Maroela Media

Wêreldwys met Jaco Kleynhans

News AF ↓ 94 episodes

Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak."Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.

Author

Maroela Media

Category

News

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jun 19, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wêreldwys | Handelsoorlog aan die kern van globale magstryd | Ep. 43 11.04.2025

Wêreldwys | Handelsoorlog aan die kern van globale magstryd | Ep. 43

Wêreldwys | Ou diplomasie uitgedien in ’n komplekse wêreld Ep. 42 03.04.2025

In die jongste aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Alida Kok, dosent in politiek aan Akademia, oor die manier waarop diplomasie oor die afgelope dekades verander het. ou modelle van diplomasie is nie meer voldoen nie. In hierdie werklikheid is dit nodig om ʼn nuwe balans te vind tussen dialoog en druk. Om hierdie balans te vind en strategies te kan toepas, is wat groepe op dié komple...

Wêreldwys | SA kán verhouding met VSA regruk, as... | Ep. 41 26.03.2025

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Pollak oor die verhouding tussen SA en die VSA en wat nodig is om dit reg te ruk. Joel Pollak is ʼn senior redakteur by Breitbart in Los Angeles in die VSA. Breitbart is een van die grootste en mees invloedryke bronne van konserwatiewe, alternatiewe media in Amerika.

Wêreldwys | Die jaar van geopolitieke herskikking | Ep. 40 20.03.2025

In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys gesels ons oor hoe Trump die globale herskikking van magte versnel en hoe lande soos China, Indië, Iran, Rusland, verskeie Europese reuse soos Duitsland en andere hierop reageer en wat dit vir die toekoms inhou.

Wêreldwys | Europa staan koud teenoor vrede in Oekraïne | Ep. 39 14.03.2025

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met die bekende Nederlandse joernalis en skrywer Wierd Duk wat ook ’n kenner is van Rusland, waar hy self 12 jaar lank gewoon het. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die VSA ’n sterk militêre teenwoordigheid in Europa. Europese lande het oor die afgelope paar dekades stelselmatig hulle militêre begrotings besnoei tot op ’n punt waar...

Wêreldwys | SA weer laer, maar Afrikaners hoog op Trump se agenda | Ep. 38 06.03.2025

Wat sê ʼn sterk staatsrede van pres. Donald Trump oor die rigting waarin Amerika op pad is en hoe dit Suid-Afrika kan beïnvloed – veral in die lig van die feit dat Trump nie eers na Suid-Afrika in sy staatsrede verwys het nie.

Wêreldwys | Solidariteit Beweging se boodskap val op vrugbare grond in Washington | Ep. 37 27.02.2025

Die Solidariteit Beweging lê tans besoek af aan die VSA te midde van ingrypende politieke veranderinge die afgelope paar weke. Hierdie besoek is nie net ʼn reaksie op die gebeure in die Trump-administrasie nie, maar ook ʼn poging om ʼn nuwe bewusmaking van Afrikaners in Amerika te vestig. In hierdie week van Wêreldwys bespreek ons die doel van die besoek asook hoe Afrikaners in Washington ontvang wor...

Wêreldwys | SA-weermag verdoem tot mislukking in die DRK | Ep. 36 21.02.2025

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met militêre kenner prof. Abel Esterhuyse oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se teenwoordigheid in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) wat toenemend bevraagteken moet word. Operasioneel sukkel ons magte om enige betekenisvolle impak te maak, deels weens onsekere doelwitte en ʼn skreiende tekort aan strategiese leiding.

Wêreldwys | Trump gewild ten spyte van globale onvergenoegdheid | Ep. 35 13.02.2025

Die Westerse wêreld verkeer jare lank reeds in ʼn reuse-leierskapskrisis met die meerderheid staatshoofde in Westerse lande wat ongewild is en swak mandate van hul kiesers het. Dit blyk of daar in die grootste dele van die Weste groot politieke onvergenoegdheid onder kiesers bestaan, met swak leiers wat nie vermoënd of gewillig is om te doen wat hul kiesers van hulle verwag nie.

Wêreldwys | Selfs oorlog het reëls | Ep. 34 07.02.2025

Die wêreld waarin ons vandag leef, is deurspek met oorloë op elke kontinent – vanaf internasionale konflikte, streekskonflikte en verskeie komplekse burgeroorloë. Selfs oorloë en konflik het egter reëls waaraan dit moet voldoen en beperkinge waarbinne dit moet geskied. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Martie Bradley, spesialis in internasionale reg en internasionale...

Wêreldwys | Man op ‘n missie in ‘n deurmekaar wêreld | Ep. 33 30.01.2025

Donald Trump het tydens sy eerste tien dae in die Withuis met selfvertroue, fokus en ʼn duidelike missie weggespring, en hy het reeds reusehervormings van die federale regering, Amerika se immigrasiebeleid, ekonomiese beleid en selfs buitelandse beleid begin implementeer. Gaan Trump in sy doelwitte slaag? Gaan hy die Amerikaners se steun behou? Ons bespreek dit alles in hierdie week se uitgawe van...

Wêreldwys | Trump gaan Washington DC op sy kop keer | Ep. 32 22.01.2025

In hierdie week se episode van Wêreldwys ontleed ons die gebeure wat tot Trump se verkiesing gelei het, wat ons van die nuwe Trump-regering kan verwag, sy kabinetaanstellings en die wyse waarop Trump sy party en die VSA die afgelope paar jaar verander het.

Wêreldwys | 2024 se wêreldgebeure in oënskou | Ep. 31 18.12.2024

2024 was die jaar van verkiesings. Meer as die helfte van die wêreldbevolking het vanjaar aan ʼn verkiesing deelgeneem, wat beteken groot politieke veranderinge was aan die orde van die dag. In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar, gesels ons met dr. Heinrich Matthee oor die wyse waarop die wêreld in 2024 verander het. Wêreldwys | 2024 se wêreldgebeure in oënskou | Ep. 31

Wêreldwys | Die Trump-protes teen ‘wokeness’ | Ep. 30 11.12.2024

Donald Trump se historiese oorwinning in vanjaar se verkiesing was terugskouend ʼn harde protesstem teen ʼn woke Amerikaanse politiek, ver verwyder van die mense op grondvlak. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Koos Malan om die vraag te probeer beantwoord – is dit vir Amerika moontlik om in die lig van hierdie protes ʼn herlewing van die Westerse beskawing in te lei? Wê...

Wêreldwys | Die Trump-administrasie vs. die diepstaat | Ep. 29 05.12.2024

Trump se tweede termyn as Amerikaanse president gaan reuseveranderinge vir Amerika inhou, maar ook vir globale handel en internasionale magsverhoudinge. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons oor die belangrikste kwessies wat ons tydens die tweede Trump-termyn moet dophou. Wêreldwys | Die Trump-administrasie vs. die diepstaat | Ep. 29

Wêreldwys | Die val van beskawings | Ep. 28 27.11.2024

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met dr. Ernst Roets oor die krisis waarin die Westerse beskawing verkeer – die dubbele krisis van skuld (guilt) en skuld (debt). Geen ander beskawing dra dié swaar eksistensiële las nie, omdat net die Weste hulself hierteen meet. Wêreldwys | Die val van beskawings | Ep. 28

Wêreldwys | Die wêreld se oë is op Washington DC | Ep. 27 21.11.2024

Met Trump in die Withuis en die Republikeine wat in 2025 beide huise van die Amerikaanse kongres sal beheer, lê ’n onseker tyd ryk aan geleenthede en risiko’s voor. Hoe moet die privaat sektor, politieke partye en die burgerlike samelewing hierop reageer? Dit is van die vrae wat in hierdie week se episode van Wêreldwys onder die loep geneem word. Wêreldwys | Die wêreld se oë is op Washington DC |...

Wêreldwys | Texas vertel die verhaal van Amerika | Ep. 26 13.11.2024

Ons kyk in nog 'n spesiale aflewering van Wêreldwys spesifiek na Texas en ontleed dié deelstaat se rol in die verkiesing, met spesifieke klem op onwettige immigrasie. Die grens tussen Texas en Mexiko word besoek, sowel as plattelandse dorpe wat al hoe armer word, die dorp Uvalde waar daar meer as twee jaar gelede ’n bloedige skietvoorval by ’n laerskool was, en natuurlik die hoofstad van Texas, Au...

Wêreldwys | Trump stoomroller Harris in historiese oorwinning | Ep. 25 07.11.2024

In hierdie spesiale uitsending van Wêreldwys vanuit die VSA, bespreek ons hoe Trump hierdie oorwinning behaal het. Wat het gemaak dat gewone Amerikaners deur die geraas in die media gekyk en uiteindelik in hul miljoene vir Trump gestem het? Wat hou dit vir die toekoms van die Republikeinse Party spesifiek, Amerika in die algemeen en uiteindelik ook die wêreldpolitiek in? Wêreldwys | Trump stoomrol...

Wêreldwys | Afrika: Die kontinent van risiko’s en geleenthede | Ep. 24 01.11.2024

In hierdie week se episode van Wêreldwys doen ons saam met dr. Jakkie Cilliers ʼn deeglike ontleding van die probleme op die Afrika-kontinent, die oorsake daarvan en wat nodig is om uiteindelik meer Afrika-lande op ʼn pad van sukses te plaas. Wêreldwys | Afrika: Die kontinent van risiko’s en geleenthede | Ep. 24

Wêreldwys | In ʼn wêreld vol krisisse is Afrika steeds die siekste kind | Ep. 23 23.10.2024

In hierdie week se episode gee ons ʼn inleiding tot die huidige uitdagings op die Afrika-kontinent. Is Afrika en die meeste van die kontinent se 54 lande tot mislukking gedoem of is daar ligpunte? Ons bespreek die afgelope tien jaar se agteruitgang in demokrasie en die toename in konflik en oorloë op die kontinent. Wêreldwys | In ʼn wêreld vol krisisse is Afrika steeds die siekste kind | Ep. 23

Wêreldwys | Leef die land van die Amerikaanse droom nog? | Ep. 22 15.10.2024

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, oor sy waarnemings in Amerika na aanleiding van ʼn onlangse besoek aan die VSA, asook oor die hernude debatte, veral onder konserwatiewe denkers, oor die toekoms van die Weste. Wêreldwys | Leef die land van die Amerikaanse droom nog? | Ep. 22

Wêreldwys | Gelykop stryd tussen Trump en Harris | Ep. 21 09.10.2024

In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys doen ons ’n in diepte ontleding van die Amerikaanse verkiesingsveldtog. Die nuutste peilings, die posisie van swaaistate, die werking van die kieskollege en moontlike scenario’s wat kan uitspeel, word bespreek. Hierdie week se uitgawe kan dien as ’n gids vir persone wat op die verkiesingsveldtog wil fokus en veral op die oggend van 6 November die uitslae wi...

Wêreldwys | Oostenryk skop ook vas teen massa-immigrasie | Ep. 20 03.10.2024

In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek ons die verkiesing in Oostenryk en hoe dit dié land, maar ook die res van Europa, kan raak. Die regs-populistiese en sterk anti-immigrasieparty, die Vryheidsparty van Oostenryk, het verlede week vir die eerste keer sedert die party se oprigting in die laat 1950’s eerste in ʼn federale verkiesing geëindig. Wêreldwys | Oostenryk skop ook vas teen mass...

Ep. 18 | Vrye markte en die verromantisering van sosialisme 25.09.2024

Daar is wêreldwyd ʼn duidelike korrelasie tussen die vryheid van ekonomieë en die welvaart wat in samelewings geskep word. Ons gesels in hierdie episode met Martin van Staden van die Vryemarkstigting oor globale tendense en persepsies oor die voordele van vrye markte en eiendomsreg. Ep. 18 | Elf maande van trauma in Israel

Listen to the Wêreldwys met Jaco Kleynhans podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.