100.5FM Radio Laeveld

100.5FM Radio Laeveld PODCAST

News AF ↓ 150 episodes

As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.

Author

100.5FM Radio Laeveld

Category

News

Podcast website

www.radiolaeveld.co.za

Latest episode

Apr 28, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Musiekdebat: Kris Ray 08.06.2023

Kris Ray kuier vandag in die ateljee saam met Amanda om te gesels oor sy gunstelinggenres en inspirasies.

Straatdebat: Watter liedjie laat jou voete jeuk? 08.06.2023

Almal het 'n liedjie wat hul voete onwillekeurig laat jeuk wanneer hulle dit hoor. Amanda vind uit wat hierdie liedjie vir luisteraars is.

Sonop gaan Bos met aalwyne 07.06.2023

SANRAL se beplande P166 ringpad na die R40 suid tussen Witrivier en Mbombela is moontlik terug op die kaarte, maar kry weereens baie teenkanting uit die Witirivier-gemeenskap. Duncan MacKenzie gesels met Sonop Ontbyt oor die kritiek bedreigde aloe simii wat endemies is aan die Laeveld van Mpumalanga.

Laeveld Ervaring: David Mabunda verkies tot nuwe KLCBT-president 07.06.2023

David Mabunda, die voormalige uitvoerende beampte van SANParke, is gister verkies tot president van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT). Hy sal vir twee jaar dien. Linda Grimbeek vertel vir Mireille dat hulle ook twee spesiale gesante aangestel het om die werk wat hulle reeds jare namens die KLCBT verrig voort te sit. Oupa Pilane sal hom beywer vir toerisme-ontwikkeling en transf...

GRIP Survival 101: Ep. 8 31.05.2023

Fareeda Mashaba is in beheer van bewusmaking by The Greater Rape Intervention Programme (GRIP), sowel as om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te voorsien van al die nodige sorg wat hulle benodig. Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, sê geslagsgebaseerde geweld is duidelik aan die toeneem, terwyl al hoe meer jong kinders is die slagoffers is. Hulle gesels met Johanné Strydom in...

Laeveld Ervaring: Nuwe raad vir KLCBT 31.05.2023

‘n Nuwe president moet volgende week deur die nuwe raad verkies word vir die KLCBT. Uitgaande president, Sandra Jacobs, mag nie herverkies word nie omdat iemand nie twee agtereenvolgende termyn mag dien nie. Linda Grimbeek, hoof operasionele beampte van die Kruger-Laeveld-sakekamer, gesels met Robin oor die nuwe raad wat vir twee jaar sal dien.

Straatdebat: Hoe weet jy die winter kruip nader? 30.05.2023

Dit is amper Junie en dit beteken winter is om die draai. Amanda vind uit hoe Laevelders definieer dat die "ysbere" op pad is.

Laeveld Ervaring: Opwindende (gratis) opleiding die week aangebied 24.05.2023

Wat gaan aan in die Laeveld? Na 'n afwesigheid van etlike weke is Linda Grimbeek van die KLCBT terug om jou op hoogte te bring van plaaslike verwikkelinge. Sy gesels met Mireille.

Sonop gaan Bos by Chimp Eden 24.05.2023

Sonop Ontbyt gesels Woensdae oor bewaring op 100.5FM. Vandag kuier Jana Swart van Chimp Eden by Gerhardt in die ateljee. Luister weer hier.

Straatdebat: Vir watter sêgoed is jy besonder lief? 23.05.2023

"Oh my soul! Hierdie kerrie is so warm, dit brand my van my ID -boek af! "Ag, toemaar. Dit is wat dit is." Amanda vind uit watter gesegdes en uitdrukkings mense baie gebruik.

Musiekdebat: Lize Krause 19.05.2023

Die klassieke sangeres Lize Krause is Henry-John se gas in Musiekdebat hierdie week. Hulle gesels seekos, rugby en nog wat. Luister weer hier.

Sonop gaan Bos by Tshukudu-wildreservaat 17.05.2023

Tshukudu-wildreservaat by Hoedspruit bestaan al 45 jaar. Deesdae hervestig hulle ook jagluiperds in die wild. Sonop Ontbyt vind meer uit by David Sussens. Luister weer hier:

GRIP Survival 101: Ep. 7 16.05.2023

Kinders word ook deur die huishoudelike geweld wat teen hul ouers gepleeg word, geraak en om dita aan te spreek het The Greater Rape Intervention Programme (GRIP) die Hearts not hands-kampe van stapel gestuur. Sibongile Ndlovu vertel saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, vir Johanné Strydom meer oor hul samewerking met die KinderFonds MAMAS (KFM) van Nederland.

GRIP Survival 101: Ep. 6 16.05.2023

Sou jy die slagoffer word van seksuele geweld moet my mediese sorg kry. Dr. Sentene Goosen van City Health Nelspruit verduidelik waar ‘n mens begin om gesondheidsorg te bekom, hoekom jy binne 72 uur lewensreddende medikasie moet kry, en waar jy ‘n aanval aan kan meld. Sy gesels saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, met Johanné Strydom in die sesde aflewering van GRIP “Surviva...

Straatdebat: Glo jy aan spoke? Deel II 16.05.2023

Glo jy aan spoke? Amanda vind uit of mense al ervarings met sogenaamde dwalende geeste gehad het en wat dit behels het.

Hoe om na 'n ouer met Alzheimer se siekte om te sien 12.05.2023

Hoe nou gemaak met ‘n ouer of grootouer met demensie of Alzheimer se siekte waarna jy moet omsien? Elria Erasmus, die streeksbestuuder van Adasa (Association for Dementia and Alzheimers of South Africa) in Mpumalanga gesels met Charles.

Musiekdebat: Anneke Coetzer 11.05.2023

Henry John gesels vandag met die violis Anneke Coetzer oor reis en geskenke. #Musiekdebat

Straatdebat: Glo jy aan spoke? Deel I 09.05.2023

Glo jy aan spoke? Amanda vind uit of mense al ervarings met sogenaamde dwalende geeste gehad het en wat dit behels het.

Oe-ê-ê Karin: Op 'n trein na Pretoria 05.05.2023

Karin vertel van die mooi man op die trein na Pretoria. Of was dit alles net 'n droom?

Musiekdebat: Anastia Klingelberg 05.05.2023

Henry John gesels met die sangeres en diereliefhebber Anastia Klingelberg oor verkeersirkels en die Bosveld. Luister hier na Musiekdebat.

Sonop Gaan Bos in die Laeveld Ep. 5 03.05.2023

Die Sonop Ontbyt-span ontdek elke Woensdagoggend bewaringsprojekte. Andries Potgieter van Toerbroers gesels met Gerhardt en Andri oor hoe spesiaal die Blyde Rivier Canyon is.

Musiekdebat: Tiffany Steyn 27.04.2023

Die plaaslike liedjieskrywer en sangeres, Tiffany Steyn, het al geleer om elke geleentheid wat na haar kant toe kom aan te gryp. Sy gesels met Amanda oor verborge talente en toekomsdrome.

Laeveld Ervaring: Ontgin potensiaal 26.04.2023

Met soveel potensiaal is Linda Grimbeek van die KLCBT soms verbaas dat daar nie meer in die Laeveld aangaan nie. Sy gesels met Robin oor die ontginning van potensiaal.

Sonop gaan Bos: Ep. 4 26.04.2023

Elke Woensdagoggend kuier Sonop Ontbyt in die bos en gesels oor bewaring. Deon Cilliers van Cheetah Outreach Trust vertel hulle meer oor die bewaring van vrylopende jagluiperds. "Wêreldwyd is daar slegs sowat 7 000 oor, waarvan 70% buite bewaringareas voorkom."

Straatdebat: Watter bygelowe het jy? 25.04.2023

Het jy bygelowe en waar kom dit vandaan? Loop jy onderdeur lere en hoekom nie? Amanda gaan vind uit wat beteken dit as jou portrette skeef hang, daar 'n wilgeboom in jou tuin groei of daar slange in jou drome verskyn.

Listen to the 100.5FM Radio Laeveld PODCAST podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.