100.5FM Radio Laeveld

100.5FM Radio Laeveld PODCAST

News AF ↓ 150 episodes

As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.

Author

100.5FM Radio Laeveld

Category

News

Podcast website

www.radiolaeveld.co.za

Latest episode

Apr 28, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Oe-ê-ê Deloris: Boer vooruit met 'n lykswa 24.04.2023

Deloris kan darem maar skinder! Vandag vertel sy hoe Mathilda se motorwerktuigkundige man haar per abuis 'n baie goeie idee gegee het vir haar eie sakeonderneming.

Hoe nou gemaak om jou tuin weer op te kikker? 20.04.2023

Dit is April en 100.5FM sit die "L" terug in Lekker Leef in die Laeveld. Charles het gaan kers opsteek by Elrin Faurie, 'n plaaslike tuinboukundige, oor hoe om jou tuin te vernuwe.

GRIP Survival 101: Ep. 5 20.04.2023

GRIP se Ntombifuthi Sambo staan ook bekend as die Koningin van die Hof. Sy gesels saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, met Johanné Strydom in die vyfde aflewering van GRIP “Survival” 101 op 100.5FM.

Groot skoonmaakaksie in Nelspruit Vrydag 19.04.2023

'n Groot skoonmaakaksie word Vrydag weer gehou in die middedorp en ingangsroetes na Mbombela (Nelspruit). Dit word deur Ehlazeni-distriksmunisipaliteit gedryf met die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) wat dit koördineer. Die span van We Care 4 Nelspruit sit ook hand by. Die hele gemeenskap is genooi om saam te werk. Linda Grimbeek gesels met Robin.

Sonop gaan Bos: Ep. 3 19.04.2023

Sonop Ontbyt kuier elke Woensdagoggend in die bos. Hulle het vanoggend gesels met Martial Rappo van Moholoholo Rehabilitasiesentrum oor die bewaring- en opvoedingstaak wat hulle verrig.

Straatdebat: Sit die "L" terug in Lekker Leef in die Laeveld 18.04.2023

Wat bring jou vreugde? Amanda vra mense uit oor die liedjies, kos en eerste-dinge-in-die-oggend wat Laevelders vreugde en genot besorg.

Sonop gaan Bos: Ep. 2 18.04.2023

Vir die volgende drie maande gesels die Sonop Ontbyt-span elke Woensdagoggend oor bewaringsprojekte. Andries Hendrik Potgieter van Toerbroers gesels met Gerhardt en Andri oor renosters en hoe emosioneel dit is om hulle te onthoring - hoewel dit noodsaaklik is om hulle te red.

Sonop gaan Bos: Ep. 1 18.04.2023

Vir die volgende drie maande gesels die Sonop Ontbyt-span elke Woensdagoggend oor bewaringsprojekte. Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, ook bekend as Toerbroers, is by toerisme en natuurbewaring betrokke en fokus veral op die behoud en beskerming van bedreigde spesies. Hulle gesels met Gerhardt en Andri.

Musiekdebat: Helene Bester 17.04.2023

Helene Bester gesels hierdie week met Amanda oor haar passie vir musiek, haar liefde vir Nana Mouskouri en die dinge wat haar vreugde gee. #Musiekdebat

GRIP Survival 101: Ep. 4 17.04.2023

Ntombifuthi Sambo is passievol oor die vaardigheidsontwikkelingsprogram wat GRIP aanbied. Dit is daarop gemik om vroue te help om finansieel onafhanklik te word. Sy gesels saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, met Johanné Strydom in die vierde aflewering van GRIP "Survival" 101 op 100.5FM.

GRIP Survival 101: Ep. 3 17.04.2023

Baie vroue vermy dit om huishoudelike geweld aan te meld, wat waarheen gaan hulle dan? GRIP het egter skuilings beskikbaar vir vroue wat dit benodig, waar jy tot ses maande kan bly. Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, gesels saam met Gugu Mapanga, ‘n hulp-maatskaplike werker by ‘n plaaslike skuiling, met Johanné Strydom.

Straatdebat: Sit die "L" terug in #Lekkerleef 04.04.2023

Hierdie maand sit 100.5FM die "L" terug in "Lekker Leef" en ons wil weet hoe lekker jy leef in jou huis? Denise het gaan uitvind of mense verkies om plekke te huur of te besit, of hulle troeteldiere het en selfs toe lyk hul binnekamers...

Oe-ê-ê Deloris: Ek is nie 'n oggendmens nie 31.03.2023

Deloris weet wat sy is, en wat sy nie is nie. Wat sy nie is nie, is 'n oggendmens.

Musiekdebat: Drömstorm 30.03.2023

Ontmoet vir Drömstorm. Hy gesels met Amanda. #Musiekdebat

Laeveld Ervaring: Wat jy nie wil hoor nie, maar moet 29.03.2023

As jy hoor wat jy wil, luister jy nie, sê Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer. Haar raad vir sakemense is nie goed wat hulle aldag wil hoor nie, maar moet. Alles is heeltyd besig om te verander. Wat in die verlede gewerk het, tel nie meer nie. Jou reaksie op iets is magtiger as jou omstandighede. Klim self in, en maak 'n verandering en raak betrokke. Sy gesels met Robin. Linda Grimbeek...

Straatdebat: Botter of margarien? 28.03.2023

Die debat of margarien of botter meer gesond is woed voort. Beide het voordele en nadele vir jou gesondheid, maar watter een kielie jou smaakkliere? Amanda gaan vind uit.

Oe-ê-ê: Deloris vertel van Oom Gerald se tanne 24.03.2023

Oom Gerald het net jou die dag te lekker in die see geswem, maar dit het hom duur te staan gekom. Deloris vertel.

Musiekdebat: Pieter Rischmuller 23.03.2023

Pieter Rischmuller gesels hierdie week met Amanda oor sy transformasie van Piet Pompies na Pieter Rischmuller. Hy sê dit was 'n jarelange proses, en hoewel hy nie verander het nie, word nou 'n bietjie ernstiger opgeneem. Hulle gesels ook oor hul gedeelde liefde vir die Bosveld.

GRIP Survival 101: Ep. 2 23.03.2023

Sou die ondenkbare gebeur en jy word aangeval, het jy verskeie regte wat beskerm moet word wanneer die geregtelike proses daarna begin. Menseregte-aktivis Themba Mdlovu van GRIP en Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte, gesels met Johanné Strydom in die tweede aflewering van hul podcast.

GRIP Survival 101: Ep. 1 23.03.2023

Om aangeval te word, is nooit jou skuld nie. Dit is die boodskap van Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP. Sy het self ‘n brutale aanval oorleef. Sy gesels met Johanné Strydom in die eerste aflewering van hul podcast.

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 11 22.03.2023

Die Spoorloos-span sou gister hul reis oor die lengte van die Oranjerivier voltooi, maar soos met enige avontuur soos hierdie duik struikelblokke maar op. “Ons is bietjie geknak, maar ons gaan sterk aan,” sê Francois Jacobs. Hulle kon darem 110 km aflê voor ‘n woeste sandstorm hul tot stilstand gedwing het. Hulle het vanoggend slegs 30 km oor om Alexanderbaai, hul eindbestemming, te bereik.

Straatdebat: Irriteer emoji's jou ook? 21.03.2023

Gebruik mense nog hul woorde? Amanda vra rond: Irriteer emoji's jou ook en is daar 'n spesifieke een wat jou besonders omkrap? #Straatdebat

Spoorloos op die Oranjerivier: Die finale dag breek aan 21.03.2023

Die Spoorloos-span pak vanoggend die finale 140 km van hul tog op die Oranjerivier tot in Alexanderbaai aan vir bewusmaking oor geestesgesondheid. Francois Jacobs sê die laaste paar dae was vir hom geestelik moeilik op die water. “Moenie bang wees om vir hulp te vra nie,” sê hy. Hy voeg by die manne begin nou erg na hul vrouens verlang.

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 9 afgehandel 20.03.2023

Ses Laeveldse manne se Transoranje-Spoorloos-tog op die Oranjerivier loop môre ten einde. Vandag het hulle 130 km op die rivier afgelê tot by Aussenkehr. Francois Jacobs sê hulle het vandag heelwat probleme ondervind met die ondersteunersvoertuig wat gebreek en een bootjie wat 'n gat in gekry het. "Ons is baie opgewonde om môre in Alexanderbaai aan te kom," sê hy.

Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 9 20.03.2023

Die Spoorloos-spanne se reis op die Oranjerivier staan nou einde se kant toe.. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser kweek met hierdie avontuur bewusmaking oor geestesgesondheid. Francois vertel hoe hulle die grens na Namibië oorgesteek het.

Listen to the 100.5FM Radio Laeveld PODCAST podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.