100.5FM Radio Laeveld

100.5fm Nuus Klankgreep

News AF ↓ 159 episodes

Gaan kyk gerus by http://www.radiolaeveld.co.za/nuus-radio-laeveld-100-5fm.html vir meer konteks in verband met die nuusklankgrepe van uit die Laeveld in Mpumalanga.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.radiolaeveld.co.za

Author

100.5FM Radio Laeveld

Category

News

Podcast website

www.radiolaeveld.co.za

Latest episode

Oct 29, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 10M+ downloads · 4.7+ rating iOS soon

Episodes

Mindwalker spesialiseer in gedrag 16.05.2025

Die metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

NHS- se landlopers presteer 18.04.2025

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Robs wen eerste Track & Field 17.04.2025

Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

'Drag races' bekommer inwoners toenemend 14.04.2025

Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Dis hoe ons rol in die Laeveld 14.04.2025

Cobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

AHEI: Wat is dit 11.04.2025

Harvard dink nou dat 30 jaar se navorsing aandui dat die Alternative Healthy Eating Index die beste is om te verseker jy word gesond oud. Voedingkundige Anntonette Roux verduidelik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Crux is die Paasfees terug 10.04.2025

Die volledige Crux-produksie, uit die pen van Lizaan Barnard, is hierdie Paasfees weer in Mbombela te sien. Sy kuier in die ateljee saam met Klasie Botha en Julia Burger. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Nuwe reëls beplan vir sekuriteit se vuurwapens 09.04.2025

Omstrede nuwe konsepregulasies oor die besit en gebruik van vuurwapens deur die sekerheidsbedryf is verlede week gepubliseer. Frank Swanepoel van FPS Sekuriteit verduidelik die impak wat die regulasies op die publiek se veiligheid sal hê. Die publiek het tot 25 April om kommentaar daaroor te lewer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Alba Vorster borrel oor van talent 04.04.2025

Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm 01.04.2025

Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Jimmy lig sluier oor professionele rugby 01.04.2025

Die hoofafrigter van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, raak filosofies oor dié sport saam met Neels Kemp tydens Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Fedsas: Fokus op digitale brug eerder as skeiding 25.03.2025

Riaan van der Bergh, adjunkhoof van Fedsas en bestuurder van sy Sentrum vir Tegnologie, gesels oor die toekoms en moontlikhede wat tegnologie en KI in die onderwys bied. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Cure Day Hospitaal: vinniger, warmer en kindervriendelik 19.03.2025

Die Cure Day hospitaalgroep het onlangs na die Laeveld uitgebrei. Bert von Wielligh en Sorita van Tonder gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Friends of Chimp Eden maak korte mette van verval 18.03.2025

Die Friends of Chimp Eden is aan die einde van 2024 tot stand gebring om Chimp Eden te help om sy fasiliteite weer tops te kry en dit het soete vrugte afgewerp. Sarah Koster kuier in die ateljee. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Blinde potjiekos is terug 12.03.2025

Die Mpumalanga Blind Skills Development Hub groei met rasse skrede. Ter ondersteuning is jy genooi om saam te kom potjiekos maak. Prince Ngema, Zandré Pelser en Fanie Msiza kuier in die ateljee. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Pumas begin SA Beker goed 12.03.2025

Die Airlink Pumas is na die eerste ronde van die SA Beker weens hul punteverskil van 68 eerste bo-aan die punteleer. Hulle het Vrydag met 75-7 oor die Phangela SWD Arende geseëvier by Mbombela-stadion. Hulle speel Saterdag weg teen die Oostelike Provinsie in Gqeberha en die naweek daarna weer tuis teen die Toyota Cheetahs. Ruwellyn Isbell, die kondisioneringsafrigter, en spanbestuurder, Sam Sikiwe...

Anton Goosen vier 50 jaar in musiek 11.03.2025

Anton Goosen vier vanjaar 50 jaar in die musiekbedryf. Hy gesels met Amanda oor sy loopbaan voor musiek (in die onderwys) en sy jongste vrystelling "Tik Tok (die ballade van Klasie Frik van Staden)". 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Mesmaker deel geheime 10.03.2025

Sarel Naude maak die mooiste messe. Hy gesels met Charles oor sy stokperdjie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

DA: Premier het geen planne, slegs leë beloftes 06.03.2025

Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, se provinsiale rede Vrydag was besonder teleurstellend. Bosman Grobler van die DA sê opposisiepartye stem saam dat hulle graag wil sien hy kry dinge gedoen. Hy het eerder ou beloftes herhaal en doelwitte aangekondig sonder 'n plan oor hoe om hulle te bereik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Pastoor in oënskynlike sluipmoord doodgeskiet 06.03.2025

'n Prominente pastoor is gisteraand op die R536 in Cork Trust tussen Mkhuhlu en die Krugerwildtuin in ‘n oënskynlike sluipmoord doodgeskiet. Doktor Ezrom Mathumbu is as ‘n bekende radiopersoonlikheid, politikus en sakeman beskryf. Volgens die Mpumalanga polisie is hy verskeie kere geskiet terwyl hy in sy Toyota GD-6 bakkie gery het. Niks is gesteel nie. Patroondoppies van ‘n jaggeweer is op die to...

Sekerheidsbaas vas wat glo vals misdaad aanmeld 05.03.2025

‘n 53-jarige eienaar en direkteur van ‘n sekerheidsmaatskappy verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van meineed en die aanmeld van ‘n vals misdaad. Hy is gister in Mbombela gearresteer weens bewerings dat hy dosyne vuurwapens, insluitende jaggewere en pistole, aan 'n ander sekuriteitsmaatskappy verkoop het en hulle toe as gesteel aangemeld het. Die polisiewoordvoerder in Mpumala...

WWIC rus vroue toe 04.03.2025

Women Warriors in Christ (WWIC) gaan al 13 jaar van krag tot krag. Die stigter, Chanel Bezuidenhout, vertel wat hulle vir vanjaar beplan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

KLCBT hou sake konferensie 04.03.2025

Die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme bied in Mei die eerste Laeveld Sake Konferensie aan. Die uitvoerende beampte, Linda Grimbeek, sê mense ontwaak uiteindelik na die Covid-pandemie en in ‘n vinnig veranderende wêreld moet ondernemings in die globale spasie oorleef. Sy sê daar is baie te leer oor hoe om die uniekheid van die Laeveld tot jou voordeel te gebruik, kommunikasie en hoe interna...

NHS nou in A-bond van Super Interhoër 03.03.2025

Hoërskool Nelspruit (NHS) het verlede week die B-bond by die NWU Super Interhoër gewen. Dit beteken in 2026 neem hulle in die A-bond deel. NHS was vanjaar ook die wenner van 100.5FM se Blêrbeker die week van die Laeveld Interhoër. Jana Hattingh en Anika Cilliers gesels met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Malaria hier? Hoekom? Kenner verduidelik 28.02.2025

Die voorkoms van malaria is volgens sommige medici besig om 'n terugkeer te maak na Witrivier, waar dit grootliks uitgeroei was. Schalk Schoeman, 'n entomoloog, verduidelik hoe muskiete werk. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Listen to the 100.5fm Nuus Klankgreep podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.