Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon

'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"!Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om...

Author

Africa Podcast Network

Category

Education

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Sarina Bosman / TWO moms & a Microphone: Sarina Bosman 20.03.2024

Kom kuier in hierdie episode saam met Daniëlla en Sarina Bosman - ma van 'n woelige seuntjie met nog een op pad, radio-aanbieder en fiksheidsfanatikus. Ons gesels oor geboorte"planne" wat nié volgens plan verloop nie, kraamverlof, borsvoeding en melk (probeer)  express op kantoor, en hoe om steeds vir jou verhouding tyd te maak met 'n besige kleutertjie wat heeltyd ook tyd en aandag opeis. Sarina...

Speel jou Kind Genoeg? / Does Your Child Play Enough? 13.03.2024

Episode 6 Speel jou Kind Genoeg? Speel is nie sommer net kinderspeletjies nie!  Deur speletjies leer kinders meer van hulleself, mekaar en sommer ook hoe die wêreld werk. Dis ouers se werk om seker te maak ons kinders bly kinders, en die beste manier om dit te doen is om seker te maak hulle speel genoeg. In hierdie episode gesels Daniëlla met Marezelda Combrinck oor hoe jy betekenisvol met jou kin...

Ontmoet die Ma van Pretoria met 12 Kinders /Meet the Mom from Pretoria with 12 Children 06.03.2024

Tina en Francois van Deventer van Pretoria het 12 kinders. Ja, hulle is die biologiese ouers van al 12. Ja, Tina het aan al 12 geboorte geskenk. Ja, mense gaap hulle soms aan. Nee, dit was nie altyd maklik nie - maar dit is 'n seën en 'n voorreg! Daniëlla gesels met ma Tina oor dié gesin se uitsonderlike lewe, hoe sy vir 12 kinders tuisonderrig gegee en kos gemaak het toe almal nog onder haar dak...

Hoe om met jou kind oor seks te praat / How to talk to your child about sex 28.02.2024

Hierdie episode bevat inligting wat jy dalk nie wil hoor nie, maar wat jy moet  hoor: Die kans is goed dat jou kind al teen graad 6 aan pornografie blootgestel sal wees - waarskynlik op 'n ander kind se foon by die skool. As jy wag tot dan om met jou kind oor seks te praat, is dit te laat. Só sê Marita Rademeyer, 'n kliniese sielkundige van Pretoria wat veral met kinders en seksuele blootstelling...

Infertiliteit, Jou Geestesgesondheid & Jou Huwelik/Infertility, Your Mental Health and Your Marriage 21.02.2024

Behandeling vir onvrugbaarheid, soos IVF, plaas baie druk op verhoudings. Dis dikwels selfs die oorsaak van egskeidings. Om te hoor dat jy nie net "maklik" 'n kind sal kan verwek nie, is 'n diep emosionele ervaring en kan ook lei tot angs, depressie, eetversteurings en lae selfvertroue. In hierdie episode van 'n Ma & 'n Mikrofoon gesels Daniëlla van Heerden met Lizanne van Waart, 'n sielkundige en...

Boelies: Redes, tekens en Oplossings/Reasons, Signs, and Solutions 14.02.2024

Redes, tekens en Oplossings Boelies en bullebakke neem verskeie vorme aan. Dalk word jou laerskoolkind gespot oor haar voorkoms. Jou seun word miskien geslaan elke pouse - en hy wil nie met jou daaroor praat nie, want hy kry skaam. Jou tiener sien moontlik daagliks aaklige kommentaar op hulle sosiale media-plasings. Of jy word ingeroep deur die skool en hoor die skoknuus: "Jou kind is die boelie"....

Help, ek is 'n nuwe ma!/Help, I'm a new mom! 09.01.2024

Dis drie uur die oggend. Jou week oue baba hou nie op huil nie - jy het al alles probeer. Jou man is vas aan die slaap. Jy wonder: "Wat het my besiel? Hoe gaan ek hierdie kind kan grootmaak?" Vir 'n Ma & 'n Mikrofoon  se heel eerste episode, begin ons by die heel begin van 'n ma en haar kind se reis. Daardie oomblik wat jy die eerste keer daardie bondeltjie vashou - JOU kind. In die hospitaalteate...

Listen to the 'n Ma & 'n Mikrofoon podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.