100.5FM Radio Laeveld
100.5fm Nuus Klankgreep
Gaan kyk gerus by http://www.radiolaeveld.co.za/nuus-radio-laeveld-100-5fm.html vir meer konteks in verband met die nuusklankgrepe van uit die Laeveld in Mpumalanga.
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 9, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DA ontstoke oor gr. 3's se Afrikataal-onderrig 25.10.2024 0:25
Die DA beplan om die Mpumalanga Onderwysdepartement by die Menseregtekommissie aan te gee omdat hulle nie Afrikataal-leesmateriaal aan leerders verskaf nie. Volgens die DA se Annerie Weber het die onlangse verslag van die Ouditeur-Generaal gevind 890 laerskole in Mpumalanga is nie vanjaar van graad 3-Afrikatale leesstof voorsien nie. Dit raak meer as 106-duisend leerlinge regoor die provinsie. Vol...
Polisie bepleit kalmte na twee dubbele moorde in Mpumalanga 23.10.2024 0:22
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het gepleit vir kalmte na twee dubbele moorde op verskillende plekke in die provinsie die afgelope dae. In die eerste voorval is twee vroue Sondag op die N4 naby Middelburg doodgeskiet gevind. In die twee voorval het die polisie ‘n oproep ontvang dat twee mans in besit van gesteelde goedere vasgekeer is, maar met hul aankoms op...
Mpumalanga stel Veiliger Feestyd-veldtog bekend 21.10.2024 0:29
Die polisie in Mpumalanga het Saterdag amptelik die 2024/25 Veiliger Feestyd-veldtog by Mangweni Trust naby Komatipoort van stapel gestuur om ‘n veiliger feestyd vir gemeenskappe te verseker. Verskeie wetstoepassingsagentskappe was teenwoording om die Operasionele Plan aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, voor te lê. Die waarnemende polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanaz...
Polisie ondersoek voorval waar hond man glo doodbyt 21.10.2024 0:33
Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n voorval waartydens ‘n man deur sy werkgewer se hond doodgebyt is. Die voorval het Vrydag by Marapyane in Mmamethlake plaasgevind. Volgens die polisie het die 58-jarige op die perseel gewoon en na die honde omgesien. Hulle is op hok gehou en is slegs vroeg-soggens vir ‘n paar uur uitgelaat. Die man het glo Donderdag uitgegaan en met sy terugkeer vroeg die Vryd...
Mpu Onderwys betaal spookwerkers R6m 16.10.2024 0:28
Die DA versoek die Spesiale Ondersoekeenheid om die Mpumalanga Departement van Onderwys te ondersoek nadat dit aan die lig gekom het dat hulle meer as 6-miljoen-Rand in salarisse aan voormalige en afgestorwe werknemers in die 2023/24-boekjaar betaal het. Volgens Annerie Weber het dit in die Ouditeur-Generaal se verslag, gedateer 9 Oktober, na vore gekom. Weber sê die departementshoof, Lucy Moyane,...
20 jaar vir man wat buurkind verkrag 16.10.2024 0:24
’n 43-jarige man is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy buurman se 10-jarige dogter. Die voorval het in Maart verlede jaar by Schoemansdal in Nkomazi plaasgevind. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het Mbongeni Andries Shongwe in die Boschfontein-streekhof skuld op die aanklag beken. Sy sê die hof het in ag geneem dat hy...
Dag Zero kom nader in Ermelo 15.10.2024 0:30
Die DA sê inwoners van Chief Albert Luthuli- en Msukaligwa-munisipaliteite kan binnekort sonder water wees met damvlakke wat vinnig daal. Die party doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om 'n ramptoestand in dié areas af te kondig. James Masango van die DA sê die Brummerdam is amper leeg en Ermelo gaan Dag Zero op 8 November bereik. Hy sê 'n ramptoestand sal die regering toelaat om hul finansi...
Rondawels brand af in die Krugerwildtuin 15.10.2024 0:22
SANParke het besoekers aan die Krugerwildtuin aangeraai om versigtig te wees met braaivleisvure in winderige toestande. Dit volg na verskeie rondawels gisteraand afgebrand het. In Olifants-kamp het drie eenhede in ligte laaie opgegaan. In Satara-ruskamp het 'n braaivuur 'n wooneenheid aan die brand laat slaan. Daar was in die geval minimale skade aan die struktuur en inwoners se besittings. Die wo...
16-jarige dood gevind na jagtog saam met maat 14.10.2024 0:24
Die polisie ondersoek die dood van ‘n 16-jarige seun van Masoyi wat die naweek dood gevind is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hy Saterdag saam met ‘n 12-jarige maat met honde gaan jag. Toe hulle teen Sondag nog nie tuis was nie, maar die honde wel teruggekeer het, is hulle deur hul familie as vermis aangegee by die polisie. ‘n Grootskaalse soektog is van...
Voormalige Eskom-werknemer pleit skuldig aan bedrog 14.10.2024 0:30
Die Middelburg Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het Thandi Ruth Magagula, 'n voormalige veiligheidsrisikobeampte by Eskom, skuldig bevind op aanklagte van korrupsie en bedrog. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Mpumalanga, het sy skuldig gepleit op sewe aanklagte van korrupsie en twee aanklagte van bedrog. Nyuswa sê dit het wette wat openbare amptenare...
Polisie lê beslag op amper 5-miljoen-Rand se dagga 11.10.2024 0:28
Die polisie in Mpumalanga het beslag gelê op dagga ter waarde van R4,7 miljoen op die N12 in Delmas. Hulle het inligting van misdaad-intelligensie en die Trilaterale Beplanningsel (TPC) bekom en op 'n vragmotor met die besending dagga toegeslaan. Die vragmotor was van Eswatini na Johannesburg onderweg. Die gewig van die dagga is aangeteken as 1-duisen-180-kilogram. Volgens die polisiewoordvoerder,...
DA bevraagteken aanstelling van ongeskikte kandidaat 10.10.2024 0:31
Die DA in Thaba Chweu het aan die Premier, Mandla Ndlovu, en LUR vir Samewerkende Regering, Speedy Mashilo, geskryf om kapsie aan te teken teen die aanstelling van ‘n Tegniese Bestuurder in die munisipaliteit. DA-raadslid, Spiridon Couvaras, sê die regerende ANC het tydens ‘n onlangse raadsitting blatant minimum vereiste kwalifikasies en ervaring geïgnoreer om ‘n kandidaat aan te stel 100.5FM Radi...
Departement stig eenheid om politieke moorde in Mpumalanga te ondersoek 09.10.2024 0:21
Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het ‘n eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade gestig om politieke moorde in die provinsie te ondersoek. Daar was sedert 1998 'n aantal hoë-profiel politieke moorde, wat die sogenaamde Januarie-sluipmoorde insluit. Jimmy Mohlala, was die Speaker in Mbombela; Sammy Mpatlanyane, die voormalige hoof van kommunikasie in die Departement van Spor...
Premier loods pad-instandhoudings-projek 07.10.2024 0:19
Die Premier, Mandla Ndlovu, het vanoggend 'n massiewe padinstandhouding-intervensie-program, "Kubhunya Lutfuli" in Belfast van stapel gestuur. Die provinsie-wye program fokus op die versnelling van padinstandhouding om toegang te verbeter, deur die integrasie van hulpbronne op provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Dit vorm deel van die provinsie se reeks aktiwiteite Oktober om Vervoermaand te...
SOE gaan verkryging in Gesondheidsdepartement ondersoek 07.10.2024 0:30
Die DA verwelkom die opdrag van president Cyril Ramaphosa dat die Spesiale Ondersoekeenheid bewerings ondersoek van wanadministrasie in die Mpumalanga Departement van Gesondheid. Bosman Grobler, DA-lid van die provinsiale wetgewer, sê die ondersoek sal fokus op verkryging, die kontraktering van risiko-afval-bestuursdienste en bepaal of betalings wat gemaak is aan nasionale tesourie-riglyne voldoen...
Slagoffers genooi om afpersing by polisie aan te meld 04.10.2024 0:29
Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-Majoor Zeph Mkhwanazi, doen ‘n beroep op slagoffers van afpersing om nie te skroom om die polisie daaroor te kontak nie. Dit volg na ‘n vrou die week in Kanyamazane haar afpersers by die polisie gaan verkla het. Twee verdagtes is aangekeer. Hulle het reeds in die hof verskyn. Die een is borgtog toegestaan, maar moet op 13 November weer ver...
Kragstasie-werknemer vasgetrek weens diefstal van koperkabels 04.10.2024 0:23
‘n 36-jarige hoofinspekteur by die Tutuka-kragstasie is gister aangekeer weens die diefstal van koperkabels. Dit volg op die arrestasie vroeër die week van vier verdagtes in verband met die diefstal. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle inligting ontvang van ‘n vragmotorbestuurder wat die kabels van Tutuka na Kriel-kragstasie moes vervoer, maar h...
DA raak nou baie moeg vir swak abulansdienste 03.10.2024 0:25
Die DA is bekommerd dat inwoners van Mpumalanga die risiko loop om te sterf terwyl hulle ure vir ambulansdienste wag. Dít nadat ’n ernstig beseerde man op 20 September in eMbalenhle gesterf het terwyl hy langer as vier uur op ’n ambulans moes wag. DA-lid van die provinsiale wetgewer, Bosman Grobler, sê dit het die norm geword dat ambulanse laat by noodgevalle opdaag. Hy sê 'n tekort aan ambulanse...
DA hoop MEGA kry nie beheer oor Nkomazi SEZ nie 03.10.2024 0:27
Die DA het aan LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Makhosazane Masilela, geskryf om te pleit dat sy nie die Nkomazi Spesiale Ekonomiese Sone as 'n openbare entiteit lys nie, omdat dit onder die beheer van die Mpumalanga Agentskap vir Ekonomiese Groei sal val. Volgens Trudie Grové-Morgan van die DA het die departement die groen lig gekry van die staatsprokureur om die SEZ as 'n filiaal van...
Vier verdagtes vasgetrek weens koperdiefstal by kragstasie 03.10.2024 0:29
Vier verdagtes wat Maandag aangekeer is weens die diefstal van koperkabels by Tutuka-kragstasie naby Standerton bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning Maandag. Volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, het ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kinross-weegbrug ‘n Toyota Hilux vol kabels teëgekom het. Die bakkie het weggejaag. Die bestuurder het beheer verloor...
Politikus in Schoemansdal geskiet en gewond 02.10.2024 0:30
Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n skietvoorval gisteraand in Schoemansdal waartydens ‘n man, wat hulle slegs as ‘n bekende politikus in die Nkomazi-area geïdentifiseer het, verskeie kere geskiet is. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die man het saam met ‘n ander tuis arriveer. Hy het voor die ingangshek gestop om dit oop te maak toe ‘n gewapende man verskyn het. Hy is verske...
Mpumalanga Premier doen beroep vir sterker maatreëls om MIV te bestry 02.10.2024 0:21
Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê ‘n sterker venootskap is nodig tussen die regering, die burgerlike samelewing en agentskappe om die voorkoms van MIV te bestry. ‘n Onlangse opname deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het getoon dat die provinsie die hoogste voorskom van MIV het in Suid-Afrika met 17-komma-4-persent. Ndlovu sê die navorsing moet gebruik word op te verseker...
Twee vandag in hof wat glo munisipale woordvoerder in Mpumalanga ontvoer en vermoor 02.10.2024 0:31
Twee verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-hof weens die ontvoering en moord op die 64-jarige Kommunikasie-bestuurder van Nkangala-distrikmunisipaliteit, David Masombuka, Sondag. Volgens die polisie in Mpumalanga was hy van Kwamhlanga na Witbank onderweg, maar hy het nooit by sy bestemming aangekom nie. Sy voertuig is naby 'n vulstasie in Witbank opgespoor. Sy liggaam is daar naby in 'n bebos...
DA versoek hulp van regering na tornado Machadodorp tref 01.10.2024 0:29
Die DA in Emakhazeni-munisipaliteit doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om in te tree en gemeenskappe wat deur 'n tornado getref is, by te staan. Amanda Botha, ‘n DA-raadslid in Emakhazeni, sê swaar reën en wind het Waterval-Boven, Waterval-Onder en Machadodorp die naweek getref en 'n spoor van verwoesting gesaai met aansienlike skade aan huise en sake-ondernemings. Daar was ook skade aan el...
DA vra dat Ramaphosa dringend behoud van landbougrond wet maak 01.10.2024 0:21
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om dringend die Wetsontwerp op die Behoud en Ontwikkeling van Landbougrond te onderteken. Volgens DA-lid van die provinsiale wetgewer, Tersia Marshall, hang die toekoms van die bedryf en voedselsekerheid in Mpumalanga in die weegskaal, weens grootskaalse gronderosie, besoedeling deur suur mynwater en die indringing van ander aktiwite...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.