100.5FM Radio Laeveld
100.5fm Nuus Klankgreep
Gaan kyk gerus by http://www.radiolaeveld.co.za/nuus-radio-laeveld-100-5fm.html vir meer konteks in verband met die nuusklankgrepe van uit die Laeveld in Mpumalanga.
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 9, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Beplan volgens wat jy weet, sê ekonoom 18.02.2025 10:56
Die Ekonoom Dawie Roodt was een van die gassrepekers by die AmberMac Ekspo wat verlede week aangebied is. Hy sê 'n sakeonderneming kan nie landsbeleid bepaal nie, maar jy kan daarvolgens beplan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
50 jaar rekord in visier met 50 jaar reünie 18.02.2025 8:04
50 jaar gelede het Marna de Villiers (nou Van der Burgh) by die Interhoër-atletiekbyeenkoms die o/19 200 m in ‘n rekord tyd van 24,80 s gewen. Vanjaar vind die Inter weer by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier plaas en Marna se alma mater, Hoërskool Barberton, hou reünie. Hannes Davel vertel wat hulle alles beplan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Nocore genomineer vir Fiësta 14.02.2025 7:35
Walter Fourie van die Nocore Ensemble kuier in die ateljee want die groep is genomineer vir 'n Fiesta-toekenning vir hul vertoning by Innibos 2024. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
PSA: Vakbond vergader oor uitdagings 12.02.2025 12:19
Staatsdienswerkers in Mpumalanga ervaar uitermatige uitdagings by hul werksplekke, sê Flip van der Walt van die PSA gesels met Kies Koers. Dit na Mbombela verlede week kragtoevoer na gebou afgesny het weens wanbetaling en voortdurende uitdagings by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
'Nuwe' CEO vir KLCBT 12.02.2025 8:13
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) is uiteindelik formeel for uitvoerende beampte bevorder. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Karel trap diep spore in Laeveld 10.02.2025 17:22
Die legendariese Karel de Beer is 'n plant en boomkenner. Hy het tydens Saterdag Ontbyt by Charles kom kuier. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Beleef die LDV T60 07.02.2025 19:26
Sonop Ontbyt se Neels Kemp bestuur die afgelope twee weke die LDV T60 van SAIC Motors en dit was 'n ongelooflike ervaring. Hy gesels daaroor met Martin Hodgkinson van Nel Auto. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
GRIP veg om deure oop te hou met verlies aan Pepfar-fondse 03.02.2025 10:36
Die Greater Rape Intervention Programme (GRIP) is een van die vele plaaslike organisasies wat baie negatief geraak ord deur die bevriesing van befondsing van die VSA president se noodplan vir Vigs-verligting (PEPFAR) wat geïmplementeer word deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkelingprogram (USAID). Tarryn Lokotsch van GRIP gesels met Kies Koers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Transnet sekertheidswag gevonnis vir kabeldiefstal 29.01.2025 0:34
Die Ermelo-streekhof het Goodwill Zwelethini Dlamini (39) tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur wat aan Transnet behoort en vir die diefstal van yster- en nie-ysterhoudende metaal. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, was Dlamini aangestel as veiligheidsbeampte by Isidingo Sekuriteit, wa...
Voetspore 14 speel af in Suid-Amerika 29.01.2025 11:32
Die gewilde reisprogram "Voetspore" is volgende maand terug op die kassie met 'n nuwe reeks wat in Suid-Amerika geskiet is. Johan Badenhorst, die vervaardiger, gesels met Kies Koers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
DA teiken kontrakteur weens swak werk 29.01.2025 0:32
Die DA in Mpumalanga gaan vrae aan Thulasizwe Thomo, die LUR vir Openbare Werke, Paaie en Vervoer, rig om te verduidelik hoekom sy departement aanhou om tenders aan Sizampilo Construction Projects toe te ken. Volgens Teboho Sekaledi, ’n DA-LPW, sluit dit die bou van HOP-huise en skoolopknappings in. Hy sê die maatskappy het 'n twyfelagtige rekord, maar het die afgelope jare 'n aansienlike aantal t...
Twee verdagtes aangekeer na 51 Putco busse in Mpumalanga brand 29.01.2025 0:24
Die polisie in Mpumalanga het gisteraand twee verdagtes aangekeer in verband met die brandstigting Maandagaand van 51 Putco busse in die Nkangala-distrik. Volgens die polisie het ‘n groep gewapende aanvallers in drie voertuie Putco-werknemers by verskeie depots aangehou. Van hulle is aangerand. Een sekerheidswag is in die been geskiet en gewond. Een van die verdagtes was glo in besit gevind van ee...
Mama Sipiwe 'n ware inspirasie 28.01.2025 15:09
Sipiwe Solomons (65), ‘n afgetrede verpleegster, stap ‘n pad met Clover se Mama Afrika-projek wat haar vaardighede geleer het wat sy nou gebruik om ander te help en aan ander oordra. Sy en haar man het in 2008 Hosanna Community Church and Projects in Hazyview begin en daar is nou al ‘n weeshuis waar 80 kinders tuisgaan. Sy het ook ‘n gastehuis geopen om die weeshuis te befonds en beplan nou om ‘n...
Arrestasie verwelkom van twee met baie dagga 28.01.2025 0:28
Twee verdagtes is Sondag naby die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe gearresteer weens die besit van dagga met ‘n geraamde straatwaarde van 1-komma-2-miljoen-Rand. Hul Toyota Quantum is op die R538 deur die Witrivier-blitspatrollie gestop en deursoek. Dit is nagenoeg ‘n ton dagga. Die een, ‘n burger van Eswatini, word ook aangekla van oortreding van die Immigrasiewet. Die LUR vir Gemeenskaps...
SANParke bepleit kalmte na olifant toeris vertrap 28.01.2025 0:35
SANParke vra die publiek om op te hou spekuleer oor die omstandighede rondom die dood Saterdag van ‘n besoeker aan die Krugerwildtuin. Die 59-jarige Shaik Adam Shabir Ammed is deur ‘n olifant vertrap toe hy saam met sy kleinkinders by Malelane-hek foto’s geneem het. Volgens Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, dui ooggetuienis daarop dat twee van Ammed se kleinkinders die bosse ingehard...
51 Putco-busse vernietig in brandstigting aanvalle 28.01.2025 0:28
51 Putco-busse vernietig in brandstigting aanvalle Die Mpumalanga polisie het bevestig ‘n totaal van 51 Putco-busse is gisteraand by vier depots in die Nkangala-distrik aan die brand gesteek. Drie groepe aanvallers het sekerheidswagte oorval. 16 busse is aan die brand gesteek by Moloto in die Kwamhlanga-area, 18 in Maphotla en 17 in Thanane in die Siyabuswa-area. Een sekerheidswag is in die been g...
Skok oor R25m vir geskorste amptenare 27.01.2025 0:26
Die DA in Mpumalanga sê hy vind dit uiters kommerwekkend dat die provinsiale regering se besteding aan die voorsorg skorsing van amptenare in agt jaar van R3 miljoen tot R25 miljoen in 2023/24 gestyg het. Volgens Bosman Grobler was die besteding deur sewe staatsdepartemente aan 45 amptenare wat op voorsorg geskors is en vir meer as die voorgeskrewe 60 dae nie werk nie. In sommige gevalle is ampten...
Twee wat glo uit Mosambiek tronk ontsnap in Malelane aangekeer 27.01.2025 0:25
Twee mans wat glo uit 'n tronk in Mosambiek ontsnap het, is gisteraand buite Malalane deur die Mpumalanga-polisie in hegtenis geneem. Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Donald Mdhluli, is hulle deur veiligheidsbeamptes vasgetrek weens vermoedens dat hulle nie dokumentasie het om in Suid-Afrika te wees nie. Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn vir oortreding van die Immigras...
Wildtuin verwelkom stropers se vonnisse 27.01.2025 0:33
Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaala, het die vonnisse verwelkom wat die Skukuza-hof Vrydag drie renosterstropers opgelê het. Sam Khosa en Oddis Maluleke elk tot effektief 22 jaar gevonnis. Solly Selahle moet vier jaar tronkstraf uitdien weens sameswering om ‘n misdaad te pleeg. Phaahla het die ondersoekspan geloof vir die skuldigbevinding. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Stropers swaar gevonnis in Skukuza: NVG 27.01.2025 0:28
Drie stropers is Vrydag deur die hof in Skukuza gevonnis. ‘n Veldwagter, Philip Gumede, wat sedertien oorlede is, is in Februarie 2019 deur ‘n kollega in die Krugerwildtuin opgemerk met twee passasiers waar hulle ‘n vierde man ontmoet. Hulle is in twee voertuie is op die pad tussen Skukuza en Kruger Hek onderskep. ‘n Renosterhoring, jaggeweer, en messe is in die een voertuig ontdek. Monica Nyuswa,...
Olifant trap besoeker aan Krugerwildtuin dood 27.01.2025 0:22
Die polisie het ‘n nadoodse ondersoek begin na 'n besoeker aan die Krugerwildtuin Saterdag deur ‘n olifant vertrap is. Die 59-jarige Shaik Adam Shabir Ammed het saam met sy kleinkinders naby die Krokodilrivier by die Malelane-hek foto’s geneem van die olifant toe hy hulle bestorm het. Die 11-jarige seun het glo geval en sy oupa het hom probeer beskerm toe die olifant hom vertrap het. Hy is op die...
Bylboordenaar moet lank sit 24.01.2025 0:38
Die hooggeregshof in Mpumalanga wat in Breyten sit, het Thulani Madonsela drie keer lewenslange tronkstraf opgelê en tot 'n bykomende 38 jaar gevonnis vir die geweldsmisdade wat hy in Februarie 2023 in Ermelo teen sy werkgewer gepleeg het. Madonsela het by Robert Arthur James geld geëis wat na bewering aan hom verskuldig was wat James nie gehad het nie. Madonsela het hom met 'n byl doodgekap en to...
Lewenslank vir man wat sy ouma vermoor 23.01.2025 0:33
Jay Peters (27) is deur die Nelspruit-streekhof lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy ouma, Susanna Kilmister (68). Dit volg op Peters sy skulderkenning op die moord wat op 28 Februarie 2022 op Cromdale buite Mbombela gepleeg is, waar hy by sy ouma gewoon het. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het 'n hewige rusie tussen Peters en sy ouma tot 'n...
Operasie uitgevoer om veediefstal te teiken 23.01.2025 0:27
Die Mpumalanga-polisie het gister tydens 'n spesiale operasie in Vaalbank naby Mmametlhake op sewe vermoedelik gesteelde beeste beslag gelê. Niemand is vir die beweerde veediefstal in hegtenis geneem nie, maar ’n ondersoek is aan die gang. Tydens dieselfde operasie vroeër die dag is 'n 31-jarige man by Siyabuswa gearresteer vir die besit van vermeende metamfetamien en 'n onbekende bedrag kontant....
Mpumalanga Premier onderneem om matriekslaagsyfer te verbeter 22.01.2025 0:37
Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsiale regering is vasbeslote om vanjaar die matriekslaagsyfer te verbeter. Hy het gepraat tydens ‘n vergadering met die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en haar adjunkminister, Reginah Mhaule, wat vandag met die provinsiale regering vergader om sleutelkwessies in die provinsie se onderwyssektor aan te spreek. Die provinsie het v...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.