100.5FM Radio Laeveld
100.5FM Radio Laeveld PODCAST
As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Apr 28, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 8 19.03.2023 1:52
Die Spooloos-span het besluit om in Namibië middagete te geniet. Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is besig om die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies af te lê. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr., Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser kweek met hierdie avontuur bewusmaking oor geestesgesondheid.
Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 7 18.03.2023 2:28
Dit is hul laaste dag in Suid-Afrika, voor die Spoorloos-span aan die Namibiese kant van die Oranjerivier hul tog Alexanderbaai voortsit. Francois Jacobs vertel van hul moeilike dag gister met verskeie keerwalle wat in hul pad gestaan het op die 120 km onderweg na Upington.
Oe-ê-ê Deloris: Sondagskool 17.03.2023 3:36
Deloris se sussie Gertrude wou nog altyd Sondagskool aangebied het. Toe sy die geleentheid kry, vertoon sy haar verstommende kennis van die Bybel. Deloris vertel.
Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 6 skop af 17.03.2023 1:40
Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Hulle het gister die 140 km na Boegoebergdam. afgelê. Francois gesels met Sonop Ontbyt.. Luister weer hier:
Musiekdebat: André van Wyngaardt 16.03.2023 7:25
Die kunstenaar en musikant André van Wyngaardt het reeds meer as 200 liedjies geskryf in sy loopbaan. Hy vertel vir Amanda hoe hy 'n balans tussen kuns en musiek handhaaf.
Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 5 16.03.2023 5:08
Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Hulle het gisteraand in Prieska oornag en takel vandag die 140 km na Boegoebergdam. Francois gesels met Sonop Ontbyt.....
Laeveld Ervaring: Laeveld gereed vir beplande nasionale staking 15.03.2023 28:59
Regsaksie is geloods teen die beplande #NationalShutdown Maandag. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) bevestig dat die Laeveld se veiligheidstrukture gereed is . "Niemand het die reg om ander te intimideer en paarie te versper nie," sê sy. Haar raad is vir sakeondernemings om met hul personeel te kommunikeer, hulle te akkomodeer en te beplan.
Spooroos op die Oranjerivier: Dag 4 begin 15.03.2023 6:03
Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Kobus vertel vir Sonop Ontbyt van 'n baie gevaarlike situasie wat hulle gister onderweg na die Vanderkloofdam ervaar...
Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 3 14.03.2023 1:18
Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is onderweg om die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies af te lê. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Hulle is nog onderweg van die Gariepdam na die Vanderkloofdam.
Warriors on Wheels help jong spina bifida-lyers 14.03.2023 12:28
Die Meyer Beukes Warriors on Wheels-stigting is vanjaar 10 jaar oud. Hulle help jong spina bifida-lyers met spesiale rolstoele asook staan- en looprame na gelang van die kinders se behoeftes. Stigter, Kayla Beukes, gesels met Amanda oor hul reis.
Straatdebat: Hoe spaar jy deesdae geld? 14.03.2023 2:28
Hoe spaar jy deesdae geld? Hoe het jou inkopielys te midde van stygende lewenskoste verander? En wat is die een ding waarop jy nie kostes sal besnoei nie? Denise gaan vind uit.
Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 3 begin 14.03.2023 5:49
Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is onderweg om die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies af te lê. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Hulle kon gister (in daglig) tot by die Gariepdam vorder. Vandag is die derde been en hul mikpunt is die Vanderkloofdam 120 k...
Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 2 14.03.2023 0:45
Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns het Sondag die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies aangepak. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel Snr en Guillaume Nel Jnr en Abrie en Wynand Visser poog om met dié avontuur bewusmaking te kweek oor geestesgesondheid. Maandag was dag 2 en hulle het tot by die Gariepdam gevorder. Francois vertel.
Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 1 13.03.2023 6:05
Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns het gister die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies aangepak. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel Snr en Guillaume Nel Jnr en Abrie en Wynand Visser poog om met dié avontuur bewusmaking te kweek oor geestesgesondheid. Hulle het afgeskop by die rivier se oorsprong net buite die grens met Lesotho. Francois gesels met die Sonop Ontbyt-span #S...
Hoe nou gemaak: Eet gesond op 'n begroting 10.03.2023 13:10
Tussen stygende pryse en beurtkrag raak dit al hoe moeiliker om gesond te eet. "Dit is van kardinale belang om te beplan, sê Marcelle Pienaar van LiveWell Dieticians. Sy gesels met Charles oor planne wat jy kan maak in ekonomiese swaar tye. Luister weer hier. #HoeNouGemaak
Musiekdebat: Chris Else 09.03.2023 3:13
Die kitaarspeler Chris Else is hierdie week Amanda se gas vir #Musiekdebat. Hy vertel haar dat hy Gé Korsten sing in die stort en hoe hy sy senuwees voor optredes beheer.
Straatdebat: Onthou jy jou kinderdae 08.03.2023 2:05
Hoe onthou jy jou kinderdae? Moes jy ook skool toe stap? Denise gaan vind uit wat mense se drome en vrese in hul kinderjare was.
Hoe nou gemaak: Watersuiwering by jou huis 02.03.2023 9:29
Hoe gemaak wanneer jy water by jou huis moet suiwer? Sarel Swart van Blue Spot Water gesels met Charles oor tuis watersuiweringsprosesse.
Musiekdebat: Charlize Berg 02.03.2023 7:02
Charlize Berg gesels vandag met Amanda oor die '"magic" van ballades sing, diep delf om met 'n liedjie en gehoor 'n konneksie te maak en in hoe 'n mate musiek haar identiteit is.
Straatdebat: Wat doen jy wanneer die onverwagte gebeur? 01.03.2023 2:29
Hoe maak jy as die verkeerde kos by jou aankom in 'n restaurant, of mense nooi jou vir ete en sit iets voor wat jy glad nie eet nie? Denise vind uit hoe reageer Laevelders op situasies.
Laeveld Ervaring: Vreugde oor belastingvoordele vir alternatiewe krag 01.03.2023 26:30
Sakeondernemings kan hierdie belastingjaar 125% van hul belasting aftrek vir enige alternatiewe energie en gepaardgaande infrastruktuur wat hulle installeer. Dit is van die aankondigings wat verlede week tydens die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede aangekondig is en die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) se harte laat jubel. Linda Grimbeek gesels met Robin.
Musiekdebat: Liza Brönner 22.02.2023 5:30
Liza Brönner gesels met Amanda oor hoe alles begin het, haar verborge talente, en die noodsaaklikheid om jou oë op jou eie bal te hou. #Musiekdebat
Straatdebat: Hoe weet 'n mens wanneer jy oud word 21.02.2023 2:55
Oud word is 'n relatiewe term, maar wat is die tekens wat jy oplet wat jou laat weet dat die tyd besig is om aan te stap?
Oe-ê-ê Karin: Sonde met die nuwe bure 17.02.2023 3:21
Karin is nou nie eintlik goed met name nie, maar haar nuwe buurvrou is alles behalwe Bakgat!
Polisie waarsku teen watermassas 17.02.2023 0:21
Die polisie vra dat mense wegbly van brue oor damme, rivier en strome wat oorstroom weens volgehoue swaar reen. Polisieduikers en gemeenskapslede soek steeds na vier mense wat vermis word en na vermoede verdrink het in Nkomazi. Vyf mense is gister gered na hul vragmotor in Amersfoort meegesleur is. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle het die burg by die Schuilspruit dam probeer...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.