100.5FM Radio Laeveld
100.5FM Radio Laeveld PODCAST
As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Apr 28, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
KANSA: So werk siftingstoetse 28.04.2026 11:44
Olivia Curlewis, dienstespesialis van KANSA, vertel meer oor die siftingstoetse wat die organisasie die publiek bied.
KANSA: Sorgtuistes maak behandeling bereikbaar 31.03.2026 11:35
Gavin Kestir is KANSA se dienstebestuurder van sorgtuistes. Hy vertel waar hulle in die proses is om so ‘n tuiste in Nelspruit op te rig.
KANSA 95 jaar oud 25.02.2026 16:44
KANSA vier vanjaar sy 95ste bestaansjaar. Elize Joubert is die uitvoerende beampte.
Siftingstoetse is noodsaaklik sê KANSA 27.01.2026 9:36
Cisca Loggenberg van KANSA verduidelik hoe sfitingstoetse werk, wat KANSA jou bied, hoekom jy dit moet doen, en hoe gereeld dit nodig is.
Fokus op mansgesondheid die maand 25.11.2025 19:25
November is mansgesondheidbewustheidsmaand. Ons gesels met prof. Michael Herbst van KANSA oor prostaat- en testikulêre probleme.
Sportverslag met Anton 24 November 24.11.2025 9:28
Sport-foendie Anton van Niewenhuizen gesels oor die naweek se Springbok-oorwinning oor Ierland en die Proteas se aangaande kriekettoets teen Indië met Laeveld Brunch.
Sportverslag met Anton 17 November 17.11.2025 10:01
Sport-foendie Anton van Niewenhuizen gesels alles oor die naweek se krieket, rugby en nog meer met Laeveld Brunch.
Fokus op borskanker die maand 28.10.2025 9:11
Oktober is borskankerbewusmakingsmaand. Sharon Venter, KANSA se Koördineerder vir Versorgingsoorde in George en die Dienskoördineerder vir palliatiewe sorg, stomasorg en kliniekondersoeke in die Suid-Kaap en Karoo, gesels oor vrouegesondheid.
KANSA bied ondersteuning vir kinders 30.09.2025 12:54
Kinders wat met kanker gediagnoseer word het spesiale behoeftes wat verskil van die van volwassenes. KANSA bied daarom spesifieke ondersteuning. Anina Meiring, dienstebestuurder van kinderkanker wat KANSA se TLC-program bestuur, wei daaroor uit.
KANSA: Berading landwyd gratis beskikbaar 23.09.2025 9:50
KANSA bied mense wat met kanker gediagnoseer word telefoniese beradingsdienste in 'n verskeidenheid tale wat landwyd beskikbaar is. Maatskaplike werker, Gretchen Minnaar, vertel meer oor hierdie program.
KANSA: Kry hier kliniese ondersteuning 23.09.2025 13:09
Vlooi Venter, 'n opleier en kliniese verplegingspesialis by KANSA, vertel meer oor die kliniese ondersteuning wat die die organisasie vir pasiënte en hul naastes bied.
KANSA dienste: Hulp met stomas 23.09.2025 5:31
Dorothy du Plooy is KANSA se dienste spesialis wat nasionaal verpleginsondersteuning en hulp met stomas bied.
Oe-ê-ê Karin: Daardie is mý sitplek 18.08.2023 5:04
Karin klim op 'n vliegtuig, maar daar sit iemand op "haar" sitplek. Sports volg in die beknopte spasie... Oe-ê-ê.
Straatdebat: Hoe het jy Innibos ervaar? 04.07.2023 5:03
Innibos is vir die eerste keer sedert 2019 weer die naweek aangebied en dit was 'n dawerende sukses. 100.5FM het vir die drie dae regstreeks uitgesaai vanaf die fees en Denise het by hulle uit gaan vind wat hul indrukke was van dié grootse fees.
Straatdebat: Goue oues 27.06.2023 6:19
Watter liedjie sal vir jou altyd lewendig bly? Amanda gaan vind uit wat luisteraars as hul Goue Oues beskou.
Musiekdebat: Lila Swift 22.06.2023 5:33
Lila Swift, 'n boorling van die Laeveld, het onlangs haar eerste enkelsnit en musiekvideo vrygestel. Sy gesels met Amanda oor liedjies skryf, hoekom Taylor Swift haar inspireer en hoe sy "stage fright" hanteer.
Sonop gaan vang slange in die Bos 21.06.2023 6:25
Anneke van Schoor van Lowveld Venom Suppliers gesels met Sonop Ontbyt oor slange in die Laeveld.
Laeveld Ervaring: Ontmoet nuwe KLCBT president 21.06.2023 24:29
Prof. David Mabunda is gisteraand ingehuldig as president van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT). Hy sal vir die volgende twee jaar hierdie skip stuur. Hy deel sy prioriteite en doelwitte vir plaaslike sake en toerisme met ons in Laeveld Ervaring saam met die operasionele beampte, Linda Grimbeek.
Oe-ê-ê: Karin koop amandelmelk 16.06.2023 4:05
Karin gee mos glad nie om, om daarop aan te dring om die bestuurder te sien nie. Sy het dit veral nodig gevind om te kla toe sy probeer om van 'n spesiale aanbieding op amandelmelk gebruik te maak... Oe-ê-ê.
Musiekdebat: Long John 15.06.2023 1:53
Long John is vandag Amanda se gas in #Musiekdebat. Watter raad sou die ouer Long John vir sy jonger self hê? Luister hier.
Wegbreek Woensdag: Pasgemaakte uitstappies met Sibinjala 14.06.2023 10:05
Zandré Pelser van Sibinjala spesialiseer daarin om mense met gestremdhede op pasgemaakte uitstappies en buitelugaktiwiteite te vergesel. Sy gesels met Charles.
Laeveld Ervaring: Groot suksesse aangeteken sedert 2021 14.06.2023 25:27
Op 20 Junie word prof. David Mabunda as die nuwe president van die KLCBT ingehuldig. Uitgaande president, Sandra Jacobs, vertel van die uitdagings en deel die suksesse van haar afgelope twee-jaar-termyn.
Sonop gaan Kamp in die Bos 14.06.2023 12:35
Sonop Ontbyt gaan hierdie langnaweek 'n bietjie in die Bos kamp. Gerhardt en Andri het vir Marnus Prinsloo en Nolan Naudé van Wildman Nelspruit nader getrek vir advies oor kamp.
Straatdebat: Emmerskoplys 13.06.2023 2:12
Oud en jonk het elkeen nog drome en wense wat hulle "eendag" wil verwesenlik. Amanda vind uit wat pryk op mense se emmerskoplysies.
Oe-ê-ê Karin: Fliekkyk in die groot stad 09.06.2023 3:42
Karin is in die groot dorp vir haar dogter se netbalproewe en hulle gryp die geleentheid aan om eers inkopies te doen voor hulle besluit om 'n bietjie te gaan fliek.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.