Maroela Media
Wêreldwys met Jaco Kleynhans
Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak."Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ep. 19 | Vrye markte en die verromantisering van sosialisme 25.09.2024 0:13
Daar is wêreldwyd ʼn duidelike korrelasie tussen die vryheid van ekonomieë en die welvaart wat in samelewings geskep word. Ons gesels in hierdie episode met Martin van Staden van die Vryemarkstigting oor globale tendense en persepsies oor die voordele van vrye markte en eiendomsreg. Ep. 19 | Vrye markte en die verromantisering van sosialisme
Ep. 18 | Elf maande van trauma in Israel 18.09.2024 35:11
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Ilze oor haar ervaring as ’n buitestander in Jerusalem met spesifieke klem op die afgelope paar maande se gebeure. Sy vertel ook meer oor die verhaal van sommige van die gyselaars en hulle families, en mense se daaglikse vrese. Ep. 18 | Elf maande van trauma in Israel
Ep. 17 | Amerika die verloorder in Trump-Harris-debat 12.09.2024 43:45
In die aanloop tot die debat was dit duidelik dat Harris se wittebroodsdae verby is en dat die stryd tussen haar en Trump weer kop aan kop verloop. In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys bespreek ons die aanloop tot die debat, die hoogtepunte en laagtepunte van die debat en wat elke kandidaat reggekry en nie reggekry het nie. Ep. 17 | Amerika die verloorder in Trump-Harris-debat
Ep. 16 | Landbou toenemend speelbal in globale politiek 05.09.2024 46:08
In hierdie week se episode van Wêreldwys praat ons oor die internasionale landboubedryf, politiek wat landbou raak, en hoe dit op Suid-Afrika en ons boere inspeel. Dr. Theo de Jager, voorsitter van SAAI en ’n bekende internasionale landbouleier, is in die ateljee om oor hierdie en ander belangrike kwessies te praat. Ep. 16 | Landbou toenemend speelbal in globale politiek
Ep. 15 | Die afsterwe en herlewing van die Weste 27.08.2024 34:13
Ons bespreek in hierdie week se episode van Wêreldwys die reuse-immigrantekrisis in Europa en wat nodig is om dit op te los. Ons gaan terug na die 15de eeu en die Italiaanse Renaissance en die noodsaak vir ’n kultuur- en identiteitsherlewing in Europa. Ep. 15 | Die afsterwe en herlewing van die Weste
Ep. 14 | Oorlog verdiep met Oekraïne wat Rusland binneval 22.08.2024 30:33
Op 6 Augustus vanjaar was dit die eerste keer sedert 1941 dat ʼn buitelandse weermag Rusland binnegeval het toe Oekraïne ʼn verrassingsaanval op die Koersk-streek in Rusland uitgevoer het. Was dit ʼn strategiese slim skuif of is dit ʼn gevaarlike stap wat die oorlog verder kan laat verdiep? Dit is van die vrae wat ons in hierdie week se episode van Wêreldwys probeer beantwoord. Ep. 14 | Oorlog verdiep...
Ep. 13 | Kiesers is omgekrap van Asië en Suid-Amerika tot VSA en Europa 13.08.2024 41:47
Die afgelope tyd se opstande in Brittanje bevestig dat politieke geweld nie net tot armer lande soos Bangladesj en Venezuela beperk is nie. Volg hierdie interessante gesprek in vandeesweek se aflewering van Wêreldwys. Ep. 13 | Kiesers is omgekrap van Asië en Suid Amerika tot VSA en Europa
Ep. 12 | Kanse al groter vir ʼn Midde-Oosterse streeksoorlog 08.08.2024 28:54
Sedert Hamas se aanval verlede Oktober op Israel en die daaropvolgende oorlog in die Gaza-strook pak groter oorlogswolke vanuit verskeie hoeke om Israel saam. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons oor die gebeure in die Midde-Ooste en die kanse vir ʼn groter oorlog. Ep. 12 | Kanse al groter vir ʼn Midde-Oosterse streeksoorlog
Ep. 11 | Daar is nog hoop vir Wes-Europa 31.07.2024 31:43
Die verlies aan identiteit in Westerse samelewings is die afgelope paar jaar deeglik geboekstaaf. Die onlangse openingseremonie van die Olimpiese Spele het die reuseverlies aan identiteit en selfs die aanslag op die Christelike grondslag van die Weste bevestig. Ep. 11 | Daar is nog hoop vir Wes-Europa
Ep. 10 | Onsekerheid ná politieke chaos in die VSA 25.07.2024 35:51
Wat beteken Biden se val, die sluipmoordaanval op Trump, Vance se kandidatuur en Harris, wat nou die Demokrate se presidentskandidaat is, vir Amerika? Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir antwoorde op hierdie en ander vrae. Ep. 10 | Onsekerheid ná politieke chaos in die VSA
Ep. 9 | SA moet fyn trap te midde van nuwe globale spanning 16.07.2024 37:46
Na aanleiding van verlede week se Navo-beraad in die Amerikaanse hoofstad en die toenemende spanning tussen die Weste aan die een kant en Rusland en China aan die ander kant, word die vraag gevra of Suid-Afrika se huidige buitelandse beleid in diens van die mense van die land staan. Ep. 9 | SA moet fyn trap te midde van nuwe globale spanning
Ep. 8 | Drie verkiesings met globale gevolge 10.07.2024 44:28
Hoe moet ons die uitslae van Frankryk, Brittanje en Iran se verkiesings interpreteer? In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys bespreek ons al die belangrike vrae oor hierdie en ander internasionale nuusgebeure. Ep. 8 | Drie verkiesings met globale gevolge
Ep. 7 | Willem van Oranje, Napoleon en die toekoms van Nederland en Frankryk 04.07.2024 44:24
n hierdie week se Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met bekende Nederlandse joernalis Wierd Duk oor belangrike politieke verwikkelinge in Nederland en Frankryk. Ep. 7 | Willem van Oranje, Napoleon en die toekoms van Nederland en Frankryk
Ep. 6 | Onder oorlogswolke probeer Hongarye vrede bewaar 27.06.2024 37:38
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met 'n Hongaar wat in Suid-Afrika grootgeword het oor Hongarye, Orbán, die onlangse verkiesings in Europa en hoe dit Hongarye raak. Ep. 6 | Onder oorlogswolke probeer Hongarye vrede bewaar
Ep. 5 | Nuwe regering moet SA se ekonomiese belange uitbou 21.06.2024 51:10
Prof. Koos Malan gesels saam oor die huidige persepsies van Suid-Afrika in die buiteland en hoe dié land beter bande kan smee om uiteindelik buitelandse beleggings te verhoog en groter handelsgeleenthede te ontsluit. Ep. 5 | Nuwe regering moet SA se ekonomiese belange uitbou
Ep. 4 | Regse partye groei, maar min kan verander 13.06.2024 49:56
Tendense in Europese beleid kan wêreldwyd gevolge hê. Daarom word hierdie week se hele program aan ʼn ontleding van die Europese verkiesing gewy, in gesprek met CW Burgers en Álvaro Peñas. Ep. 4 | Regse partye groei, maar min kan verander
Ep. 3 | Lesse vir die Weste uit Nederland en Suid-Tirool 05.06.2024 49:58
Suid-Tirool het ʼn band met die Afrikaner wat tot die Tweede Vryheidsoorlog terug strek. Daarmee saam is die model van outonomiteit wat Suid-Tirool oor dekades verkry het ʼn voorbeeld vir ander gebiede in Europa, maar ook die res van die wêreld. Ep. 3 | Lesse vir die Weste uit Nederland en Suid-Tirool
Ep. 2 | Belgiese verkiesings gaan oor veel meer as net die staat 31.05.2024 35:38
In die tweede episode van Wêreldwys gesels ons met een van die voorste Belgiese grondwetkenners, Frank Judo, oor die geskiedenis van die Belgiese staat, hoe federalisme in België ontwikkel het en wat ná volgende week se verkiesing verwag kan word. Ep. 2 | Belgiese verkiesings gaan oor veel meer as net die staat
Ep. 1 | Nuwe podsending oor buitelandse nuus 26.05.2024 47:04
Om weekliks internasionale nuusgebeure te bespreek en te ontleed, stel Maroela Media hierdie week die nuwe podsending, “Wêreldwys”, bekend, wat deur Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, aangebied word. Ep. 1 | Nuwe podsending oor buitelandse nuus
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.