100.5FM Radio Laeveld
100.5fm Nuus Klankgreep
Gaan kyk gerus by http://www.radiolaeveld.co.za/nuus-radio-laeveld-100-5fm.html vir meer konteks in verband met die nuusklankgrepe van uit die Laeveld in Mpumalanga.
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 9, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Twee Mosambiekse broers gevonnis weens perlemoen 29.11.2024 0:28
Twee Mosambiekse broers is deur die Boschfontein-streekhof gevonnis vir oortreding van die Immigrasiewet en die Wet op Mariene Hulpbronne. Jose Carlos en Ivo Alberto Matsinhe was op pad van Suid-Afrika na Mosambiek toe die polisie gedroogde perlemoen in hul enkelkajuitbakkie gevind het. Dit het ‘n geraamde straatwaarde van meer as 648-duisend-Rand. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervol...
Man sit lewenslank wat meisie doodsteek 29.11.2024 0:30
Die Mpumalanga Hooggeregshof het ‘n man lewenslange tronkstraf opgelê vir die wrede moord op sy vriendin – tydens die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders. Die 44-jarige Vermando Chowe het Soneni Mashaba in Desember 2022 in Shabalala Trust in Hazyview voor haar twee kinders met ‘n mes doodgesteek. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica N...
Man sit lewenslank weens moord 27.11.2024 0:28
Die Kwaggafontein-streekhof het die 32-jarige Godfrey Boesman Mashiane lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en ’n bykomende 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Dit volg op 'n voorval in Januarie 2022 by Vlaklaagte waarheen hy die slagoffer, Aaron Sikhosana, onder die voorwendsel van 'n werksgeleentheid gelok het. Sikhosana is verskeie kere in die bolyf en nek gesteek. Volgens die wo...
Koshuisopsigter geskors na hy GPF-lede nooi om kinders pak slae te gee 27.11.2024 0:28
Die koshuissuperintendent by Shongwe Koshuis is met onmiddellike effek geskors terwyl die Mpumalanga Onderwysdepartement die beweerde aanranding van twee leerders deur lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum ondersoek. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het die superintendent van die lede gister genooi om die leerders pak slae te gee. Hy sê amptenare van die arb...
Omgekoopte amptenaar gearresteer weens korrupsie met ID 20.11.2024 0:31
’n Amptenaar van die Departement van Binnelandse Sake is gister by haar werkplek in die teenwoordigheid van haar baas en kollegas in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie. Volgens die Valke is Violet Mabena in Oktober 2021 20-duisend-Rand betaal om 'n vrou te help om 'n identiteitsdokument vir haar stiefseun te bekom. Mabena het Dinsdag in die Kwa-Mhlanga-landdroshof verskyn en is borgtog van...
Twee kry lewenslank vir moord op taxi-baas 20.11.2024 0:26
Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga het die lewenslange vonnisse verwelkom wat die Hooggeregshof in Middelburg aan twee mans vir moord met voorbedagte rade opgelê het. Andile Ndlangamandla en Thembinkosi Chonco is skuldig bevind aan die moord op die voorsitter van die Middelburg Taxi-vereniging, Masinya Mthimunye, in September 2018. Hulle het sy eiendom besoek onder die dekmantel van die...
Vrou voor gimnasium in Mbombela doodgeskiet 20.11.2024 0:22
Die polisie het bevestig ‘n vrou is vanoggend doodgeskiet in die parkeerterrein voor Virgin Active Red in Riverside in Mbombela. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Brigadier Donald Mdhluli, was die 34-jarige vrou ‘n dokter by ‘n openbare hospitaal. Sy het na vermoede om ongeveer half 6 die gimnasium verlaat toe sy verskeie kere geskiet en in die bolyf getref is. Sy is op die toneel dood verklaar. Die...
Mpumalanga premier mik vir skoon oudit 19.11.2024 0:30
Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, sê sy Kantoor is vasbeslote om ‘n skoon oudit te behaal. Hy het vanoggend voor die Gekose Komitee oor Openbare Rekeninge in die wetgewer verskyn. Hy was vergesel deur die waarnemende direkteur-generaal, Peter Nyoni, en ander senior bestuurders om antwoorde te verskaf met betrekking tot die Ouditeur-Generaal se ouditverslag van die 2022/23 finansiële jaar. Die...
Borg vir vier polisiebeamptes wat glo R1,8m probeer steel 19.11.2024 0:28
Vier polisiebeamptes wat van diefstal en regsverydeling aangekla word, is vanoggend in die Barberton-landdroshof borgtog van 5-duisend-Rand elk toegestaan. Die drie mans en ‘n vrou het na bewering 1-miljoen-800-duisend-Rand van ‘n onwettige myn-ringkop gekonfiskeer, maar dit nie verklaar of ‘n saak geopen nie. Hulle het Vrydag die eerste keer in die hof verskyn. Die woordvoerder van die Valke in M...
Dipaleseng R160m beboet weens waterbesoedeling 18.11.2024 0:28
Dipaleseng-munisipaliteit is 160-miljoen-Rand beboet vir die oortreding van die nasionale omgewingswet, besoedeling van waterbronne, versuim om aan die voorskrifte te voldoen en die onwettige wegdoening van water. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het verskeie klagtes van die gemeenskap oor waterbesoedeling tot die dood van hul vee gelei. Die munisipalitei...
Vier polisiebeamptes wat glo miljoen-Rand steel gearresteer 15.11.2024 0:32
Vier polisiebeamptes verskyn na verwagting vandag in die Nelspruit-landdroshof vir diefstal en regsverydeling. Die drie mans en ‘n vrou is gister in Barberton gearresteer. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle ‘n betaalmeester van onwettige mywerkers se huis deursoek en op 1-miljoen-800-duisend-Rand in kontant afgekom. Hulle het die man se seun in...
Vroulike polisiekonstabel gewond in skietery in Embalenhle 15.11.2024 0:29
‘n 32-jarige vroulike polisiekonstabel word in die hospitaal behandel na sy Woensdagaand geskiet is. ‘n 35-jarige man is ook geskiet, en het gister weens sy wonde beswyk. Die voorval het in Embalenhle plaasgevind. Skote is gehoor, die polisie is ontbied en die slagoffers is met ernstige skietwonde langs ‘n voertuig aangetref. Die verdagte, ‘n 35-jarige man, is tussen Potchefstroom en Ventersdorp i...
Man gevonnis vir moord op vriendin 14.11.2024 0:28
Die 24-jarige Sibusiso Happy Ngobeni van Matsulu is deur die hooggeregshof in Mpumalanga skuldig bevind en tot 25 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die moord op sy meisie, Yvonne Thandiwe Shabangu. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het hulle saam gewoon toe hy haar van ontrouheid beskuldig het. Hy het in September verlede jaar vir haar bus...
LUR besoek beskadigde Piet Retief-hospitaal 14.11.2024 0:22
Die LUR vir Gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het vandag by Piet Retief-hospitaal besoek afgelê. Dit na ‘n hewige storm Sondag groot skade in die gebied aangerig het aan geboue en infrastruktuur wat groot areas sonder elektrisiteit en water gelaat het. Manzini het bevestig die dak, plafon en heining van die hospitaal is beskadig, en dat bedrywighede voortgaan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Mkhuhlu-hoftolk vyf jaar tronk toe weens bedrog 14.11.2024 0:28
‘n Voormalige hoftolk is tot vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis weens bedrog. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag was die 43-jarige Buzizwe Zizwe Zitha by die Mkhuhlu-landdroshof werksaam. Hy is in April 2021 gearresteer na hy omkoopgeld gevra het van ‘n man wat van huishoudelike geweld aangekla is. Hy is in totaal 11-duisend-200-Rand betaal om die sake teen hom te laat terugtrek. Zitha...
Tiener gearresteer wat glo gemeenskaps-polisiërings-lede in Masoyi aanval 13.11.2024 0:28
‘n 17-jarige is gearresteer omdat hy na bewering Maandagaand ‘n lid van die gemeenskaps-polisiëringsforum in Masoyi doodgesteek het. Die 35-jarige Difference Fankomo was ‘n patrolleerder vir die GPF. Nog twee lede is in die aanval gewond en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie is daar op die vermeende moordwapen beslag gelê. Die tiener word moontlik ook verbind met ‘n ander moord, o...
Fedsas sê gesondheidsdepartemente en munisipaliteite moet voedselveiligheid monitor 12.11.2024 0:33
Fedsas sê die instruksies wat deur provinsiale onderwysdepartemente gegee is om die verkoop en verskaffing van voedsel by skole in Limpopo, Gauteng en die Vrystaat op te skort, is ongeldig. Dit is in reaksie op die onlangse voorvalle van voedselvergiftiging weens kos wat hoofsaaklik by spaza-winkels en stalletjies buite skole aangekoop is. Die vrywillige vereniging van skoolbeheerliggame van openb...
Mpumalanga LUR inspekteer skole na storm skade aanrig in Piet Retief 12.11.2024 0:28
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het gister skole besoek in Piet Retief, waar groot skade aangerig is tydens ‘n hewige storm Sondag wat die hele dorp sonder elektrisiteit gelaat het. Piet Retief Gekombineerde Skool het die ergste skade gely, met Ndlela Sekondêre Skool en Hoërskool Piet Retief wat ook deurgeloop het. Klaskamers, ‘n seunskoshuis en ander strukture is beskadig met d...
Twee wat glo geld kan verdubbel bly in aanhouding in Nelspruit 12.11.2024 0:27
Twee mans het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer bedrog. Bosco Owino en Robert Ssebataazi, burgers van Uganda, is Vrydag aangekeer. Volgens die Valke het hulle hul verhuurder oorreed om sy erfgeld vir hulle te gee, wat hulle dan sou verdubbel. Hulle het glo ook veral vroue wat vir die regering werk, geteiken om te bedank en hul pensioenfondse aan hulle oor te b...
Groot skade in Piet Retief weens erge storm 11.11.2024 0:30
Munisipale kantore, skole en sakeondernemings in Piet Retief is erg beskadig tydens ‘n donderstorm die naweek. Bome is ontwortel en huise se dakke is afgewaai. Die DA-lid, Irene Brussow, sê hulle simpatiseer met almal wat benadeel is, en bedank almal wat hulp verleen het. Sy doen ‘n beroep op die provinsiale rampbestuur-eenheid om slagoffers verder by te staan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Borg geweier vir Sabie-pastoor wat van verkragting aangekla word 08.11.2024 0:29
Die landdroshof in Sabie het 'n 46-jarige pastoor, wat daarvan aangekla word dat hy 'n 16-jarige lid van sy gemeente verkrag het, borgtog geweier. Die meisie is verlede maand na sy huis, waar hy veronderstel was om vir haar te bid vir genesing van 'n wond, toe hy haar na bewering aangeval het. Die beskuldigde se naam kan nie bekendgemaak word voor hy op die aanklagte gepleit het nie. Hy word ook a...
100 dae van veiligheid in Mpu 07.11.2024 0:27
Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het vanoggend saam met die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, by die Witrivier-polisiestasie terugvoering gegee oor hul eerste 100 dae in hul nuwe poste. Hulle het suksesse uitgelig sowel as planne vorentoe om misdaad te bekamp. Macie sê hulle is nou toegespits op hul Veiliger Feestyd-operasies....
Slaggate kos Openbare Werke in Mpumalanga 06.11.2024 0:26
Die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer staar eise van meer as 3-punt-1-miljoen-Rand in die gesig weens voertuie wat in die eerste kwartaal van dié finansiële jaar deur slaggate beskadig is. ‘n Totaal van 58 eise is vanaf April tot Junie ingedien. 19 is tot dusver uitbetaal. Teboho Sekaledi van die DA sê slaggate is ‘n groot probleem op die provinsiale paaie, veral waar st...
Mpumalanga polisie vra hulp om ontdekte liggaame uit te ken 01.11.2024 0:30
Die polisie in Mpumalanga het enigiemand met inligting gevra om na vore te kom na die ontdekking van drie ongeïdentifiseerde liggame die afgelope week. Twee ontbinde liggame is gisteroggend langs die R37 tussen Nelspruit en Lydenburg ontdek. Sondag is 'n ontbindende liggaam in bosse naby 'n skool in Nokaneng gevind. Enigiemand met 'n familielid wat vermis is, is aangemoedig om die polisie in Sabie...
Ondersoek gelas na sterfte van tweejarige in Bosbokrand 31.10.2024 0:27
Die polisie in Mpumalanga vra vir kalmte terwyl hulle die omstandighede ondersoek waaronder 'n tweejarige seuntjie gister in Violetbank naby Bosbokrand dood is. Volgens die polisie het hulle gereageer op 'n noodoproep oor sibbe van onderskeidelik 2, 3, 4 en 5 jaar oud wat maagpyn ervaar het. Die jongste kind is met hul aankoms op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die ander is hospitaal toe...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.