet weet/ What a chiropractor wants every mom to know 29.04.2026 27:04
Swangerskap is veeleisend op 'n vrou se liggaam - geen wonder dat dit soms met allerlei skete en kwale gepaardgaan nie! In dié episode gesels Daniëlla met chiropraktisyn dr. Michelle Beech Cloete oor hoe 'n mamma reeds voor geboorte is kan omsien na haar spier- en skeletale stelsel - veral die ruggraat. Ons praat ook oor hoe klein babatjies met koliek en ander skete gehelp kan word, en wanneer dit...
"My kind se lewe was nie verniet nie” – Ma ná vroedvrou se skuldigbevinding / “My child’s life was not in vain” – A mom speaks after midwife’s conviction 15.04.2026 49:54
Sy het haar vroedvrou vertrou… en haar baba verloor. Ná jare se wag is Yolande Maritz-Fouchee nou op 14 aanklagte skuldig bevind. Alysia Von Kloëg-Scholtz se seuntjie, Noah, is net nege dae oud oorlede ná sy by haar geboorte geskenk het. In hierdie gesprek deel sy met Daniëlla presies wat gebeur het - en hoekom sy glo haar kind se lewe het 'n doel gehad. She trusted her midwife… and lost her baby....
Die hart van ’n plaasvrou en -ma/ The heart of a farm woman and mom 01.04.2026 35:49
Om ’n plaasvrou te wees, verg krag. Om boonop ’n ma én plaasvrou te wees, verg 'n SUPERKRAG! Gelukkig is Suid-Afrika vol van sulke vroue: ma’s wat elke dag saam met hul mans boer, kinders grootmaak en help om ’n plaas aan die gang te hou. In dié episode gesels Daniëlla met Deidré Viljoen van Plaas & Vrou oor die unieke uitdagings van boerdery en die moeilike besluite wat ma’s op plase soms moet ne...
Wat elke ouer van AI en Chatbots moet weet/ What every parent should know about AI and chatbots 18.03.2026 34:51
Kinders en tieners spandeer al hoe meer tyd met AI (Kunsmatige Intelligensie) apps wat met hulle terugpraat – van "huiswerk helpers" TOT chatbots wat soos “vriende” kan voel. Hierdie skuif van sosiale media na persoonlike interaksie met 'n AI bied geleenthede, maar ook nuwe risiko’s: kinders kan maklik persoonlike inligting deel, grense kan vervaag en AI kan selfs onvanpaste of skadelike advies ge...
Gemolesteer as kind - nou help ek ander ouers die tekens raaksien - Annemarie Gillmer 04.03.2026 40:56
Annemarie Gillmer was maar 11 jaar oud toe 'n man, wat sy en haar ouers geken en vertrou het, haar vir jare begin "groom" (seksueel voorberei) het. Hy was 30 jaar ouer as sy. Sy het hom oom genoem. Dit het dekades geneem om die trauma te verwerk, maar Annemarie (wat intussen self 'n ma geword het) deel nou haar storie om ander ouers te bemagtig en in te lig. Dié episode is 'n moet-luister vir elke...
Ouerskap en prestasie: Die fyn lyn tussen motivering en druk / Parenting and Performance: The Fine Line Between Motivation and Pressure 18.02.2026 34:26
Alle ouers wil die beste vir hul kinders hê... maar soms plaas ons, sonder dat ons dit besef, druk op hulle wat meer skade as goed doen. Wanneer sport, kultuur en akademie oorweldigend begin voel, hoe help ons kinders om hul potensiaal te bereik sonder om hul vreugde en selfvertroue te verloor? In hierdie episode gesels Daniëlla met opvoedkundige sielkundige Hennie Vorster oor hoe ouers balans kan...
Donnalee Roberts: Een Keer Om die Son in 2026!/ Donnalee Roberts: Actress. Writer. Producer. Mom. 04.02.2026 46:17
Aktrise Donnalee Roberts is ook as skrywer en vervaardiger betrokke by die treffer-familiereeks Een Keer Om die Son, waarvan die tweede reeks tans op kykNET te sien is. Maar terwyl sy op die skerm ’n geskeide vrou vertolk wat nié kinders wil hê nie, lyk die realiteit by haar eie huis heel anders: Sy's getroud met Ivan Botha (ook in die vermaakbedryf), ma van twee besige voorskoolse seuntjies, én b...
SaffaMamma: “Ek wil my kinders kaalvoet en Afrikaans grootmaak”/ SaffaMamma: “I want to raise my children barefoot and in South Africa” 12.12.2025 42:08
en Afrikaans grootmaak” Sy het meer as 100 000 getroue volgelinge op TikTok -en met goeie rede: SaffaMamma is eerlik, eg, onopgesmuk en bitter snaaks! Vandag kuier sy saam met Daniëlla agter die mikrofoon. Ons gesels oor babas kry tydens lockdown, oor die isolasie daarna, en oor die terugkeer huis toe ná jare oorsee. Ons lag oor die lekker van Suid-Afrika en Afrikaans-wees, en praat ’n bietjie die...
Wat ’n Tuisskool-Ma Wil Hê Jy Moet Weet (met Janet Kieswetter)/ What a Homeschool Mom Wants You to Know (with Janet Kieswetter) 26.11.2025 34:25
Hoe gemaak as 'n hoofstroomskool nie vir jou kind werk nie? Of as jy bloot jou kinders tuis by jou wil hê? Janet Kieswetter het die tuisskoolpad saam met haar vyf dogters gestap, en help nou ook ander ouers wat dit wil doen deur haar platform "Kieswetter Klaskamer". Tuisskool is nie vir almal nie, en dit hoef ook nie te wees nie. Maar elke ouer wat al kopgekrap het wanneer hulle moet help met huis...
Jou dogter en sosiale media: Wat ’n tiener wil hê jy moet weet/ Your Daughter and Social Media: What a Teenager Wants You to Know 19.11.2025 52:03
Dit het heel onskuldig begin toe Carli van Aswegen (15) “fitfluencers” en “foodies” op sosiale media begin volg het. Maar kort voor lank was Carli obsessief oor kos, haar gewig en wat sy eet. Sy het, byna ongemerk, ’n eetsteurnis ontwikkel – een wat glad nie lyk soos die “tipiese” anoreksie of bulimie nie. In hierdie episode gesels Daniëlla met Carli, haar ma Nantie, asook dokter Reza Gouws, oor i...
Wilmien Davin – Vyf Jaar ná die Kalahari-brandtragedie/ Wilmien Davin – Five Years After the Kalahari Fire Tragedy 12.11.2025 40:37
Vyf jaar gelede het die land gerou saam met die drie gesinne wat hul geliefdes in die Kalahari-brandtragedie verloor het. Wilmien Davin en haar seuntjie Ben (toe net 15 maande oud) was onder die drie wat oorleef het – maar haar man en twee oudste kinders is in die vlamme dood. In hierdie aangrypende gesprek vertel Wilmien hoe die Here haar en Ben deur die donkerste nag en die 5 jaar daarna gedra h...
Wat 'n vierling se ma wil hê jy moet weet/ What a quadruplet-mom wants you to know 05.11.2025 46:02
Marié Janse van Rensburg het gedink sy verwag één baba – ’n kleinboet of -sus vir haar dogtertjie by die huis. Toe kom die nuus: dis ’n vierling! (En dit, glo dit of nie, sonder enige vrugbaarheidsbehandeling.) Marié sê vandag sy wéét sy is uitgekies om ’n meerling-ma te wees. In hierdie eerlike en inspirerende gesprek deel sy hoe sy deur die jare van min slaap, baie chaos en duisende doeke gekom...
As Oupa of Ouma Sterf/ When Grandpa or Grandma Dies 29.10.2025 32:57
In baie gesinne is oupas en oumas ankers. Maar wat maak ons wanneer daardie anker wegval? Hoe verduidelik ’n mens aan jou kind dat iemand wat hulle liefhet nie meer hier is nie? En hóé ondersteun jy jou kind terwyl jy self rou? In hierdie gesprek gesels Daniëlla met kliniese sielkundige Maryna Ferreira oor verlies: spesifiek wanneer ’n oupa of ouma sterf. Ons praat oor rou, kinders se verskillende...
Vroedmeester Sydney Grové: Wat Jy oor Geboorte Moet Weet!/ Midwife Sydney Grové: What You Need to Know About Birth! 22.10.2025 42:27
Sydney Grové was Suid-Afrika se heel eerste vroedmeester – ja, ’n manlike vroedvrou! Hy het ook die land se eerste watergeboortes behartig en was betrokke by meer as 25 000 geboortes. In dié besondere episode deel Sydney sy dekades se kennis met Daniëlla en ons luisteraars. Hy vertel hoe hy as kind reeds geweet het dis sy roeping om by geboorteversorging betrokke te wees – en hoe hy deur die jare...
Ouerskap se Geheime Wapen! (Verstaan jouself… verstaan jou kind)/ Parenting’s Secret Weapon! (Understand yourself… understand your child) 15.10.2025 30:33
As jy nie mal is oor kinderpartyjies of om langs jou kind op die mat te sit en speel nie… is jy nie ’n slegte ouer nie! Dit pas dalk net nie by jou sensoriese styl nie. In dié episode gesels Daniëlla met arbeidsterapeut Elrika Beukes oor hoe ons brein inligting verwerk en sy deel praktiese strategieë om jouself (en sodoende jou kind) beter te verstaan. Is jy die boom se blare, die bas of die worte...
Money With Carla – Wat elke ouer oor beleggings moet weet/ Money With Carla – What Every Parent Should Know About Investing 08.10.2025 41:22
Jou kind se peperduur verjaarsdaggeskenke waarmee hulle oor ’n maand nie meer gaan speel nie… kon hulle dalk eendag ’n miljoenêr maak as jy dit net reg belê het. In hierdie gesprek gesels Daniella met Carla Venter van Money with Carla oor wat dit regtig beteken om vir jou kinders se toekoms te belê, en hoekom beleggings nie net vir ryk mense of finansiële kenners is nie. Carla waarsku ook teen sca...
Is Sleep Training 'n Vloekwoord? / Is Sleep Training a Dirty Word? 01.10.2025 42:55
Hoe jy geboorte gee… of jy borsvoed of nie… en “sleep training”. Dit is drie van die mees omstrede onderwerpe wat elke nuwe ma moet leer navigeer. Opinies is volop, maar feite is skaars. In hierdie episode gesels Daniëlla met Melissa Bierman, ’n ervare slaapafrigter van Good Night Baby, oor die uitdagings en realiteite van slaapopleiding vir babas en ouers. Melissa deel praktiese wenke oor ’n geso...
Marciel Hopkins-Lourens: 'Ek kies om positief oor ma-wees te praat'/ Marciel Hopkins-Lourens: I Choose Positivity in Motherhood 24.09.2025 39:08
Marciel Hopkins-Lourens se “vierde trimester” loop byna ten einde, saam met die viering van hulle seuntjie Halki se eerste drie maande as deel van die gesin. In hierdie episode gesels sy met Daniëlla oor die newborn bubble wat nou agter die rug is, en die nuwe mylpale wat voorlê: vir haar baba, vir haarself as ma, én vir haar loopbaan as TV-aanbieder, model, aktrise en lewensafrigter. Marciel deel...
Lizanne du Plessis: Maak 'n Kopskuif oor Dissipline / Lizanne du Plessis: Rethinking Discipline 17.09.2025 46:35
Dissipline kan maklik voel soos een van die moeilikste dele van ouerskap. Met soveel ouerskap style daar buite ("gentle!" "permissive!", "authoritative!") is dit nie vreemd dat ouers onseker voel oor watter benadering die “regte” een is nie. In hierdie episode gesels Daniëlla met arbeidsterapeut Lizanne du Plessis van "Doelgerigte Ouerskap" oor wat dissipline eintlik beteken. Ons verken hoekom dit...
Hoe Ouerskap jou Sekslewe Verander (En Wat Om Daaroor Te Doen)/ How Parenthood Chnages Your Sex Life (And What to Do About It) 10.09.2025 32:06
Jou sekslewe verander ná kinders – en dit is heeltemal normaal! September is die bewustheidsmaand van Seksuele Gesondheid en in hierdie episode gesels Daniëlla met kenner Karen Bester van Lamelle oor hoe ouerskap en selfs peri-menopouse jou intimiteit en libido kan beïnvloed. Ons praat eerlik oor die dinge wat niemand jou dalk al vertel het oor hormone nie, gee praktiese wenke en deel hoe jy geson...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.