100.5FM Radio Laeveld
100.5fm Nuus Klankgreep
Gaan kyk gerus by http://www.radiolaeveld.co.za/nuus-radio-laeveld-100-5fm.html vir meer konteks in verband met die nuusklankgrepe van uit die Laeveld in Mpumalanga.
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 9, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Amaculo Drakie Sonskyntoer arriveer in Mpumalanga 09.07.2026 7:24
Die Drakensberg Seunskoor is op toer in die Laeveld en Mpumalanga. Hendrik Bekker gesels met die Middag Game Drive oor hul vertonings. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Pumas soek tuis halfeind in SA Beker 05.05.2026 9:46
Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs een ronde oor. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle veg nou vir ‘n tuis halfeindstryd. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Krane in Barberton-area loop droog 12.02.2026 12:50
Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Callum Makiti met pannekoek 28.01.2026 8:02
Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Senteeko-dam nougekeurig gemonitor 23.01.2026 5:19
Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
R3,5 miljard se vloedskade in Mpumalanga aangerig 23.01.2026 8:41
Mpumalanga het na raming R3,5 miljard se skade gely tydens die onlangse oorstromings. Cogta se Freddy Ngobe gesels met ons. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Kanselleer jou wildtuin-besoek 14.01.2026 5:00
Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit 12.01.2026 4:06
Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Nuwe album vir Kris Ray 12.01.2026 7:15
Kris Ray het Vrydag 'n nuwe album vrygestel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie 11.12.2025 7:13
Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Harcourts help jou voorberei om eiendom te koop 11.09.2025 18:19
Harcourts haal enige kompleksiteit uit die koop van 'n eiendom. Boet Nothnagel bespreek die koop- en registrasieproses met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns 27.08.2025 10:34
Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Aphelele Fassi verwag fisiese kragmeting teen Georgië 17.07.2025 1:59
Die Springbokke speel Saterdag 'n toets teen Georgië by Mbombela-stadion. Heelagter Aphelele Fassi deel sy verwagtinge. Die afskop by Mbombela-stadion is Saterdag om 17:10 en kaartjies is slegs beskikbaar by Ticketmaster. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Kwagga trots op Marnus vir toetsbuiging 16.07.2025 4:12
Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak. Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en Georgië het sterk spelers so dit is uitstekende voorbereiding vir die Rugby Kampioenskap. 100.5FM Radio Laeveld Nu...
LDV rules 24.06.2025 0:26
Wees op die uitkyk vir ons nuwe wiele, trots moontlik gemaak deur LDV. Neil Barker, die bemarkingsbestuurder, het kom inloer in die ateljee. Neels het voorheen die geleentheid gehad om met 'n LDV rond te rits vir 'n week. Hy vertel van die ervaring. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Derde massavergiftiging aangemeld in/naby Kruger 19.05.2025 9:37
Nog 102 aasvoëls is vergiftig ontdek - hierdie keer in Lionspruit. VULPRO se Kerri Wolter sê dit is die derde soortgelyke voorval in die Krugerwildtuin-area en dit lyk nie asof dit vir muthi gedoen word nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Mindwalker spesialiseer in gedrag 16.05.2025 20:11
Die metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
NHS- se landlopers presteer 18.04.2025 15:23
Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Robs wen eerste Track & Field 17.04.2025 13:42
Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
'Drag races' bekommer inwoners toenemend 14.04.2025 9:58
Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Dis hoe ons rol in die Laeveld 14.04.2025 10:25
Cobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
AHEI: Wat is dit 11.04.2025 9:54
Harvard dink nou dat 30 jaar se navorsing aandui dat die Alternative Healthy Eating Index die beste is om te verseker jy word gesond oud. Voedingkundige Anntonette Roux verduidelik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Crux is die Paasfees terug 10.04.2025 13:00
Die volledige Crux-produksie, uit die pen van Lizaan Barnard, is hierdie Paasfees weer in Mbombela te sien. Sy kuier in die ateljee saam met Klasie Botha en Julia Burger. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Nuwe reëls beplan vir sekuriteit se vuurwapens 09.04.2025 20:47
Omstrede nuwe konsepregulasies oor die besit en gebruik van vuurwapens deur die sekerheidsbedryf is verlede week gepubliseer. Frank Swanepoel van FPS Sekuriteit verduidelik die impak wat die regulasies op die publiek se veiligheid sal hê. Die publiek het tot 25 April om kommentaar daaroor te lewer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Alba Vorster borrel oor van talent 04.04.2025 10:03
Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.