Maroela Media

Podlitiek

News AF ↓ 150 episodes

"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.

Author

Maroela Media

Category

News

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Dec 11, 2023

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Podlitiek: AfriForum by die Verenigde Nasies, NGV-frustrasies en ANC se elektriese voertuie-praatjies 11.12.2023

Hierdie week het Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Charné Mostert onder andere AfriForum se veldtog by die Verenigde Nasies bespreek, asook die onsekerhede rondom die stemproses vir die Nasionale Gesondheidversekering. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Valse klagtes oor rassisme mislei, Transnet se tyd verby en Argentinië verkies Javier Milei 24.11.2023

Hierdie week het Podlitiek se Ernst van Zyl, Charné Mostert en Louis Boshoff AfriForum se privaat-vervolgingseenheid se nuutste platform oor valse rassisme, Transnet se aansienlike agterstande in Durban se hawe, asook Argentinië se nuwe president Javier Milei bespreek. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Rasreëls plaas druk op landbou, misdaad wat nie ophou, hoekom moet ons die goud hou? 17.11.2023

Hierdie week het Ernst van Zyl, Charné Mostert en Louis Boshoff van Podlitiek die rasreëls op landbou bespreek, asook AfriForum se nuutste verslag oor plaasmoorde en hoekom Suid-Afrika hul goudreserwes moet hou. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Wes-Kaapse referendum gekeer, AfriForum patrolleer en skuldvlakke al meer 24.10.2023

Die stories wat in dié episode ontnonsens word, sluit in: Alan Winde wat ‘n referendum oor Wes-Kaapse onafhanklikheid gekeer het, AfriForum se massapatrollie waarby 169 buurtwagte betrokke was, die Suid-Afrikaanse regering se stygende skuldspiraal en die ATKV se interessante debatsonderwerpe wat jongmense se honger vir kritiese denke verbreed. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Faceb...

Podlitiek: Vullisverwydering stadig, haatspraakwetsontwerp eensydig en Bela-wet venynig 22.09.2023

Die stories wat in dié episode ontnonsens word, sluit in: die Samwu-staking wat stadige vullisverwydering in Pretoria veroorsaak, AfriForum se kommentaar op die haatspraakwetsontwerp, asook die uitwerking wat die Bela-wetsontwerp op basiese onderwys gaan hê. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Openbare Beskermer waai, plaasmoordstatistieke laat koppe draai 14.09.2023

Hierdie week het Ernst van Zyl en Arno Roodt onder andere die afdanking van Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane bespreek. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: ‘Kill the Boer’ beveg, Lesufi ‘misdaadbestryders’ is sleg en Johannesburg onreg 08.09.2023

Hierdie week bespreek die span onder andere AfriForum se “Kill the Boer”-appèlsaak in die Bloemfonteinse hoogste hof van appèl. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: EFF verloor weer, kragbote steeds gekeer 22.06.2023

Hierdie week se agenda sluit in die EFF se nuutste verlies, so kort voor hul tiende verjaarsdag, asook die lankbeloofde kragopwekkingsbootprojek wat sloer. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: NGV deurgejaag, Trump voor die hof gedaag 15.06.2023

Hierdie week kyk die Podlitiek-span na die Nasionale Gesondheidsversekering wat skynbaar op Suid-Afrikaners wag, asook na voormalige Amerikaanse president Donald Trump se nuutste hofsaak. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: ANC se raswette pla, Mkwebane-ondersoek vrae 08.06.2023

Hierdie week kyk die Podlitiek-span onder andere na die ANC se voorgestelde rasse aangedrewe waterwet. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: DA wil Poetin arresteer, kan iets nog oorlog in Soedan keer? 02.06.2023

Met die komende BRICS-kongres in Suid-Afrika wil die DA vir Wladimir Poetin, president van Rusland arresteer – wat dink die paneel hiervan? Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Hammanskraal is desperaat, Frankfort is kwaad, US Konvokasie wil praat 26.05.2023

Soos wat die winter al hoe nader kruip, wonder die Podlitiek-paneel hierdie week wat op aarde in Hammanskraal aangaan, en waarom Eskom aanhou om Rural Maintenance, die Frankfortse sonkragmaatskappy, uit die werk uit te hou. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Rusland-wapenskandaal, De Ruyter skryf 'n Eskom-verhaal 18.05.2023

Wat presies het in Simonstad gebeur met betrekking tot wapens wat oorhandig is tussen Suid-Afrika en Rusland? Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Gebaretaal word erken; Gayton het Orania verken 11.05.2023

Suid-Afrika het hierdie week ʼn 12de amptelike taal verwelkom, en die paneel dink hardop oor die taalwerklikheid in die land. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Thuli se Twitter bekgeveg, Tucker Carlson by FOX weg 04.05.2023

Die paneel loer ook na die skielike vertrek van Fox News-aanbieder Tucker Carlson, en wonder wat werklik agter die storie steek. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: G7 nooi SA nie, Duitsland sonder kernenergie 20.04.2023

Duitsland se besluit om hul kernkragstasies af te skakel kan dalk langtermyngevolge hê, meen Ernst, en Paul wonder waarom Suid-Afrika nie na die G7-beraad genooi is nie. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Elektrisiteitsminister se planne op, Vrystaatse afvalwaterflop, Biden hou 2024 dop 13.04.2023

Skaars het sy amp begin, of die nuwe minister van elektrisiteit se planne is so min soos Eskom se reserwekapasiteit. Hierdie en ander vrae op Podlitiek. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Kragramptoestand gestop, Eskom geklop, Steenhuisen top 06.04.2023

In hierdie week se episode bespreek Arno Roodt en Paul Maritz die week se groot stories. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Ramaphosa se nuwe kabinet steeds vrot en Zimbabwiese boere verwerp regering se aanbod 11.03.2023

In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek Ernst van Zyl en Arno Roodt president Ramaphosa se kabinetskommeling, wat neergekom het op ʼn lang gewag vir ʼn antiklimaks. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Ras en taal op kampus 16.02.2023

In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek Frederik van Dyk, Arno Roodt en Paul Maritz die week se groot kampusstories. Dit is weer daai tyd van die jaar vir eerstejaars om op kampusse verwelkom te word, en soos wat dit vir Podlitiek lyk, is dit weer daai tyd van die jaar wanneer universiteite vreemde besluite neem… Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Toerisme-rassisme gestop, belastingprotes duik op, hou DRK dop 09.02.2023

In hierdie week se episode bespreek die span onder meer AfriForum se oorwinning teen die berugte toerismefonds. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: Krag-ramptoestand, koalisies se slegte kant, miljarde na Engeland 03.02.2023

In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek Ernst van Zyl, Arno Roodt en Paul Maritz drie groot stories op die nasionale en internasionale nuusfront. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: SA oor Lawrof dwars, DA mars en AfriKrag wil deur beurtkrag bars 27.01.2023

Hoe gemaak met die ANC wat vir Sergei Lawrof met ope arms ontvang? Waarheen mars die DA alweer, en AfriKrag waar is jou einde? Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: SA oor Lawrow dwars, DA aan die mars en AfriKrag wil deur beurtkrag b 26.01.2023

"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Podlitiek: EFF verloor, Marokko het van Orania gehoor 19.01.2023

In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek Ernst van Zyl en Paul Maritz twee groot stories wat hierdie week op hul nuusradar verskyn het. Wat weet Marokko van Orania, en waaroor gaan die jongste hofuitspraak teen Julius Malema en die EFF? Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook

Listen to the Podlitiek podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.