100.5FM Radio Laeveld

100.5fm Nuus Klankgreep

News AF ↓ 150 episodes

Gaan kyk gerus by http://www.radiolaeveld.co.za/nuus-radio-laeveld-100-5fm.html vir meer konteks in verband met die nuusklankgrepe van uit die Laeveld in Mpumalanga.

Author

100.5FM Radio Laeveld

Category

News

Podcast website

www.radiolaeveld.co.za

Latest episode

Jul 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

LUR beloof nuwe skool vir Naas 22.01.2025

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê onderrig sal vandag hervat by Siboshwa Primary, na dit die afgelope week ontwrig is deur gemeenskapslede. Inwoners van Naas in Nkomazi het onder meer ingange na die area afgesper om aan te dring dat ‘n nuwe skool gebou word. Die LUR vir onderwys, Cathy Dlamini, het gisteroggend met die skool se beheerliggaam vergader en ‘n plan voorgelê waarvolgens die konstru...

Vakbonde onderhandel saam om Panorama-toerisme-aantreklikhede te heropen 21.01.2025

Toeriste-aantreklikhede op die Laeveld se Panorama-roete was steeds gesluit vandag, te midde van ‘n voortslepende staking deur werknemers van die Mpumalanga Agentskap vir Parke en Toerisme (MTPA). Vakbonde het intussen tot die onderhandelinge toegetree, na die sakekamer gedreig het om kriminele sake van industriёle sabotasie te lê. Linda Grimbeek van die KLCBT sê dit is eintlik ‘n bewys dat die ve...

DA kla oor onvoldoende ondersteuning aan dowe matrieks 21.01.2025

Die DA in Mpumalanga sal dringend aan die LUR van Onderwys, Cathy Dlamini, skryf en haar vra om skole wat voorsiening maak vir leerders met spesiale behoeftes te prioritiseer. Dit nadat dit aan die lig gekom het dat al 15 dowe leerders wat hul matriekeksamen in 2024 by Bukhosibetfu Koshuis geskryf het, nie geslaag het nie. Volgens DA-LPW, Annerie Weber, het hulle onvoldoende toegang tot gekwalifis...

Vermeende stroper na vermoede deur seekoei gedood in Krugerwildtuin 20.01.2025

Die bestuur van die Krugerwildtuin het die ontdekking bevestig van die lyk, vermoedelik dié van 'n stroper, wat in 'n toeristepad in die Pretoriuskop-gedeelte agtergelaat is. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, blyk dit dat daar drie individue was wat die park snags onwettig binnegekom het met die doel om misdaad te pleeg. Hulle is deur 'n seekoei aangeval en een verdagte het noodlottige beseri...

Paaie in Krugerwildtuin heropen na reën 17.01.2025

Die meeste van die grondpaaie in die Krugerwildtuin is heropen namate die weerstoestande verbeter het. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, is die hoofpad tussen Skukuza en Onder Sabie gedeeltelik weggespoel en kan dit via Tshokwane bereik word. In Tshokwane is alle grondpaaie oop, buiten die S33. Die Sand en Sabie laevlak brûe is begaanbaar. Die pad tussen Skukuza en Satara is ook oop. ontvang....

Vyf gearresteer na moord op polisiebevelvoerder in Ermelo 17.01.2025

Die Mpumalanga polisie het binne 24 uur van sy dood vyf verdagtes aangekeer in verband met die moord gistermiddag op Luitenant-Kolonel Piet Pretorius in Ermelo. Volgens die polisiewoordvoerder, Luitenant-Kolonel Jabu Ndubane, is hulle is Nelspruit aangekeer. Die 59-jarige bevelvoerder in die voertuig identifiserings-eenheid was aan diens toe hy verskeie kere geskiet is deur ‘n onbekende aanvaller,...

Barberton ly groot skade tydens storm 16.01.2025

Na 'n hewige donderstorm gisteraand het groot dele van Barberton en Umjindi nie vandag elektrisiteit gehad nie. DA-raadslid Philip Minnaar hoop dit sal alles teen vanaand herstel wees. Die amper 80 mm wat binne so halfuur geval het, het ook stormwaterdreine oorweldig - en natuurlik het Barberton 'n langdurige probleem met drinkwater. Hy verduidelik hoe sake daar uitsien. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Koeie teruggekry tydens Operasie Shanela 03.01.2025

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-Majoor Zeph Mkhwanazi, was ingenome om gister 26 stukke vee, wat na vermoede gesteel is, te konfiskeer. Dit was deel van Operasie Shanela wat in Verena uitgevoer is. ‘n Man is ingeneem vir polisieondervraging. ‘n Ander is beboet vir die besit van ongebrandmerkte diere. Mkhwanazi het die polisie se verbintenis tot die ondersoek en oplos van...

Oproep vir gereedheid vir 2025 skooljaar 02.01.2025

Die Departement van Onderwys doen 'n beroep aan skoolbeheerliggame en skoolbestuurspanne om voorbereiding vir die suksesvolle en naatlose aanvang van die 2025-skooljaar te begin. Skole heropen op 15 Januarie. Volgens ’n woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Onderwys, Gerald Sambo, is dit 'n tyd vir kollektiewe aksie en 'n hernieude verbintenis om te verseker dat skole gereed is om die be...

N4 ongeluk eis sewe lewens 01.01.2025

Sewe mense, insluitend ‘n kleuter van ongeveer twee jaar oud, is gistermiddag dood in ‘n botsing op die N4-tolpad tussen Belfast en Wonderfontein. Volgens die woordvoerder van die departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmusi, het een van die sedans na vermoede beheer verloor en trompop teen ‘n ander, aankomende voertuig gebots. Die oorledenes sluit beide bestuurders in. Een oor...

Meer as 530 mense vir dronkbestuur in Mpumalanga gearresteer 31.12.2024

Die polisie in Mpumalanga het sedert 1 Desember meer as 530 mense gearresteer wat vermoedelik dronk bestuur het. Verkeersbeamptes het gedurende die vakansie meer as 105-duisend voertuie voorgekeer en 18-duisend-235 dagvaardings is uitgereik vir verskeie oortredings. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê hierdie arrestasies het bygedra tot die vermindering...

Twee polisiebeamptes aangekla weens transitorooftog 19.12.2024

Twee polisiebeamptes wat gister in die Vaalbank-landdroshof verskyn het op aanklagte wat verband hou met ‘n transitorooftog, bly in aanhouding tot hulle op 27 Februarie saam met nog ‘n beskuldigde, wat in die Witbank-tronk is, in die hof sal verskyn. Volgens die Valke in Mpumalanga is Zachariah Magopa sedertien uit die polisiediens ontslaan, maar George Phaahla is by sy werksplek, die Vaalbank-pol...

Premier verwelkom ministeriële afvaardigings in Malalane 18.12.2024

Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, het die ministeriële afvaardigings van Suid-Afrika en Mosambiek verwelkom wat vandag in Malalane vergader vir gesprekke oor veiligheid, handel en grensbeheer. Dit volg na politieke onlus in Mosambiek al weke lank vragvervoer en reis by Lebombo-grenspos ontwrig. Die Suid-Afrikaners is gelei deur die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronal...

Twee met onwettige jaggewere verskyn vandag in Kabokweni-hof 17.12.2024

Twee verdagtes wat verdink word van moontlike stropery is vroeg gisteroggend by huise in onderskeidelik Kabokweni en Pienaar gearresteer weens die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Elk was in besit van vier jaggewere. Volgens die polisie in Mpumalanga sal ballistiese toetse bepaal of die wapens in die pleeg van misdade gebruik is en nog aanklagte kan teen hulle gevoeg word. Hulle verskyn vand...

Man gesoek wat glo polisiebeampte beroof in Malalane 16.12.2024

Die polisie en Korrektiewe Dienste in Mpumalanga soek na ‘n verdagte wat vroeg gisteroggend ‘n polisiebeampte in Malalane van sy dienspistool en ammunisie beroof het. Volgens die polisie is die vuurwapen intussen by sy huis teruggevind, maar die verdagte is voortvlugtig. Hy is tans uit op parool na hy tronkstraf uitgedien het vir moord en verkragting. Hulle glo ene Donald Sipho Khoza kan hulle hel...

Beplanning begin vir 2025 skooljaar 12.12.2024

Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, vergader vandag met alle kringbestuurders in Witbank terwyl die skole hierdie week sluit – om hul gereedheid vir die 2025-skooljaar te bepaal. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, heropen skole op 13 Januarie vir onderwysers en op 15 Januarie vir leerders. Sleutelonderwerpe sluit in toelatings, verbeterings aan skoolinfrastru...

Premier bekommerd oor impak van Mosambiekse onlus op Mpumalanga 11.12.2024

Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsie se ligging, aangrensend met Mosambiek en Eswatini, is voordelig en nadelig vir sy ekonomie. Hy het president Cyril Ramaphosa gister tydens ‘n bilaterale vergadering tussen ander ministers en die provinsiale uitvoerende gesag gevra om die voortslepende betogings in Mosambiek, weens ‘n bestrede verkiesingsuitslag, met president Filpe Nyusi...

SANParke paraat vir stropers die feestyd 06.12.2024

SANParke sê daar was onlangs ‘n toename in stropery in die Krugerwildtuin. Die woordvoerder, Ike Phaahla, sê die stel van strikke en vergiftiging van diere het veral toegeneem. In reaksie sal toesig by toegangshekke die feestyd verhoog word. Ander misdaadvoorkomingsinisiatiewe sluit in die nagaan van voertuie in die park, die gebruik van tegnologie soos nommerplaat herkenning en radar, die verhoog...

Onwettige myners ondergronds vasgekeer in Sabie 04.12.2024

Die polisie, mediese nooddienste, en private sekuriteitsmaatskappye monitor ‘n situasie in Sabie waar ‘n groep onwettige mynwerkers ondergronds in ‘n verlate mynskag vasgekeer is. Die polisie skat daar is ongeveer 150 mense. Drie van hulle is glo dood. Twee buitelandse burgers is saam met vier Suid-Afrikaners suksesvol gered. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is dit gister o...

Twee arrestasies gemaak na vrou se moord tydens plaasaanval in Lydenburg 04.12.2024

Twee Mosambiekse mans sal binnekort in die Mashishing-landdroshof verskyn weens die moord Maandag op ‘n vrou tydens ‘n plaasaanval buite Lydenburg. Volgens die polisie is die 41-jarige Vinolia Sedibe verwurg. Die mans het die huis bestorm en haar en ‘n ander vrou beroof. Hulle is gister gearresteer. Hulle sal aangekla word van onder meer moord, huisroof en poging tot verkragting. 100.5FM Radio Lae...

Goven Mbeki lieg oor rede vir watertekorte 03.12.2024

Die DA in Govan Mbeki is geskok om te verneem dat die munisipaliteit die publiek mislei het oor die oorsaak van die watertekorte regoor die munisipaliteit. DA-raadslid Fiona Pelman sê die munisipaliteit het vir inwoners gelieg en beweer dat hoë aanvraag en infrastruktuur-uitdagings onlangse waterafsluitings veroorsaak het. Die LUR vir Cogta, Speedy Mashilo, het egter tydens 'n portefeuljekomiteeve...

DA geskok oor tekort aan water en kragtoevoer aan 2-miljard-Rand projek 03.12.2024

Die DA gaan die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, vra om in te gryp by die Internasionale Vrasproduktemark in Nelspruit. Volgens Tersia Marshall van die DA het die gebou die afgelope ses jaar die belastingbetaler reeds 2-miljard-Rand gekos om op te rig, maar daar is geen lopende water of elektrisiteit nie. Sy sê die provinsiale Departement van Landbou het nagelaat om sy munisipale rekening te bet...

Nuwe dam eersdaags gebou in Laeveld 02.12.2024

'n Nuwe dam behoort binne sowat agt jaar klaargebou te wees in Low's Creek. Linda Grimbeek van die KLCBT vertel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

SANParke stel hek-kwotas in vir Krugerwildtuin 02.12.2024

SANParke gaan hekkwotas instel vir dagbesoekers aan die Nasionale Krugerwildtuin gedurende die feestyd. Dit geld vandaf 15 Desember. Besoekers word aangeraai om vooraf aanlyn te bespreek of via SANParke-besprekings. Tydgleuwe sluit in half-ses tot agtuur soggens, van agt tot tien voormiddag, en na 10-uur. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê vooraf besprekingsfooie word gehef en bewa...

Ondersoek na polisie glo drie onwettige mynwerkers in Sabie doodskiet 29.11.2024

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek ‘n voorval waartydens drie vermeende onwettige mynwerkers gister in Sabie doodgeskiet is. Volgens die polisie was hulle besig met roetinepatrollies in die omgewing van die New Village-mynskag toe daar uit verskillende rigtings op hulle geskiet is. Een beampte van die honde-eenheid is in die been getref. Wetstoepassers het teruggeskiet en drie...

Listen to the 100.5fm Nuus Klankgreep podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.