Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon

'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"!Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om...

Author

Africa Podcast Network

Category

Education

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Om jou Baba te Verloor: Genesing ná Swangerskapsverlies/ Losing Your Baby: Healing After Pregnancy Loss 03.09.2025

Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.

Jou Gesin & Geld: Waarom Suid-Afrikaners Nie Kan Spaar Nie/ Jou Gesin & Geld: Waarom Suid-Afrikaners Nie Kan Spaar Nie 27.08.2025

Hoekom is ons land so sleg as dit kom by spaar – en wat beteken dit vir ons gesinne? In hierdie episode gesels Daniëlla met finansiële raadgewer én pa van drie, Leon-Ben Lamprecht, oor die groot geldgewoontes wat Suid-Afrikaners terughou. Ons praat oor skuld, die druk om “ryk te lyk,” en hoekom dit só belangrik is om vroeg al met ons kinders oor geld te gesels. Leon-Ben deel praktiese wenke vir ou...

Suid-Afrikaners Oorsee: 'Waarom ons in die VSA wil bly'/ South Africans Abroad: 'Why We Want to Stay in the USA' 20.08.2025

In hierdie episode gesels Daniëlla met Wanya Du Preez, wat saam met haar gesin al byna ’n dekade in die VSA woon. Sy deel die uitdagings van aanpassing aan ’n nuwe kultuur, die belang van familie en vriendskappe, en hoe gemeenskap en geloof hulle deur moeilike tye gedra het. Ons praat oor die verskille tussen Suid-Afrika en Amerika – van veiligheid en geleenthede, tot die kos en tradisies wat sy n...

Waarom Ons Terugkom Suid-Afrika Toe Ná Emigrasie / Why We Returned to South Africa After Emigrating 13.08.2025

Dink jy daaraan om jou tasse te pak en oorsee te gaan? In hierdie gesprek gesels Daniëlla met Lenique Hutten, wat saam met haar gesin ’n paar jaar in Nederland gewoon het – en toe besluit het om terug te keer na Suid-Afrika. Ons praat oor die uitdagings van emigrasie, die aanpassing aan ’n nuwe kultuur, die impak op kinders se skool- en sosiale lewe, en hoe verlange na familie en ’n gevoel van "be...

Die Grootste Leuens oor Borsvoeding (Wat ’n Vroedvrou Wil Hê Jy moet Weet)/ The Biggest Lies About Breastfeeding (That a Midwife Wants You to Know) 06.08.2025

Die Grootste Leuens oor Borsvoeding (Wat ’n Vroedvrou Wil Hê Jy moet Weet) Dit is borsvoedingsweek – en hierdie week se episode lê my besonders na aan die hart. Nie net omdat borsvoeding vir soveel ma’s belangrik én uitdagend is nie, maar ook omdat ons heel eerste gas ooit, Katinka Lategan, weer saamgesels. In haar terugkeer na die mikrofoon deel Katinka, ’n ervare vroedvrou, haar diepgaande kenni...

Jean-Marié Stander: Waarom ek op 35 'n Histerektomie gekry het / Jean-Marié Stander: Why I Had a Hysterectomy at 35 30.07.2025

Op 35 is Jean-Marié Stander al deur talle storms: 'n Pad met infertiliteit, IVF, die verlies van haar suster, 'n diagnose van adenomiose en 'n histerektomie. In dié episode gesels Daniëlla met Jean-Marié daaroor, maar ook oor die vreugdes in haar lewe: Om die ma van een kind te wees en hoe draf haar terapie geword het. Dis ’n gesprek oor liggaam en gees, oor aanhou beweeg (letterlik én figuurlik)...

Helen Zille: 'Ma-wees was die moeilikste ding wat ek ooit moes doen' / Helen Zille: “Being a mom was the hardest thing I’ve ever had to do” 23.07.2025

Om leier van die land se opposisie te wees, was moeilik. Om 'n ma te word, was moeiliker. In dié episode gesels Daniëlla met Helen Zille, wat as ystervrou van Suid-Afrikaanse politiek beskou word. Sy vra Zille (74) egter nie uit oor die RNE, verkiesings of selfs die DA* nie - maar eerder oor haar haar reis as ma, ouma, skoonma, en dogter. Helen Zille vertel ons van haar ervaring met nageboorte-dep...

Stukkende Huwelik, Heel Kind – Help jou kind Só deur ’n Egskeiding/ Broken Marriage, Whole Child – How to Help Your Child Through a Divorce 16.07.2025

’n Egskeiding beteken nie noodwendig ’n gebroke kind nie. Maar dit kan seermaak – en daarom moet ouers weet hóé om kinders deur hierdie moeilike tyd te help. In hierdie episode gesels Daniëlla met gaste Mariaan Prins (opvoedkundige sielkundige) en Marli Lerm ( prokureur) oor hoe egskeiding kinders beïnvloed, watter foute ouers dikwels maak, en waarom ’n ouerskapsplan (parenting plan) en profession...

RSV, Varkgriep & Hand-Voet-en-Mondsiekte: Wat Jy Moet Weet/ RSV, Swine Flu & Hand, Foot and Mouth Disease – What You Need to Know 09.07.2025

Dis die drie siektes wat jou kind nou blykbaar om elke hoek en draai kan aansteek: hand-voet-en-mondsiekte, RSV en varkgriep. In hierdie episode gesels Daniëlla met kinderdokter dr. Marlé van der Merwe oor hoe ouers dié virusse vinnig kan herken, hoe dit versprei, en wanneer jy regtig moet bekommerd wees. Wat jy in dié episode gaan hoor: *Wanneer is griep net griep – en wanneer is dit varkgriep? *...

Ma Waarsku: My Kind Sterf Amper Toe Hy Magnete Insluk/ A Mom's Warning: My Child Nearly Died After Swallowing Magnets 02.07.2025

Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.

Lindie Strydom: Wat ek wens ek as jonger ma geweet het / Lindie Strydom: What I Wish I Knew as a Younger Mom 25.06.2025

Die jare tussen 18 maande en 18 jaar oud vlieg vinniger verby as wat enige ma sou kon droom. Lindie Strydom – geliefde spreker, aktrise en ma van drie– praat in dié episode met Daniëlla oor die lesse wat sy geleer het as ma van een volwassenes en twee skoolverlaters. Lindie deel openhartig wat sy geleer het uit haar eie foute en vreugdes – van teleurstellings in die tienerjare, tot die noodsaaklik...

Ivor Swartz – Van Verlore Seun tot Betrokke Pa/ Ivor Swartz – From a Lost Son to a Present Father 18.06.2025

Ivor Swartz se kinderdae-herinneringe aan Vadersdag is nie gevul met vreugde nie. Hy het sy pa op drie verloor, as jong man ses jaar in die tronk deurgebring nadat hy sy broer doodgemaak het, en hy het lank swaar gedra aan die diep wonde van ’n lewe sonder ’n teenwoordige pa. Ivor deel met Daniëlla lesse oor sy eie onlangse reis as ouer – om te werk deur die seer van die verlede, en te leer hoe om...

Chrissie Adriaanse: Ná Spina Bifida-diagnose was niks ooit weer dieselfde / Chrissie Adriaanse – Spina Bifida Changed Our Lives Forever 11.06.2025

By haar 18 weke swangerskapskandering, het Chrissie Adriaanse gehoop om haar baba se geslag uit te vind. Sy het egter ook gehoor hulle seuntjie gaan Spina Bifida hê. Haar lewe het daardie oomblik onherroepelik verander. Sy praat met Daniëlla oor hoe hulle deur die diagnose, die operasies en die daaglikse uitdagings gekom het – en hoe klein Elian en sy sprankelende persoonlikheid almal aanhou verra...

Jóú droom as ma? Bereik dit só! / Your Dream as a Mom? Here’s How to Reach It! 04.06.2025

Vandag se episode is ’n MOET-luister vir elke ma met ’n droom – of jy dit al reeds najaag, of opsy geskuif en vergeet het. Daniëlla gesels met by Emma van der Merwe – ultra-marathon atleet en ma van twee wat bewys dis moontlik om moeg én gemotiveerd te wees… en steeds nie tou op te gooi nie! In hierdie episode praat ons oor: •Waarom ouerskap nie die einde van jou eie droom hoef te wees nie •Wat om...

Die Moelikste Grade –Ondersteun Jou Kind deur Oorgangsfases op Skool/ The Toughest Grades – Supporting Your Child Through School Transitions 28.05.2025

Elke fase van jou kind se skoolloopbaan bring nuwe uitdagings. Van die oorgang na formele onderrig, die sprong van Graad 3 na Graad 4, tot die groot skuif hoërskool toe...hierdie veranderinge kan oorweldigend wees vir kinders… en vir hul ouers. In hierdie episode gesels Daniëlla met arbeidsterapeut Yolanda Grobler van Raising Brightness oor die ontwikkelings- en emosionele impak van hierdie sleute...

TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Demi-Leigh Tebow/ TWO Moms & a Microphone: Demi-Leigh Tebow 21.05.2025

Agt jaar gelede was sy Mej. Suid-Afrika – nou is sy Demi-Leigh Tebow, voormalige Mej. Heelal, getroud met Tim Tebow en binnekort ’n mamma! In hierdie episode gesels Daniëlla met Demi-Leigh oor haar swangerskap, haar lewe in die VSA en hoe sy haarself voorberei op dié nuwe hoofstuk. Eight years ago, she was Miss South Africa – now she’s Demi-Leigh Tebow, former Miss Universe, married to Tim Tebow,...

Shéri & Susette Brynard: Die Krag van 'n Ma Wat Glo/ Shéri & Susette Brynard: The Power of a Mother Who Believes 14.05.2025

Wat as ander sê jou kind is ‘n fout? Dat jy eerder moes aborteer het? Dat jy haar moet wegsteek en vergeet? Dis wat Susette Brynard moes hoor toe haar dogtertjie, Shéri, met Down-sindroom gebore is. Maar sy het gekies om nie te glo wat ander sê nie – sy het gekies om in haar kind te glo. Vandag is Shéri Brynard (43) ’n internasionale spreker, ’n inspirerende vrou met ’n tersiêre kwalifikasie – en...

Die Leë Nes: Wat Elke Ma MOET Weet/ The Heart of an Empty-Nest Mom 07.05.2025

hierdie episode is vir elke ouer wat al gehoor het: "Jy gaan jou oë knip en hulle is groot." Dis 'n werklikheid wat vinniger aanbreek as wat ons dink — en dan sit jy skielik in 'n stil huis, met 'n hart vol herinneringe en ‘n kind wat honderde kilometers weg is. Daniëlla gesels met Susan Lombaard, wie se dogter onlangs die huis verlaat het, oor die emosionele reis van die leë nes-fase. Susan deel...

Tradisies: Die Geheim van Gelukkige Gesinne/ Traditions – The Secret to Happy Families 30.04.2025

Wil jy jou gesin se band versterk en spesiale herinneringe skep? In hierdie episode gesels ons oor hoe eenvoudige gesinstradisies ’n groot verskil kan maak—sonder dat dit tydrowend of duur hoef te wees. Felicia Snyman Du Toit vertel hoe hulle kreatiewe "Tuesday Theme Nights" gehelp het om 'n sterk nuwe gesin te vorm; en Daniëlla deel nog 'n paar praktiese, eenvoudige idees vir gesinstradisies wat...

Shani Little: Blindheid en Borskanker Breek My Nie / Shani Little: The Mom who Doesn't Let Blindness and Breast Cancer Break Her 23.04.2025

Sy was 'n prem-baba, blind van geboorte af en ‘n enkelma op ‘n jong ouderdom. Later in Shani Little se lewe het sy boonop gesukkel om swanger te word - en toe dit eindelik gebeur, kry sy ook ‘n borskankerdiagnose. Shani is egter gelouter deur die vuur in haar lewe – en in hierdie episode deel sy haar storie van ma- en vrouwees met Daniëlla. * Hierdie inspirerende gesprek is nou ook op YouTube besk...

Ma én Dogter met Outisme: "Dis ons Superkrag!" / Mom and Daughter with Autism – It’s Our Superpower! 16.04.2025

Outisme, ADHD en neurodiversiteit raak talle ouers. Onsekerheid, vrees en selfs woede is van die emosies wat met 'n diagnose kan gepaardgaan. Daniëlla gesels met Nellie van der Walt en haar dogter, Nina, wat beide outisme het. Die 16-jarige Nina is op 9 gediagnoseer, maar Nellie het eers as volwassene besef sy is self op die neurodiversiteit-spektrum. Hulle gee raad vir ander ouers uit die oogpunt...

Doeke & Broeke: Wat 'n Uroloog wil Hê Jy Moet Weet/ Nappies & Undies: What a Urologist Wants You to Know 09.04.2025

Hier’s ’n episode wat jy nie wil mis nie – selfs al klink "blaasgesondheid" nie juis soos 'n lekkerluister-onderwerp nie! In dié belangrike gesprek met Dr Farzana Cassim, een van Suid-Afrika se voorste uroloë en uro-ginekoloë, leer ons hoe om goed vir jou én jou kind se blaas te sorg. Wat gebeur met ’n vrou se blaas ná geboorte – en hoe jy dit kan versterk of probleme voorkom Wanneer kinders reg i...

Swanger & Sterk – 3 Wenke vir ’n Gesonde Ma & Baba (BlitsPod) / Pregnant & Strong – 3 Tips for a Healthy Mom & Baby (BlitsPod) 02.04.2025

Swangerskap eis baie van jou liggaam, maar met die regte benadering kan jy sterk en gesond bly – vir jouself én jou baba. In hierdie BlitsPod gesels Daniëlla met Annéke da Silva, ’n spesialis in pre- en postnatale fiksheid. Sy deel drie wenke vir diegene wat reeds swanger is of in die toekoms swanger wil word. Van veilige oefening tot gesonde eetgewoontes, hier is eenvoudige, praktiese raad vir ’...

Alzheimer's & Dimensie: As Jou Ma Jou Begin Vergeet/ Alzheimer's & Dementia: When Your Mom Starts to Forget You 26.03.2025

Wat as jou eie ma jou nie meer herken nie? Dit is die realiteit vir Karin Hand, ‘n ma van twee jong kinders, wie se ma met Alzheimer's leef. Karin vergelyk die siekte met ‘n kluisenaarskrap wat haar ma stukkie vir stukkie uit haar eie dop druk. In hierdie episode gesels Daniëlla met Karin oor die emosionele tol wat dit eis, hoe sy haar ma se nuwe werklikheid aanvaar, en hoe sy balans probeer vind...

Sosiale Media & Jou Kind: Waarom Al Meer Ouers NEE sê/ Social Media & Your Child: Why More Parents Are Saying NO 19.03.2025

Steel jy 'n deel van jou kind se onskuld wanneer jy hulle toegang gee tot sosiale media? In hierdie episode gesels Daniëlla met Nica Maree van SFC -SA (Smartphone Free Childhood SA) oor die emosionele impak van slimfone en sosiale media op kinders. Ons kyk na navorsing, praktiese wenke en die balans tussen tegnologie en ‘n gesonde kinderjare. Addisionele Hulpbronne: https://www.sfc-sa.co.za/ https...

Listen to the 'n Ma & 'n Mikrofoon podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.